Iets van die HNP [boodskap #33337] |
Vr, 11 Augustus 2000 00:00 |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Van hulle webblad. Oor vroue.
Lyk vir my baie soos Jaap Marais se styl.
Het hy dit dalk self geskryf?
------------------------------------------------------------ ----------------------------
Vroueregte en feministe -- 'n teken van die tye
IN die week wat kom vier die ANC-regime weer hul humanistiese
"Nasionale vrouedag". Almal van ons weet dat dit vir hulle nie veel te
doen het met die regte van vroue nie, want in die Swart kultuur
bestaan daar nie werklik so-iets nie. Dit gaan maar net daaroor om die
dag in herinnering te roep toe 'n groep Swart vroue in die
vyftigerjare teen die destydse regering van adv. JG Strijdom 'n
protesoptog gehou het om teen die paswette te protesteer.
Daar kan vandag baie oor die paswette gesê word, onder andere dat dit
dalk die beste oplossing vir ons huidige misdaadprobleem kan wees.
Maar, dit daargelaat, kom ons kyk liewer weer na die kwessie van
"vroueregte".
Volgens die Bybel is die vrou as hulp vir die man geskep. Daar word
baie duidelik op talle plekke in die Bybel genoem dat die vrou aan
haar man onderdanig moet wees en dat hy oor haar moet heers. Ek is
geen oordrewe manlike chauvinis nie. Maar die nuwe orde se fiminisme
en skewe "vroueregte" staan my nie juis aan nie. Ek het geen probleem
met 'n vrou wat uitstyg in die beroepswêreld en 'n sukses maak van
enige professionele loopbaan nie. Solank dit net nie ten koste van
haar man en haar kinders gebeur nie!
Daar is baie beroepslyne waar vroue onontbeerlik, soos byvoorbeeld in
die onderwys. Daar is sekere opvoedingstake in die lewe wat deur die
eeue die plig van die moeder in 'n gesin was. Die balans tussen 'n
vaderfiguur en 'n moederfiguur moet egter ten alle koste behou word.
Daar is sekerlik niks so ongesond in 'n huishouding as kinders wat
blootgestel word aan 'n moeder wat die vader oorheers en domineer nie.
Die groot geheim wat die meeste feministe natuurlik vergeet is dat
vroulikheid seker 'n vrou se beste wapen kan wees. Maar hulle vermy
hierdie deel van hulle bestaan, omdat hulle kwansuis op gelyke voet
met die man wil verkeer. En dit is dan juis wat die manne weer
afstoot.
Die Voortrekkervroue, wat wêreldroem behaal het met hulle aandeel in
die Groot Trek en ook in die Vryheidsoorloë van die Afrikanervolk, was
deurgans 'n toonbeeld van onderdanige moeders. Nooit het hulle probeer
om hulself in te wurm en op te dring by die pligte en leierskap van
die mans nie. Hulle het hulle plek en pligte geken en te midde van al
die ontberinge kon hul steeds hul waardigheid as vroue en moeders
behou. 'n Besoek aan die Vrouemonument in Bloemfontein sal dit
bevestig. Daar kan 'n mens weer die afgryslikheid en die vernedering
van die Afrikanervroue tydens die Tweede Vryheidsoorlog beleef. Maar
jy kom ook weer van vooraf onder die indruk van watter stoffasie die
moeders van ons volk werklik gemaak is.
Die moed, durf, geloof en dapperheid van ons volksmoeders is 'n
duidelike voorbeeld vir elke Afrikanervrou wat vandag agter die krete
van die nuwe orde se feministe wil aanloop.
Waardigheid en vroulikheid mag nooit in gevaar kom met die optrede van
die vrou in enige spektrum van die samelewing nie. En dit is juis net
hier waar die groot probleem inkom by al die feministe wat deesdae so
graag hul stem wil laat hoor. In sekere sosiale kringe word die balans
tussen vroulikheid en waardigheid al hoe meer verkrag. In ander
gevalle bestaan daar geen balans meer nie. Ons sien dan tot deesdae in
die koerante hoe vroue selfs deelneem aan 'n kontaksport soos rugby!
My grootste probleem met die mannetjiesagtige feministe van ons
samelewing is dat die mans die meeste skuld daaraan het dat dié dames
so ontaard het. Die man het ook sekere opdragte in die Bybel ontvang
waarvolgens hy oor die vrou moet heers. En vandat die man hierdie
opdragte begin verontagsaam het en meer aandag aan humanistiese
wêreldneigings begin gee het, het die hele wanbalans begin intree.
Feminisme is dus indirek die man se skuld. As die man nie meer sy vrou
met die nodige waardigheid en respek behandel soos dit behoort gedoen
te word nie, sal sy uit die aard van die saak begin ontaard. As die
man dus toelaat dat sy vrou die neigings van die humanistiese wêreld
bo die Bybelse voorskrifte begin stel, sal die volgende geslagte van
daardie gesin onvermydelik in die onsmaaklike wanbalans van ons
huidige samelewing verval.
So lank as wat die man sy eie rol reg en waardig vervul, sal die vrou
haar rol as vrou, moeder en volksgenoot ook met waardigheid kan
vervul, sonder om 'n bedreiging vir die man op sy gebied te word. Dan
sal ons nie nodig hê om 'n Nasionale vakansiedag vir die vrou uit te
roep met al die verwerplike humanisme wat daarmee gepaard gaan nie.
Dan sal ons die kern van die volk gesond hou -- die kern gebou om die
gesinslewe, waar die vrou en moeder se rol onontbeerlik is
|
|
|