"Narcissus Poeticus" deur LOUIS ESTERHUIZEN [boodskap #29565] |
Wed, 29 March 2000 00:00 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
NARCISSUS POETICUS
Louis Esterhuizen
Op 'n dag woorde
in gebakte hande
geskep
Leë refleksies
van my rimpelself
gedrink
Dubbeldoor
geword enkel
en alleen
Voortaan gevorm
na die gedaante
van niks
Op 'n dag woorde
in gebakte hande
geskep
Alles vorm
gegee die berg
die klip
die stapels
sand weggewas
uitgewis
Drenkeling
geword enkel
en alleen
Weggespoel
deur die self
aan niks
gelyk
My woorde verras
mekaar. Nie meer
nie -
|
|
|