Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » die plakkaat
die plakkaat [boodskap #33568] Sun, 20 August 2000 00:00
dot  is tans af-lyn  dot
Boodskappe: 20
Geregistreer: October 1999
Karma: 0
Junior Lid
DIE PLAKKAAT

Ingrid Jonker

My lewe is meteens 'n leë straat,
'n straat waar ou koerante, nuusberigte, waai-
flou buislig-skynsel oor 'n vuil plakkaat-
my lewe is meteens 'n leë straat.

Verlate staan ek voor een winkel stil,
'n dooie pop herinner my aan jou,
jou glimlag en jou bors; om jou ontwil
staan ek eerbiedig voor een venser stil.

Uiteindelik in die middel van die straat-
daar is geen sterre en geen maan, dit is verby,
die wind vaar in die ou koerante, die verflenterde plakkaat,
verlate staan ek in die middel van die straat.

En teen die geslote deure gaan ek sit
van huise waar daar eenmaal vriende was-
ek wis nie dat ek nog kon ween en bid;
teen die geslote deure gaan ek sit.

My lewe is maar net 'n leë straat,
'n straat waar ou koerante, nuusberigte, waai-
flou buislig-skynsel soor 'n droewige plakkaat;
my lewe is maar net 'n leë straat.
Vorige onderwerp: Re: HIERDIE MAN DREIG MY, HELP ASSEBLIEF
Volgende onderwerp: Re: NUWE KERNWAPENS BINNEKORT TE KOOP
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Dec 26 16:12:57 UTC 2024