Re: Varkskel Gedeelte [boodskap #29560] |
Tue, 28 March 2000 00:00 |
Gary Bartholomew
Boodskappe: 106 Geregistreer: March 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek is te vreklui om die dingis hieronder te edit nie. Daar word daarin 'n
bietjie gevloek, soos julle almal weet, maar ek vra mooi dat niemand onder
hierdie hoof stuk vuil taal sal gebruik nie. "Varkskel" is bedoel vir
daardie uitdrukkings soos, "Jou vark!" wat as skeltaal slaag, sonder dat
daar gevloek word.
Julle samewerking word waardeur.
Gary Bartholomew skryf in boodskap news:8bboe6$b84$4@ctb-nnrp1.saix.net...
> Kennisgewing: Hierdie hoofstuk bedoel presies wat dit sê. Hieronder word
> gevloek, mense, eers so saggies, saggies, en dan HARDOP. Bly hier weg as jy
> jou deur vuil taal laat vererg.
>
> Hierdie is maar net 'n persoonlike opinie, maar wat dink julle hiervan?
> Afrikaans staan bo alle ander as vloektaal.
>
> Ek probeer nie om hier af te kraak nie. Ek's ernstig. Vir my voel dit asof
> wanneer 'n mens in Engels vloek is dit maar net iets vuil en onguur, maar as
> dit by vloek kom, dan skiet Afrikaans op tot digterlike hoogtes. As
> vloektaal het julle taal *krag*.
>
> Daar's niks vir my so naar as "mooipraatjies vir Dominie" wat as gedigtes
> voorgehou word. As julle jul taal gebruik met blommetjies en ouma se ou
> parfum doktor, dan maak dit vir my naar. Te veel suiker in die tee. So iets.
> Ek kort woorde om myself duidelik te maak, maar kan julle dit so van die
> kant af insien?
>
> Maar vloek! O' Afrikaans! Ma se moer van alle vloektale! Mens kan in
> Afrikaans vloek en aards, eerder as vuil wees, al vloek 'n mens met die
> geslagsdele en gewoontes van als wat mens en dier is als opeengehoop.
>
> Vir my oor is die ou Wiking uitsprake wat julle oorpronklik gehou het wat 'n
> deel uitmaak van hierdie magtige vloek-krag wat julle het. bv. "skip" is
> nooit versag na "ship" nie.
>
> Nou laat dit my dink. Kan ons nie 'n regte digter ooreed om die eerste
> Afrikaanse vloekbundel te skep nie? Ek het 'n paar voorbeelde van die
> vloekmag van Afrikaans hier al gesien, maar dis te min. Hier is 'n
> uitnodiging vir almal van julle om met volle mag hier te kom vloek.
>
> As jy vandag heeltemal die moer in is, dan kom koffiekroeg toe en vloek so
> bietjie, toe. Hier's jou kans om kuns sonder die groot-K en al die ander kak
> te oefen en te skep. Ek soek voorbeelde van die Afrikaanse vloekkuns wat
> "ernstig" opgeneem kan word, so bars los, ruk hande uit ens.
>
> Ek herrinner die sensitiewe lesers weer, moenie kla nie as julle hieronder
> vererg word deur die vloekdigters nie. (Vuil taal! Pasop! Vuil taal! Moet
> nie verder gaan nie sonder 'n taai sin van humor nie).
>
|
|
|