Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: "Ons Afrikaanse Moedertaal" (1865)
Re: "Ons Afrikaanse Moedertaal" (1865) [boodskap #29803] Tue, 11 April 2000 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Jan Celliers is in 1865 gebore en is in 1940
dood.
Gloudina

Alex Koster wrote:

> Daar is iets liefs en groots gebeur
> als kinderlippies "Mamma" sê:
> 'n wondersaadjie wat ontkiem,
> deur God in vaarlands grond gelê.
>
> Die plantjie van die moedertaal
> word stil gekweek door moederhand;
> die wêreld weet nie wat daar groei
> aan moederskoot, vir vaderland.
>
> En als die wêreld dit gewaar
> en, net bedag op eiebaat
> die boompje wil ontwortel, dan
> is 't reeds te laat, o, veel te laat!
>
> Sy krag groei aan deur ruk en pluk,
> hy klou nog vaster, duisendmaal,
> met liefdegreep in vaarlandsgrond, -
> hy word heldin- en heldetaal -
>
> geheilig, dan, in trane en rou,
> in klag van moederhartewond, -
> geheilig, onder wreedaardshand,
> in sterwensroep uit kindermond.
>
> Dis afbetaal, die dure prys.
> Deur lye sterk, in stryd gestaal,
> is wereldburgerskap jou loon,
> ons Afrikaanse moedertaal!
>
> En aan jou hand sien ook ons volk
> sy wêreld, hou jou nie meer doof, -
> Pas op, die vlakte is ontwaak!
>
> Jan Celliers
>
> ---------------------------
>
> Beste wense
>
> Alex Koster
> Student
> Cambridge, V.K.
>
> www.koster37.freeserve.co.uk
Vorige onderwerp: Winnie
Volgende onderwerp: Re: "Die Lied van die Nagwind" deur D. F. Malherbe (1881)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Dec 26 06:31:22 UTC 2024