Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 'Wits plaas Afrikaans lankal ín die doofpot'
'Wits plaas Afrikaans lankal ín die doofpot' [boodskap #32431] |
Mon, 17 July 2000 00:00 |
Bep Nieuwhof
Boodskappe: 45 Geregistreer: March 2000
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Wits plaas Afrikaans lankal 'n die doofpot
Die departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van die
Witwatersrand (Wits) gaan binnekort sluit. Die taalaktivis Dan Roodt, 'n
oudstudent van die departement, gee hier sy mening oor wat hiertoe gelei het
en watter optrede die situasie kon voorkom het.
Die nuus dat Wits se departement Afrikaans en Nederlands finaal gesluit
word, word allerweë gelate aanvaar. Die houding is: Wat sal wees, sal wees.
Dis 'n teken van die tye. Afrikaans kwyn, dus sal Afrikaanse departemente
ook doodgaan.
As iemand wat lank Afrikaans en Nederlands aan Wits gestudeer het en nou sit
met 'n doktorsgraad wat min of meer dieselfde waarde het as roebelnote met
tsaar Nikolaas se kop daarop ná die 1917-revolusie, kan ek nie help om te
dink hoe anders dit kon gewees het nie. Of liewer: hoe anders dit steeds kan
wees nie.
Myns insiens sluit die departement nie weens die tye, daardie "iets in die
lug" nie, maar omdat sekere mense intellektueel gefaal het.
In 1994 het die departement my genooi na 'n simposium oor "Afrikaans uit die
doofpot". Dit was egter duidelik dat die meeste lede van die departement
besig was om Afri kaans 'n die doofpot te plaas. Hulle is as 't ware
gekoloniseer deur die omliggende politieke korrektheid ingevolge waarvan
Afrikaans "oorbodig" was, maar gered kon word deur 'n stywe dosis feminisme
en Wits-marxisme.
(Wits-marxisme is 'n soort plaasjapie-weergawe van die Britse ekwivalent,
wat sigself berus het op swak vertalings van Franse, Duitse en Italiaanse
skrywers, waarvan die meeste al hul eie idees gerepudieer het.)
Prof. Gerrit Olivier, huidige departementshoof wat volgens 'n koerantberig
die "Afrikaner sal wees wat die laaste Afrikaanse ligte by Wits afskakel",
is tans op 'n sabbatsreis. Die kaptein sink dus nie saam met sy skip nie.
Die ironie van die saak is dat Wits nou, soos in die verlede, Afrikaans
nodig het. My pa, wat in die jare veertig onder C.M. van den Heever aan die
departement gestudeer het, het my vertel alle B.A.-studente het destyds
Afrikaans geneem.
In my dae by Wits het Afrikaans die deur tot die modernisme vir
Engelssprekende studente geopen. Hul algemene indruk is verwoord deur een
student wat sowel Engels as Afrikaans as hoofvak gehad het, wat gemeen het
Afrikaanse romans was "ultra-avant garde".
Engels het mense gevolg ter wille van die klassieke; Afrikaans om die
moderne en eietydse.
Hoewel Wits nie meer veel van sy tradisionele studente uit Johannesburg se
welvarende Engelssprekende gemeenskap trek nie - blykbaar verkies hulle nou
die "Rand Afrikaans University" - is daar tog 'n hele nuwe gemeenskap van
swart en Indiërstudente, asook 'n paar oorblywende wittes, wat myns insiens
wel 'n behoefte het om Suid-Afrika se voorste letterkunde te ontdek.
Maar wie gaan dit doseer, of die nodige geesdrif wek waar mense van die
onlangse verlede - die "Stellenbosse groepie" - gefaal het?
Die mislukking van die departement is des te meer skreiend omdat dit in die
jare sewentig en tagtig so 'n brandpunt van vooruitstrewende denke en
letterkunde was.
Hoewel Ernst van Heerden meestal homself gedoseer het en studente dikwels
moes luister na uitgerekte outobiografiese alleensprake, was daar tog 'n
ontvanklikheid vir nuwe perspektiewe op letterkunde by John Miles en veral
Ampie Coetzee.
Ernst Lindenberg was van die ou skool wat letterkunde op 'n Engelse "prac
crit"-manier benader het, maar het tog 'n goeie kennis van die Nederlandse
Vijftigers met studente kon deel. Sy vrou, Anita Lindenberg, wat tragies
vroeg dood is weens kanker, was 'n groot kenner van die eietydse prosa. Sy
was verreweg een van die gewildste dosente.
Wat die departement egter tekort geskiet het aan teoretici, het 'n aantal
begeesterde studente bygedra, asook die "eksterne lid", die boekhan delaar
Markus de Jong, wat met sy veeltalige rusteloosheid en invoer van toentertyd
abstruise Franse werke ons belangstelling geprikkel het.
Daar was baie lang koffiedrinksessies met Markus waartydens die
avant-garde-tradisie van die Sesti gers opgevolg sou word met 'n nuwe
beweging wat ek destyds die "nullers" genoem het, maar wat weens sensuur en
die groeiende politisering en verarming van ons letterkunde nooit werklik
aan die gang gekom het nie.
Nietemin het Johan van Wyk en Elza Miles 'n aantal agitprop-pamflette met
poësie en tekeninge die lig laat sien, waarvan die meeste terstond verbode
verklaar is deur die destydse sensors. Ek en my vrou, Karin Konsentrasiekamp
(gebore Bredenkamp), toe nog saamwonend, het die blaadjie Taaldoos laat druk
deur die Universiteitsdrukkery, en ook dit is verbied.
Lindenberg, Miles en Coetzee het die sogenaamde "samisjdat-uitgewer" van
daardie jare, Taurus, gevestig. Daarsonder sou vele nuwe en eksperimentele
werke nie die lig gesien het nie, asook dié van André Brink wat ná die
verbod op Kennis van die Aand toenemend by dié aweregse uitgewer begin
verskyn het.
Daar was ook die aktiwiteite van die kunstenaar en alternatiewe
filmregisseur Chris Pretorius, wat twee films gemaak het, Die Moord en
Angsst.
Die verdere manewales van die "nullers" of die "Wits-punk-beweging", wat 'n
mens dit ookal wil noem, is onlangs nagevors deur Juanita van Rensburg by
wyse van 'n meestersverhandeling.
In 1985 het die Jong Turke van die departement, te wete ekself en die digter
Johan van Wyk, die Universiteit van Durban-Westville se departement
Afrikaans op horings geneem en ongehoorde dinge met die studie van
letterkunde aangevang.
Ek onthou dat ek met die tweedejaarsklas 'n Lacaniaanse ontleding of
psigoanalise van 'n roman deur die populêre skryfster Ena Murray gedoen het.
Toe ek tydens 'n besoek aan Johannesburg dit aan Olivier noem, was hy heel
geskok.
Toe reeds kon 'n mens sien dat konformisme in die departement by Wits besig
was om die opwinding waarvoor 'n groepie studente en dosente saam met De
Jong gesorg het, besig was om te taan en dat die "Stellenbosse manier van
doen" voortaan sou posvat.
Politieke korrektheid en konformisme was uiteindelik die dood in die pot.
Die onlangse professore en dosente in Afrikaans kon sowel die opbloei van
die literêre teorie na die Franse model wat die afgelope sowat twintig jaar
ook Amerikaanse kampusse stormenderhand verower het, as die politieke
veranderings in Suid-Afrika nie hanteer nie.
Pleks van voort te bou op die rol van voorloper en vernuwer wat dit eens
gehad het, het die departement verval in versigtige na-apery met betrekking
tot die heersende gemeenplase oor Afrikaans en Afrikaners.
Dit skeel min dat Afrikaans op soveel plekke in die buiteland gedoseer word
as ons nie ons anderstalige medeburgers in ons taal en letterkunde kan laat
belang stel nie.
Wits is die ideale plek om 'n intellektuele en literêre teenoffensief teen
die huidige akademiese verval van Afrikaans te begin.
Dit sou egter 'n groot mate van verbeelding, kennis en durf verg om die
situasie om te keer en om veral aan die anderstalige student wat
gebombardeer word met stereotipes en wanopvattinge aangaande Afrikaans, te
toon dat dié taal by verre die interessantste inheemse literêre tradisie
voortgebring het.
Ons het alles in Afrikaans, van Ena Murray tot Etienne Leroux, van agitprop
en die werkersklasteater van klerewerksters uit die jare dertig, tot T.T.
Cloete se sterk Christelike poësie.
Afrikaans by Wits sou net kon herleef in die hande van 'n ware intellektueel
wat die taal en sy tradisie op allerlei maniere sou kon bemark, bevorder en
teen alle verwagtinge in weer kon laat bloei soos dit in die verlede by tye
die geval was.
Dit sou onortodokse metodes verg en selfs polemieke met die intellektuele
verteenwoordigers van die huidige orde, by Wits of elders. Hy sou tegelyk
literator, filosoof, taalaktivis en entrepreneur moes wees.
So iemand sien ek egter nie eens in die verskiet nie.
Dr. Dan Roodt was van 1975 tot 1994 'n ingeskrewe student aan Wits waar hy
benewens sy studies in vergelykende letterkunde meestal aan die departement
Afrikaans en Nederlands gestudeer het.
|
|
|
Re: 'Wits plaas Afrikaans lankal ín die doofpot' [boodskap #32432 is 'n antwoord op boodskap #32431] |
Mon, 17 July 2000 00:00 |
Bep Nieuwhof
Boodskappe: 45 Geregistreer: March 2000
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Elaine,
Aanvaarding gaan nog eendag jou ondergang kos !!!
"Elaine" skryf in boodskap news:39730d91.0@news1.mweb.co.za...
> Ek dink ons moet begin aanvaar dat Afrikaans net soos enige ander taal
> (Xhosa, Zoeloe ens) ook maar net nog 'n etniese taal is. Ons kan nie meer
> van die regering verwag om ons taal vir ons te beskerm nie, want dan sal al
> die ander 10 tale ook deur die regering beskerm moet word. Dis tog absurd
> en sal te veel kos. Ons sal maar net nou self ons taal moet beskerm en laat
> voortleef soos al die ander nasies en rasse in ons land moet doen.
>
> Elaine
>
> skryf in boodskap news:3972FC3D.184C7D7@home.com...
> Bep Nieuwhof wrote:
>
>> Die nuus dat Wits se departement Afrikaans en Nederlands finaal gesluit
>> word, word allerweë gelate aanvaar. Die houding is: Wat sal wees, sal wees.
>> Dis 'n teken van die tye. Afrikaans kwyn, dus sal Afrikaanse departemente
>> ook doodgaan.
>
>
>
|
|
|
Re: 'Wits plaas Afrikaans lankal ín die doofpot' [boodskap #32433 is 'n antwoord op boodskap #32431] |
Mon, 17 July 2000 00:00 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Bep Nieuwhof wrote:
> Wits plaas Afrikaans lankal ín die doofpot
>
> Die departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van die
> Witwatersrand (Wits) gaan binnekort sluit. Die taalaktivis Dan Roodt, 'n
> oudstudent van die departement, gee hier sy mening oor wat hiertoe gelei het
> en watter optrede die situasie kon voorkom het.
>
> Die nuus dat Wits se departement Afrikaans en Nederlands finaal gesluit
> word, word allerweë gelate aanvaar. Die houding is: Wat sal wees, sal wees.
> Dis 'n teken van die tye. Afrikaans kwyn, dus sal Afrikaanse departemente
> ook doodgaan.
Ek neem aan dat die DEPARTEMENT Afrikaans-Nederlands by Wits sluit,maar dat
Afrikaans as vak binne 'n ander departement doseer gaan word. As
ek reg onthou, het dit al 'n ruk gelede by die Universiteit van Kaapstad gebeur,
waar dit binne die Departement van Afrika-tale gedoseer word. Dus op dieselfde
vlak as Zulu, Sotho, Xhosa ensovoorts.Nogal nie 'n slegte idee nie. Veral in die
moderne wereld waar daar ernstiger en ernstiger besnoei word aan top brass
en middle managers en meer aandag gegee word aan wat die werklike arbeiders
in die veld doen.
Gloudina
|
|
|
Re: 'Wits plaas Afrikaans lankal ín die doofpot' [boodskap #32588 is 'n antwoord op boodskap #32431] |
Sat, 22 July 2000 00:00 |
www.eep.co.za
Boodskappe: 42 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
www.eep.co.za
Elaine wrote in message ...
> Ek dink ons moet begin aanvaar dat Afrikaans net soos enige ander taal
> (Xhosa, Zoeloe ens) ook maar net nog 'n etniese taal is. Ons kan nie meer
> van die regering verwag om ons taal vir ons te beskerm nie, want dan sal al
> die ander 10 tale ook deur die regering beskerm moet word. Dis tog absurd
> en sal te veel kos. Ons sal maar net nou self ons taal moet beskerm en laat
> voortleef soos al die ander nasies en rasse in ons land moet doen.
>
> Elaine
>
> skryf in boodskap news:3972FC3D.184C7D7@home.com...
> Bep Nieuwhof wrote:
>
>> Die nuus dat Wits se departement Afrikaans en Nederlands finaal gesluit
>> word, word allerweë gelate aanvaar. Die houding is: Wat sal wees, sal wees.
>> Dis 'n teken van die tye. Afrikaans kwyn, dus sal Afrikaanse departemente
>> ook doodgaan.
>
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Thu Dec 26 13:01:57 UTC 2024
|