Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Sampie Terblanche en SA landbou in die laaste eeu
Sampie Terblanche en SA landbou in die laaste eeu [boodskap #29541] Tue, 28 March 2000 00:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Uit "Country of my Skull" van Antjie Krog (bl. 315).

The tone of the hearings is set by Professor Sampie Terblanche,
with his flailing limbs, snow-white hair and wonderful, horrible
Free State English accent,
"The hisssstory of a hunnnndred years of rrracial capitalism
enrrriched whites undeseeervedly." He says that by the end of
the last centurym black farmers were producing more maize than
white farmers, which is why they did not want to work on white
farms or in the mines. But they were eventually driven off the fields
that they plowed by the Glen Grey Act of 1894 and the Land Act
of 1913. Black farmers were turned into a reservoir of cheap labour
for business.
He spells out the exploitation: The wages of black workers
did not increase at all between 1910 and 1970. In fact, their wages
in 1972 were even lower than they had been in 1911. And yet, during
this period, the gold price rose by 45 percent and the wages of white
workers doubled.
In 1970, Terblanche says, the system of racial capitalism changed
once again, from favoritism to patronage, to protection. Under P.W.
Botha an abnormal co-operation developed between the securocratic
state and business. Business did not destroy apartheid, says Terblanche.

It actually strengthened Botha's government and helped create a neo-
apartheid.
Re: Sampie Terblanche en SA landbou in die laaste eeu [boodskap #29621 is 'n antwoord op boodskap #29541] Sat, 01 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: January 1996
Karma: 0
Senior Lid
In 'n ander pos vra Gloudina my:
@home.com wrote in message ...
> En, ou Dries, hoekom lewer jy nie repliek op daardie pos van
> my oor wat Sampie Terblanche ('n Afrikaner) gese het oor die
> stand van die landbou en swart boere in die twintigste eeu nie,
> soos gerapporteer deur Antjie Krog (ook 'n Afrikaner.) Ek
> (ook 'n Afrikaner) vra vir jou ('n Afrikaner), wat daarvan, Dries?

Op een of ander manier het eknie die ding raakgesien nie, of iets. Ek kon
hom dalk per ongeluk as 'gelees' gemerk het saam met Reisiger se goed, saam
met jou gedigte of die 'vloek'-thread. Dit was nie my bedoeling om nie
repliek te lewer nie. Ok, nou't ek verskoning gemaak, toe't ek die pos uit
die argiewe gaan haal:

@home.com wrote in message
> Uit "Country of my Skull" van Antjie Krog (bl. 315).
>
> The tone of the hearings is set by Professor Sampie Terblanche,
> with his flailing limbs, snow-white hair and wonderful, horrible
> Free State English accent,
> "The hisssstory of a hunnnndred years of rrracial capitalism
> enrrriched whites undeseeervedly." He says that by the end of
> the last centurym black farmers were producing more maize than
> white farmers, which is why they did not want to work on white
> farms or in the mines.

Wat presies bedoel hy hier? Het die swartes in geheel meer mielies as die
blankes geproduseer of per kop? En ek sou ook graag wou weet wat die
verdeling per distrik was. Ek vermoed ook dat 100jaar gelede was die meeste
blanke boere ook omtrent uitsluitlik net bestaansboere. Tog moes daar 'n
beduidende klompie gewees het wat kommersi"ele boere was en wat byv. plekke
soos die Randse goudvelde moes voorsien. Ek weet ook dat mense soos Sammy
Marks rondom die eeuwisseling boere in die Vereenigingdistrik begin
aanmoedig het om verbeterde (Amerikaanse) kultivars op kommersi"ele skaal
aan te plant, die begin van die kommersi"ele mielieboerdery.

> But they were eventually driven off the fields
> that they plowed by the Glen Grey Act of 1894 and the Land Act
> of 1913. Black farmers were turned into a reservoir of cheap labour
> for business.

Dit is interessant hoe 'n groot rol besigheidsmanne in die hele proses
gespeel het, ten goede en ten kwade. Vat nou byv Cecil Rhodes en sy
trawante...

Ek is nog altyd van mening dat meeste van die probleme in SA begin het by
die Engelse regering. Nie noodwendig omdat hulle imperialisties was nie
(dis in elk geval alreeds erg genoeg) maar omdat hulle nooit 'n vaste beleid
kon formuleer en konsekwent toepas nie, nie net tov die sg 'Swart Kwessie'
nie, maar lyk my veral in hierdie kwessie was hulle regte draaijakkalse. As
'n mens byvoorbeeld FA Venter se romans lees (ja ek weet dis nie
geskiedenisboeke nie, maar hulle is grootliks op aangetekende geskiedenis
gebaseer) dan sien jy dat die Engelse aan die Grens links en regs beloftes
maak en proklamasies uitvaardig, dikwels teenstrydig met mekaar, en dit het
almal die hoenders in gemaak, blank sowel as swart.

> He spells out the exploitation: The wages of black workers
> did not increase at all between 1910 and 1970. In fact, their wages
> in 1972 were even lower than they had been in 1911. And yet, during
> this period, the gold price rose by 45 percent and the wages of white
> workers doubled.

Dis 'n nuutjie vir my. Ek weet dat my skoonpa ook lank vir dieselfde
salaris gewerk het (hy het hier in die 30's begin werk) en dat salarisskale
in daardie tyd nie vreeslik verander het nie. Is dit nie dalk 'n meer
algemene verskynsel gewees as net onder die swart mynwerkers nie? Wat was
die invloed van inflasie en al die rampe wat ons in daardie tydperke getref
het?

> In 1970, Terblanche says, the system of racial capitalism changed
> once again, from favoritism to patronage, to protection. Under P.W.
> Botha an abnormal co-operation developed between the securocratic
> state and business. Business did not destroy apartheid, says Terblanche.
> It actually strengthened Botha's government and helped create a neo-
> apartheid.
Sien my opmerking hierbo.

Slotsom: Ek kan nie regtig vreeslik repliek hieroor lewer nie, ek besit te
min feite, en die skrywer gee te min feite. In die stuk maak Sampie grootse
stellings, sonder om dit met werklike stawende statistiek of feite op te
volg. Verder is beide hy en Antjie Krog links van my in die politieke
spektrum, dus, volgens my, eenogig. Ek is noodwendig ook eenogig. Elkeen
kyk na die wêreld deur sy eie bril en ervaar die 'werklikheid' anders.

Wat ek wel kan sê, is dat ek dink wat my die kwaadste maak omtrent die hele
apartheidskwessie (Ek sê spesifiek nie -era of -regime nie. Die probleem
strek veel wyer en verder as die NP se regering) is dat alle politieke
kwessies daardeur oorvereenvoudig is tot wit vs swart. Al die ander sg.
'brood-en-botter'-sake soos belasting, lewensduurte, beter
werksomstandighede, noem maar op, is eenvoudig ge"ignoreer. En die hele
situasie is uiteindelik gekaap (miskien moet ek sê geKaap?) deur 'n klomp
magsbeheptes en ons is ALMAL daardeur uitgebuit en benadeel, nie net die
swartes nie. Dieselfde wette het beide swart en wit benadeel, net op ander
maniere. Ek dink nie die meeste blankes besef op watse maniere hulle wel
benadeel is nie, en hoe lank hulle nog steeds gaan betaal vir al die
'voorregte' wat hulle geniet nie.

Let wel, ek sê nie dat ons nou almal saam een groot gelukkige volk moet
word nie. Ek glo nie aan hierdie 'een-wêreld'-teorie nie. Ek is 'n
Afrikaner, my een kollega by die werk is 'n Zulu - verskillend identiteite,
ervarings en kulture. Ek sê ook nie sy kultuur is beter/slegter as myne
nie. Dis anders. In daardie opsig kan ons NOOIT dieselfde volk wees nie,
wel dieselfd nasie, tensy ons albei bereid is om al ons kultuurgoedere
oorboord te gooi en van scratch af te begin. Dis onprakties. Buitendien
WIL ek 'n Afrikaner wees, ek WIL my kinders as Afrikaners grootmaak, ens.

Ek verkeer dus in 'n tweespaltige situasie: aan die een kant dink ek dis
goed dat die ANC nou aan bewind is, aan die ander kant dink ek dat hulle
besig is om meer kak aan te jaag as die vorige regering, en dat hulle maar
alte goed van hulle vorige kollega's geleer het, selfs verbeter het. Of
hulle in die lange duur vir SA sal goed wees, weet ek nie. Hulle is sekere
opsigte net so drakonies en ongevoelig as PW op sy beste, en gebruik hulle
outomatiese meerderheid as 'n lekker ou stoomroller, dikwels tot hulle eie
(later) skade! Ongelukkig is enige sulke skade ook skadelik vir die land.

Ek kry die idee dat ons land slegs weer sal regkom indien ons dit kan regkry
om 'n welvarende middelklas daar te stel, die ander dinge soos wetteloosheid
en misdaad sal dan outomaties hokgeslaan word.

'n Laaste gedagte: die boere (met 'n klein 'b') sien al meer die
plaasmoorde as 'n fyn-georkestreerde lae-intensiteit oorlog teen hulle.
Sommige reken dis die PAC of ANC self, ander dink dis bloot misdadige
elemente. Wat sou gebeur, dink julle, as daar 'e'en moord te veel is en die
hele ou spul slaat aan die brand? Siener v Rensburg se 'emmer bloed' ?

Groete,
Dries Venter

(Ek moet sê ek geniet dit om op hierdie NG so nou en dan darem 'n sinvolle
gesprek te kan voer en nie aldag te sit luister na al die moddergooiery nie!
Miskien het ons almal nodig om weer 'n slag na NP v Wyk Louw se stuk oor
'Oop gesprekke' te gaan lees!)
Re: Sampie Terblanche en SA landbou in die laaste eeu [boodskap #29649 is 'n antwoord op boodskap #29541] Mon, 03 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Dries Venter wrote:

> Ek is nog altyd van mening dat meeste van die probleme in SA begin het by
> die Engelse regering. Nie noodwendig omdat hulle imperialisties was nie
> (dis in elk geval alreeds erg genoeg) maar omdat hulle nooit 'n vaste beleid
> kon formuleer en konsekwent toepas nie, nie net tov die sg 'Swart Kwessie'
> nie, maar lyk my veral in hierdie kwessie was hulle regte draaijakkalse.

Weet jy, Dries, alles wat jy hierbo se mag waar wees. Maar dit het tydgeword dat
Afrikaners ophou om die Engelse vir alles te blameer. Dis asof
jy nog altyd die Afrikaner as 'n prooi, die lydende party sien. Antjie Krog
vertel nou die dag hoe iemand aan haar die volgende teorie verduidelik:
elke groep kom by 'n waterskeiding waar hulle ophou om prooi te wees,
waar hulle opgroei en die verantwoordelikheid op hulself neem. So 'n
waterskeiding vir die Afrikaner was die herdenking van die Groot Trek in
1938. Vanaf daardie punt het Afrikaners begin om 'n leidende rol in SA
te speel, in hulle eie koppe. "They empowered themselves." Op dieselfde
manier was die Waarheidskommissie 'n waterskeiding vir die nie-blankes
in Suid-Afrika. They empowered themselves.
Nouja, ons weet nou al wat die Afrikaners toe uiteindelik met hulle
empowerment aangevang het. (Hulle het hul siele verkoop aan 'n klomp
thugs wat vir hulle 'n onmoontlike paradys beloof het.) Laat ons nou sien
wat die nie-blankes maak met hulle empowerment. Die laaste lot het
'n diktatorskap geskep. Hierdie lot, tot op datum, sukkel nog om 'n
demokrasie met gewaarborgde menseregte tot stand te bring. Laat ons
sien of dit op die lang duur nog so sal aangaan.

Gloudina
Re: Sampie Terblanche en SA landbou in die laaste eeu [boodskap #29665 is 'n antwoord op boodskap #29541] Tue, 04 April 2000 00:00 Na vorige boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: January 1999
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:

> Hierdie lot, tot op datum, sukkel nog om 'n
> demokrasie met gewaarborgde menseregte tot stand te bring. Laat ons
> sien of dit op die lang duur nog so sal aangaan.
>
> Gloudina

Leendert - pos jy nou as Gloudina??!! Sies man - moenie woorde in die ou
antie se mond lê nie!!
Vorige onderwerp: Re: Does any one Know if this group is used alot?
Volgende onderwerp: ++Bargain!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Dec 25 18:08:59 UTC 2024