Re: 'tire necklace' in Afrikaans? [boodskap #28850] |
Thu, 27 January 2000 00:00 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Willem-Jan Markerink wrote:
> Btw, komt deze methode van oorsprong inderdaad uit SA, of uit een ander
> Afrikaans land?
Hoekom moet dit nou juis uit 'n ander "Afrikaans" land kom. (Gewoonlikdui
mens dit as 'n Afrika-land aan.) Afrika het nie die alleenreg op gruwelike
moorde nie. Die lynching deur die Ku Klux Klan in die suidelike dele van
die VSA is myns insiens nog gruweliker. Maar die "halsband"-moorde in
SA het my nog altyd laat wonder. Ek kon verstaan hoekom hulle moontlike
verraaiers wou laat sterf. Maar daar het ook swart polisiemanne in die slag
gebly. Nou die dag lees ek egter 'n kortverhaal waarin die skrywer vertel
van die soort swart polisiemanne wat hulle in Soweto gehad het. Hulle was
"reservists" en is toegelaat om die swart bevolking vir passe te vra. As jy
nie jou pas gehad het nie, of as die papiere nie die regte informasie
volgens
hulle bevat het nie, moes jy hulle geld betaal om los te kom, anders het
hulle
jou na die polisiestasie geneem en is jy in die tronk gegooi en was die
moontlikheid groot dat jy na 'n plaas erens gestuur sou word om jou vonnis
uit te dien. Hierdie swart "polisiemanne" was meestal van 'n ander stam as
die mense om hulle. Dit was dus 'n soort van geheime wapen wat die
apartheidsregime gehad het om die lokale bevolkings te intimideer. Geen
wonder dat sommige van hierdie swart sogenaamde "polisiemanne" ook
in die slag gebly het in die woede van die nie-blanke deel van die SA
bevolking teenoor die paswette en die brutaliteit van die polisie nie.
Die tannie met die trane in haar oge (sy dink aan die konsentrasiekampe
vroeg in die twintigste eeu op SA bodem. Wat 'n klomp bloed is op die
grond van SA verspil.)
>
|
|
|
Re: 'tire necklace' in Afrikaans? [boodskap #28851 is 'n antwoord op boodskap #28850] |
Thu, 27 January 2000 00:00 |
Dries Venter
Boodskappe: 299 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hallo Willem-Jan,
Op Afrikaans praat ons van 'n Halssnoermoord. Ekdink die metode het hier in
Soweto ontstaan. Van sulke gruwelikhede gepraat: Tydens die onluste in die
Oos-Kaap het die moordenaars mense so verbrand en dan dikwels met dele van
die (brandende) liggaam rondgehardloop terwyl hulle skreeu: "Kentucky Fried
Chickeennnnn!". Nodeloos om te sê, het ek sedertdien nie 'n vreeslike
affiniteit vir KFC nie!
Groete,
Dries Venter
Willem-Jan Markerink wrote in message ...
> Hoi,
>
> Zat net te peinzen hoe die gruwelijke martel/moordpraktijk met een
> brandende autoband ook al weer genoemd werd in het Engels, toen ik me
> afvroeg of er ook een Afrikaanse term voor bestaat....?
>
> Inmiddels raakt deze methode in Nederland in zwang bij verkeerskamera's,
> vandaar....;-))
>
> Btw, komt deze methode van oorsprong inderdaad uit SA, of uit een ander
> Afrikaans land?
|
|
|