Die slegte ou dae van Apartheid [boodskap #29960] |
Di, 18 April 2000 00:00 |
jgdebeer
Boodskappe: 37 Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Aangehaal van Jan Marais:
Na die Tweede Vryheidsoorlog was die Boerevolk in die haglikste ekonomiese
omstandighede denkbaar. Eens suksesvolle boere moes hande-arbeid in die myne
gaan soek. Daar is hulle deur die uitlander-mynbase verneder en vertrap
sonder dat hulle enige regte geniet het.
'n Boeremens kon vergeet van 'n staatsdienspos. Armblankeskap was 'n
algemene verskynsel.
Nogtans het die Boerevolk hom nie op apartheid of menseregteskendings of
agtergeblewenheid beroep nie. Hy het gewerk en presteer en daardeur algaande
'n volwaardige plek in sy eie land se ekonomie verwerf.
Die staalbedryf, die spoorweg en uiteindelik die wapenbedryf, is deur
Boerehande en Boerebreinkrag tot stand gebring. Derduisende werkgeleenthede
is vir ons eie mense en ander geskep deur Boere-inisiatief.
Nadat die Republiek van Suid-Afrika in 1961 tot stand gebring is en die las
van die Britse Statebond afgewerp is, is 'n nuwe era van ongekende
ekonomiese voorspoed tot die voordeel van almal in Suid-Afrika betree.
Die prentjie wat mnr Jan S Marais, destydse besturende direkteur van Trust
Bank, in 1965 van toestande in Suid-Afrika geskilder het, kan seker alle
mense, laat terugverlang na die sogenaamde onbevryde Suid-Afrika.
Volgens mnr Marais was die ekonomie van die Republiek in so 'n sterk
groeifase dat 'n groot tekort aan werkers in alle beroepe ondervind is. Daar
was te veel werkgeleenthede en te min mense om al die poste te vul. In sy
jaarverslag meld hy dat Suid-Afrika se nywerheidsproduksie die voorafgaande
twaalf jaar meer as verdriedubbel het.
Voorts het hy syfers aangehaal om te bevestig dat Suid-Afrika een van die
twaalf bes gevoede bevolkings in die wêreld gehad het. Die Republiek was ook
die leier op die gebied van standaardisasie, voeding, arbeidsterapie, in die
vervaardiging van staal en staalprodukte teen die laagste koste, in
behuising en in produksie van olie uit steenkool.
Volgens mnr Marais is daar in die tien jaar voor 1965 huise teen 'n tempo
van vyftig per dag vir swartes in Suid-Afrika gebou;
164-duisend huise sedert 1950. Nie destyds en ook nie nou, is daar ooit
huise vir die blanke gebou nie; die blanke moet nog altyd sy eie huis bou en
sy eie dienste, soos water voorsien.
Gedurende die sewe jaar voor 1965 het swart onderwysers met meer as 25
persent toegeneem en skole vir swartes met 35 persent. In Suid-Afrika was
daar reeds meer gegradueerde swartes as in al die Afrika-state wat voorheen
onder Britse beheer was saam.
Vyf-en-tagtig persent van alle swartes van skoolgaande ouderdom was
geletterd. Die gemiddelde persentasie geletterdheid vir lande in die res van
Afrika het tussen een persent en tien persent gewissel.
Volgens mnr Marais was die tempo waarteen Suid-Afrika se volksinkomste vanaf
1962 tot 1965 toegeneem het, saam met Japan die hoogste in die wêreld, en
heelwat bo dié van Amerika. Belasting was laag: ongeveer net die helfte van
dié in Brittanje en een-derde van dié in die VSA.
Nie-blankes in Suid-Afrika het in 1965 reeds per kop vier keer meer
motorvoertuie as die Russe besit.
Tot sover mnr Marais.
Elkeen van ons moet nou maar vir homself uitmaak of Suid-Afrika nog steeds
'n hawe van voorspoed vir al sy inwoners is.
Na die Rivonia-verhoor het dr HF Verwoerd gesê dat as Mandela en sy ANC
hulle sin sou gekry het, 'n klein elite-groepie hulleself tot barstens toe
sou verryk terwyl die res van die bevolking sou verarm soos nog nooit
vantevore nie.
Vandag ís die ANC aan bewind. Laat die sak van enige inwoner van die land,
wit of swart, jou vandag vertel of dr Verwoerd se voorspelling in die kol
was of nie.
Dit is nie in die Boerevolk se aard om homself in agtergeblewenheid te sit
en bejammer nie. Elkeen van ons moet nou ten volle skouer aan die wiel sit
om weer ons eie, voorspoedige. gesonde volksekonomie op te bou.
Soos in ons onderdrukte toestand na die Tweede Vryheidsoorlog, kan
doelgerigte, harde werk ons volk weer bo uitbring.
--
Julian & Karin de Beer
117 Newell Rd RD3
Tamahere
Hamilton
New Zealand
+64 7 858 3183 fax +64 7 858 3184
jgde...@clear.co.nz
|
|
|
Re: Die slegte ou dae van Apartheid [boodskap #29988 is 'n antwoord op boodskap #29960] |
Wo, 19 April 2000 00:00 |
lou[1]
Boodskappe: 579 Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Julian de Beer wrote:
>
>
>
> Dit is nie in die Boerevolk se aard om homself in agtergeblewenheid te sit
> en bejammer nie. Elkeen van ons moet nou ten volle skouer aan die wiel sit
> om weer ons eie, voorspoedige. gesonde volksekonomie op te bou.
>
> Julian & Karin de Beer
> 117 Newell Rd RD3
> Tamahere
> Hamilton
> New Zealand
>
NE?!! Praat jy nou van NZ of RSA?
|
|
|
Re: Die slegte ou dae van Apartheid [boodskap #29989 is 'n antwoord op boodskap #29960] |
Wo, 19 April 2000 00:00 |
ProPacem
Boodskappe: 320 Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> "Julian de Beer"
> Nogtans het die Boerevolk hom nie op apartheid of menseregteskendings of
> agtergeblewenheid beroep nie.
:-D
> Die staalbedryf, die spoorweg en uiteindelik die wapenbedryf, is deur
> Boerehande en Boerebreinkrag tot stand gebring
boerehande in die myne, ne - en al daardie swart breine wat toegang tot
universiteite gehad het net soos hul wou kon net nie die boerebreinkrag ewenaar
nie. En natuurlik kon die swart hande en breine enige werk beklee want daar
was nie werksreservering nie. En om dan te praat van eiendom - jy weet die by
die sokkies optrek ingesteldheid wat 'n mens dryf om jou eie stukkie grond te
besit - swart aspirasies soos hierdie was natuurlik heeltemal bereikbaar in
soverre hulle geen beperkinge gehad het op landsbesit nie. Boere-inisiatief
bo, ne Julian.
> Nadat die Republiek van Suid-Afrika in 1961 tot stand gebring is en die las
> van die Britse Statebond afgewerp is, is 'n nuwe era van ongekende
> ekonomiese voorspoed tot die voordeel van almal in Suid-Afrika betree.
Almal? :-D
> Die prentjie wat mnr Jan S Marais, destydse besturende direkteur van Trust
> Bank, in 1965 van toestande in Suid-Afrika geskilder het, kan seker alle
> mense, laat terugverlang na die sogenaamde onbevryde Suid-Afrika.
Ens., Ens.
Liewe hemel, watter waan en selfbedrog. Die Joodse konsentrasiekampe het seker
ook nie plaasgevind nie, of hoe de beer?
|
|
|
Re: Die slegte ou dae van Apartheid [boodskap #30038 is 'n antwoord op boodskap #29960] |
Vr, 21 April 2000 00:00 |
jgdebeer
Boodskappe: 37 Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
> NE?!! Praat jy nou van NZ of RSA?
Wel Lou soos ek die berig gelees het , het ek aangeneem dat aangesien die
boerevolk hoofsaaklik in SA woon sou ek dink dat dit hoofsaaklik op SA van
toepassing is.
Daar is 'n verbasende sterk afrikaanse gemeenskap in NZ met 'n goeie klompie
Namibiers. Ek eien my self steeds die reg toe om eens te voel met die
boerevolk en al is ek nie fisies daar nie ....
Ek sien dat fisiese afwesigheid nie die kwaadpraters enigsins tweemaal laat
dink op hierdie groep nie, so ek maak ook nie verskoning nie.
Afrikaner in die land van die lang wit wolk
|
|
|
Re: Die slegte ou dae van Apartheid [boodskap #30039 is 'n antwoord op boodskap #29960] |
Vr, 21 April 2000 00:00 |
jgdebeer
Boodskappe: 37 Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
.
> Pro Pacem
> Liewe hemel, watter waan en selfbedrog. Die Joodse konsentrasiekampe het seker
> ook nie plaasgevind nie, of hoe de beer?
>
Stuur maar jou "kommentaar " sal ek dit maar noem aan Jan Marais die outeur
wat ek aangehaal het. Ek dink egter dat dit maar bietjie lig aan feite is en
swaar aan spekulasie en persoonlike opinie.
Die afrikaner in die land van die lang wit wolk.
|
|
|
Re: Die slegte ou dae van Apartheid [boodskap #30184 is 'n antwoord op boodskap #29960] |
Di, 25 April 2000 00:00 |
lou[1]
Boodskappe: 579 Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Julian de Beer wrote:
>
>> NE?!! Praat jy nou van NZ of RSA?
>
> Wel Lou soos ek die berig gelees het , het ek aangeneem dat aangesien die
> boerevolk hoofsaaklik in SA woon sou ek dink dat dit hoofsaaklik op SA van
> toepassing is.
>
> Daar is 'n verbasende sterk afrikaanse gemeenskap in NZ met 'n goeie klompie
> Namibiers. Ek eien my self steeds die reg toe om eens te voel met die
> boerevolk en al is ek nie fisies daar nie ....
> Ek sien dat fisiese afwesigheid nie die kwaadpraters enigsins tweemaal laat
> dink op hierdie groep nie, so ek maak ook nie verskoning nie.
>
> Afrikaner in die land van die lang wit wolk
Julian - jy sit in NZ besig om die 'NZ SE' ekonomie op te bou en jy sê
vir ons om skouer aan die wiel te sit?
|
|
|