Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » WAAROM (1)
WAAROM (1) [boodskap #33341] Sa, 12 Augustus 2000 00:00 na volgende boodskap
Grahame  is tans af-lyn  Grahame
Boodskappe: 131
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Senior Lid
Jou intelligensie word gemeet aan die soort dinge in die lewe wat jy geniet;
jou integriteit aan die soort mense wat jy vereer. Om nou lykskouing te hou
oor wat met ons volk gebeur het en wie se skuld dit is dat die Afrikaner
vandag 'n nasie sonder identiteit of bestaansreg in sy eie land is, gaan ons
nie noodwendig baie vér bring nie. Ons kan maar net dit oordink wat was en
wat kon gewees het. Ek was daar voordat dit gebeur het en hopelik sal ek
daar wees nadat dit alles verby is.

Ek was daar as 'n trotse jeugdige in 1948 toe die Afrikaner die bewind in
hierdie land oorgeneem het. Ek was daar toe Dr. D.F.Malan sy gevleuelde
woorde "Glo in jou God, glo in jou Volk, glo in jouself" op die harte van
elke opregte Afrikaner gelê het. Ek was daar as 'n jong Kapenaar toe die
Leeu van die Noorde die leisels oorgeneem het en ek het hom bewonder. Ek
was daar in elke verkiesing- en tussenverkiesingstryd betrokke toe Dr.
H.F.Verwoerd Suid-Afrikaanse Engelssprekendes by hul duisende na die
Nasionale Party oorgewen het. Ek was daar onder die dansende en jubelende
skare in Port Elizabeth toe Dr.Verwoerd ons na 'n Volkseie Republiek gelei
het.

(Waar was Ferdie?)

Ek was daar tydens Verwoerd se bewind toe ons ons vriende en vyande in die
oë kon kyk, ons ons skuld met klinkende munt kon betaal en op die koop toe
ook binne die twintig rykste lande in die wêreld getel het; toe die Rand
meer werd was as die Amerikaanse Dollar; toe ons deur die wêreld
gerespekteer was, nie vanweë ons Apartheidsbeleid nie, maar ten spyte
daarvan.

As daar ooit 'n nasie was wat "disadvantaged" was dan was dit die Afrikaner
toe hy hier aan bewind gekom het. Die Engelse "die-hards" wat Engeland nog
as hul "home"gesien het, het openlik erken dat hulle hulself saans aan die
slaap gehuil het net om te dink wat nie alles NOU van hierdie land gaan
gebeur nie. Maar Malan, Strijdom en Verwoerd was LEIERS! Godvresend,
beginselvas, pligsgetrou, nugter, eerlik, opreg, lojaal, dienaars van hul
volk en manne van hul woord en getrou aan hul huwelksmaats en hul families.

(Waar WAS die Ferdie, jong?)

U sien, hulle het die leisels oorgeneem van die kolonialers. Hulle het 'n
land oorgeneem waar die "African" niks meer was as juis dit nie:'n
"African",'n bediende, 'n houtkapper en 'n waterdraer, 'n mynwerker, 'n
goedkoop middel tot 'n doel, en die doel was om te sorg dat die son nooit,
ooit oor die empire ondergaan nie. Aandklokreëls, onderbetaling,
onderdanigheid, werkreservering, lokasies, minderwaardige skoling en rasse
diskriminasie het bestaan lank reeds voordat enige Nasionalis aan die woord
"apartheid" gedink het.

Setlaars het verskillende opsies tot hulle beskikking wanneer hulle 'n land
betrek.

Daar is die Amerikaanse opsie. Het die Amerikaanse setlaars nie die
inheemse Rooihuide afgemaai soos wat hulle dit gedoen het nie, is dit
statisties bewys dat Amerika vandag ten minste 80 miljoen Rooihuide sou
gehad het.

Daar is die Kolonialer opsie. Trek in, vat alles wat jy kan uit die grond,
uit die minerale rykdom, buit die inheemse bevolking uit tot die maksimum,
sit niks terug nie en trek uit. Skitterende voorbeelde: Die Afrika state
ten Noorde van ons.

Dan is daar die sendeling opsie. Kom in, vat niks wat nie joune is nie,
leer die inheemse mense om te bou en te handhaaf en oor hulle self te
beskik en gaan huistoe. Hoe het ons nie ons plig versuim nie!

As ons eerste Party-leiers leiers sedert Afrikaner oorname eerlik met
hulself was, (en ek is seker hulle was), dan het hulle 'n probleem gehad.
Hulle was nóg Amerikaners, nóg kolonialers, nóg sendelinge. Hulle was
sekerlik ook nie setlaars nie want ten spyte van al die "bewyse tot die
teendeel", was die inboorlinge/naturel-le/bantoes/swartes maar baie skraal
versprei oor hierdie mooi land toe die Witman hier aangeland het.

Daar was dus die een gevolgtrekking, of was dit twee? Een, hierdie was van
Dag Een Witmansland en, behalwe vir die Engelse in ons midde, het ons gekom
om te bly. Twee, die inboorlinge, ens. wat na die stede getrek het, het nie
gekom om te bly nie; hulle moes na die "tuislande" terug gemotiveer word.
Hoe om 'n balans tussen menslikheid en Afrika-styl oorlewing te behou? Die
Nasionale Party-regering van Malan, Strijdom en Verwoerd was in staat om dit
reg te kry, maar daar was sekere faktore wat teen die voortbestaan van
Afrikaner, Blanke bewind ingewerk het wat nooit ooit vir altyd teëgewerk kon
word nie. Hierdie faktore het na 1967 hyl lelike gesigte begin wys. Wat
daarna gebeur het het vrae laat ontstaan wat lank nadat
Afrikanernasionalisme oor die horison van wêreldgeskiedenis verdwyn het,
indringende antwoorde aan ons kinders verskuldig sal wees.

Waarom is Verwoerd vermoor?

Waarom het Vorster, wat soveel belofte vir ons voortbestaan gehou het,
skielik gat teen die juk gedraai? Wie het 'n houvas op die arme drommel
gehad?

Waarom het Henry Ford Jnr. hier 'n draai kom gooi kort na Vorster se
oorname?

Waarom is die Verwoerd ge-inisiëerde suksesvolle boikot van Ford produkte
met groot geheimhouding opgehef en tamaai groot regeringsbestellings, veral
Polisiebestellings, by Fordmaatskappy geplaas? Dit lei dan ook tot verdere
kwellende vrae wat soebat om geantwoord te word.

Waarom was Dr. Albert Hertzog en sy span met die eerste lig van hul
wenkbroue met soveel geweld uit die parlement geboender, hul protes met
soveel beplande boewery gesnoer? Wat van die Inligting"skandaal", waar pas
dit rêrig in?

Miskien het Ferdie sommige van die antwoorde.

Dit gaan lekker wees om op my oudag net te bespiegel, maar dan wil ek eers
Gary Allen se boek "None Dare call it Conspiracy", daar uit die kartondoos
in die garage uithaal en dit weer versigtig deurlees voordat ek met my
gevolgtrekkings vorendag kom. En moet nie verbaas wees as ek skielik myself
in 'n betonblok aan die bodem van die Wemmerpan bevind nie.

Tot dan.
Re: WAAROM (1) [boodskap #33342 is 'n antwoord op boodskap #33341] Sa, 12 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Charles van der Wath  is tans af-lyn  Charles van der Wath
Boodskappe: 49
Geregistreer: November 1999
Karma: 0
Volle Lid
Ek sal hierdie een aan van my vriende fwd. Skitterend.
Re: WAAROM (1) [boodskap #33343 is 'n antwoord op boodskap #33341] Sa, 12 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Met ‘n paar dinge het jy geslaag dmv dié mooi brief van jou
Graham. Ten eerste het jy vir ‘n rukkie Davie Davis se
groot mond toegemaak en hom weer ‘n slag geleer wat
meditasie beteken. Hom weer ‘n slag laat dink oor die dag
toe hy as skoolkind by die spoorwegstasie op Oberholzer
staan met ‘n Republiekvlaggie om saam met die res van die
skoolmaatjies te wuif vir President Charlie Swart wat daar
verbyry in ‘n rytuig en vir ons waai. En ons sing Die
Stem. En dit is 31 Mei 1961. En die vrouemoorde en
kindermoorde wat die engelse hul aan skuldig gemaak het is
agter die rug en ons is onafhanklik. En ons kyk net
vorentoe.

Jy het my weer laat dink aan die laerskooldae toe dit in
was om Nat te stem en ‘n Chev te ry.

En jy het my aan my hoërskooldae laat dink toe die Ferdi
Greyling tipe landsbewoners die HNP sprekers met eiers en
tamaties bestook het. En heelwat van hulle nou nié meer die
Greyling taal spreek nie.

Dan het jy ook met jou vertoon van volkswaardes ons weer
bewus gemaak van die feit dat ons nie moet verwyt sonder om
die feite te ken nie. Dat ons as nasie ‘n unieke
geskiedenis het.

Julian & Karin de Beer van New Zealand het reeds dié
aanhaling van Jan Marais hier geplaas en gedeeltelik
kwoteer ek hulle ook nou:

Na die Tweede Vryheidsoorlog was die Boerevolk in die
haglikste ekonomiese omstandighede denkbaar. Eens
suksesvolle boere moes hande-arbeid in die myne gaan soek.
Daar is hulle deur die uitlander-mynbase verneder en
vertrap sonder dat hulle enige regte geniet het.

'n Boeremens kon vergeet van 'n staatsdienspos.
Armblankeskap was 'n algemene verskynsel.

Nogtans het die Boerevolk hom nie op apartheid of
menseregteskendings of agtergeblewenheid beroep nie. Hy het
gewerk en presteer en daardeur algaande 'n volwaardige plek
in sy eie land se ekonomie verwerf.

Die staalbedryf, die spoorweg en uiteindelik die
wapenbedryf, is deur Boerehande en Boerebreinkrag tot stand
gebring. Derduisende werkgeleenthede is vir ons eie mense
en ander geskep deur Boere-inisiatief.

Nadat die Republiek van Suid-Afrika in 1961 tot stand
gebring is en die las van die Britse Statebond afgewerp is,
is 'n nuwe era van ongekende ekonomiese voorspoed tot die
voordeel van almal in Suid-Afrika betree.

Die prentjie wat mnr Jan S Marais, destydse besturende
direkteur van Trust Bank, in 1965 van toestande in Suid-
Afrika geskilder het, kan seker alle mense, laat
terugverlang na die sogenaamde onbevryde Suid-Afrika.

Volgens mnr Marais was die ekonomie van die Republiek in
so 'n sterk groeifase dat 'n groot tekort aan werkers in
alle beroepe ondervind is. Daar was te veel werkgeleenthede
en te min mense om al die poste te vul. In sy jaarverslag
meld hy dat Suid-Afrika se nywerheidsproduksie die
voorafgaande twaalf jaar meer as verdriedubbel het.

Voorts het hy syfers aangehaal om te bevestig dat Suid-
Afrika een van die twaalf bes gevoede bevolkings in die
wêreld gehad het. Die Republiek was ook die leier op die
gebied van standaardisasie, voeding, arbeidsterapie, in die
vervaardiging van staal en staalprodukte teen die laagste
koste, in behuising en in produksie van olie uit steenkool.

Volgens mnr Marais is daar in die tien jaar voor 1965 huise
teen 'n tempo van vyftig per dag vir swartes in Suid-Afrika
gebou; 164-duisend huise sedert 1950. Nie destyds en ook
nie nou, is daar ooit huise vir die blanke gebou nie; die
blanke moet nog altyd sy eie huis bou en sy eie dienste,
soos water voorsien.

Gedurende die sewe jaar voor 1965 het swart onderwysers met
meer as 25 persent toegeneem en skole vir swartes met 35
persent. In Suid-Afrika was daar reeds meer gegradueerde
swartes as in al die Afrika-state wat voorheen onder Britse
beheer was saam.

Vyf-en-tagtig persent van alle swartes van skoolgaande
ouderdom was geletterd. Die gemiddelde persentasie
geletterdheid vir lande in die res van Afrika het tussen
een persent en tien persent gewissel.

Volgens mnr Marais was die tempo waarteen Suid-Afrika se
volksinkomste vanaf 1962 tot 1965 toegeneem het, saam met
Japan die hoogste in die wêreld, en heelwat bo dié van
Amerika. Belasting was laag: ongeveer net die helfte van
dié in Brittanje en een-derde van dié in die VSA.

Nie-blankes in Suid-Afrika het in 1965 reeds per kop vier
keer meer motorvoertuie as die Russe besit.

Dr. Verwoerd se voorspellings nà die Rivonia verhoor oor
hoe Mandela en die res van die ANC, as hulle sou slaag, die
ekonomie van SA ten gronde sou laat gaan, hét nou
gerealiseer.

En dan dink ek Graham, dat jy ook Ferdi Greyling stil
gemaak het. En indien nié Ferdi, die bal is in jou hande.

Ligsinnigheid sal deel bly van die groep en ék sal daarin
deel maar dit sal lekker wees om meer kere van jou te hoor.

* Sent from AltaVista http://www.altavista.com Where you can also find related Web Pages, Images, Audios, Videos, News, and Shopping. Smart is Beautiful
Re: WAAROM (1) [boodskap #33344 is 'n antwoord op boodskap #33341] Sa, 12 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pw Botha  is tans af-lyn  Pw Botha
Boodskappe: 19
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
Dankie dit was nou lekker om die brief te lees

Groete
Krokkie

"Grahame" skryf in boodskap news:8n1vvs$l5n$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> Jou intelligensie word gemeet aan die soort dinge in die lewe wat jy geniet;
> jou integriteit aan die soort mense wat jy vereer. Om nou lykskouing te hou
> oor wat met ons volk gebeur het en wie se skuld dit is dat die Afrikaner
> vandag 'n nasie sonder identiteit of bestaansreg in sy eie land is, gaan ons
> nie noodwendig baie vér bring nie. Ons kan maar net dit oordink wat was en
> wat kon gewees het. Ek was daar voordat dit gebeur het en hopelik sal ek
> daar wees nadat dit alles verby is.
>
> Ek was daar as 'n trotse jeugdige in 1948 toe die Afrikaner die bewind in
> hierdie land oorgeneem het. Ek was daar toe Dr. D.F.Malan sy gevleuelde
> woorde "Glo in jou God, glo in jou Volk, glo in jouself" op die harte van
> elke opregte Afrikaner gelê het. Ek was daar as 'n jong Kapenaar toe die
> Leeu van die Noorde die leisels oorgeneem het en ek het hom bewonder. Ek
> was daar in elke verkiesing- en tussenverkiesingstryd betrokke toe Dr.
> H.F.Verwoerd Suid-Afrikaanse Engelssprekendes by hul duisende na die
> Nasionale Party oorgewen het. Ek was daar onder die dansende en jubelende
> skare in Port Elizabeth toe Dr.Verwoerd ons na 'n Volkseie Republiek gelei
> het.
>
> (Waar was Ferdie?)
>
> Ek was daar tydens Verwoerd se bewind toe ons ons vriende en vyande in die
> oë kon kyk, ons ons skuld met klinkende munt kon betaal en op die koop toe
> ook binne die twintig rykste lande in die wêreld getel het; toe die Rand
> meer werd was as die Amerikaanse Dollar; toe ons deur die wêreld
> gerespekteer was, nie vanweë ons Apartheidsbeleid nie, maar ten spyte
> daarvan.
>
> As daar ooit 'n nasie was wat "disadvantaged" was dan was dit die Afrikaner
> toe hy hier aan bewind gekom het. Die Engelse "die-hards" wat Engeland nog
> as hul "home"gesien het, het openlik erken dat hulle hulself saans aan die
> slaap gehuil het net om te dink wat nie alles NOU van hierdie land gaan
> gebeur nie. Maar Malan, Strijdom en Verwoerd was LEIERS! Godvresend,
> beginselvas, pligsgetrou, nugter, eerlik, opreg, lojaal, dienaars van hul
> volk en manne van hul woord en getrou aan hul huwelksmaats en hul families.
>
> (Waar WAS die Ferdie, jong?)
>
> U sien, hulle het die leisels oorgeneem van die kolonialers. Hulle het 'n
> land oorgeneem waar die "African" niks meer was as juis dit nie:'n
> "African",'n bediende, 'n houtkapper en 'n waterdraer, 'n mynwerker, 'n
> goedkoop middel tot 'n doel, en die doel was om te sorg dat die son nooit,
> ooit oor die empire ondergaan nie. Aandklokreëls, onderbetaling,
> onderdanigheid, werkreservering, lokasies, minderwaardige skoling en rasse
> diskriminasie het bestaan lank reeds voordat enige Nasionalis aan die woord
> "apartheid" gedink het.
>
> Setlaars het verskillende opsies tot hulle beskikking wanneer hulle 'n land
> betrek.
>
> Daar is die Amerikaanse opsie. Het die Amerikaanse setlaars nie die
> inheemse Rooihuide afgemaai soos wat hulle dit gedoen het nie, is dit
> statisties bewys dat Amerika vandag ten minste 80 miljoen Rooihuide sou
> gehad het.
>
> Daar is die Kolonialer opsie. Trek in, vat alles wat jy kan uit die grond,
> uit die minerale rykdom, buit die inheemse bevolking uit tot die maksimum,
> sit niks terug nie en trek uit. Skitterende voorbeelde: Die Afrika state
> ten Noorde van ons.
>
> Dan is daar die sendeling opsie. Kom in, vat niks wat nie joune is nie,
> leer die inheemse mense om te bou en te handhaaf en oor hulle self te
> beskik en gaan huistoe. Hoe het ons nie ons plig versuim nie!
>
> As ons eerste Party-leiers leiers sedert Afrikaner oorname eerlik met
> hulself was, (en ek is seker hulle was), dan het hulle 'n probleem gehad.
> Hulle was nóg Amerikaners, nóg kolonialers, nóg sendelinge. Hulle was
> sekerlik ook nie setlaars nie want ten spyte van al die "bewyse tot die
> teendeel", was die inboorlinge/naturel-le/bantoes/swartes maar baie skraal
> versprei oor hierdie mooi land toe die Witman hier aangeland het.
>
> Daar was dus die een gevolgtrekking, of was dit twee? Een, hierdie was van
> Dag Een Witmansland en, behalwe vir die Engelse in ons midde, het ons gekom
> om te bly. Twee, die inboorlinge, ens. wat na die stede getrek het, het nie
> gekom om te bly nie; hulle moes na die "tuislande" terug gemotiveer word.
> Hoe om 'n balans tussen menslikheid en Afrika-styl oorlewing te behou? Die
> Nasionale Party-regering van Malan, Strijdom en Verwoerd was in staat om dit
> reg te kry, maar daar was sekere faktore wat teen die voortbestaan van
> Afrikaner, Blanke bewind ingewerk het wat nooit ooit vir altyd te�gewerk kon
> word nie. Hierdie faktore het na 1967 hyl lelike gesigte begin wys. Wat
> daarna gebeur het het vrae laat ontstaan wat lank nadat
> Afrikanernasionalisme oor die horison van wêreldgeskiedenis verdwyn het,
> indringende antwoorde aan ons kinders verskuldig sal wees.
>
> Waarom is Verwoerd vermoor?
>
> Waarom het Vorster, wat soveel belofte vir ons voortbestaan gehou het,
> skielik gat teen die juk gedraai? Wie het 'n houvas op die arme drommel
> gehad?
>
> Waarom het Henry Ford Jnr. hier 'n draai kom gooi kort na Vorster se
> oorname?
>
> Waarom is die Verwoerd ge-inisi�erde suksesvolle boikot van Ford produkte
> met groot geheimhouding opgehef en tamaai groot regeringsbestellings, veral
> Polisiebestellings, by Fordmaatskappy geplaas? Dit lei dan ook tot verdere
> kwellende vrae wat soebat om geantwoord te word.
>
> Waarom was Dr. Albert Hertzog en sy span met die eerste lig van hul
> wenkbroue met soveel geweld uit die parlement geboender, hul protes met
> soveel beplande boewery gesnoer? Wat van die Inligting"skandaal", waar pas
> dit rêrig in?
>
> Miskien het Ferdie sommige van die antwoorde.
>
> Dit gaan lekker wees om op my oudag net te bespiegel, maar dan wil ek eers
> Gary Allen se boek "None Dare call it Conspiracy", daar uit die kartondoos
> in die garage uithaal en dit weer versigtig deurlees voordat ek met my
> gevolgtrekkings vorendag kom. En moet nie verbaas wees as ek skielik myself
> in 'n betonblok aan die bodem van die Wemmerpan bevind nie.
>
> Tot dan.
>
Re: WAAROM (1) [boodskap #33366 is 'n antwoord op boodskap #33341] So, 13 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chr...[1]  is tans af-lyn  Chr...[1]
Boodskappe: 85
Geregistreer: Junie 2000
Karma: 0
Volle Lid
Grahame, baie dankie vir hierdie stukkie en ek kan my daarmee vereenselwig want
ek het ook soos jy deur al hierdie dinge gegaan. Ek is seker daar is nie veel op
hierdie nuusgroep wat die jare het om saam te praat nie, so praat hulle dan
gewoonlik uit ander se monde of uit boeke ens.
Groete
Christo

Grahame wrote:

> Jou intelligensie word gemeet aan die soort dinge in die lewe wat jy geniet;
> jou integriteit aan die soort mense wat jy vereer. Om nou lykskouing te hou
> oor wat met ons volk gebeur het en wie se skuld dit is dat die Afrikaner
> vandag 'n nasie sonder identiteit of bestaansreg in sy eie land is, gaan ons
> nie noodwendig baie vêr bring nie. Ons kan maar net dit oordink wat was en
> wat kon gewees het. Ek was daar voordat dit gebeur het en hopelik sal ek
> daar wees nadat dit alles verby is.

>
> Knip...............jammer ek moes.
Re: WAAROM (1) [boodskap #33367 is 'n antwoord op boodskap #33341] So, 13 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chr...[1]  is tans af-lyn  Chr...[1]
Boodskappe: 85
Geregistreer: Junie 2000
Karma: 0
Volle Lid
Ag wat dis goed Davie, 'n goeie verstand het net 'n halwe woord nodig (smile)
Christo

Davie Davis wrote:

> Julle sal opmerk dat die Sjinees/Afrikaanse skrif wat ek
> gebruik het nie so mooi pas by Graham se mooi brief nie.
> Wat werklik gebeur het is dat ek die brief in Winword 2000
> geskryf en daarvandaan gecopy en paste het. En die twee
> woordverwerkers sit blykbaar nie langs een vuur nie!
>
> Terwille daarvan om my brief meer leesbaar te maak, het ek
> dit oorgedoen. Want net miskien was alles wat ek gesê het
> nie so duidelik nie. (Skuus vir die herhaling van die brief
> dus, maar dit is nou meer duidelik)
>
> *************************
>
> Met 'n paar dinge het jy geslaag dmv dié mooi brief van jou
> Graham. Ten eerste het jy vir 'n rukkie Davie Davis se
> groot mond toegemaak en hom weer 'n slag geleer wat
> meditasie beteken. Jy het my weer 'n slag laat dink oor die
> dag toe ek as skoolkind by die spoorwegstasie op Oberholzer
> staan met 'n Republiekvlaggie om saam met die res van die
> skoolmaatjies te wuif vir President Blackie Swart wat daar
> verbyry in 'n rytuig en vir ons waai. En ons sing Die Stem.
> En dit is 31 Mei 1961. En die vrouemoorde en kindermoorde
> wat die engelse hul aan skuldig gemaak het is agter die rug
> en ons is onafhanklik. En ons kyk net vorentoe.
>
> Jy het my weer laat dink aan die laerskooldae toe dit in
> was om Nat te stem en 'n Chev te ry.
>
> En jy het my aan my hoërskooldae laat dink toe die Ferdi
> Greyling tipe landsbewoners die HNP sprekers met eiers en
> tamaties bestook het. En heelwat van hulle nou nié meer die
> Greyling taal spreek nie.
>
> Dan het jy ook met jou vertoon van volkswaardes ons weer
> bewus gemaak van die feit dat ons nie moet verwyt sonder om
> die feite te ken nie. Dat ons as nasie 'n unieke
> volksgeskiedenis het.
>
> Julian & Karin de Beer van New Zealand het reeds dié
> aanhaling van Jan Marais hier geplaas en gedeeltelik
> kwoteer ek hulle ook nou:
>
> (As ek reg onthou, was Jan Marais se politiek oor maar
> onder verdenking maar hier is erkenning van wat was - Davie
> Davis se aanhaling)
>
> Na die Tweede Vryheidsoorlog was die Boerevolk in die
> haglikste ekonomiese omstandighede denkbaar. Eens
> suksesvolle boere moes hande-arbeid in die myne gaan soek.
> Daar is hulle deur die uitlander-mynbase verneder en
> vertrap sonder dat hulle enige regte geniet het.
>
> 'n Boeremens kon vergeet van 'n staatsdienspos.
> Armblankeskap was 'n algemene verskynsel.
>
> Nogtans het die Boerevolk hom nie op apartheid of
> menseregteskendings of agtergeblewenheid beroep nie. Hy het
> gewerk en presteer en daardeur algaande 'n volwaardige plek
> in sy eie land se ekonomie verwerf.
>
> Die staalbedryf, die spoorweg en uiteindelik die
> wapenbedryf, is deur Boerehande en Boerebreinkrag tot stand
> gebring. Derduisende werkgeleenthede is vir ons eie mense
> en ander geskep deur Boere-inisiatief.
>
> Nadat die Republiek van Suid-Afrika in 1961 tot stand
> gebring is en die las van die Britse Statebond afgewerp is,
> is 'n nuwe era van ongekende ekonomiese voorspoed tot die
> voordeel van almal in Suid-Afrika betree.
>
> Die prentjie wat mnr Jan S Marais, destydse besturende
> direkteur van Trust Bank, in 1965 van toestande in Suid-
> Afrika geskilder het, kan seker alle mense, laat
> terugverlang na die sogenaamde onbevryde Suid-Afrika.
>
> Volgens mnr Marais was die ekonomie van die Republiek in
> so 'n sterk groeifase dat 'n groot tekort aan werkers in
> alle beroepe ondervind is. Daar was te veel werkgeleenthede
> en te min mense om al die poste te vul. In sy jaarverslag
> meld hy dat Suid-Afrika se nywerheidsproduksie die
> voorafgaande twaalf jaar meer as verdriedubbel het.
>
> Voorts het hy syfers aangehaal om te bevestig dat Suid-
> Afrika een van die twaalf bes gevoede bevolkings in die
> wêreld gehad het. Die Republiek was ook die leier op die
> gebied van standaardisasie, voeding, arbeidsterapie, in die
> vervaardiging van staal en staalprodukte teen die laagste
> koste, in behuising en in produksie van olie uit steenkool.
>
> Volgens mnr Marais is daar in die tien jaar voor 1965 huise
> teen 'n tempo van vyftig per dag vir swartes in Suid-Afrika
> gebou; 164-duisend huise sedert 1950. Nie destyds en ook
> nie nou, is daar ooit huise vir die blanke gebou nie; die
> blanke moet nog altyd sy eie huis bou en sy eie dienste,
> soos water voorsien.
>
> Gedurende die sewe jaar voor 1965 het swart onderwysers met
> meer as 25 persent toegeneem en skole vir swartes met 35
> persent. In Suid-Afrika was daar reeds meer gegradueerde
> swartes as in al die Afrika-state wat voorheen onder Britse
> beheer was saam.
>
> Vyf-en-tagtig persent van alle swartes van skoolgaande
> ouderdom was geletterd. Die gemiddelde persentasie
> geletterdheid vir lande in die res van Afrika het tussen
> een persent en tien persent gewissel.
>
> Volgens mnr Marais was die tempo waarteen Suid-Afrika se
> volksinkomste vanaf 1962 tot 1965 toegeneem het, saam met
> Japan die hoogste in die wêreld, en heelwat bo dié van
> Amerika. Belasting was laag: ongeveer net die helfte van
> dié in Brittanje en een-derde van dié in die VSA.
>
> Nie-blankes in Suid-Afrika het in 1965 reeds per kop vier
> keer meer motorvoertuie as die Russe besit.
>
> Dr. Verwoerd se voorspellings nà die Rivonia verhoor oor
> hoe Mandela en die res van die ANC, as hulle sou slaag, die
> ekonomie van SA ten gronde sou laat gaan, hét nou
> gerealiseer.
>
> En dan dink ek Graham, dat jy ook Ferdi Greyling stil
> gemaak het. En indien nié Ferdi, dan is die bal is nou in
> jou hande.
>
> Ligsinnigheid sal deel bly van die groep en ék sal daarin
> deel maar dit sal lekker wees om meer kere van jou te hoor.
>
> * Sent from AltaVista http://www.altavista.com Where you can also find related Web Pages, Images, Audios, Videos, News, and Shopping. Smart is Beautiful
Re: WAAROM (1) [boodskap #33368 is 'n antwoord op boodskap #33341] So, 13 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Grahame, ek is vol hoop dat die tema "Waarom(1)" opgevolg
sal word met 'n nr. 2, hetsy dit Waarom(2) of "Omdat(1) of
Omdat(2) is.

* Sent from AltaVista http://www.altavista.com Where you can also find related Web Pages, Images, Audios, Videos, News, and Shopping. Smart is Beautiful
Re: WAAROM (1) [boodskap #33369 is 'n antwoord op boodskap #33341] So, 13 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Julle sal opmerk dat die Sjinees/Afrikaanse skrif wat ek
gebruik het nie so mooi pas by Graham se mooi brief nie.
Wat werklik gebeur het is dat ek die brief in Winword 2000
geskryf en daarvandaan gecopy en paste het. En die twee
woordverwerkers sit blykbaar nie langs een vuur nie!

Terwille daarvan om my brief meer leesbaar te maak, het ek
dit oorgedoen. Want net miskien was alles wat ek gesê het
nie so duidelik nie. (Skuus vir die herhaling van die brief
dus, maar dit is nou meer duidelik)

*************************

Met 'n paar dinge het jy geslaag dmv dié mooi brief van jou
Graham. Ten eerste het jy vir 'n rukkie Davie Davis se
groot mond toegemaak en hom weer 'n slag geleer wat
meditasie beteken. Jy het my weer 'n slag laat dink oor die
dag toe ek as skoolkind by die spoorwegstasie op Oberholzer
staan met 'n Republiekvlaggie om saam met die res van die
skoolmaatjies te wuif vir President Blackie Swart wat daar
verbyry in 'n rytuig en vir ons waai. En ons sing Die Stem.
En dit is 31 Mei 1961. En die vrouemoorde en kindermoorde
wat die engelse hul aan skuldig gemaak het is agter die rug
en ons is onafhanklik. En ons kyk net vorentoe.

Jy het my weer laat dink aan die laerskooldae toe dit in
was om Nat te stem en 'n Chev te ry.

En jy het my aan my hoërskooldae laat dink toe die Ferdi
Greyling tipe landsbewoners die HNP sprekers met eiers en
tamaties bestook het. En heelwat van hulle nou nié meer die
Greyling taal spreek nie.

Dan het jy ook met jou vertoon van volkswaardes ons weer
bewus gemaak van die feit dat ons nie moet verwyt sonder om
die feite te ken nie. Dat ons as nasie 'n unieke
volksgeskiedenis het.

Julian & Karin de Beer van New Zealand het reeds dié
aanhaling van Jan Marais hier geplaas en gedeeltelik
kwoteer ek hulle ook nou:

(As ek reg onthou, was Jan Marais se politiek oor maar
onder verdenking maar hier is erkenning van wat was - Davie
Davis se aanhaling)

Na die Tweede Vryheidsoorlog was die Boerevolk in die
haglikste ekonomiese omstandighede denkbaar. Eens
suksesvolle boere moes hande-arbeid in die myne gaan soek.
Daar is hulle deur die uitlander-mynbase verneder en
vertrap sonder dat hulle enige regte geniet het.

'n Boeremens kon vergeet van 'n staatsdienspos.
Armblankeskap was 'n algemene verskynsel.

Nogtans het die Boerevolk hom nie op apartheid of
menseregteskendings of agtergeblewenheid beroep nie. Hy het
gewerk en presteer en daardeur algaande 'n volwaardige plek
in sy eie land se ekonomie verwerf.

Die staalbedryf, die spoorweg en uiteindelik die
wapenbedryf, is deur Boerehande en Boerebreinkrag tot stand
gebring. Derduisende werkgeleenthede is vir ons eie mense
en ander geskep deur Boere-inisiatief.

Nadat die Republiek van Suid-Afrika in 1961 tot stand
gebring is en die las van die Britse Statebond afgewerp is,
is 'n nuwe era van ongekende ekonomiese voorspoed tot die
voordeel van almal in Suid-Afrika betree.

Die prentjie wat mnr Jan S Marais, destydse besturende
direkteur van Trust Bank, in 1965 van toestande in Suid-
Afrika geskilder het, kan seker alle mense, laat
terugverlang na die sogenaamde onbevryde Suid-Afrika.

Volgens mnr Marais was die ekonomie van die Republiek in
so 'n sterk groeifase dat 'n groot tekort aan werkers in
alle beroepe ondervind is. Daar was te veel werkgeleenthede
en te min mense om al die poste te vul. In sy jaarverslag
meld hy dat Suid-Afrika se nywerheidsproduksie die
voorafgaande twaalf jaar meer as verdriedubbel het.

Voorts het hy syfers aangehaal om te bevestig dat Suid-
Afrika een van die twaalf bes gevoede bevolkings in die
wêreld gehad het. Die Republiek was ook die leier op die
gebied van standaardisasie, voeding, arbeidsterapie, in die
vervaardiging van staal en staalprodukte teen die laagste
koste, in behuising en in produksie van olie uit steenkool.

Volgens mnr Marais is daar in die tien jaar voor 1965 huise
teen 'n tempo van vyftig per dag vir swartes in Suid-Afrika
gebou; 164-duisend huise sedert 1950. Nie destyds en ook
nie nou, is daar ooit huise vir die blanke gebou nie; die
blanke moet nog altyd sy eie huis bou en sy eie dienste,
soos water voorsien.

Gedurende die sewe jaar voor 1965 het swart onderwysers met
meer as 25 persent toegeneem en skole vir swartes met 35
persent. In Suid-Afrika was daar reeds meer gegradueerde
swartes as in al die Afrika-state wat voorheen onder Britse
beheer was saam.

Vyf-en-tagtig persent van alle swartes van skoolgaande
ouderdom was geletterd. Die gemiddelde persentasie
geletterdheid vir lande in die res van Afrika het tussen
een persent en tien persent gewissel.

Volgens mnr Marais was die tempo waarteen Suid-Afrika se
volksinkomste vanaf 1962 tot 1965 toegeneem het, saam met
Japan die hoogste in die wêreld, en heelwat bo dié van
Amerika. Belasting was laag: ongeveer net die helfte van
dié in Brittanje en een-derde van dié in die VSA.

Nie-blankes in Suid-Afrika het in 1965 reeds per kop vier
keer meer motorvoertuie as die Russe besit.

Dr. Verwoerd se voorspellings ná die Rivonia verhoor oor
hoe Mandela en die res van die ANC, as hulle sou slaag, die
ekonomie van SA ten gronde sou laat gaan, hêt nou
gerealiseer.

En dan dink ek Graham, dat jy ook Ferdi Greyling stil
gemaak het. En indien nié Ferdi, dan is die bal is nou in
jou hande.

Ligsinnigheid sal deel bly van die groep en ék sal daarin
deel maar dit sal lekker wees om meer kere van jou te hoor.

* Sent from AltaVista http://www.altavista.com Where you can also find related Web Pages, Images, Audios, Videos, News, and Shopping. Smart is Beautiful
Re: WAAROM (1) [boodskap #33370 is 'n antwoord op boodskap #33369] So, 13 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
boer...  is tans af-lyn  boer...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Senior Lid
Merkwaardig, of hoe Greyling?

Davie Davis wrote:

> Julle sal opmerk dat die Sjinees/Afrikaanse skrif wat ek
> gebruik het nie so mooi pas by Graham se mooi brief nie.
> Wat werklik gebeur het is dat ek die brief in Winword 2000
> geskryf en daarvandaan gecopy en paste het. En die twee
> woordverwerkers sit blykbaar nie langs een vuur nie!
>
> Terwille daarvan om my brief meer leesbaar te maak, het ek
> dit oorgedoen. Want net miskien was alles wat ek gesê het
> nie so duidelik nie. (Skuus vir die herhaling van die brief
> dus, maar dit is nou meer duidelik)
>
> *************************
>
> Met 'n paar dinge het jy geslaag dmv dié mooi brief van jou
> Graham. Ten eerste het jy vir 'n rukkie Davie Davis se
> groot mond toegemaak en hom weer 'n slag geleer wat
> meditasie beteken. Jy het my weer 'n slag laat dink oor die
> dag toe ek as skoolkind by die spoorwegstasie op Oberholzer
> staan met 'n Republiekvlaggie om saam met die res van die
> skoolmaatjies te wuif vir President Blackie Swart wat daar
> verbyry in 'n rytuig en vir ons waai. En ons sing Die Stem.
> En dit is 31 Mei 1961. En die vrouemoorde en kindermoorde
> wat die engelse hul aan skuldig gemaak het is agter die rug
> en ons is onafhanklik. En ons kyk net vorentoe.
>
> Jy het my weer laat dink aan die laerskooldae toe dit in
> was om Nat te stem en 'n Chev te ry.
>
> En jy het my aan my hoërskooldae laat dink toe die Ferdi
> Greyling tipe landsbewoners die HNP sprekers met eiers en
> tamaties bestook het. En heelwat van hulle nou nié meer die
> Greyling taal spreek nie.
>
> Dan het jy ook met jou vertoon van volkswaardes ons weer
> bewus gemaak van die feit dat ons nie moet verwyt sonder om
> die feite te ken nie. Dat ons as nasie 'n unieke
> volksgeskiedenis het.
>
> Julian & Karin de Beer van New Zealand het reeds dié
> aanhaling van Jan Marais hier geplaas en gedeeltelik
> kwoteer ek hulle ook nou:
>
> (As ek reg onthou, was Jan Marais se politiek oor maar
> onder verdenking maar hier is erkenning van wat was - Davie
> Davis se aanhaling)
>
> Na die Tweede Vryheidsoorlog was die Boerevolk in die
> haglikste ekonomiese omstandighede denkbaar. Eens
> suksesvolle boere moes hande-arbeid in die myne gaan soek.
> Daar is hulle deur die uitlander-mynbase verneder en
> vertrap sonder dat hulle enige regte geniet het.
>
> 'n Boeremens kon vergeet van 'n staatsdienspos.
> Armblankeskap was 'n algemene verskynsel.
>
> Nogtans het die Boerevolk hom nie op apartheid of
> menseregteskendings of agtergeblewenheid beroep nie. Hy het
> gewerk en presteer en daardeur algaande 'n volwaardige plek
> in sy eie land se ekonomie verwerf.
>
> Die staalbedryf, die spoorweg en uiteindelik die
> wapenbedryf, is deur Boerehande en Boerebreinkrag tot stand
> gebring. Derduisende werkgeleenthede is vir ons eie mense
> en ander geskep deur Boere-inisiatief.
>
> Nadat die Republiek van Suid-Afrika in 1961 tot stand
> gebring is en die las van die Britse Statebond afgewerp is,
> is 'n nuwe era van ongekende ekonomiese voorspoed tot die
> voordeel van almal in Suid-Afrika betree.
>
> Die prentjie wat mnr Jan S Marais, destydse besturende
> direkteur van Trust Bank, in 1965 van toestande in Suid-
> Afrika geskilder het, kan seker alle mense, laat
> terugverlang na die sogenaamde onbevryde Suid-Afrika.
>
> Volgens mnr Marais was die ekonomie van die Republiek in
> so 'n sterk groeifase dat 'n groot tekort aan werkers in
> alle beroepe ondervind is. Daar was te veel werkgeleenthede
> en te min mense om al die poste te vul. In sy jaarverslag
> meld hy dat Suid-Afrika se nywerheidsproduksie die
> voorafgaande twaalf jaar meer as verdriedubbel het.
>
> Voorts het hy syfers aangehaal om te bevestig dat Suid-
> Afrika een van die twaalf bes gevoede bevolkings in die
> wêreld gehad het. Die Republiek was ook die leier op die
> gebied van standaardisasie, voeding, arbeidsterapie, in die
> vervaardiging van staal en staalprodukte teen die laagste
> koste, in behuising en in produksie van olie uit steenkool.
>
> Volgens mnr Marais is daar in die tien jaar voor 1965 huise
> teen 'n tempo van vyftig per dag vir swartes in Suid-Afrika
> gebou; 164-duisend huise sedert 1950. Nie destyds en ook
> nie nou, is daar ooit huise vir die blanke gebou nie; die
> blanke moet nog altyd sy eie huis bou en sy eie dienste,
> soos water voorsien.
>
> Gedurende die sewe jaar voor 1965 het swart onderwysers met
> meer as 25 persent toegeneem en skole vir swartes met 35
> persent. In Suid-Afrika was daar reeds meer gegradueerde
> swartes as in al die Afrika-state wat voorheen onder Britse
> beheer was saam.
>
> Vyf-en-tagtig persent van alle swartes van skoolgaande
> ouderdom was geletterd. Die gemiddelde persentasie
> geletterdheid vir lande in die res van Afrika het tussen
> een persent en tien persent gewissel.
>
> Volgens mnr Marais was die tempo waarteen Suid-Afrika se
> volksinkomste vanaf 1962 tot 1965 toegeneem het, saam met
> Japan die hoogste in die wêreld, en heelwat bo dié van
> Amerika. Belasting was laag: ongeveer net die helfte van
> dié in Brittanje en een-derde van dié in die VSA.
>
> Nie-blankes in Suid-Afrika het in 1965 reeds per kop vier
> keer meer motorvoertuie as die Russe besit.
>
> Dr. Verwoerd se voorspellings nà die Rivonia verhoor oor
> hoe Mandela en die res van die ANC, as hulle sou slaag, die
> ekonomie van SA ten gronde sou laat gaan, hét nou
> gerealiseer.
>
> En dan dink ek Graham, dat jy ook Ferdi Greyling stil
> gemaak het. En indien nié Ferdi, dan is die bal is nou in
> jou hande.
>
> Ligsinnigheid sal deel bly van die groep en ék sal daarin
> deel maar dit sal lekker wees om meer kere van jou te hoor.
>
> * Sent from AltaVista http://www.altavista.com Where you can also find related Web Pages, Images, Audios, Videos, News, and Shopping. Smart is Beautiful
Re: WAAROM (1) [boodskap #33371 is 'n antwoord op boodskap #33367] So, 13 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Of, soos ons dit ken, het 'n goeie gryper 'n halwe brood nodig.

Dries
----- Original Message -----
From:
> Ag wat dis goed Davie, 'n goeie verstand het net 'n halwe woord nodig (smile)
> Christo
Re: WAAROM (1) [boodskap #33372 is 'n antwoord op boodskap #33341] So, 13 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
boer...  is tans af-lyn  boer...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Senior Lid
puik gedoen!

Grahame wrote:

> Jou intelligensie word gemeet aan die soort dinge in die lewe wat jy geniet;
> jou integriteit aan die soort mense wat jy vereer. Om nou lykskouing te hou
> oor wat met ons volk gebeur het en wie se skuld dit is dat die Afrikaner
> vandag 'n nasie sonder identiteit of bestaansreg in sy eie land is, gaan ons
> nie noodwendig baie vêr bring nie. Ons kan maar net dit oordink wat was en
> wat kon gewees het. Ek was daar voordat dit gebeur het en hopelik sal ek
> daar wees nadat dit alles verby is.
>
> Ek was daar as 'n trotse jeugdige in 1948 toe die Afrikaner die bewind in
> hierdie land oorgeneem het. Ek was daar toe Dr. D.F.Malan sy gevleuelde
> woorde "Glo in jou God, glo in jou Volk, glo in jouself" op die harte van
> elke opregte Afrikaner gelê het. Ek was daar as 'n jong Kapenaar toe die
> Leeu van die Noorde die leisels oorgeneem het en ek het hom bewonder. Ek
> was daar in elke verkiesing- en tussenverkiesingstryd betrokke toe Dr.
> H.F.Verwoerd Suid-Afrikaanse Engelssprekendes by hul duisende na die
> Nasionale Party oorgewen het. Ek was daar onder die dansende en jubelende
> skare in Port Elizabeth toe Dr.Verwoerd ons na 'n Volkseie Republiek gelei
> het.
>
> (Waar was Ferdie?)
>
> Ek was daar tydens Verwoerd se bewind toe ons ons vriende en vyande in die
> oë kon kyk, ons ons skuld met klinkende munt kon betaal en op die koop toe
> ook binne die twintig rykste lande in die wêreld getel het; toe die Rand
> meer werd was as die Amerikaanse Dollar; toe ons deur die wêreld
> gerespekteer was, nie vanweë ons Apartheidsbeleid nie, maar ten spyte
> daarvan.
>
> As daar ooit 'n nasie was wat "disadvantaged" was dan was dit die Afrikaner
> toe hy hier aan bewind gekom het. Die Engelse "die-hards" wat Engeland nog
> as hul "home"gesien het, het openlik erken dat hulle hulself saans aan die
> slaap gehuil het net om te dink wat nie alles NOU van hierdie land gaan
> gebeur nie. Maar Malan, Strijdom en Verwoerd was LEIERS! Godvresend,
> beginselvas, pligsgetrou, nugter, eerlik, opreg, lojaal, dienaars van hul
> volk en manne van hul woord en getrou aan hul huwelksmaats en hul families.
>
> (Waar WAS die Ferdie, jong?)
>
> U sien, hulle het die leisels oorgeneem van die kolonialers. Hulle het 'n
> land oorgeneem waar die "African" niks meer was as juis dit nie:'n
> "African",'n bediende, 'n houtkapper en 'n waterdraer, 'n mynwerker, 'n
> goedkoop middel tot 'n doel, en die doel was om te sorg dat die son nooit,
> ooit oor die empire ondergaan nie. Aandklokreëls, onderbetaling,
> onderdanigheid, werkreservering, lokasies, minderwaardige skoling en rasse
> diskriminasie het bestaan lank reeds voordat enige Nasionalis aan die woord
> "apartheid" gedink het.
>
> Setlaars het verskillende opsies tot hulle beskikking wanneer hulle 'n land
> betrek.
>
> Daar is die Amerikaanse opsie. Het die Amerikaanse setlaars nie die
> inheemse Rooihuide afgemaai soos wat hulle dit gedoen het nie, is dit
> statisties bewys dat Amerika vandag ten minste 80 miljoen Rooihuide sou
> gehad het.
>
> Daar is die Kolonialer opsie. Trek in, vat alles wat jy kan uit die grond,
> uit die minerale rykdom, buit die inheemse bevolking uit tot die maksimum,
> sit niks terug nie en trek uit. Skitterende voorbeelde: Die Afrika state
> ten Noorde van ons.
>
> Dan is daar die sendeling opsie. Kom in, vat niks wat nie joune is nie,
> leer die inheemse mense om te bou en te handhaaf en oor hulle self te
> beskik en gaan huistoe. Hoe het ons nie ons plig versuim nie!
>
> As ons eerste Party-leiers leiers sedert Afrikaner oorname eerlik met
> hulself was, (en ek is seker hulle was), dan het hulle 'n probleem gehad.
> Hulle was nòg Amerikaners, nòg kolonialers, nòg sendelinge. Hulle was
> sekerlik ook nie setlaars nie want ten spyte van al die "bewyse tot die
> teendeel", was die inboorlinge/naturel-le/bantoes/swartes maar baie skraal
> versprei oor hierdie mooi land toe die Witman hier aangeland het.
>
> Daar was dus die een gevolgtrekking, of was dit twee? Een, hierdie was van
> Dag Een Witmansland en, behalwe vir die Engelse in ons midde, het ons gekom
> om te bly. Twee, die inboorlinge, ens. wat na die stede getrek het, het nie
> gekom om te bly nie; hulle moes na die "tuislande" terug gemotiveer word.
> Hoe om 'n balans tussen menslikheid en Afrika-styl oorlewing te behou? Die
> Nasionale Party-regering van Malan, Strijdom en Verwoerd was in staat om dit
> reg te kry, maar daar was sekere faktore wat teen die voortbestaan van
> Afrikaner, Blanke bewind ingewerk het wat nooit ooit vir altyd teëgewerk kon
> word nie. Hierdie faktore het na 1967 hyl lelike gesigte begin wys. Wat
> daarna gebeur het het vrae laat ontstaan wat lank nadat
> Afrikanernasionalisme oor die horison van wêreldgeskiedenis verdwyn het,
> indringende antwoorde aan ons kinders verskuldig sal wees.
>
> Waarom is Verwoerd vermoor?
>
> Waarom het Vorster, wat soveel belofte vir ons voortbestaan gehou het,
> skielik gat teen die juk gedraai? Wie het 'n houvas op die arme drommel
> gehad?
>
> Waarom het Henry Ford Jnr. hier 'n draai kom gooi kort na Vorster se
> oorname?
>
> Waarom is die Verwoerd ge-inisiëerde suksesvolle boikot van Ford produkte
> met groot geheimhouding opgehef en tamaai groot regeringsbestellings, veral
> Polisiebestellings, by Fordmaatskappy geplaas? Dit lei dan ook tot verdere
> kwellende vrae wat soebat om geantwoord te word.
>
> Waarom was Dr. Albert Hertzog en sy span met die eerste lig van hul
> wenkbroue met soveel geweld uit die parlement geboender, hul protes met
> soveel beplande boewery gesnoer? Wat van die Inligting"skandaal", waar pas
> dit rêrig in?
>
> Miskien het Ferdie sommige van die antwoorde.
>
> Dit gaan lekker wees om op my oudag net te bespiegel, maar dan wil ek eers
> Gary Allen se boek "None Dare call it Conspiracy", daar uit die kartondoos
> in die garage uithaal en dit weer versigtig deurlees voordat ek met my
> gevolgtrekkings vorendag kom. En moet nie verbaas wees as ek skielik myself
> in 'n betonblok aan die bodem van die Wemmerpan bevind nie.
>
> Tot dan.
Re: WAAROM (1) [boodskap #33532 is 'n antwoord op boodskap #33341] Vr, 18 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskap
Grahame  is tans af-lyn  Grahame
Boodskappe: 131
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Senior Lid
Dankie. Daar is nog heelwat "waaroms". Soos die Engelse sê: Watch this
space!!"

Davie Davis skryf in boodskap news:0e4bc54d.b8a17c26@usw-ex0109-069.remarq.com...
>
>
> Grahame, ek is vol hoop dat die tema "Waarom(1)" opgevolg
> sal word met 'n nr. 2, hetsy dit Waarom(2) of "Omdat(1) of
> Omdat(2) is.
>
>
> * Sent from AltaVista http://www.altavista.com Where you can also find
related Web Pages, Images, Audios, Videos, News, and Shopping. Smart is
Beautiful
Vorige onderwerp: Toekoms Advies vir: Vooruitgeskatte Brandstof Prys Inisiatief
Volgende onderwerp: Suid Afrikaanse Mans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 01:07:13 MGT 2024