Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Mediese fondse
Re: Mediese fondse [boodskap #34401] Sa, 16 September 2000 00:00 na volgende boodskap
Oitaroh Margoloh  is tans af-lyn  Oitaroh Margoloh
Boodskappe: 185
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" skryf in boodskap news:8q0sbq$dd8$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Het julle al mense in beheer van afdelings se telefoon
> nommers in die hande probeer kry, vergeet dit, selfs die
> lokale takke het dit nie eers nie. As hulle queries te veel
> word dan ry hulle na die hoofkantoor om probleme uit te
> sorteer.

Dit is darem nie 'n probleem wat uniek aan Ou Mutual of selfs SA is nie.

Skryf 'n brief aan die CEO van die maatskappy. Dit het gewoonlik 'n
positiewe effek.

Ek voel ek kan my badwater drink as mens net 'n 800 nommer gegee word om met
'n maatskappy in aanraking te kom. Probeer bietjie om met meeste banke of
ander groot plekke in aanraking te kom. As mens nie na simpel
ding-dong-bong-a-long moet luister nie, dan kom jy deur na 'n tiener by een
of ander call centre wat net die script op die screen kan lees. Gewoonlik
pomp ek my lippe tien bar en moer die foon neer.

En wat my nog meer moerig maak is hierdie sotte wat mens bel en stront aan
mens wil verkoop. Hulle bel jou en wil 'n telefoondiens aan mens verkoop.
Hallo???? Jy praat met my oor die telefoon! As jy weer skrik, skrik sommer
wakker ook. Ek vra gewoonlik vir die ou se huisnommer sodat ek hom by die
huis kan bel wanneer dit my pas. Dan moet jy hoor hoe hakkel hulle, want dit
is nie in die script nie.

Felina, waar's my Valium?
Re: Mediese fondse [boodskap #34419 is 'n antwoord op boodskap #34401] So, 17 September 2000 00:00 Na vorige boodskap
Davie Davis[2]  is tans af-lyn  Davie Davis[2]
Boodskappe: 133
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 17 Sep 2000 00:34:36 +0200, "Tobie" wrote:

> Hoe vind julle deesdae julle mediese fondse?

Tobie, ek weet van iemand wat vreeslik graag meer hiervan sal wil
weet. Kontak W.E.B. Master (of enige e-pos skakel) op dié adres
en noem in jou pos jou lidmaatskapnommer asseblief.

http://home.intekom.com/davesplace/

DD
Vorige onderwerp: hoe spoor 'n mens iemnd op?
Volgende onderwerp: Re: Wil iemand iets over Nederland weten?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Nov 27 19:58:20 MGT 2024