Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Wildewoordeboek H-K (Wilde Woordeboek H-K)
Wildewoordeboek H-K [boodskap #30499] |
Thu, 11 May 2000 00:00 |
foilcut
Boodskappe: 25 Geregistreer: May 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Hoop daar is darem 'n paar mense wat dit geniet om die te lees !
Halfjack - sakpasdop, troostertjie, skelmdwelm, polisiekoffie, kwartkoos,
boemelaarskelkie, plattetjie, moedskepper
Hangover - baljaargaar, lewerbewer, brandewynoyn, partytjiepyne, slapnek,
kopklapper
Hamburger Party - burgerfrikkie, voegvleisie, hamhappie, knypvleisie,
vleisflapper, biefkoekie, vleiswiel, koeikoekie
Honey (troetelnaam) - goudstafie, lekkerste, vytjie, lekkerbekkie, pronkie,
kooivlooitjie, potjie-vol-liefde, stuifmeelkoekie
HOP - Hulp-op-pad-plan, Hoera-ons-plak, Help-of-petaal, Geld-en-Huisprogram,
Geldenhuysaksie, Gee-en-gee, Huise-of-plase, ons-kan-plan, In-en-uit-aksie,
jou-job-is-my-job
Hopscotch - huppel-mikkel, blokdans, wippertjie, hop-en-wees-'n-skot
Informal wear (sonder das) - lekkerlyfklere, jolliepatrolliedrag, Afrikapak,
semi-smuk, mooi-sonder-tooi, losdos, toipak, gemakdrag, saterdrag
Kick ('n ... uit iets kry) - genothop, genotskop, kakekielie, wipskoppie,
pretproesel, heuning uit die by kry, 'n bottel breek, met-Naas-te-doen-kry
Killer (motor) - dooiwa, blitsblik, moordmotor
Kinky - esserig, krinkerig
Kreepy Krauly - suig-en-slukwurm, flipper-flopper, blaarvraat,
swembadswoeger, blaarsnuifer, skarrelpyp, kriewel-kruiper, skrop-skrop,
waterstofsuier
Kwa-Zulu-Natal inwoner - Zoetlander, Kwadrakie, Kwabanana, Kwassie,
Kwataller
Sien julle more met L -N
Groetnis
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Sun Dec 22 05:46:18 UTC 2024
|