Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Zimbabwe en setlaars
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29522] Mon, 27 March 2000 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Dries Venter wrote:

> 7) Feitlik die enigste mense wat nie setlaars in Zimbabwe was nie (altans
> sover vasgestel kan word) is die Boesmans. Hulle legendes (a la vd Post?)
> dui egter ook op 'n herkoms van elders. Hoever terug moet die 'stelery'
> geneem word, maw wie moet nou eintlik die grond kry?

Ons praat nou nie van die "setlaars" wat uitgemoor is, soos die Boesmansnie,
of van al die ander "setlaars" wat ook nou maar met niks sit nie. Dries,
ons praat van die 4000 meestal Britse "setlaars" wat op een-derde van
Zimbabwe se land sit, aan die begin van die 21ste eeu. Dis waaroor ek praat.

Gloudina

>
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29523 is 'n antwoord op boodskap #29522] Mon, 27 March 2000 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Dries Venter wrote:

> 5) Gloudina het die stelling gemaak dat die plase gesteel is. Van wie?
> Deur wie? Volgens die geskiedenisbronne wat ek kon vind, het die (blanke)
> setlaars die plase by Cecil John Rhodes se BSA gekoop vir etlike miljoen
> pond. Siende dat die BSA 'n 'Chartered' company was, het hulle met die
> volle goedkeuring van die Britse regering opgetree - hulle WAS die regering
> aldaar. Sou dit dan beteken dat die grond inderwaarheid van die Britse
> regering gekoop is? Waar het hulle dit gekry? Dieselfde bronne maak
> melding van 'n ooreenkoms met Lobengula. Nou kan 'n mens seker sê dat dit
> 'steel' was, ek dink egter dat daar waarskynlik 'n misverstaan of uitbuitery
> van die swartes se siening oor erfreg en grondbesitreg was.

Ja, dit het later uitgekom dat agente van Rhodes vir Lobengula verslaafgemaak
het en aan morfiene, en dat hy uiteindelik soos klei in hulle hande was.
En selfs Lobengula was onder die indruk dat hy slegs sekere regte aan die
Britte toegeken het. Ek wonder wanneer hulle Rhodes se standbeeld daar in
Kaapstad gaan verwyder. 'n Skandvlek op die geskiedenis van menseregte.

Gloudina

>
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29524 is 'n antwoord op boodskap #29522] Mon, 27 March 2000 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Dries Venter wrote:

> In 'n ander thread het Gloudina so 'n rukkie terug stellings gemaak wat
> daarop aankom dat sy al die wit plaasboere in Zimbabwe as setlaars beskou en
> dat dat sy eintlik 'n voorstaander is van die 'one settler, one
> bullet'-idee.

Ek het my verbasing uitgespreek oor die feit dat die "one settler, one
bullet"slagspreuk nie ook al in Zimbabwe gebruik is nie, waar daar 'n blatante
situasie
is waar 4000 koloniste op een-derde van die land sit.
Die slagkreet "one settler one bullet" en die effek wat dit op die wit
bevolking
van SA gehad het, word geanaliseer deur J.M. Coetzee: Hy verwys daarna dat
dit nie die dreigement van doodmaak is wat die apartheidsvoorstanders die meeste

kwaadgemaak het nie, maar die feit dat hulle as setlaars beskou word. Hy dui
daarop
dat deur die jare in die literatuur die wit nageslagte van die mense uit Europa
hulself
as "Christene " "vryburgers" of "voortrekkers" beskryf het, en die swart mense
van SA
as "heidene" of "barbare." Om dus as setlaar aangedui te word, was vir hulle
skokkend,
meer as die dreigement dat hulle doodgemaak kan word.
En op die keper beskou, hoeveel setlaars het toe die koeels gekry?. Dit was
maar
net 'n skrikmaak-kreet van die P.A.C. Die getal mense wat in die burgeroorlog
van
die afgelope dekades in SA doodgemaak is, is nog duisende en duisende aan die
nie-blanke kant, en in die honderde aan die blanke kant.

Gloudina
Vorige onderwerp: Re: Lucky Lotto Numbers
Volgende onderwerp: O Nag en godsgeloof
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Dec 25 17:30:54 UTC 2024