Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Apartheid
Apartheid [boodskap #36420] So, 12 November 2000 05:44 na volgende boodskap
Piet[5]  is tans af-lyn  Piet[5]
Boodskappe: 3
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Junior Lid
Se-nou daar was geen apartheid regime gewees nie, hoe sou SA daarna
uitgesien het vandag?
Re: Apartheid [boodskap #45345 is 'n antwoord op boodskap #36420] Do, 28 Junie 2001 02:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Maar ek was lank 'n passiewe ondersteuner van apartheid en wat ek daarteen
> gedoen was waarskynlik te min en beslis te laat. Dit het ek al erken en sal
> ek orals erken. En ek het ook nie 'n probleem om op die regte forum daarvoor
> verskoning te vra nie, dit kos niks en ek bedoel dit opreg.

Ek weet, Wouter. Maar deesdae is dit mode om te sê dat apartheidnou geskep is
deur die hollanders en die engelse en dat die apartheids-
regime dit maar net voortgesit het. Dit is nie waar nie. Wat kort na
1948 geskep is was 'n hele ander ballgame, met dimensies van sosiale
engineering en sosiale terrorisering, nie net van die nie-blankes nie,
maar ook van wit mense wat nie met hulle saamgestem het nie. Ek
het midde daarin geleef en ek weet.

Gloudina

>
Re: Apartheid [boodskap #45364 is 'n antwoord op boodskap #36420] Do, 28 Junie 2001 08:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina:
Wat kort na 1948 geskep is was 'n hele ander ballgame, met dimensies van
sosiale engineering en sosiale terrorisering, nie net van die nie-blankes
nie, maar ook van wit mense wat nie met hulle saamgestem het nie. Ek het
midde daarin geleef en ek weet.

Wouter:
Ons weet dit almal, Gloudina. Maar 50 jaar later kan ons min daaraan doen,
alhoewel ons nog met van die gevolge sit. Sommige van ons raak dik daarvoor
om deurlopend daaraan herinner te word, veral omdat ons besig is om die
omgewing te normaliseer en ook nie sonder sukses nie.

Vir verligting wys ons dan soms daarop dat diskriminasie aan die suidpunt
van Afrika deur ons voorvaders ingevoer en gepleeg is, reeds 'n eeu of drie
vroeër. Dit is ook ongekwalifiseerd waar en niemand kan ons keer om dit op
die tafel te sit nie. Jy kan nie iemand keer om die waarhede wat hy kies in
te gooi nie. En moedswilligheid is ook maar moeilik om te beheer, van albei
kante van die argument af.
Re: Apartheid [boodskap #45370 is 'n antwoord op boodskap #36420] Do, 28 Junie 2001 11:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Vir verligting wys ons dan soms daarop dat diskriminasie aan die suidpunt
> van Afrika deur ons voorvaders ingevoer en gepleeg is, reeds 'n eeu of drie
> vroeër. Dit is ook ongekwalifiseerd waar en niemand kan ons keer om dit op
> die tafel te sit nie.

Maar is dit so waar wat jy sê, dat die Hollanders byvoorbeeld"apartheid"
ingevoer het eeue gelede? Een van die eerste besluite
wat Jan van Riebeeck gedoen het, was om iemand met een van die
Strandloper-vroue te laat trou. En ek dink nie hulle het streng
aparte woonplekke toegepas nie.Gedurende die eerste en tweede
Britse besettings aan die Kaap het die Engelse owerhede (meestal
onder druk van The London Missionary Society en Dr. Phillips)
baie wette gemaak om die straf van plaaswerkers meer humaan
te maak. Om die soort "apartheid" wat na 1948 ingevoer is, daarmee
te vergelyk, is 'n manier om verantwoordelikheid vir die diktatorskap
in suidelike Afrika in die laaste deel van die twintigste eeu te probeer
goedpraat, en ek dink dié soort gepraat skep 'n neurose by die deel
van die Afrikaners wat dit nog probeer voorstoot.

Gloudina
Re: Apartheid [boodskap #45382 is 'n antwoord op boodskap #36420] Do, 28 Junie 2001 15:11 Na vorige boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wouter
> Vir verligting wys ons dan soms daarop dat diskriminasie aan die suidpunt
> van Afrika deur ons voorvaders ingevoer en gepleeg is, reeds 'n eeu of drie
> vroeër. Dit is ook ongekwalifiseerd waar en niemand kan ons keer om dit op
> die tafel te sit nie.

Gloudina
Maar is dit so waar wat jy sê, dat die Hollanders byvoorbeeld "apartheid"
ingevoer het eeue gelede?

Wouter
Ek het hier gesê diskriminasie, nie apartheid nie. 'n Stelsel wat slawerny
op 'n hoofsaaklik rassegrondslag geduld het, in Kafferoorloë (hulle term)
oor ondedr andere stamgrond geveg het en swartmense van die markte afgesny
het is in wese net so diskriminerend soos enige ander. So ja dis waar,
ongekwalifiseerd so. Maar dis 'n totaal sinlose argument wat ons hier voer.

Gloudina
Een van die eerste besluite wat Jan van Riebeeck gedoen het
Vorige onderwerp: Nuwe naam vir DF Malan (Hoërskool)
Volgende onderwerp: Carry On - nog 'n dood
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 10:38:01 MGT 2024