Re: oorseese strontgatte [boodskap #29748] |
So, 09 April 2000 00:00 |
PAT
Boodskappe: 141 Geregistreer: April 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Reenen, ek het so n vae gevoelente dat jy na my kant toe skimp
as jy praat van "oorsese vetgatte" wat vir julle wil sê wat om
te doen. Ek het nie gedink ek sou dit sê nie, maar ek is nie
destyds weg oor politieke redes nie. Inteendeel, ek was baie
gelukkig op vele vlakke. Ek het bloot n Amerikaner ontmoet in
ZA en met hom getrou, en het hierheen getrek omdat . . . wel
omdat mens gewoonlik agter jou man aan trek.
Ek en hy praat juis nou die dag dat waneer ons eendag aftree,
(seker so in 15 jaar), dat ons graag vir ons in ZA wil vestig,
omdat ons verder sal kom met ons dollar, en omdat dit nog myns
insiens die mooiste land in die
wêreld is. Ons kyk juis nou na grond in Darling, en langs die
Weskus op, om te begin bou.
So ja, ons sal baie te sê he, want as mens verwyder van die
probleem is, sien jy baie keer meer duidelik wat verander moet
word. En ja, die meeste Amerikaners is ook rassisties, maar twee
verkeerdes maak nie n regte nie. Ek gun net elke mens sy plek
in die son, en voel ons wit Afrikane moet probeer om te aanvaar
en te verdra, al is dit soms moeilik.
Pat
whttp://www.mg.co.za/mg/madameve/2000/02/me20000219w.htm
Reenen van Niekerk wrote in article
...
> As daar een ding wat my nou behoorlik be#*?**# maak is dit persone wat
> oorsee sit op hulle vet gatte en baie te se het oor wat ons in Suid Afrika
> moet doen. Plaas hulle eers kyk watter kak in hulle eie land is .Amerika en
> Kanada is net so rassisties .Ek wonder wat hulle te se sou gehad het as dit
> sy swanger vrou was wat in haar maag gekiet was of sy 10 jaar oue kind wat
> verkrag was.En as die doners gevang word stap hulle more weer buit rond.
>
> Alles word blameer op arpartheid maar ek dink persoonlik dit is pure
> barbaarsheid
>
> Reenen
>
|
|
|