Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Satan ...
Re: Satan ... [boodskap #36841] Ma, 20 November 2000 00:00
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Vlad

Jy het slegs deel in Christus se oorwinning oor die Satan as jy daarin
glo. Mense van ander 'gelowe', wat dus nie in die Saligmaking deur
Jesus se Kruisdood en sy opstanding glo nie, is dus steeds aan die
Satan blootgestel.

> Ok Reenen, ek glo egter dat Satan reeds deur God oorwin is deur Jesus se
> kruisiging, opstanding en hemelvaart en gevolglik kan iets of iemand wat
> oorwin is nie meer magtig wees nie. Ek kry deel aan die oorwinning deur dat
> ek Christus aangeneem het as my verlosser en saligmaker en heer en dit is
> slegs deur hom, tot hom en in hom wat ek meer as 'n oorwinnaar is. Uit
> myself is ek tot niks in staat nie.
>
> Verstaan my mooi ek sal nie 'n satanis sonder die nodig voorsorg (soos gebed
> en dan ook nie net my eie nie) aandurf nie, ek is nie dom nie. Net soos ek
> ook nie alleen in die aand in Soweto sal gaan rondloop nie. (deesdae selfs
> enige ander plek in SA)
>
> Ek
> "Reenen van Niekerk" wrote in message
> news:3a16796b.0@news1.mweb.co.za...
>> Uit dieselfde bron wat se dat God magtig is en dat God magtiger is as
> satan
>> en dat deur God ,satan oorwin sal word
>>
>> Reenen van Niekerk
>>
>> Vlad wrote in message
>> news:8v5t0h$jd0$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Ek sal nogal graag wil hê iemand moet my 'n geloofwaardige bron gee van
>> waar
>>> hulle dit kry dat Satan magtig is.
>>>
>>> Ek
>>>> Satan is magtig (Dink maar wat
>>>> het hy alles aan Job gedoen), maar God is ALMAGTIG.
>>>
>>>
>>>
>>
>>
Vorige onderwerp: Toekoms Advies vir: Sentraal Afrika Ontwikkelings Inisiatief
Volgende onderwerp: Re: Archives : November 17, 1900
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 06:07:00 MGT 2024