Wanneer begin die Englse 'n invloed hê op SA [boodskap #29719] |
Vr, 07 April 2000 00:00 |
Ernst v Biljon
Boodskappe: 257 Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Herrie die strandloper was die eerste native-African wat kon Engels
praat. Hy was op 'n onofficiele basis gebruik as middelaar deur die HOIK
wanneer hulle met die Khoikhoi wou onderhandel. Waar het hy die taal
geleer en wanneer. Ten eerste het hy die taal geleer in Engeland. So, hy
is met 'n skip na Engeland waar hy 'n tyd lank die mense daar vermaak
het met sy 'primatiewe' idees en gewoontes. Nou die tyd is nie presies
bekend nie maar die volgende sal die idee voorgee.
Krotoa of Eva van die Kaap is die eerste nie-blanke bekend om met 'n
Europieer te trou. Sy staan bekend vir baie dinge (of moet ek sê berug)
1) Sy trou met van Meerhoff en word na Robeneiland gestuur as opsigster
(party voel van Meerhoff word uit die pad uit gehaal vir sy trouery) 2)
sy doen bemediddeling vir van Riebeeck (saam met Harrie. Want hy wou net
Engels praat -hy was toe al 'n paar jaar terug van Engeland af met van
Riebeeck se tyd) 4) sy leer baie maklik en is sommer in 'n kort tyd meer
tale magtig (dit is aangeteken dat sy haar eie taal en 'n paar dialekte
kon praat, Engels, en dan Nederlands. Sy kon haarself ook verstaanbaar
maak met meeste van die matrose van alle lande) 5) sy was baie aleen op
robeneiland en versuip haarself in alkohol (wat sy aangeleer het van 'n
baie vroe leeftyd 6) sy het die van Riebeeck se kind opgepas 7) sy was
nooit 'n slaaf nie en is dus nooit van slawery verlos nie en was dus vry
om the gaan soos sy wou.
So, alles in ag geneem. Die Engelse het al 'n groot invloed op die Kaap,
Afrika en die Ooste gehad lank voor die van Riebeecks voet aan val gesit
het.
Ernest
|
|
|