Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Identikits
Identikits [boodskap #34203] Sat, 09 September 2000 00:51 na volgende boodskap
O.N. Heil  is tans af-lyn  O.N. Heil
Boodskappe: 13
Geregistreer: July 2000
Karma: 0
Junior Lid
Kom ons kry eers hierdie ding uit die pad .........

Tante Gloudie,

Ek's 'n gees uit die verlede van hierdie nuusgroep met spesiale opdrag uit
die warmplek om van tyd tot tyd in te loer en na goeddunke chaos te saai in
wat oor is van jou siel en onderbewuste......

JARRE (dis goeie Afrikaans vir BAIE lank) gelede was hier 'n klomp mense wat
gehoop het om intelligente gesprek te kan voer met wie ookal by hierdie
kuierkroeg sou wou inloop. Ons het nie gekry wat ons gesoek het nie.
Vandag weet ek JY was met sommiges soms privaat in verbinding maar ons laat
dit eers daar.

Daar was regtig mense teenwoordig vir wie intelligensie en logika alledaags
is. Geen normale mens kon egter die getjommel en rigtinglose geklets te
lank verdra nie - veral nie as jy in jou histeriese historiese retoriek
verstrik raak en telg Ferdie saamgil van onder jou rokspante uit nie. Dit
was die situasie toe baie van ons hier padgegee het. Gelukkig bied die
kuberruimtes heelwat geleenthede vir mense wat anders dink en voel as jy -
as jy nie glo nie, vra gerus jou sussie, Johanna, oor gespreksgroepe.

Met iedere besoek vind ek nog dieselfde ou jeremia's hier - oor en oor en
oor. Ek vra jou kommentaar onder die "Subject line" : Kanadese Polisie en
jy reageer min of meer beskaaf daarop. (Het ek so greintjie skaamte tussen
die lyne gesien ?) Gaan kyk bietjie waar trek julle NOU met die
Kanadese polisie. En dit is juis julle probleem. Julle is nie in staat om
by 'n onderwerp te hou nie. Ek moet dus met spyt aan my oppergesag gaan
rapporteer hier is min of geen wat gereed is vir hoër diens.

'n Gedagte of twee oor jou identikits : Ek ken die Johan klong wat jy so
liederlik verdink agv MY onheilighede hier. Weet jy in welke aangename
persoonlikheid hy ontpop het die oomblik toe hy met "wedersydse respek" weg
van jou invloed behandel is ? Ek moet nog so bietjie "name dropping" doen
om reg aan my sending te laat geskied - onthou jy vir Bees ? Onthou jy
enigsins daardie era ?
Vertel my waar's daardie mense NOU.

Met jou en Ferdi die enigste uitsonderings, is al die ander name hier
redelik nuut. Ons praat natuurlik ook nie van die mense uit die Laaglande
wat soms 'n taalkundige kersie hier opsteek onder die wanindruk hulle is by
die regte plek nie. En al sou ek my regte naam bekendmaak, sal kwalik 'n
handvol my onthou.

Terug na julle Kanadese polisie met die gesprek OF verander minstens dan die
onderwerplyntjie. Julle polisiehoof het die CNN mense te woord gestaan. As
dit nie was dat ek al blootstelling gehad het aan Noord-Amerikaanse variante
van wat algemeen as Engels bekend is nie, sou ek vandag nog nie geweet het
wat die man gesê het nie. Verstaan julle mekaar regtig daar ?

Lekker raai. As jy warm raak, sal ek jou laat weet. Maar wat sal jy nou op
86 van hitte weet ? Jou enigste hoop op warmte lê waarskynlik in die
hiernamaals.

O. N. Heil.
Re: Identikits [boodskap #34308 is 'n antwoord op boodskap #34203] Tue, 12 September 2000 22:33 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

O.N. Heil wrote:

> Jou enigste hoop op warmte lê waarskynlik in die
> hiernamaals.
>
>

Hoe onkundig is jy oor Noord-Amerika. Vandag, en disnou veronderstel om herfs te
wees, was dit so warm en
die lug so vol vloeistof, dat as jy die lugverkoelde kar
se deure oopmaak dan vloei die vogtige hitte in die kar
in soos water. Dis temperature reg uit die suidelike
VSA, wat deur die jetstream hierheen opgewaai word.
Hoe sien ek uit na die eerste sneeuvlokkie.

Gloudina
Vorige onderwerp: Tuislande en ontwikkeling
Volgende onderwerp: Re: Apartheid - die naam!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Dec 26 18:41:46 UTC 2024