Die Broederbond in die 21ste eeu [boodskap #5126] |
Mon, 01 January 1996 00:00 |
Izak Bouwer
Boodskappe: 463 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gerald van Eeden skryf onlangs: "Gelukkig is daar nog 'n organisasie
soos die Afrikanerbond (voorheen...die Broederbond) waarvan die lede
nog daarmee erns is om Afrikaans te handhaaf." Robert Wagenaar
skryf in antwoord: "Ek is 'n bietjie bevrees daarvoor, dat Afrikaans die
eksklusiewe eiendom word van die Afrikanerbond."
Ek verstaan heeltemal Robert se vrese. Desnieteenstaande, dink
ek dat 'n mens nie die Afrikanerbond en 'n toekomstige rol daarvoor in
die nuwe Suid-Afrika moet ontmoedig nie. In die dekades voor die val
van apartheid was die Broederbond in 'n geweldige magsposisie. Hulle
was heelwaarskynlik deels verantwoordelik dat ons geliefde vaderland
in die moeras van die apartheids-era beland het. Hulle druk was egter ook
verantwoordelik vir die uiteindelike besluite wat deur die Nasionale Party
geneem is om die apartheidswette af te skaf en die politieke gevangenes
vry te stel.
Volgens Allister Sparks in "Tomorrow is Another Country" het
Pieter de Lange, wat in 1983 voorsitter van die Broederbond geword het,
alreeds in 1986 kontak gehad met Thabo Mbeki by 'n Ford Foundation
byeenkoms op Long Island, New York. Dit was dus gedurende die tyd
van P.W. Botha nog. Sparks skryf: "De Lange claims that the Broederbond
was well ahead of the National Party in its reformist thinking." Sparks is
ook vol bewondering vir Broederbonders soos Sampie Terreblanche en
Willie Esterhuyse wat later aktief deelgeneem het aan gereelde kontakte
met die A.N.C. en belangrike kataliste geword het in die veranderende
denke van die Afrikaner intelligentsia, saam met mense soos Willem de
Klerk, die broer van die man wat uiteindelik die taak sou erf om die
Afrikaner los te maak van die vrag wat hy vir dekades op sy eie skouers
geplaas het en later te swaar gevind het om te dra.
'n Mens hoop dus dat die Afrikanerbond nou homself aktief sal
beywer vir die voortbestaan van Afrikaans deur volop geldelike hulp te
soek vir die instandhouding van robuuste Afrikaanse koerante. (Wat 'n
genot vir 'n Afrikaner in Noord-Amerika om die Beeld , die weeklikse
Burger ens. in Afrikaans af te laai!) Hulle kan ook byvoorbeeld dit
makliker maak vir mense om in Afrikaans te publiseer deur Afrikaanse
letterkundige tydskrifte te ondersteun en nuwes in stand te bring. Ek
hoop ook dat die Afrikanerbond miskien dit sou oorweeg om hulself
die Afrikaanse Bond te noem, om sodoende die vier miljoen sprekers
van Afrikaans wat nie sogenoemd "wit" is nie, onder hulle vlerke te
neem . Hulle kan ondersteuning verleen met beurse vir studente wie se eerste taal
Afrikaans is, pryse vir Afrikaans in skole waar die voertaal Engels is, en
net 'n algemene poging om te verseker dat dit 'n vreugde sal bly om in
Afrikaans te skryf, te praat en te dig.
Gloudina Bouwer
|
|
|
Re: Die Broederbond in die 21ste eeu [boodskap #5135 is 'n antwoord op boodskap #5126] |
Wed, 03 January 1996 00:00 |
Jean-Pierre Botha
Boodskappe: 85 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:
>
> Hulle druk was egter ook
> verantwoordelik vir die uiteindelike besluite wat deur die Nasionale Party
> geneem is om die apartheidswette af te skaf en die politieke gevangenes
> vry te stel.
Twak. Hulle was teen die tyd irrelevant. FW se rug was teen
die muur nadat PW nie die insig of guts gehad het om te hervorm nie.
> Volgens Allister Sparks in "Tomorrow is Another Country" het
> Pieter de Lange, wat in 1983 voorsitter van die Broederbond geword het,
> alreeds in 1986 kontak gehad met Thabo Mbeki by 'n Ford Foundation
> byeenkoms op Long Island, New York. Dit was dus gedurende die tyd
> van P.W. Botha nog. Sparks skryf: "De Lange claims that the Broederbond
> was well ahead of the National Party in its reformist thinking." Sparks is
> ook vol bewondering vir Broederbonders soos Sampie Terreblanche en
> Willie Esterhuyse wat later aktief deelgeneem het aan gereelde kontakte
> met die A.N.C.
Natuurlik gaan De Lange dit beweer.
Nadat PW vir Sampie & kie vinger geswaai het is "n klomp
Stellenbosse ja broers se eer slightly gekrenk en toe loop hulle maar.
Kamtig Damaskus ervarings gehad maar miskien eerder die skrif teen die
muur gesien.
> en belangrike kataliste geword het in die veranderende
> denke van die Afrikaner intelligentsia, saam met mense soos Willem de
> Klerk, die broer van die man wat uiteindelik die taak sou erf om die
> Afrikaner los te maak van die vrag wat hy vir dekades op sy eie skouers
> geplaas het en later te swaar gevind het om te dra.
Alles verbind om die broederbond, rapportryers, FAK, ens is
'n meulsteen om Afrikaans se nek.
cheers
JP
|
|
|