Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » By die see.
By die see. [boodskap #36960] Wed, 22 November 2000 00:00 na volgende boodskap
Sandra Nortje  is tans af-lyn  Sandra Nortje
Boodskappe: 23
Geregistreer: August 2000
Karma: 0
Junior Lid
By die see.

Dit was reeds lig. Die son moes iewers opgekom het. Ek vermoed dat dit in
die ooste was. Vir 'n tydjie was dit windstil. Die see was spieëlglad, met
net 'n wit valletjie om die water van die strand te skei. Die vroeë oggend
het herinneringe van die nag in die lug gekoester.
Met 'n verkyker kon 'n mens van die stoep af die dolfyne in die water sien.
Speel-speel het hulle verby beweeg, net agter die laaste brander was hulle
op koers. Drie, vyf , sewe, tien van hulle. Op pad van iewers, en ook op pad
daarheen.
Later die oggend het die gesinne aangedrentel gekom strand toe. Die mans
soos pakesels gelaai met kosmandjies, rooi en geel en groen strandsambrele,
krieketstelle, handdoeke, strandstoele grafies en emmertjies en die vrouens
het kind-aan-die-hand, of handdoek oor die skouer aangestap gekom. Almal
veilig agter donkerbrille verskuil.
Met die sambrele oop het dit gou soos een groot advertensieveldtog gelyk:
Absa, Aida, Total, Engen ens ens.
'n Ywerige fotograaf, met 'n hele kaboedel lense en apparaat, en ietwat
minder vaardigheid, het ongemerk tussen die mense probeer deurbeweeg. Die
beste foto's is die waarvan die model onbewus is. 'n Paar harige groottone
wat wriemel in die sand. Die salige uitdrukking op 'n roomysetende kleuter
se gesig, met sandomlynde traanstrepe oor sy wange - as getuienis vir die
prys wat hy vir die roomys moes betaal. 'n Omie (op 'n handdoek met 'n
stoute prentjie op) en sy 'n styfgespande bierpens, met nog 'n skuimende
belegging in sy hand; sy vrou, in gewone sedige tannie-klere op die
strandstoel onder die sambreel, besig om met spierwit wol 'n babatruitjie te
brei. Die uitdrukking in 'n jong paartjie se oë, wat ongeërg tussen die
mense deurvleg, hand-aan-hand, alleen op die strand.
'n Rukkie later het die eerste seeperdjies op die diepsee begin kop
uitsteek. Moedig het die mense op die strand dit probeer ignoreer, maar daar
was met tyd net meer en meer van hulle te sien. En die wind. Die wind van
die see af. Uiteindelik moes die strandbevolking kennis neem van dié
natuurkrag. Een vir een het die groepe rustig begin oppak, maar die tempo
het al hoe vinniger geword. Die lewensredders het kwaai op hulle fluitjies
geblaas, om die bittereinders uit die water te kry. Hulle het die pale
waarmee hulle die swemarea afbaken, omgedop, sodat dit in 'n v-vorm op die
strand lê. V vir verbod. Wat as 'n gedrentel huistoe begin het, het as 'n
stormloop geeïndig.
Gou was daar net die ouerige man met die bruingebrande leeragtige vel en die
verbleikte rooi swembroek op die strand te sien. Hy het die stoele, wat hy
verhuur as addisionele inkomste tot sy pensioen, loop en bymekaar maak.
Niemand het dit nodig gevind om dit terug te bring voordat hulle padgee nie.
So ken hy die mense. Met alles opgestapel het hy tydsaam 'n stewige ketting
daardeur geryg en die spul met 'n groot slot aan 'n paal vasgemaak. Hy ken
die mense. Nou kon hy ook huistoe gaan.
Saam met die wind en die dreigende storm, het dit gelyk asof die branders
die krag van die onweer as inspirasie beskou en het hulle al hoe hoër en
hoër geword. Aan die wind was geen keer nie. Die wind gaan waar hy wil, soos
hy wil. Die branders het teen hierdie tyd een na die ander, skuimend teen
die rotse vasgeslaan, en dan het die water hoog die lug in opgespat Op die
strand het één brander met sy laaste krag verder as enige een voor hom oor
die strand gespoel. Met sy vasberadenheid het hy die dubbele ry voetspore
wat in die harder sand gelê het, met een lek uitgewis.
Die eerste druppel reën het swaar op die los sand begin val en die geweld
daarvan het 'n kratertjie in die sand veroorsaak. 'n Watervulkaan wat van
bo-af ontstaan. Gou was daar nog een en nog een. Binne oomblikke het dit
gestortreën. Nou het die branders die water uitwaarts gebeur, en die
reënwater het doelgerig, in dun stroompies afgeloop, see toe; om hulle so by
die oneindige massa aan te sluit.
Net so vinnig as wat die storm opgesteek het, so gou was dit uitgewoed, maar
alles was reeds anders as vroeër. Die strand was verlate. Die son het
plek-plek deur die wolke gebreek. Onderlangs het die wind gaan lê, maar in
die bo-lug het dit die wolkemassa geleidelik uitgedun, om meer plek vir die
son te maak.
Die strandoppervlak was wonderlik blink en glad. Nie 'n voetspoor in sig
nie. Maagdelik ongeskonde.
Onthou jy, ons - ek en jy - was toe nooit saam by die see nie.
Re: By die see. [boodskap #37160 is 'n antwoord op boodskap #36960] Sun, 26 November 2000 00:00 Na vorige boodskap
KaapseKind  is tans af-lyn  KaapseKind
Boodskappe: 82
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Volle Lid
Dankie Sandra!!
Dit is pragtige prosa, en so verfrissend hier...
Ek het dit sommer na my drukker deurgestuur en sal dit vannaand weer 'n slag
lees.

Sommer naby die See
KaapseKind

Sandra Nortje skryf in boodskap news:3a1bfeaf.0@news1.mweb.co.za...
>
> By die see.
>
> Dit was reeds lig. Die son moes iewers opgekom het. Ek vermoed dat dit in
> die ooste was. Vir 'n tydjie was dit windstil. Die see was spieëlglad, met
> net 'n wit valletjie om die water van die strand te skei. Die vroeë oggend
> het herinneringe van die nag in die lug gekoester.
> Met 'n verkyker kon 'n mens van die stoep af die dolfyne in die water sien.
> Speel-speel het hulle verby beweeg, net agter die laaste brander was hulle
> op koers. Drie, vyf , sewe, tien van hulle. Op pad van iewers, en ook op pad
> daarheen.
> Later die oggend het die gesinne aangedrentel gekom strand toe. Die mans
> soos pakesels gelaai met kosmandjies, rooi en geel en groen strandsambrele,
> krieketstelle, handdoeke, strandstoele grafies en emmertjies en die vrouens
> het kind-aan-die-hand, of handdoek oor die skouer aangestap gekom. Almal
> veilig agter donkerbrille verskuil.
> Met die sambrele oop het dit gou soos een groot advertensieveldtog gelyk:
> Absa, Aida, Total, Engen ens ens.
> 'n Ywerige fotograaf, met 'n hele kaboedel lense en apparaat, en ietwat
> minder vaardigheid, het ongemerk tussen die mense probeer deurbeweeg. Die
> beste foto's is die waarvan die model onbewus is. 'n Paar harige groottone
> wat wriemel in die sand. Die salige uitdrukking op 'n roomysetende kleuter
> se gesig, met sandomlynde traanstrepe oor sy wange - as getuienis vir die
> prys wat hy vir die roomys moes betaal. 'n Omie (op 'n handdoek met 'n
> stoute prentjie op) en sy 'n styfgespande bierpens, met nog 'n skuimende
> belegging in sy hand; sy vrou, in gewone sedige tannie-klere op die
> strandstoel onder die sambreel, besig om met spierwit wol 'n babatruitjie te
> brei. Die uitdrukking in 'n jong paartjie se oë, wat ongeërg tussen die
> mense deurvleg, hand-aan-hand, alleen op die strand.
> 'n Rukkie later het die eerste seeperdjies op die diepsee begin kop
> uitsteek. Moedig het die mense op die strand dit probeer ignoreer, maar daar
> was met tyd net meer en meer van hulle te sien. En die wind. Die wind van
> die see af. Uiteindelik moes die strandbevolking kennis neem van dié
> natuurkrag. Een vir een het die groepe rustig begin oppak, maar die tempo
> het al hoe vinniger geword. Die lewensredders het kwaai op hulle fluitjies
> geblaas, om die bittereinders uit die water te kry. Hulle het die pale
> waarmee hulle die swemarea afbaken, omgedop, sodat dit in 'n v-vorm op die
> strand lê. V vir verbod. Wat as 'n gedrentel huistoe begin het, het as 'n
> stormloop geeïndig.
> Gou was daar net die ouerige man met die bruingebrande leeragtige vel en die
> verbleikte rooi swembroek op die strand te sien. Hy het die stoele, wat hy
> verhuur as addisionele inkomste tot sy pensioen, loop en bymekaar maak.
> Niemand het dit nodig gevind om dit terug te bring voordat hulle padgee nie.
> So ken hy die mense. Met alles opgestapel het hy tydsaam 'n stewige ketting
> daardeur geryg en die spul met 'n groot slot aan 'n paal vasgemaak. Hy ken
> die mense. Nou kon hy ook huistoe gaan.
> Saam met die wind en die dreigende storm, het dit gelyk asof die branders
> die krag van die onweer as inspirasie beskou en het hulle al hoe hoër en
> hoër geword. Aan die wind was geen keer nie. Die wind gaan waar hy wil, soos
> hy wil. Die branders het teen hierdie tyd een na die ander, skuimend teen
> die rotse vasgeslaan, en dan het die water hoog die lug in opgespat Op die
> strand het één brander met sy laaste krag verder as enige een voor hom oor
> die strand gespoel. Met sy vasberadenheid het hy die dubbele ry voetspore
> wat in die harder sand gelê het, met een lek uitgewis.
> Die eerste druppel reën het swaar op die los sand begin val en die geweld
> daarvan het 'n kratertjie in die sand veroorsaak. 'n Watervulkaan wat van
> bo-af ontstaan. Gou was daar nog een en nog een. Binne oomblikke het dit
> gestortreën. Nou het die branders die water uitwaarts gebeur, en die
> reënwater het doelgerig, in dun stroompies afgeloop, see toe; om hulle so by
> die oneindige massa aan te sluit.
> Net so vinnig as wat die storm opgesteek het, so gou was dit uitgewoed, maar
> alles was reeds anders as vroeër. Die strand was verlate. Die son het
> plek-plek deur die wolke gebreek. Onderlangs het die wind gaan lê, maar in
> die bo-lug het dit die wolkemassa geleidelik uitgedun, om meer plek vir die
> son te maak.
> Die strandoppervlak was wonderlik blink en glad. Nie 'n voetspoor in sig
> nie. Maagdelik ongeskonde.
> Onthou jy, ons - ek en jy - was toe nooit saam by die see nie.
>
Re: By die see. [boodskap #37161 is 'n antwoord op boodskap #36960] Sun, 26 November 2000 00:00 Na vorige boodskap
Sandra Nortje  is tans af-lyn  Sandra Nortje
Boodskappe: 23
Geregistreer: August 2000
Karma: 0
Junior Lid
KaapseKind
Jy maak my Sondag. Dankie.
Groetnis
Sandra

KaapseKind skryf in boodskap news:3a21002e.0@news1.mweb.co.za...
> Dankie Sandra!!
> Dit is pragtige prosa, en so verfrissend hier...
> Ek het dit sommer na my drukker deurgestuur en sal dit vannaand weer 'n slag
> lees.
>
> Sommer naby die See
> KaapseKind
>
> Sandra Nortje wrote in message
> news:3a1bfeaf.0@news1.mweb.co.za...
>>
>> By die see.
>>
>> Dit was reeds lig. Die son moes iewers opgekom het. Ek vermoed dat dit in
>> die ooste was. Vir 'n tydjie was dit windstil. Die see was spieëlglad, met
>> net 'n wit valletjie om die water van die strand te skei. Die vroeë oggend
>> het herinneringe van die nag in die lug gekoester.
>> Met 'n verkyker kon 'n mens van die stoep af die dolfyne in die water sien.
>> Speel-speel het hulle verby beweeg, net agter die laaste brander was hulle
>> op koers. Drie, vyf , sewe, tien van hulle. Op pad van iewers, en ook op pad
>> daarheen.
>> Later die oggend het die gesinne aangedrentel gekom strand toe. Die mans
>> soos pakesels gelaai met kosmandjies, rooi en geel en groen strandsambrele,
>> krieketstelle, handdoeke, strandstoele grafies en emmertjies en die vrouens
>> het kind-aan-die-hand, of handdoek oor die skouer aangestap gekom. Almal
>> veilig agter donkerbrille verskuil.
>> Met die sambrele oop het dit gou soos een groot advertensieveldtog gelyk:
>> Absa, Aida, Total, Engen ens ens.
>> 'n Ywerige fotograaf, met 'n hele kaboedel lense en apparaat, en ietwat
>> minder vaardigheid, het ongemerk tussen die mense probeer deurbeweeg. Die
>> beste foto's is die waarvan die model onbewus is. 'n Paar harige groottone
>> wat wriemel in die sand. Die salige uitdrukking op 'n roomysetende kleuter
>> se gesig, met sandomlynde traanstrepe oor sy wange - as getuienis vir die
>> prys wat hy vir die roomys moes betaal. 'n Omie (op 'n handdoek met 'n
>> stoute prentjie op) en sy 'n styfgespande bierpens, met nog 'n skuimende
>> belegging in sy hand; sy vrou, in gewone sedige tannie-klere op die
>> strandstoel onder die sambreel, besig om met spierwit wol 'n babatruitjie te
>> brei. Die uitdrukking in 'n jong paartjie se oë, wat ongeërg tussen die
>> mense deurvleg, hand-aan-hand, alleen op die strand.
>> 'n Rukkie later het die eerste seeperdjies op die diepsee begin kop
>> uitsteek. Moedig het die mense op die strand dit probeer ignoreer, maar daar
>> was met tyd net meer en meer van hulle te sien. En die wind. Die wind van
>> die see af. Uiteindelik moes die strandbevolking kennis neem van dié
>> natuurkrag. Een vir een het die groepe rustig begin oppak, maar die tempo
>> het al hoe vinniger geword. Die lewensredders het kwaai op hulle fluitjies
>> geblaas, om die bittereinders uit die water te kry. Hulle het die pale
>> waarmee hulle die swemarea afbaken, omgedop, sodat dit in 'n v-vorm op die
>> strand lê. V vir verbod. Wat as 'n gedrentel huistoe begin het, het as 'n
>> stormloop geeïndig.
>> Gou was daar net die ouerige man met die bruingebrande leeragtige vel en die
>> verbleikte rooi swembroek op die strand te sien. Hy het die stoele, wat hy
>> verhuur as addisionele inkomste tot sy pensioen, loop en bymekaar maak.
>> Niemand het dit nodig gevind om dit terug te bring voordat hulle padgee nie.
>> So ken hy die mense. Met alles opgestapel het hy tydsaam 'n stewige ketting
>> daardeur geryg en die spul met 'n groot slot aan 'n paal vasgemaak. Hy ken
>> die mense. Nou kon hy ook huistoe gaan.
>> Saam met die wind en die dreigende storm, het dit gelyk asof die branders
>> die krag van die onweer as inspirasie beskou en het hulle al hoe hoër en
>> hoër geword. Aan die wind was geen keer nie. Die wind gaan waar hy wil, soos
>> hy wil. Die branders het teen hierdie tyd een na die ander, skuimend teen
>> die rotse vasgeslaan, en dan het die water hoog die lug in opgespat Op die
>> strand het één brander met sy laaste krag verder as enige een voor hom oor
>> die strand gespoel. Met sy vasberadenheid het hy die dubbele ry voetspore
>> wat in die harder sand gelê het, met een lek uitgewis.
>> Die eerste druppel reën het swaar op die los sand begin val en die geweld
>> daarvan het 'n kratertjie in die sand veroorsaak. 'n Watervulkaan wat van
>> bo-af ontstaan. Gou was daar nog een en nog een. Binne oomblikke het dit
>> gestortreën. Nou het die branders die water uitwaarts gebeur, en die
>> reënwater het doelgerig, in dun stroompies afgeloop, see toe; om hulle so by
>> die oneindige massa aan te sluit.
>> Net so vinnig as wat die storm opgesteek het, so gou was dit uitgewoed, maar
>> alles was reeds anders as vroeër. Die strand was verlate. Die son het
>> plek-plek deur die wolke gebreek. Onderlangs het die wind gaan lê, maar in
>> die bo-lug het dit die wolkemassa geleidelik uitgedun, om meer plek vir die
>> son te maak.
>> Die strandoppervlak was wonderlik blink en glad. Nie 'n voetspoor in sig
>> nie. Maagdelik ongeskonde.
>> Onthou jy, ons - ek en jy - was toe nooit saam by die see nie.
>>
>
Vorige onderwerp: Re: Gloudina se goeie Suid Afrika....
Volgende onderwerp: Londinium
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Dec 27 09:54:13 UTC 2024