Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Vir Arthur - 'n gedig oor Strandlopers
Vir Arthur - 'n gedig oor Strandlopers [boodskap #30005] Thu, 20 April 2000 00:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

OU FOTO - 'n Villanelle
Ferdi Greyling

Dis die bleek maan wat die getye draai;
die water spoel soos tyd daar oor die strand.
Blou bult die see by Mosselbaai.

Ek en jy speel op die grofgeel sand,
die Outenikwaberg bruin in die agtergrond.
Dis die bleek maan wat die getye draai.

Hierdie was eens die Strandlopers se land.
Hulle lê nou wit in grotte se diep grond.
Blou bult die see by Mosselbaai.

Hulle wat heuning uit die steil kant
van die Outenikwa kon rook en brand.
Dis die bleek maan wat die getye draai.

Ons lag in die branders - hand aan hand
waar die bruin rivier in die see in mond,
blou bult die see by Mosselbaai.

Jy soet soos heuning uit die berg gebrand,
en ek : saam op Kleinbrakrivier se strand.
Dis die bleek maan wat die getye draai
en die see blou bult by Mosselbaai.
Re: Vir Arthur - 'n gedig oor Strandlopers [boodskap #30007 is 'n antwoord op boodskap #30005] Thu, 20 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Arthur Hagen wrote:

>> Dis die bleek maan wat die getye draai
>> en die see blou bult by Mosselbaai.
>
> Gedichten zijn niet zo aan mij besteed, maar ik vind deze rijmvorm wel mooi.
>
> Heel kleurrijk gedicht ... waar staat blauw voor? Het Maleisische aandeel in
> de bevolking misschien? Mensen van Indische origine werden hier tenminste
> wel eens als "blauwen" aangeduid.

Ja, kleure speel in rol in hierdie villanelle. Dis oulik dat jygevoelig genoeg
is om dit op te merk. Ek dink die "blou"
verwys doodeenvoudig na die blou van die see. Maar die
rol wat die see in die gedig se betekenis speel, is natuurlik
kompleks. Dis die maan wat die getye veroorsaak, maar
dis die see wat die getye manifesteer.

Gloudina

>
Re: Vir Arthur - 'n gedig oor Strandlopers [boodskap #30044 is 'n antwoord op boodskap #30005] Sat, 22 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Samuel Murray wrote:

> Vir grammaties korrekte poetry is dit nie geskik nie, maar
> soos jy in die strandlopergedig kon sien... die sinne was nie werklik
> "sinne" nie, dit was eerder frases wat elk een reel lank was. Die feit
> dat ons bv "nie" aan die einde van 'n sin sit beteken dat jy nie een van
> die vilanellereels met "nie" kan eindig nie, want elke tweede strofe
> moet daardie reel aan die BEGIN van die strofe wees... maar in engels
> het jy nie daai probleem nie. Ook, in engels, as jy 'n sin neem en dit
> 'n bysin maak deur 'n frase VOORAAN te plaas, dan maak hy nog sin, maar
> in afrikaans moet die woordorde dan verander word:
>
> Soos jy kan sien sit ons met die probleem in Afrikaans dat die woordorde
> dikwels dan moet verander, wat nie kan in 'n villanelle nie.
> Strenggesproke is die strandlopergedig se laaste strofe dus foutief en
> nie in lyn met die villanellevorm nie, want die woordorde is aangepas.
>
> Maar ek haal my hoed af.

Dankie vir 'n baie insiggewende argument. Dis reg wat jy dink. Maarwie sê
die villanelle moet nou eintlik "grammaties" korrek wees. Of
liewer, sintakties korrek. Dis juis die "spanning" in die villanelle, vereis

deur die streng rymvorm, wat van villanelles so iets spesiaals maak.
Selfs wanneer hulle die reels breek. Soos beide Breyten en Tom Gouws
dit doen. Ek vind veral Tom Gouws se villanelle baie roerend. Maar ek
stem saam. Die Strandloper-villanelle is baie geslaag. Die elegiese toon
oor die heengang van die Strandlopers roer diep.

Gloudina
Re: Vir Arthur - 'n gedig oor Strandlopers [boodskap #30045 is 'n antwoord op boodskap #30005] Sat, 22 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Samuel Murray wrote:

>> Genealogies gekonnekteer met Andrew Murray?
>
> Vraag twee eerste: Nee, my voorsate het aangekom lank voor Andrew
> Murray, en wel in 1797. "Murraybaai" in Robbeneiland is na my oupa se
> oupa se pa vernoem... hy't walvis gejag.

Baie interessant. Kan jy meer vertel. So hulle het van Robbeneiland afwalvis
gejag?
Ek neem aan jou voorsate was ook Skotte? Ek beny jou. Ek dink
die Skotte is die sout van die aarde.

Gloudina

>
Re: Vir Arthur - 'n gedig oor Strandlopers [boodskap #30046 is 'n antwoord op boodskap #30005] Sat, 22 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Samuel Murray  is tans af-lyn  Samuel Murray
Boodskappe: 66
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Volle Lid
skryf in boodskap news:38FF19AC.C685129F@home.com...
> Samuel Murray wrote:
>
>>
>>
>> Heel nice, ken ons nog vilanelle in afferkaans? Ek was nog altyd versot
>> op die formaat, maar die afferkaanse taal is nou eenmaal net nie gemaak
>> vir sulke dinge nie. Armheer?
>
> En hoekom sal Afrikaans nie gemaak wees virvillanelles nie?
>
> Genealogies gekonnekteer met Andrew Murray?

Vraag twee eerste: Nee, my voorsate het aangekom lank voor Andrew
Murray, en wel in 1797. "Murraybaai" in Robbeneiland is na my oupa se
oupa se pa vernoem... hy't walvis gejag.

Vraag een: Vir grammaties korrekte poetry is dit nie geskik nie, maar
soos jy in die strandlopergedig kon sien... die sinne was nie werklik
"sinne" nie, dit was eerder frases wat elk een reel lank was. Die feit
dat ons bv "nie" aan die einde van 'n sin sit beteken dat jy nie een van
die vilanellereels met "nie" kan eindig nie, want elke tweede strofe
moet daardie reel aan die BEGIN van die strofe wees... maar in engels
het jy nie daai probleem nie. Ook, in engels, as jy 'n sin neem en dit
'n bysin maak deur 'n frase VOORAAN te plaas, dan maak hy nog sin, maar
in afrikaans moet die woordorde dan verander word:

Do not go gently into that good night.
What will I do if you do not go gently into that good night.
(geen woordorde verandering nie)
Moenie saggies in die nag heen gaan.
Wat sal ek doen as jy moenie saggies in die nag heen gaan (??)

Soos jy kan sien sit ons met die probleem in Afrikaans dat die woordorde
dikwels dan moet verander, wat nie kan in 'n villanelle nie.
Strenggesproke is die strandlopergedig se laaste strofe dus foutief en
nie in lyn met die villanellevorm nie, want die woordorde is aangepas.

Maar ek haal my hoed af.
Re: Vir Arthur - 'n gedig oor Strandlopers [boodskap #30061 is 'n antwoord op boodskap #30005] Sun, 23 April 2000 00:00 Na vorige boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: March 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling skryf in boodskap news:3905cb5b.7303748@news.icon.co.za...
> On Sun, 23 Apr 2000 11:55:04 +0200, "Samuel Murray"
> wrote:
>
>
> grond
>> waarop Knysna tans gebou is >>>
>
> ...eina...
>
>
Hier's 'n kleiner graad van eina: My oupagroeitjie se pa het die kans gehad
om 'n groot gedeelte van Town Hill, Pietermaritzburg te koop. Hy't 'n
stukkie soetveld laer af verkies in stede hiervan. (Ek dink dit het reeds
daar begin om Ngongoni veld to word, waar die soetveld die beter weiding
was).
Re: Vir Arthur - 'n gedig oor Strandlopers [boodskap #30062 is 'n antwoord op boodskap #30005] Sun, 23 April 2000 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 23 Apr 2000 11:55:04 +0200, "Samuel Murray"
<smurra...@yebo.co.za> wrote:
<<>is brandarm afrikaners) en het baie eiendom besit, o.a. die stuk grond
>waarop Knysna tans gebou is >>>

...eina...
Re: Vir Arthur - 'n gedig oor Strandlopers [boodskap #30063 is 'n antwoord op boodskap #30005] Sun, 23 April 2000 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Samuel Murray wrote:

> Dis waar dat 'n gedig nie noodwendig sintakties korrek hoef te wees nie.
> Ek voel egter ekstra verras as ek 'n afrikaanse villanelle kry wat wel
> sintakties korrek is en dan nog mooi is ook. Ek is seker maar 'n
> ouskoolse digkritikus... ek verkies "rym" en ritme, en sinne wat sin
> maak :))). Maar ek stem saam dat daar beslis mooi digkuns is wat geen
> "rym" het nie en min ritme en geen sinmakende sinne.
>
> ps met "rym" meen ek ook dinge soos assonansie en dies meer. ritme hoef
> ook nie stoer te wees om ritme te wees nie.

Ken jy enige ander villanelles in Afrikaans? Of selfs Nederlands? Sal
ditgraag wil byvoeg by my versameling.

Ja, vir my is "rym" ook die belangrikste "versekering" dat 'n digter
die ware jakob is. Dis daarom dat ek dink Opperman is werklik
'n groot digter. En miskien NP ook. En dan die oues, soos Celliers
en die snare. Maar dan kom jy by Eugene Marais wat sover ek kan
onthou nie baie met rym werk nie en tog seker een van die vyf
grootste digters in Afrikaans is. En dan kom jy vandag by Gert
Vlok Nel uit, en dan wonder jy hoekom hy jou baie keer sterk
ontroer. Het jy enige opinies oor Gert Vlok Nel?

Gloudina
Re: Vir Arthur - 'n gedig oor Strandlopers [boodskap #30064 is 'n antwoord op boodskap #30005] Sun, 23 April 2000 00:00 Na vorige boodskap
Samuel Murray  is tans af-lyn  Samuel Murray
Boodskappe: 66
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Volle Lid
skryf in boodskap news:3901A843.23AA4CD@home.com...
> Samuel Murray wrote:
>
>>> Genealogies gekonnekteer met Andrew Murray?
>>
>> Vraag twee eerste: Nee, my voorsate het aangekom lank voor Andrew
>> Murray, en wel in 1797. "Murraybaai" in Robbeneiland is na my oupa se
>> oupa se pa vernoem... hy't walvis gejag.
>
> Baie interessant. Kan jy meer vertel. So hulle het van Robbeneiland afwalvis
> gejag?
> Ek neem aan jou voorsate was ook Skotte? Ek beny jou. Ek dink
> die Skotte is die sout van die aarde.

Wel, die man (sy naam was John, 'n regte skotse naam), het hier
aangeland met sy vrou (met haar getrou toe sy 14 jaar oud was) en sy
seuntjie, 12 jaar oud. Hulle was ryk mense (ons, sy nasate, daarinteen,
is brandarm afrikaners) en het baie eiendom besit, o.a. die stuk grond
waarop Knysna tans gebou is (Melkhoutkraal, aan George Rex verkoop). Hy
moes sy walvisstasie verskuif land toe omdat die gevangenes met sy bote
ontsnap het, en is daarvoor 'n geldjie aangebied. Hy het handelstasies
besit in London, Rio de Janeiro en Kaapstad, asook in L.M. en Knysna.
Hy het verkeie skepe ook gehad... waar de hel is al sy geld
heen??????????

Sy seun, John, is met 'n afrikaanse noointjie getroud, en het onderwyser
geword. Die se seun het ook met dieselfde familie getrou en het ook
onderwyser geword. Teen daai tyd was die Murrays afrikaans.

Die naam "John" het toe uitgesterf in ons familie, maar my kleinboetie
het hom toe weer gekry.

Toe ek in E-burgh was het ek perbeer om die ding na te soek, maar die
rekords voor 1815 is skraps (dit was Skotland se eerste sensus) en ek
kon niks kry nie. "John Murray" is seker die algemeenste naam in
Skotland.
Re: Vir Arthur - 'n gedig oor Strandlopers [boodskap #30065 is 'n antwoord op boodskap #30005] Sun, 23 April 2000 00:00 Na vorige boodskap
Samuel Murray  is tans af-lyn  Samuel Murray
Boodskappe: 66
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Volle Lid
skryf in boodskap news:3901AA19.E823C86D@home.com...
> Samuel Murray wrote:
>
>> Vir grammaties korrekte poetry is dit nie geskik nie, maar
>> soos jy in die strandlopergedig kon sien... die sinne was nie werklik
>> "sinne" nie, dit was eerder frases wat elk een reel lank was. Die feit
>> dat ons bv "nie" aan die einde van 'n sin sit beteken dat jy nie een van
>> die vilanellereels met "nie" kan eindig nie, want elke tweede strofe
>> moet daardie reel aan die BEGIN van die strofe wees... maar in engels
>> het jy nie daai probleem nie. Ook, in engels, as jy 'n sin neem en dit
>> 'n bysin maak deur 'n frase VOORAAN te plaas, dan maak hy nog sin, maar
>> in afrikaans moet die woordorde dan verander word:
>>
>> Soos jy kan sien sit ons met die probleem in Afrikaans dat die woordorde
>> dikwels dan moet verander, wat nie kan in 'n villanelle nie.
>> Strenggesproke is die strandlopergedig se laaste strofe dus foutief en
>> nie in lyn met die villanellevorm nie, want die woordorde is aangepas.
>>
>> Maar ek haal my hoed af.
>
> Dankie vir 'n baie insiggewende argument. Dis reg wat jy dink. Maarwie sê
> die villanelle moet nou eintlik "grammaties" korrek wees. Of
> liewer, sintakties korrek. Dis juis die "spanning" in die villanelle,
vereis

Dis waar dat 'n gedig nie noodwendig sintakties korrek hoef te wees nie.
Ek voel egter ekstra verras as ek 'n afrikaanse villanelle kry wat wel
sintakties korrek is en dan nog mooi is ook. Ek is seker maar 'n
ouskoolse digkritikus... ek verkies "rym" en ritme, en sinne wat sin
maak :))). Maar ek stem saam dat daar beslis mooi digkuns is wat geen
"rym" het nie en min ritme en geen sinmakende sinne.

ps met "rym" meen ek ook dinge soos assonansie en dies meer. ritme hoef
ook nie stoer te wees om ritme te wees nie.
Vorige onderwerp: "Swart Villanelle" deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: "Villanelle" deur BREYTEN BREYTENBACH
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Dec 04 08:48:02 UTC 2024