Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Bevorder Afrikaans op die Internet
Bevorder Afrikaans op die Internet [boodskap #30286 is 'n antwoord op boodskap #30287] Ma, 01 Mei 2000 00:00 na volgende boodskap
Frank Naude  is tans af-lyn  Frank Naude
Boodskappe: 1
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Junior Lid
Al die Afrikaanse dokumente op die Internet word deur Weblesers en
Soekprogramme as Engels gekassifiseer. Help ons om dit te verander. Vir
meer inligting sien: http://www.onwe.co.za/frank/afr/index.htm

Groete
Frank Naude
Re: Bevorder Afrikaans op die Internet [boodskap #30287 is 'n antwoord op boodskap #30286] Ma, 01 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Frank Naude schreef...
> Al die Afrikaanse dokumente op die Internet word deur Weblesers en
> Soekprogramme as Engels gekassifiseer. Help ons om dit te verander. Vir
> meer inligting sien: http://www.onwe.co.za/frank/afr/index.htm

Wat vreemd. Als ik op Altavista (mijn favoriete zoekmachine) zoek en ik kom
een Afrikaanse pagina tegen, dan wordt die meestal geklassificeerd als
"Dutch".

Groeten,
Arthur
Re: Bevorder Afrikaans op die Internet [boodskap #30304 is 'n antwoord op boodskap #30286] Di, 02 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskap
Samuel Murray  is tans af-lyn  Samuel Murray
Boodskappe: 66
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Volle Lid
Arthur Hagen wrote in message news:8ek6f3$qoj$1@porthos.nl.uu.net...
> Frank Naude schreef...
>> Al die Afrikaanse dokumente op die Internet word deur Weblesers en
>> Soekprogramme as Engels gekassifiseer. Help ons om dit te verander.
>> Vir meer inligting sien: http://www.onwe.co.za/frank/afr/index.htm
>
> Wat vreemd. Als ik op Altavista (mijn favoriete zoekmachine) zoek en ik kom
> een Afrikaanse pagina tegen, dan wordt die meestal geklassificeerd als
> "Dutch".

Daar is twee maniere om die taal van 'n bladsy te bepaal.

Die een is om in die html-kode self aan te dui dat dit 'n Afrikaanse
bladsy is (bo-aan die bronkode van die html-bladsy staan mos geskrywe
< !doctype HTML PUBLIC "-//W3C//DTD HTML 3.2//EN" >
en dit moet bloot verander word na
< !doctype HTML PUBLIC "-//W3C//DTD HTML 3.2//AF" >
(sonder die spasies by die hakies).

Die ander manier is 'n minder akkurate manier maar die skrywer hoef nie
iets te doen nie. Soekmasjiene doen soektogte op woorde wat slegs in
Afrikaans voorkom, en as hulle sulke woorde op bladsye teenkom dan neem
hulle aan dis 'n Afrikaanse bladsy. Ongelukkig kom baie Nederlandse
woorde ook in Afrikaans voor, en soekmasjiene wat nie vir Afrikaans
cater nie maar wel vir Nederlands maak dan die fout om Afrikaanse werwe
as Nederlands te klassifiseer. Jy kan self soek vir Afrikaanse
bladsye... doen net 'n soektog na woorde soos "ek" "jy" "hy" "sy" "dit"
"ons" (al die woorde saam).
Vorige onderwerp: SVE
Volgende onderwerp: Afrikaans op IRC
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 17:02:34 MGT 2024