Re: Leendert se alle Afrikaners in nie-rassig [boodskap #32004] |
So, 09 Julie 2000 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi Greyling skryf in boodskap news:396d7acf.4137465@news.icon.co.za...
>
>
> Leendert maak die stelling dat geen Afrikaner 'n rassis kan wees nie
> uit die aard van sy etnisiteit.
Nou waar, Ferdi, sou ek so 'n stelling gemaak het? ('Jy dalk 'n ietsie
gerook of so?)
> Dit klink vir my net soos die verregse swart mening dat swartmense nie
> rassisties kan wees nie.
> Is dit moontlik dat verregses dieselfde soort mentaliteit en denke
> het, dieselfde beginsels aanhang maar om die een of ander duister rede
> mekaar uitsluit vanwee etnisiteit?
>
> He^, Leendert?
Hierdie stelling/vraag op meriete beskou, dink is ooglopend. Verregse
swartes en verregse wittes het erg veel met mekaar in gemeen. (Baie van
hulle sal jou dit ook self sê as jy sou vra.)
Wat my meer interesseer, is dat die intense vooroordele van iemand met jou
sienings jou eintlik maar ook in dieselfde kamp plaas as enigeen van die
genoemde groepe - soos ek ook al dikwels vir Gloudina uitgewys het.
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|