Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Vis
Vis [boodskap #31728] |
Wed, 21 June 2000 00:00 ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Pat[2]
Boodskappe: 27 Geregistreer: June 2000
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ons groep by die werk was vandag na 'n privaat meer vir 'n pow wow of
brainstorming of watookal hulle dit noem. Ek het toevallig 'n visstok in my
kattebak gehad, en gedurende die middagete het ek toe n stuk bagel op die
hoek gesit en 'n vis gevang. Blykbaar was dit 'n croppie. 'n Ovaalvormige vis,
so 8 duim lank, met 'n geel maag. Ek wonder wat dit in Afrikaans is. Toe
vang n kollega 'n bass, en ek weet ook nie die Afrikaanse woord vir bass nie. 'n Lang
silwer vis, wat glo lekker smaak. Ons het altwee visse weer teruggegooi, want
ek is nie lief vir varswatervis nie, dit smaak te veel na modder.
Pat
|
|
|
|
Re: Vis [boodskap #31812 is 'n antwoord op boodskap #31728] |
Mon, 26 June 2000 00:00 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) |
Dave Du Plessis
Boodskappe: 81 Geregistreer: June 2003
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
"Bass" is in Afrikaans 'n "Baar" Pat.
Nie Baar soos die Suid-Afrikaanse regering en hul volgelinge nie maar soos
in 'Swart Baar". Maw, nie swart en baar nie maar 'swart baar'.
Dave
Pat skryf in boodskap news:8irp3a$ri9$1@slb3.atl.mindspring.net...
> Ons groep by die werk was vandag na 'n privaat meer vir 'n pow wow of
> brainstorming of watookal hulle dit noem. Ek het toevallig 'n visstok in my
> kattebak gehad, en gedurende die middagete het ek toe 'n stuk bagel op die
> hoek gesit en 'n vis gevang. Blykbaar was dit 'n croppie. 'n Ovaalvormige vis,
> so 8 duim lank, met 'n geel maag. Ek wonder wat dit in Afrikaans is. Toe
> vang 'n kollega 'n bass, en ek weet ook nie die Afrikaanse woord vir bass nie. 'n Lang
> silwer vis, wat glo lekker smaak. Ons het altwee visse weer teruggegooi, want
> ek is nie lief vir varswatervis nie, dit smaak te veel na modder.
>
> Pat
>
|
|
|
|
![Stuur antwoord](/theme/default/images/post_reply.gif) |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ![XML-voer RSS](/theme/default/images/rss.gif) ]
Tyd nou: Mon Feb 17 18:46:24 UTC 2025
|