Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » @home.com(wat reg is vir een is reg vir n ander)
@home.com(wat reg is vir een is reg vir n ander) [boodskap #29811] Tue, 11 April 2000 00:00
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek stem in n manier saam met jou. As jy gemoor het vir die lekker daarvan
soos Basson en ander gedoen het moet hulle die gevolge dra.Dit tel natuutlik
aan die ander kant ook soos die Winnies en co. In my opinie mors ons te veel
geld met die Basson se verhoor. Hy het skat ryk geword deur ander se leet. n
Koel in die kop sal goedkoper wees vir hom.En al die persone wat in die
parlement sit wat bomme geplant het en onskuldige mense gedood het kort die
selfde.

Net jammer die persone wat die opdragte gegee het sit lekker en die poeppol
wat die opdragte moes uitvoer moet in die tronk sit.Net jammer van die wat
opdragte gegee het sit nog in hoe poste

Ek self was n polisieman vir 18 jaar en ek is nie skaam om dit te se nie. Ek
moes om mediese redes gaan. Soos ek sit en skryf sit ek in gips na my 5de
operasie op my been.Ek kan se ek is deur met n skoon rekord en ek voel dat
ek altyd reg probeer optree het. Dit is met spyt dat ek elke dag in n
koerant moet lees dat n polisie man betroke was met misdaad.Erens moet iets
drasties gedoen word of ons land gaan in n gemors opland en ons is vinnig op
pad daarnaa.

Dit is lekker almal is bereid om daaroor te praat en voorstelle te doen om
dit reg te stel maar niks gebeur nie

Reenen
Re: @home.com(wat reg is vir een is reg vir n ander) [boodskap #29812 is 'n antwoord op boodskap #29811] Tue, 11 April 2000 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Reenen van Niekerk wrote:

> Net jammer van die wat
> opdragte gegee het sit nog in hoe poste
>

En wat van P. W. Botha wat nie verskoning gevra het
nie? Ek neem aan De Klerk en sommige van die ander
generaals het skot vry afgekom omdat hulle om
vergiffenis gevra het. Maar P. W. Botha. Ek dink
regtig hy moet soos Pinochet behandel word.

Die tannie met die tuit.
Vorige onderwerp: Re: "Die Lied van die Nagwind" deur D. F. Malherbe (1881)
Volgende onderwerp: Ras klasifikasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Dec 25 17:32:27 UTC 2024