Shosholoza [boodskap #35889] |
Ma, 23 Oktober 2000 00:27 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Kan iemand vir my asseblief die woorde van
Shosholoza in Afrikaans (of Engels) gee.
Dis my veertien-maande-oud kleindogter
se geliefkoosde lied. As ek dit in die sit-
kamer sing en vir haar vra of sy dit wil
hoor, dan kruip sy na die kamer waarin
die rekenaar is, en dan moet haar Oupa
vir haar die lied speel op Napster. (Hy
het verskillende versions, maar daar is
een wat uit volle bors deur baie mense
gesing word, waarvan ek die meeste
hou.) Rachel sê "sho-sho" as sy dit
hoor, en wil net hê ons moet met haar
dans.
Gloudina
|
|
|
Re: Shosholoza [boodskap #35891 is 'n antwoord op boodskap #35889] |
Di, 24 Oktober 2000 00:00 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
nieuwslezer wrote:
> On Mon, 23 Oct 2000 00:27:55 GMT, @home.com wrote:
> als u wil zend ik u de versie van helmut lotti uit belgie.
> baie goed :-)
>
>
My man sê dat ons die helmut lotti-opname op ons
Napster het. Ek is geinteresseerd in die woorde van
die lied, vertaal in Afrikaans (of Engels of Nederlands.)
Kan jy my daarmee help?
Gloudina
|
|
|