Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kersgroete
Kersgroete [boodskap #28585] Fri, 24 December 1999 00:00
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: December 2002
Karma: 0
Senior Lid
Aan almal op die groep.

Heerlike warm Afrikaanse Kersgroete word julle almal toegewens.

Vir die wat 'n wit Kersfees kan vier: Geniet dit. Ek het dit op goeie gesag
verneem dat die somer wel op pad is, nog net so 'n 180 dae of soiets en dan
is dit somer.

Vir die van ons wat warm kry: Ook sulke nuus, maar vervang 'somer' met
winter.

'n Geseënde Christusfees word julle toegewens. Onthou dat die Grootste
Geskenk aan die mense op aarde gegee is sodat almal wat in Hom glo, nie
verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
Gaan die Nuwe Jaar in met die wete dat met Hom alles moontlik is, want vir
God is niks onmoontlik nie.
Mag elkeen ook in sy hart die vrede wat alle verstand te bowe gaan, ervaar
en bewaar en uitleef.

Thys de Wet
Re: Kersgroete [boodskap #28586 is 'n antwoord op boodskap #28585] Fri, 24 December 1999 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> Vir die wat 'n wit Kersfees kan vier: Geniet dit.

Vanjaar lyk dit of dit maar sukkel met die wit Kersfees. Diebietjie wat ons die
anderdag gekry het, het weer gesmelt.
Dit is darem al koud genoeg dat die Ottawa rivier hier en
daar naby die walle verys, tot groot vreugde van die meeue
wat in groot getalle op die ys in die namiddagsonnetjie sit.

'n Geseende Kersfees vir almal.
Gloudina
Vorige onderwerp: Om effektiwiteit van G-7, G-8 en G-20 vergaderings te verhoog
Volgende onderwerp: nare nederlander !
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Dec 25 06:55:52 UTC 2024