Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Grondeise
Grondeise [boodskap #32074] |
Di, 11 Julie 2000 00:00 |
Ernst v Biljon
Boodskappe: 257 Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> skryf in boodskap news:3969276C.4795ECDE@home.com...
> Boer...@eskom.co.za wrote:
>
>> Wat dink jy bedoel Mbeki as hy praat van die wit rykes/ryk minderheid wie
>> opofferings moet maak en hulle vrywilliglik aan die herverdeling
van
> rykdom
Die argument laat my altyd dink aan die wit familie in Louis Trichard
wat moes trek na die lokasie daar. Die gemeenskap stel toe 'n afvaarding
in om hulle te oorreed dat witmense nie so leef nie. Ja, die familie is
nog steeds in die lokasie, want niemand kan 'n plan beraam om die ryk
wittes in die lokasie 'n beter en goedkoper verblyfplek in die 'wit'
gebiede te voorsien nie. Die ryk wittes in die lokasie kan ook nie beter
bekostig nie. Ek wil nog sien wanneer die artikel die nuusmedia
binnedring.
Dan is daar die regering dat erken dat hulle teveel kapitaal besit. En,
besig is om van dit te verkoop. Wanneer die boereverening gevra het hoe
die huidige regering die gronduitdeling gaan bewerkstellig word, was die
antwoord dat die regering die 25-30% van die grond wat hulle besit
eerste gaan 'uitdeel' Maar, die boere wat op 80% van die grond sit, moet
nie te gerus wees nie. Die sal onder hulle uitverkoop word. Nou wil ek
weet van wanneer af is SA 10 tot 50% groter as wat dit is? (80% plus die
30% urban area plus 30% regerings grond is nie 100% van SA nie - of
hoe?)
Dit nou eers daar gelaat. Ek is 'n aandeelhouer op 'n stukkie grond
Noord van die Soutpansberge. Die stukkie grond is 200 hektaar sonder
enige natuurlike water. Inteendeel daar is net nie water in die strook
bekend as "Limpovalei" nie. Die water gedeelte lê Oos (of wat bekend
staan as Venda). Die 'waterryk' area het nog nooit aan wittes behoort.
Nou, dit is nie baie groot nie, dis seker so groot as België. Die stuk
wat aan die wittes behoort (dit nou wes van Beit-brug) het 'n
interresant geskiedenis.
Hier om en by 120 jaar gelede trek daar toe 'n klompie wittes die
Zoutpansberge in en vestig 'n dorp (so 30 kilometer van Louis Trichard
af). Die Venda koning voel toe dis nie regverdig nie en vermoor meeste
van die wittes en brand die dorp af. 'n Potugees van Mozambiek kom toe
om te bemiddel. Nogal redelik suksesvol ook. Daar word toe besluit dat
die wittes die grond wes van Trichardsdal (dis nou die dorp wat
afgebrand was) kan koop. Die word beklink so teen 1908. Nou dis is
intersant hoekom die Venda koning die grond wou verkoop. Die Vendas kon
nie daar 'n bestaan maak nie want die area is semi-woestein met 'n
reënval van 150-250mm per jaar (so 'n goeie reënbuie op die hoëveld
naweek). So, hoekom dit verkoop?
Dis toe net daar waar die probleem begin. Engeland stig 'n Unie en lyf
die Republiek van Zoutpansberg by SA in. Die Republiek wasdie droë warm
semi-woestein gedeelte. Engeland neem toe die skuld oor en aanvaar om
die Venda koning te betaal. Nou die wit boere het maar aangegaan en
begin produktief word. Hulle het mos hulle akte wetiglik gekoop. Daar is
'n paar wat boorgate ingesit het en so bietjie water gekry het. Daar is
ook redelik geprospekteer in die area is vrot van kole (steenkool). Dis
nou die wit tieppe. Kan nie eintlik gebrand word nie. 'n Kers gee meer
hitte af as 'n ton van die goed. Bevark net eintlik die drinkwater. Op
die Limpopo grens kry hulle ook so bietjie diamante en verder wes toe
ook goeie steenkool (dis nou die Utusu steenkool myn). Maar, die myn is
eintlik in Botswana. Verder is dit ook net 'n bestaan wat daar gemaak
is. Die beste wat die wittes daaruit kon maak is verblyf en jag. Daar
word groot gejag. 'n Boer skiet vandag nog sommer 20 bokke 'n jaar. Ons
het 30 Kudu op ons klein stukkie grond al getel. Noja ek dwaal af.
Alle grond West van Louis Trichard het nou grondeise op (nie dat swartes
ooit daar gewoon het nie). Die akte op ons plaas is in 1913 goedgekeur
deur die Britse regering en ook onderteken deur die Venda koning dat hy
sy geld ontvang het. Nou hoekom die grondeis instel? Die huidige Vendas
erken hulle het nog nooit daar gewoon nie. Daar word ook erken dat hulle
nog nooit verwyder is van die area nie. Verder word daar erken dat die
Vendas die grond verkoop het en dat hulle die geld daarvoor gekry het.
Hoekom dan die boere die moer in maak met 'n grondeis? Want, so word
geredeneer, dat die grond eintlik goeie grond is (want die boere het dan
'n bestaan daar gemaak) en hulle was te min betaal daarvoor. Hulle wil
nou die grond terug eis sodat hulle dit weer kan verkoop!!
Nou kom die eintlike probleem. Die boere daar, is bereid om hulle grond
te verkoop. Geen probleem nie. Dit word op die mark gesit teen R1,000
per hektaar (die pryse kan geraadpleeg word in die Landbouweek. Dit het
die koper, die verkoper en pryse in, per distrik. Die weekblad is ook
online beskikbaar). Die regering sal dan die plase opkoop teen mark
prys. So, 'n klein stukke grond van so 200 hektaar sal dan R200,000 wees
plus die verbeteringe (dis nou teen mark waarde). Wat offer die
regering? R50,000. Want, dis te klein om op te boer. 'n Groter
wildsplaas van so 1,000 hektaar (markwaarde van so R3,500,000 met
verbeteringe - 'n wildsheining kos nou so R18-R25 per meter. So, 'n
wildsheining vir so 'n plaas kos R300,000 tot R500,000). Wat is die
regering bereid om te betaal? R100,000 tot R150,000!! Dis is nou vir die
plaas, omheining, die woning en wild. Dis eintlik die gemors. Geen boer
gaan dit vrywillig vir daai pryse afstaan nie. Veral as hy R3,5 mil
daarvoor betaal het nie. Nou word die boer beskuldig dat hy geldsugtig
is. Ja, daar is swart boere in die omgewing maar, hulle het markwaarde
betaal vir hulle grond (sonder regeringshulp).
|
|
|
Re: Grondeise [boodskap #32237 is 'n antwoord op boodskap #32074] |
Do, 13 Julie 2000 00:00 |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 12 Jul 2000 22:11:33 +0200, "Reenen van Niekerk"
wrote:
[/color]
> Presies hoe dit in Suid Afrika gaan
>
> Reenen van Niekerk>>
Onthou ook om te sien hoe nie eers Reenen die redelik eenvoudige
persentasie opdeling kon begryp nie.
Hoekom sou dit wees?
|
|
|
Re: Grondeise [boodskap #32238 is 'n antwoord op boodskap #32074] |
Do, 13 Julie 2000 00:00 |
Ernst v Biljon
Boodskappe: 257 Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek glo nie enigeen weet hoe dit presies gaan nie. Wat 'n werklikheid is
dat grondeiese 'n emosie antwaken wat skrik vir niks. 20 jaar gelede was
daar gewaarsku dat SA net soos die res van Afrika sal verval as daar 'n
swart regering in bewind sou kom. Daar is nou die wat grondeise wil
gebruik om hulle punt te bewys. In werklikheid gaan die nie eintlik oor
onteiening van plase nie maar, van besit van grond vir elke Suid
Afrikaaner. Ongeag van ras en geslag.
Drie gebiede van grond besit is tot vandag toe geidentifiseer. Die eerse
is die produksie plase, dan is daar die bestaningsboerdery en dan
behuising. Die drie behoort onder een dak aangespreek te word. Maar, die
saak het begin met behuising en het later onteining van grond vir
bestaans reg met 'n ander projek - behuising - as 'n aparte projek
geword.
As gevolg van die oopstelling van die grense van die ou Bantoestan areas
het baie meer mense gemigreer na die stedelikke gebiede. In SA is dit
baie mooilik om 'n bestaan te maak waar daar nie werk is nie. En, die
stede het die werk. Dit is een van die redes waarom steedlikke behuising
mooilikker word om eindpunt van die projek te bereik. Elke keer as hulle
tel, verskuif die doelpale. Daar is meer en meer mense wat die stede
binnedring en behuising soek.
Daar is 'n paar wat voel dat bestaan gevoer moet word waar daar werk is
nie. Soort van 'n plakkersdorp op 'n plaas. daar is niks meer verkeerd
nie maar, dit moet nie gesien word as die Utopia vir Afrika nie. Dit het
die hoofdoelstelling geword vir onteining. Dit moet die
minderheidssiening wees. Dit faal dan ook vir 'n paar redes. Die
grootste is onderrig. Onderrig van die owerhede om mense die gevare van
so 'n stelsel te laat sien, onderrig omdat dit 'n plakkersdorp word
sonder invrastruktuur en geen lanftermyn beplanning nie. daarby kom
natuurlik 'n belangrikke element - as eienaar mag ek my aandeel verkoop.
Die laaste punt is die faal van baie behuusings prokte wat die huidige
regering aangepak het. Die eienaars verkoop sy aandeel (toot 'n laerprys
as die regering subsideer) vra dan vir 'n ander subsidie en steek die
profyt in sy sak. Dit word niks meer as net 'n ander besigheid nie.
Die produksie boerdery is aangeraak maar nie op 'n grootskaal toegepas
nie.
So, die los dan vier vrae (om meer te begin). 1) Hoe los die regering
die behuising vir instroming na die urban gebied op? En, moet hulle die
mense na die platteland terug vorseer? 2) Hoe los hulle die
plakkersbestaan op plase op? En, watter form moet die onderrig in neem
om te dat so 'n projek te bewerkstellig? 3) Hoe implimenteer mens plan
vir produksie boerdery om die 'afirmative action' op te los (sonder om
afbreek te maak op produksie) 4) Hoe doen mens al drie die vorige punte
met bevrediging aan alle partye (en in die tyd wat die mense op straat
verwag).
Een moontlikheid is om 'leasehold' om te skep. Dit is nou eintlik die
regeringsgrond van die vorige tuislande (so om en by 25% van die SA
grondgebied). Dan besit die regering verder nog so 15% van die bosbou,
wildtuine en and ander trust gebiede. Verlede jaar is daar dan die
noordlike gebied van die Krugerpark toegestaan vir ontwikkeling. En ook
de Kalaharigemsbokpark. Daar is 'n paar ander onder bespreking. Daar is
selfs 'n paar ou stasies al verkoop om behuising te voorsien. Daar word
ook gekyk na die minneraal ryke grond wat die regering regte op het. Die
lê net daar en verfrot. Wat 'n kopseer is, is die produksie plase. Van
die grond wat bewerk word besit wittes 80%. Maar, dit is maar so iets
soos 40% van die SA grondgebied wat bewerk word (dit sluit die gererings
grond en privaat besit in). Op die stadium voel die owehede dit sal
beter wees om 'n beproefde produksie grond oor te neem. Maar, daar is
nie infrasruktuur of geld beskikbaar om so 'n projek te begin nie. Die
boere voel dat hulle nie so 'n ryk stuk aarde wil afstaan vir
plakkerskampe nie. Maar, as die prys reg is sal hulle verkoop. Maak nie
saak waarvoor dit gebruik word nie. Ten minste kan die boere dan 'n nuwe
stuk grond koop en weer produktief word.
So, waar gaan die geld vandaan kom? Daar is 'n groot verandering besig
om te gebeur in die bankwese in SA. Buitelande, die 'parastatals' en
bankwese is besig om reg te maak om te begin opkoop. Dit word dan die
bank se probleem om sy geld terug te kry. Nie meer die regering nie.
Waar die banke bietjie vaskop is dat hulle voel die risiko in boerdery
is te hoog vir die leen van geld en daar is geen infrastruktuur,
bestuurskennis en onderrig nie. So, dit moet eers na gekyk word.
Intussen het Minister Didiza alle toelae (dis nou die R16,000 elk) vir
grond grondeise opgeskort want die wereld voel ons skep net
plakkerskampe. En die hele stelsel word hersien. Soos hy sê
"Beneficiaries will have to contribute substantial amounts of their own
money to qualify for grants and loans" Minister du Toit sê weer, "People
wib eable to move upwards, step by step, from subsistance to a lot more
surplus production. We do not want people left in everlasting poverty"
Nou ja hoe bewerkstellig mens dit? Dit is die groot enkel vraag.
Intussen word die boere afgemaai (ek sien die nuutste syffers due aan
dat meer boere op hulle plase vermoor word as in die stedelike gebiede -
sederd 1994), die mense word opgesweep met dreigement van plase
'uitkoop' en die wat beryk word se verwagtinge gaan net op. Dit is pot
besig om te kook. Oppas vir die oorkook.
Chief landclaims commisioner Mqoqi voel dat die eise in die verlede
goeie resultate opgelewer het. Hy sê verder "the coming months will see
more and more rural claims, involving large numbers of people, being
settled" Hy voel ook dat teen Maart, 2001 dat daar 500,000 hektaar grond
aan die mense oorgedra sal word. Hy is net jammer dat tot vandog nog nie
te veel gedoen was vir Mpumalanga nie. Maar, nou dat hy daar waarnemende
kommisaris is, sal dinge baie vinner gebeur. Hy vervolg dan okk dat hy
baie bly is dat hy meer peroneel het marr waarsku met "The budgetary
constrains are another challenge - the pace of settlemnt of claims far
exceed the allocated funds. Using state land was another way of
mitigating the costs of land restitustion".
Dan moet die probleem ook gesien word van 'n ander sy - So 50 jaar
gelede was daar 130,000 produktiewe boere. Nou is daar net 40,000. So,
dit kan gesien word dat daar iets verkeerd is in die boerbedryf. Miskien
iets groot. Miskien is dit net dat die boere in groter mate boer. Maar,
dit kan ook gesien word dat daar plek is vir 90,000 boere plus bestaan.
Miskien is die probleem dat staatsgrond so groot geword het dat daar net
nie meer plek is vir die produksieboer nie. Hier dink ek aan die bosbou,
damme, watervoorsienings skemas, parkerade, natuurbewaring en weermag.
Dit kan ook wees dat duisende, indien nie moeljoene, hektaar in privaat
en semi-privaat maatskappy se hande lê en nie meer produktief geboer
word nie. Hier dink ek aan die mynbedryf, Eskom, Iskor (siende dat hulle
nou net meeste van Vanderbijlpark opgekoop het) die waterrade.
Wat soos 'n paal bo water is dat die grondherverdeeling, alhoewel baie
stadig, baie suksesvol verloop. Maar, daar is gevare. Daar is bangmaak
stories (80% van SA grond behoort aan wit SA wat dit gesteel het),
dreigemente (die wit boere moet nie te rustig wees nie, stel eise in vir
grond waar daar geen redes voor is nie en, julle stoot die pryse van
grond op sodat die swartman dit nie kan kry nie) en verwagtinge (elke
familie is gergtig tot grond en, ons sal 1,000,000 huise vir julle mense
bou in 5 jaar) wat die ding kan laat skeef loop.
Ernest
"Reenen van Niekerk" skryf in boodskap news:396ccede.0@news1.mweb.co.za...
> Lees die aangehegte
>
> Presies hoe dit in Suid Afrika gaan
|
|
|
Re: Grondeise [boodskap #32239 is 'n antwoord op boodskap #32074] |
Do, 13 Julie 2000 00:00 |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 11 Jul 2000 08:40:53 +0200, "E Bessinger" wrote:
wat moes trek na die lokasie daar. Die gemeenskap stel toe 'n afvaarding[/color]
> in om hulle te oorreed dat witmense nie so leef nie. Ja, die familie is
> nog steeds in die lokasie, want niemand kan 'n plan beraam om die ryk
> wittes in die lokasie 'n beter en goedkoper verblyfplek in die 'wit'
> gebiede te voorsien nie. Die ryk wittes in die lokasie kan ook nie beter
> bekostig nie. Ek wil nog sien wanneer die artikel die nuusmedia
> binnedring.>>
Was dit nie lank reeds in die media gerappoorteer nie?
>
Huh?
Waar wanneer, hoe?
besig is om van dit te verkoop. >>
Bedoel jy privatisering?
Dit het te doen met die aard van ond ekonomie.
antwoord dat die regering die 25-30% van die grond wat hulle besit[/color]
> eerste gaan 'uitdeel' >>
Dis grond in staatsbesit.
Jy besef seker dat die land nie aan die staat behoort aan daardie
terme nie maar dat staatsafdelings soos die weermag bv. die
geregistreerde eienaar van groot stukke grond is wat in die afgelope
dekades uitgekoop of onteien is.
>[/color]
Wanneer is gese dat die boere se grond onder hulle uitverkoop gaan
word?
30% urban area plus 30% regerings grond is nie 100% van SA nie - of[/color]
> hoe?)>>
OK. Se nou maar SA is 100 vk meter groot.
Daavan is se nou maar 60 vk meter landbougrond waavan boere 50 vk
meter besit.
Boere het dus 50 vk meter in die voorbeeld.
Intussen besit die staat altesame se nou maar 15 vk meter. Dis nou die
weermag wat plase uitgekoop het, natuurtuine, wildparke, toetsterreine
vir wat ookal ens.
Ook grond in stede en staatsgeboue en oop erwe in dorpe en so aan.
30% daar van is 5 vk meter.
Dus maak dit sin om te praat van 80% van die boere se grond (805 van
die 50 vk meter in die voorbeeld) en 30 van die staat se grond (30%
van die 15 vk meter in die voorbeeld.).
ooit daar gewoon het nie). Die akte op ons plaas is in 1913 goedgekeur[/color]
> deur die Britse regering en ook onderteken deur die Venda koning dat hy
> sy geld ontvang het. Nou hoekom die grondeis instel?>>
Die eis gaan dan mos aangehoor word en daar gaan na alle faktore gekyk
word.
erken hulle het nog nooit daar gewoon nie. Daar word ook erken dat hulle[/color]
> nog nooit verwyder is van die area nie. Verder word daar erken dat die
> Vendas die grond verkoop het en dat hulle die geld daarvoor gekry het.
> Hoekom dan die boere die moer in maak met 'n grondeis?>>
Hoekom nie?
Daar is dalk mense wat reken hulle het seggenskap. Hulle kan heeltemal
verkeerd wees, soos dit klink.
Dan is dit mos ideaal om die proses te loop. Laat die nuwe
demokratiese staat die grond-eienaarskap erken.
>
> Nou kom die eintlike probleem. Die boere daar, is bereid om hulle grond
> te verkoop. Geen probleem nie. Dit word op die mark gesit teen R1,000
> per hektaar (die pryse kan geraadpleeg word in die Landbouweek. Dit het
> die koper, die verkoper en pryse in, per distrik. Die weekblad is ook
> online beskikbaar). Die regering sal dan die plase opkoop teen mark
> prys. So, 'n klein stukke grond van so 200 hektaar sal dan R200,000 wees
> plus die verbeteringe (dis nou teen mark waarde). Wat offer die
> regering? R50,000. Want, dis te klein om op te boer. 'n Groter
> wildsplaas van so 1,000 hektaar (markwaarde van so R3,500,000 met
> verbeteringe - 'n wildsheining kos nou so R18-R25 per meter. So, 'n
> wildsheining vir so 'n plaas kos R300,000 tot R500,000). Wat is die
> regering bereid om te betaal? R100,000 tot R150,000!! Dis is nou vir die
> plaas, omheining, die woning en wild. Dis eintlik die gemors. Geen boer
> gaan dit vrywillig vir daai pryse afstaan nie. Veral as hy R3,5 mil
> daarvoor betaal het nie. Nou word die boer beskuldig dat hy geldsugtig
> is. Ja, daar is swart boere in die omgewing maar, hulle het markwaarde
> betaal vir hulle grond (sonder regeringshulp).
>
|
|
|
Re: Grondeise [boodskap #32300 is 'n antwoord op boodskap #32074] |
Vr, 14 Julie 2000 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
skryf in boodskap news:396EFDF9.A49E0535@home.com...
> E Bessinger wrote:
>
>> Wat 'n kopseer is, is die produksie plase. Van
>> die grond wat bewerk word besit wittes 80%.
>
> OK, Leendert van Oostrum. Daar het jy dit nouuit die mond van Mr. Bessinger.
> Vra nou om
> verskoning, Leendert.
Ek is bly jy neem Mnr Bessinger se uitsprake ernsit gop, Gloudina. Ek sal
jou nog daaraan herinner.
Waar dit die huidge geval aangaan: Ek kan goed glo dat 80% van die grond wat
bewerk _word_ in wit besit is.
Jy het egter verwys na die grond wat _bewerkbaar_ is. Of wil jy beweer dat
al die bewerkbare grond wel bewerk word? (Versigtig, antie: jy is weer
besig om jou in 'n gattie in te praat. Die sal ook nie die eerste keer wees
nie, nie waar nie?)
Allervriendelikste groete, Leendert
|
|
|
Re: Grondeise [boodskap #32301 is 'n antwoord op boodskap #32074] |
Vr, 14 Julie 2000 00:00 |
Ernst v Biljon
Boodskappe: 257 Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Leendert,
Daar is 'n pos van my wat die gelykende (nie polities) syfers na gee.
Die syfers kom van die akte kantoor en, dit gee 25% van die grond
geregestreer as 'plaas' grond. Voor jy veronderstellings maak kyk liewer
na die pos met die attachment. Ons praat liewer daaroor. Daar wel 'n
ander pos wat praat van 85% van SA grond (deur 'n minister).
Ernest.
"Leendert van Oostrum" skryf in boodskap news:8kmn7c$ka3$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> En Gloudina ook. En Gloudina weet alles.
Nee, dis net haar familie in Pretoria. Sy dra net maar die sties oor.
|
|
|
Re: Grondeise [boodskap #32302 is 'n antwoord op boodskap #32238] |
Vr, 14 Julie 2000 00:00 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
E Bessinger wrote:
> Wat 'n kopseer is, is die produksie plase. Van
> die grond wat bewerk word besit wittes 80%.
OK, Leendert van Oostrum. Daar het jy dit nouuit die mond van Mr. Bessinger.
Vra nou om
verskoning, Leendert.
Gloudina
|
|
|
Re: Grondeise [boodskap #32303 is 'n antwoord op boodskap #32238] |
Vr, 14 Julie 2000 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
E Bessinger skryf in boodskap news:396e8f12.0@news1.mweb.co.za...
> Een moontlikheid is om 'leasehold' om te skep. Dit is nou eintlik die
> regeringsgrond van die vorige tuislande (so om en by 25% van die SA
> grondgebied). Dan besit die regering verder nog so 15% van die bosbou,
> wildtuine en and ander trust gebiede.
Jy sê dus dat ten minste 40% van die grond _nie_ aan wittes behoort nie?
Maar ons paragon of morality, ons man wat alles weet en wat ons regeer, Mnr
Mbeki, vertel dan vir ons anders Hy sê dan die wittes het 85% van die land.
En Gloudina ook. En Gloudina weet alles.
Ek kom ons gestel _al_ die res van die grond is "goeie, bewerkbare
landbougrond" en gestel 80% daarvan is in "wit hande" 80% van 60 is 48%. Dit
sou beteken 48% van die grond is in "wit" hande. Maar die grootste gedeelte
daarvan is _nie_ goeie bewerkbare landbougrond nie. Dis karoo en kalahari.
Ekhet al etlike jare gelde hierdie sommetjies op hierdie nuusgroep gemaak.
Maar soos die Habsburgs vergeet Gloudina nooit nie, Sy vergeet nooit die
syfer van 13% wat oorbly vir die arme swartes nie (dit pas so mooi by 1913
se grondwetgewing) . Maar soos die Habsburgs leer sy nooit nie. Dit pas haar
nie om te leer dat dit propaganda is nie. Doelbewuste propaganda wat Mbeki
steeds verkondig.
|
|
|
Re: Grondeise [boodskap #32304 is 'n antwoord op boodskap #32074] |
Vr, 14 Julie 2000 00:00 |
Ernst v Biljon
Boodskappe: 257 Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Nee, moenie my om verskoning vra nie. Lees liewer die pos met die
attachment. Die syfer is maar net wat die minister (en Kanadese) rond
gooi. Ek sien die nuwe syfer is nou eerder 85%. Binnekort sal dit 140%
wees. Dit grooi soos inflasie. So 8% per jaar. Mooi in my trap geval ne
;)
Ernest.
skryf in boodskap news:396EFDF9.A49E0535@home.com...
> E Bessinger wrote:
> OK, Leendert van Oostrum. Daar het jy dit nouuit die mond van Mr. Bessinger.
> Vra nou om
> verskoning, Leendert.
|
|
|
Re: Grondeise [boodskap #32360 is 'n antwoord op boodskap #32074] |
Sa, 15 Julie 2000 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
E Bessinger skryf in boodskap news:396fff2a.0@news1.mweb.co.za...
> Leendert,
>
> Daar is 'n pos van my wat die gelykende (nie polities) syfers na gee.
> Die syfers kom van die akte kantoor en, dit gee 25% van die grond
> geregestreer as 'plaas' grond. Voor jy veronderstellings maak kyk liewer
> na die pos met die attachment. Ons praat liewer daaroor. Daar wel 'n
> ander pos wat praat van 85% van SA grond (deur 'n minister).
OK, kom ons praat. Ek het die tabel bestudeer, maar ek vind dit nie duidelik
genoeg om afleidings te maak oor die % grond/goeie grond in wit hande nie.
Groete, Leendert
|
|
|
Re: Grondeise [boodskap #32361 is 'n antwoord op boodskap #32074] |
Sa, 15 Julie 2000 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
E Bessinger skryf in boodskap news:396fff2d.0@news1.mweb.co.za...
> Nee, moenie my om verskoning vra nie. Lees liewer die pos met die
> attachment. Die syfer is maar net wat die minister (en Kanadese) rond
> gooi.
Dis hoekom Gloudina nie jou volledige plasing wil aanhaal nie - veral die
daardie dele wat uitspel wie die is wat dit sê nie.
Jy sien, sy spesialiseer in halwe waarhede.
|
|
|
Re: Grondeise [boodskap #32587 is 'n antwoord op boodskap #32074] |
Sa, 22 Julie 2000 00:00 |
www.eep.co.za
Boodskappe: 42 Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
www.eep.co.za
Leendert van Oostrum wrote in message ...
>
>
> E Bessinger wrote in message
> news:396e8f12.0@news1.mweb.co.za...
>
>> Een moontlikheid is om 'leasehold' om te skep. Dit is nou eintlik die
>> regeringsgrond van die vorige tuislande (so om en by 25% van die SA
>> grondgebied). Dan besit die regering verder nog so 15% van die bosbou,
>> wildtuine en and ander trust gebiede.
>
> Jy sê dus dat ten minste 40% van die grond _nie_ aan wittes behoort nie?
>
> Maar ons paragon of morality, ons man wat alles weet en wat ons regeer, Mnr
> Mbeki, vertel dan vir ons anders Hy sê dan die wittes het 85% van die land.
> En Gloudina ook. En Gloudina weet alles.
>
> Ek kom ons gestel _al_ die res van die grond is "goeie, bewerkbare
> landbougrond" en gestel 80% daarvan is in "wit hande" 80% van 60 is 48%. Dit
> sou beteken 48% van die grond is in "wit" hande. Maar die grootste gedeelte
> daarvan is _nie_ goeie bewerkbare landbougrond nie. Dis karoo en kalahari.
>
> Ekhet al etlike jare gelde hierdie sommetjies op hierdie nuusgroep gemaak.
> Maar soos die Habsburgs vergeet Gloudina nooit nie, Sy vergeet nooit die
> syfer van 13% wat oorbly vir die arme swartes nie (dit pas so mooi by 1913
> se grondwetgewing) . Maar soos die Habsburgs leer sy nooit nie. Dit pas haar
> nie om te leer dat dit propaganda is nie. Doelbewuste propaganda wat Mbeki
> steeds verkondig.
>
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: So Nov 24 01:31:35 MGT 2024
|