Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vragie...
Vragie... [boodskap #32368] |
Sat, 15 July 2000 00:00  |
Hannes
Boodskappe: 33 Geregistreer: August 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
1. Waarom aanvaar ons Mbeki & Mandela se ondersteuning aan die despoot
Mugabe? Is daar geen aksie wat ons as belastingbetalers kan neem in die
verband nie?
2. Waarom aanvaar ons omgekeerde rassisme gelate - my kinders moet oorsee
gaan om werk te kry terwyl onbevoegde in verantwoordelike posisies oingedruk
word terwyl ek (belastingbetaler) daarvoor betaal?
3. Waarom aanvaar ons dat substandaard besluite en verrotte menatliteite op
ons afgewing word?
Hoe lank nog.....
|
|
|
|
Re: Vragie... [boodskap #32370 is 'n antwoord op boodskap #32368] |
Sat, 15 July 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Dave Du Plessis wrote:
> 'n Goeie
> voorbeeld is die nuwe wet betreffende eiendomsbelasting (wat sê dat jy nou
> eiendomsbelasting sal betaal in verhouding met die verkoopwaarde van jou
> eiendom) wat beteken dat die huiseienaars nou 'n belaglike belasting sal
> betaal as dit goedgekeur word. Dat die plaasboer moet betaal àl het hy selfs
> 'n misoes gehad.
> Of komende April se wet wat sê dat jy op 'n tweede eindom se wins (by
> verkoop natuurlik) belas sal word nieteenstaande die feit dat jy die eiendom
> met klaarbelaste geld gekoop het.
>
My oge val uit my kop uit. Betaal julle al
lank so belasting nie? Dis tog hoe mens
belasting betaal... eiendomsbelasting
volgens die verkoopwaarde, ens. ens.
Ek het 'n suspisie die belastings-struktuur
kom dan nog uit die oue regime se dae
uit, wat witmense en hulle besittings
begunstig het. In baie opsigte sien ek
die nuwe regime in SA meer en meer
dinge inbring soos die buitewereld dit
doen. Hulle is geneig om te kyk
hoe Kanada dit doen. Wat natuurlik
nie altyd wys is nie.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Vragie... [boodskap #32407 is 'n antwoord op boodskap #32368] |
Sun, 16 July 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Dave Du Plessis wrote:
> 'n Sprekende voorbeeld hiervan is die nuwe wetgewing wat bepaal dat
> huiseienaars in die nabye toekoms eiendomsbelasting in verhouding met die
> verkoopwaarde van die eiendom sal betaal. Wat dit belaglik hoog gaan maak.
Read my lips, Dave du Plessis.
Ha, ha, ha, ha.
Op watter planeet bly jy?
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Vragie... [boodskap #32448 is 'n antwoord op boodskap #32368] |
Mon, 17 July 2000 00:00   |
Dries Venter
Boodskappe: 299 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina,
Ja, inderdaad betaal ons al lankal belasting op eiendom. Maar tot dusver
was dit gebaseer op 'n gemiddelde of redelike markprys (LW nie die
'verkoopprys' nie - ek sal nou-nou weer hiernatoe terugkom) en slegs op die
grond - nie die verbeterings daarop nie. En ook net in dorpsgebiede. So 'n
paar jaar gelede het Pretoria se stadsraad begin om belasting ook op die
gewaardeerde prys van die verbeterings te hef. Die nuwe wet brei hierdie
konsep nou baie verder uit regoor die land - 'n boer op 'n plaas in die
grammadoelas moet nou ook belasting aan die plaaslike owerheid betaal op die
waarde van sy grond 'n op die verbeterings daarop. En net hier lê die
grootste probleem. Sê nou maar die ou het 'n 50 ha wingerdplaas (dit maak
nie eintlik saak wat jy as voorbeeld gebruik nie, die konsep bly dieselfde).
Die verbeterings daarop (drupbesproeiing, oplei van stokke, kelder, huis,
ens) kan maklik miljoene beloop. En dit is kapitaal wat hy in sy eiendom
ingestoot het. Nou moet hy ELKE jaar belasting op daardie miljoene betaal
uit die winsie wat hy uit sy oes haal. Wat gebeur as daar droogte of so is?
Waarvoor moet hy dié belasting betaal? Vir dienste? Watse dienste -
enigste dienste wat hy van die regering kry is die pad voor sy plaas - meer
dikwels moet hy en die klompie boere om hom self die pad onderhou. Skole -
die boere verskaf self die infrastruktuur. Water - betaal hy reeds voor.
Ditto elektrisiteit. Sekuriteit - moenie my laat lag nie. Buitendien
betaal hy alreeds persoonlike belasting wat juis veronderstel is om vir al
hierdie dinge gebruik te word. En die belasting word nie gereken op 'n
gemiddelde of redelike markwaarde nie, maar op iemand in die ministerie se
'gevoel' van wat 'n goeie verkoopprys vir die hele kaboedel sou wees. Die
enigste tyd wat 'n mens van 'n verkoopprys kan praat is wanneer daar
inderdaad 'n koop-/verkooptransaksie ter sprake is.
Die ding kan nog verder gevoer word. Wat gebeur met 'n maatskappy soos, sê
nou maar PPC, wat 'n aantal groot sementfabrieke oor die land besit, meesal
ook in die platteland. Moet hulle nou ook betaal vir die verbeterings op
hulle grond, wat maklik BILjoene kan beloop? Indien nie, hoekom die boer
(in sy privaat hoedanigheid en/of as 'n maatskappy)?
Ek sê nou vir jou, en jy kan maar vir my lag en my skel vir 'n reaksionêre
regse of wat ook al, hierdie wet is net gerig op een ding: om boere (met 'n
kleinletter b) van hulle plase af te kry. Tesame met die Wet op
Verblyfsekerheid en die nuwe Wet op Arbeidsverhoudinge vorm hierdie wet die
koevoet waarmee die ANC die boer van sy grond wil aflig. En dit gaan ons
land baia, baia, baie duur kos.
Dries
@home.com wrote in message ...
> Dave Du Plessis wrote:
>
>> 'n Sprekende voorbeeld hiervan is die nuwe wetgewing wat bepaal dat
>> huiseienaars in die nabye toekoms eiendomsbelasting in verhouding met die
>> verkoopwaarde van die eiendom sal betaal. Wat dit belaglik hoog gaan maak.
>
> Read my lips, Dave du Plessis.
> Ha, ha, ha, ha.
> Op watter planeet bly jy?
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Vragie... [boodskap #32863 is 'n antwoord op boodskap #32368] |
Fri, 28 July 2000 00:00  |
Rosie
Boodskappe: 94 Geregistreer: March 2000
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Ek gooi vir julle hierdie situasie in die pot en sal graag julle mening wil
hoor:
Boere op plase, wat voorheen werkers en pensionarisse toegelaat het om hulle
eie vee aan te hou en vir eie rekening te laat slag/skeer, ens. moes nou met
die nuwe wet op die Uitbreiding van Verblyfskerheidsreg hierdie "goodwill"
teenoor mense stop.
Onder die nuwe wet, mag so 'n werker/pensioenaris op 40 ha grond PER groot
Vee eenheid aandring as eiendom as hy kan bewys dat hy vir eie rekening
daarop geboer het. ( 'n Man met 10 beeste kan dus 400 ha as sy eiendom
opeis)
Voorts betaal 'n grondeienaar belasting op alle geboue op sy eiendom. Dit
sluit die werkershuise in. "Goodwill" het afgetrede plaaswerkers op 'n boer
se eiendom laat aanbly, omdat die families deur geslagte saam aankom, of
etlike dekades. Tegnies behoort hierdie huis eintlik nie meer aan die boer
nie, want die Verblyfsekerheidwet het dit op 'n manier onteien. Maar die
boer moet nog steeds hierdie belasting opdok omdat die kaart en transport op
sy naam is.
Die onteieining is so gedoen dat dit nie juis as sodanig (onteiening) bewys
kan word nie. Dit is ook vernuftig sê gedoen dat vergoeding aan die wetlike
eienaar van die huis(die boer) nie nodig is nie.
Daar is 'n kanaal geskep binne die wet wat dit vir die grondeienaar, teen
uiters hoë regskostes, moontlik maak om tog wel iemand uit so 'n huis te
laat verwyder - solank die boer as die huiseienaar die kostes dra.
In 'n onlangse plaastransaksie waarin 200 families saamgespan het om 'n
1000ha plaas te koop, was die geld net genoeg om eiendomsbesit van die grond
te kry. Daar was nie geld oor om huise te bou nie. Al die kopers was
woonagtig rondom die nuwe grond op naburige plase - in steenhuise met krag
en water op die boere se eiendom aangelê vir hulle werkers. Die omliggende
boere kon nie hierdie mense uit hulle(die boere) se werkershuise sit nie,
weens die bepalings in die wet op die Uitbreiding van Verblyfsekerheidsreg.
Die mense kon bewys dat hulle nie ander huise het om te betrek nie. Hierdie
kopers is nie meer deel van die aanliggende boere se arbeidsmag nie, want
hulle boer nou op hulle eie grond.
Die aanliggende boere moet dus addisionele huise op hulle grond bou om nuwe
werkers te kan akkommodeer.óf hulle moet op die 1000 ha grond vir hierdie
mense gaan huise bou op die boere se onkoste, as hulle die gebruik van hulle
werkershuise wil terughê op hulle eie grond.
In hierdie transaksie kan 'n mens dus aflei dat:
1) die man wat die grond aan die 200 gesinne verkoop het, ook indirek die
aanliggende boere se huise saam met sy grond verkoop het - waarvoor hulle
deur niemand vergoed is nie, en ook nie bewus van was nie;
2) Dat dit nie nodig was om die aanliggende boere se toestemming
te kry nie, want die Wet op die Uitbreiding van Verblyfsekerheidsreg maak
hierdie toestemming onnodig;
3) dat "steel" van eiendom op allerhande maniere kan plaasvind, sonder om
ooit die woord "steel" te gebruik.
4) met die nuwe wet op grondbelasting sal die aanliggende boere nog steeds
op die 200 families se huise belasting betaal;
5) dat die aanliggende boere se eiendomswaarde dramaties geval het sonder
hulle eie toedoen. Want niemand met 'n gesonde verstand gaan 'n plaas koop
waarop daar geen werkershuise vir werkers beskikbaar is nie - veral nie as
so 'n boer byvoorbeeld 30 huise het wat beset word nie.
Nou sal die nuwe grondbelastingwet die prentjie nog 'n bietjie donkerder
inkleur. So word die land se gesiggie al hoe minder kleurvol, dan nie? Maar
ek dink ons noem dit "Menseregte" hier rond. Ons wil nie as 'n kommunistiese
land uitgeskel word nie, dit maak die vryheidsdenkers baie kwaad. Maar met
hierdie wetgewing kan ons ook nie 'n kapitalistiese sisteem bewys nie. Nou
wat, liewe vriende, het ons hiermee te doen?
Wie volbring die beloftes van huise in hierdie land. Hierdie regering? En op
watter maniere?
My logika sê as ek nie vir iets betaal het wat ek in my besit het nie, het
ek dit gesteel.............baie eenvoudig.
Dan ook het 'n wynboer in Stellenbos goedertrou aan sy werkers 'n lap grond
gegee met gevestigde wingerd op ons noem dit "goodwill" hier rond. Die
werkers het 'n maatskappy gestig waarmee hierdie wingerd bewerk is en
waarbinne die omset bestuur kon word. Die Reg om hierdie wingerdland vir eie
gewin te gebruik is kontraktueel behoorlik aan die werkers oorgedra.
Die baie intelligente werkers het hierdie gebruiksreg aan 'n oorsese
maatskappy verkoop, en die boer kan op die aarde niks daaraan doen nie.
Maar die boer betaal die grondbelasting hierop..........
Sakkie skryf in boodskap news:8l2pn3$f5t$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Krokkie wrote in message
> news:39728c0e$0$231@hades.is.co.za...
>> Nee huidige gronbelasting word gehet op jou waardasie van jou grond en
>> verbeterings.
>>
>> Die nuwe beoogde wet imliseer nou dat jy tussen 7 en 9 % van jou huis se
>> verkoopwaarde perjaar betaal.
>> Dus op 'n huis van 500000 is dit @ 8 % so R 3333 per maand waar dit nou op
>> waardasie so R400 t o 500 is.
>> Dit is so 60% van 'n paaiement op die verband. Jou huis sal jou dus volgende
>> jaar so R9000 vir verband en belasting kos, sonder water en ligte , riools
>> ens. NOu waar gaan almal nou al die ekstar geld vandaan kry ?
>>
>>
>> Krokkie
>
> Ja, en as ons die voorbeeld van ons swart landsgenote volg en
> eiendomsbelasting boikot, is ons verseker ons huise kwyt.
>
> Maar nouja, as die regering nie 'n miljoen huise in vyf jaar kan bou nie,
> dan kan hy dit darem altyd nog steel.
>
> So, daar is nog hoop vir die "massas".
>
> Sakkie
>
|
|
|
Re: Vragie... [boodskap #32864 is 'n antwoord op boodskap #32863] |
Fri, 28 July 2000 00:00  |
Lou
Boodskappe: 436 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wel, dit was nou vernuftiger as wat ek ooit die Nuwe SA regering sou ter
ere wou gee. Iemand beter maar die konstitusionele hof met di eeen pak!
Rosie wrote:
>
> Ek gooi vir julle hierdie situasie in die pot en sal graag julle mening wil
> hoor:
>
> Boere op plase, wat voorheen werkers en pensionarisse toegelaat het om hulle
> eie vee aan te hou en vir eie rekening te laat slag/skeer, ens. moes nou met
> die nuwe wet op die Uitbreiding van Verblyfskerheidsreg hierdie "goodwill"
> teenoor mense stop.
>
> Onder die nuwe wet, mag so 'n werker/pensioenaris op 40 ha grond PER groot
> Vee eenheid aandring as eiendom as hy kan bewys dat hy vir eie rekening
> daarop geboer het. ( 'n Man met 10 beeste kan dus 400 ha as sy eiendom
> opeis)
>
> Voorts betaal 'n grondeienaar belasting op alle geboue op sy eiendom. Dit
> sluit die werkershuise in. "Goodwill" het afgetrede plaaswerkers op 'n boer
> se eiendom laat aanbly, omdat die families deur geslagte saam aankom, of
> etlike dekades. Tegnies behoort hierdie huis eintlik nie meer aan die boer
> nie, want die Verblyfsekerheidwet het dit op 'n manier onteien. Maar die
> boer moet nog steeds hierdie belasting opdok omdat die kaart en transport op
> sy naam is.
>
> Die onteieining is so gedoen dat dit nie juis as sodanig (onteiening) bewys
> kan word nie. Dit is ook vernuftig só gedoen dat vergoeding aan die wetlike
> eienaar van die huis(die boer) nie nodig is nie.
>
> Daar is 'n kanaal geskep binne die wet wat dit vir die grondeienaar, teen
> uiters hoë regskostes, moontlik maak om tog wel iemand uit so 'n huis te
> laat verwyder - solank die boer as die huiseienaar die kostes dra.
>
> In 'n onlangse plaastransaksie waarin 200 families saamgespan het om 'n
> 1000ha plaas te koop, was die geld net genoeg om eiendomsbesit van die grond
> te kry. Daar was nie geld oor om huise te bou nie. Al die kopers was
> woonagtig rondom die nuwe grond op naburige plase - in steenhuise met krag
> en water op die boere se eiendom aangelê vir hulle werkers. Die omliggende
> boere kon nie hierdie mense uit hulle(die boere) se werkershuise sit nie,
> weens die bepalings in die wet op die Uitbreiding van Verblyfsekerheidsreg.
> Die mense kon bewys dat hulle nie ander huise het om te betrek nie. Hierdie
> kopers is nie meer deel van die aanliggende boere se arbeidsmag nie, want
> hulle boer nou op hulle eie grond.
>
> Die aanliggende boere moet dus addisionele huise op hulle grond bou om nuwe
> werkers te kan akkommodeer.Ãf hulle moet op die 1000 ha grond vir hierdie
> mense gaan huise bou op die boere se onkoste, as hulle die gebruik van hulle
> werkershuise wil terughê op hulle eie grond.
>
> In hierdie transaksie kan 'n mens dus aflei dat:
> 1) die man wat die grond aan die 200 gesinne verkoop het, ook indirek die
> aanliggende boere se huise saam met sy grond verkoop het - waarvoor hulle
> deur niemand vergoed is nie, en ook nie bewus van was nie;
> 2) Dat dit nie nodig was om die aanliggende boere se toestemming
> te kry nie, want die Wet op die Uitbreiding van Verblyfsekerheidsreg maak
> hierdie toestemming onnodig;
> 3) dat "steel" van eiendom op allerhande maniere kan plaasvind, sonder om
> ooit die woord "steel" te gebruik.
> 4) met die nuwe wet op grondbelasting sal die aanliggende boere nog steeds
> op die 200 families se huise belasting betaal;
> 5) dat die aanliggende boere se eiendomswaarde dramaties geval het sonder
> hulle eie toedoen. Want niemand met 'n gesonde verstand gaan 'n plaas koop
> waarop daar geen werkershuise vir werkers beskikbaar is nie - veral nie as
> so 'n boer byvoorbeeld 30 huise het wat beset word nie.
>
> Nou sal die nuwe grondbelastingwet die prentjie nog 'n bietjie donkerder
> inkleur. So word die land se gesiggie al hoe minder kleurvol, dan nie? Maar
> ek dink ons noem dit "Menseregte" hier rond. Ons wil nie as 'n kommunistiese
> land uitgeskel word nie, dit maak die vryheidsdenkers baie kwaad. Maar met
> hierdie wetgewing kan ons ook nie 'n kapitalistiese sisteem bewys nie. Nou
> wat, liewe vriende, het ons hiermee te doen?
>
> Wie volbring die beloftes van huise in hierdie land. Hierdie regering? En op
> watter maniere?
>
> My logika sê as ek nie vir iets betaal het wat ek in my besit het nie, het
> ek dit gesteel.............baie eenvoudig.
>
> Dan ook het 'n wynboer in Stellenbos goedertrou aan sy werkers 'n lap grond
> gegee met gevestigde wingerd op ons noem dit "goodwill" hier rond. Die
> werkers het 'n maatskappy gestig waarmee hierdie wingerd bewerk is en
> waarbinne die omset bestuur kon word. Die Reg om hierdie wingerdland vir eie
> gewin te gebruik is kontraktueel behoorlik aan die werkers oorgedra.
>
> Die baie intelligente werkers het hierdie gebruiksreg aan 'n oorsese
> maatskappy verkoop, en die boer kan op die aarde niks daaraan doen nie.
>
> Maar die boer betaal die grondbelasting hierop..........
>
> Sakkie wrote in message
> news:8l2pn3$f5t$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Krokkie wrote in message
>> news:39728c0e$0$231@hades.is.co.za...
>>> Nee huidige gronbelasting word gehet op jou waardasie van jou grond en
>>> verbeterings.
>>>
>>> Die nuwe beoogde wet imliseer nou dat jy tussen 7 en 9 % van jou huis se
>>> verkoopwaarde perjaar betaal.
>>> Dus op 'n huis van 500000 is dit @ 8 % so R 3333 per maand waar dit nou op
>>> waardasie so R400 t o 500 is.
>>> Dit is so 60% van 'n paaiement op die verband. Jou huis sal jou dus volgende
>>> jaar so R9000 vir verband en belasting kos, sonder water en ligte , riools
>>> ens. NOu waar gaan almal nou al die ekstar geld vandaan kry ?
>>>
>>>
>>> Krokkie
>>
>> Ja, en as ons die voorbeeld van ons swart landsgenote volg en
>> eiendomsbelasting boikot, is ons verseker ons huise kwyt.
>>
>> Maar nouja, as die regering nie 'n miljoen huise in vyf jaar kan bou nie,
>> dan kan hy dit darem altyd nog steel.
>>
>> So, daar is nog hoop vir die "massas".
>>
>> Sakkie
>>
>>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 08:53:02 UTC 2025
|