Geskryf deur Herman Giliomee [boodskap #4552] |
Thu, 06 April 2006 12:33 |
bouer
Boodskappe: 4795 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Herman Giliomee
In die vroeë 1950's het Piet Meyer, toe nog werksaam by Rembrandt,
maar later voorsitter van die SAUK-raad, die interessante oefening van
stapel gestuur om van die grootste geeste in die Westerse wêreld te
vra wat Suid- Afrika se grootste uitdagings is.
Een van hulle was die Duitse filosoof Martin Heidegger. Hy het
geantwoord dat dit in Suid-Afrika nie gaan om 'n rassevraagstuk nie,
maar om 'n politieke vraagstuk.
In hierdie eenvoudige opmerking van Heidegger dat Suid-Afrika eerder 'n
politieke probleem as 'n rasseprobleem het, lê 'n ontsaglike waarheid
opgesluit. Die groot Suid- Afrikaanse historikus C.W. de Kiewiet het in
die jare sestig iets soortgelyks gesê. Dit was ontsaglik moeilik, het
hy gesê, om 'n alternatief vir apartheid te kry.
Die liberaal soek tevergeefs vir 'n aanvaarbare alternatief tussen
"ekonomiese chaos en menslike wanhoop". Daarmee het hy bedoel dat die
gewone liberale oplossing van individuele regte nie op daardie stadium
van Suid-Afrika se ontwikkeling sou werk nie.
Meyer het sy vraag ook gestel aan Arnold Toynbee, die skrywer van die
grandiose A study of history waarin patrone en "wette" in die opkoms en
val van 26 beskawings in die wêreldgeskiedenis ontleed word. Toynbee
se antwoord was dat die Afrikanervolk gekonfronteer word met een van
die moeilikste, maar tegelyk ook die grootste, geestelike take wat dit
nie kon weier om aan te pak nie. Dit was die uitdaging geskep deur die
"uitwissing van afstand" as gevolg van die verspreiding van Westerse
tegnologie.
Toynbee het die volgende voorspelling gedoen: "There will never again
be room in the world for the different fractions of mankind to retire
into isolation from one another again." Suid-Afrika met sy
verskeidenheid van rasse, kleurgroepe en kulture was net die ander
lande en nasies ver voor.
Suid-Afrikaners was die mense wat heel eerste te doen gekry met die
samedromming van mense uit verskillende agtergronde wat in beperkte
ruimte en met die uitwissing van grense 'n vorm van vreedsame
saambestaan moes soek. Die groot historikus het afgesluit met die
woorde: "Now history has given you the honourable mission of being the
spiritual pioneers in trying to find the solution of a spiritual
problem that is soon going to face the rest of the human race as well."
Hoe waar klink dit nie vandag nie! Televisie, vliegtuie, die internet
en so baie ander uitvindsels het, soos Toynbee dit stel, het "the
annihilation of distance" meegebring en daarmee saam die woede of die
afguns of die bewondering van mense in wie se lewens die prentjie van
Westerse weelde ingebring word.
Soos die verarmde inwoners van die platteland, Mosambiek en Zimbabwe
stroom hulle na die dorpe en stede om hulle lewens te verbeter. Sommige
van die bittere pille wat die Westerse wêreld sluk en nog moet sluk,
het die Suid-Afrikaners al klaar geneem.
Kyk na die ooreenkomste tussen "blanke" Europa en Suid-Afrika. Die
demografiese verhouding tussen Europeërs en nie-Europeërs in die
wêreld is baie dieselfde as dié in Suid-Afrika. Die
inkomsteverdelinge is baie dieselfde, kultuur, kleur en ras val in
albei gevalle saam, en ten einde terrorisme te beveg, skort die VSA
belangrike aspekte van sy menseregte op.
Die ontwikkelde wêreld as 'n persentasie van die wêreldbevolking het
in die laaste paar dekades afgeneem van 30% tot 20%. Moslems het in
dieselfde tyd van 15 tot 20% gestyg. In die laaste drie dekades het
Europa amptelik 13 miljoen Moslems as immigrante toegelaat, en baie
sypel onwettig in. Hulle kry werk omdat Europa met sy krimpende blanke
bevolking nie in al sy mannekragbehoeftes kan voorsien nie. Bernard
Lewis, een van die wêreld se beste kenners van Arabië, voorspel dat
Europa teen die einde van hierdie eeu deel van die Arabiese Weste, die
Maghreb, kan word.
Tussen 1900 en 1960 was dit vir blanke Suid-Afrika moontlik om
segregasie en apartheid te handhaaf. In hierdie jare het die blankes
konstant 20% van die bevolking gevorm. Van 1960 het die blanke
persentasie vinnig gedaal en dit staan tans net oor die 11%. Die
blankes se verswakkende demografiese posisie is die grootste enkele
oorsaak van die disintegrasie van apartheid.
'n Mens wonder of die grensmure wat blanke Europa bou nie oor die
volgende eeu net só gaan disintegreer nie. Dit wil sekerlik lyk of
Europa nie die oplossing gevind het vir die probleem wat deur die
uitwissing van afstand geskep word nie.
|
|
|
Re: Geskryf deur Herman Giliomee [boodskap #4554 is 'n antwoord op boodskap #4552] |
Thu, 06 April 2006 15:21 |
bouer
Boodskappe: 4795 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hessie skryf
> In hierdie eenvoudige opmerking van Heidegger dat Suid-Afrika eerder 'n
> politieke probleem as 'n rasseprobleem het, lê 'n ontsaglike waarheid
> opgesluit. Die groot Suid- Afrikaanse historikus C.W. de Kiewiet het in
> die jare sestig iets soortgelyks gesê. Dit was ontsaglik moeilik, het
> hy gesê, om 'n alternatief vir apartheid te kry.
>
> Die liberaal soek tevergeefs vir 'n aanvaarbare alternatief tussen
> "ekonomiese chaos en menslike wanhoop". Daarmee het hy bedoel dat die
> gewone liberale oplossing van individuele regte nie op daardie stadium
> van Suid-Afrika se ontwikkeling sou werk nie.
Ek neem aan dis De Kiewiet of Giliomee wat verklaar
dat "die gewone liberale oplossing van individuele regte"
op daardie stadium nie in SA sou werk nie. Watter bog.
( Heidegger het korrek aangedui dat die probleem wat
apartheid wou oplos, 'n politieke probleem en nie 'n
rasseprobleem was nie. Dat dit 'n magspel was, waar
een groep nie die mag wou opgee aan 'n ander groep
nie.) Maar watter bog het De Kiewiet gepraat. As hy
maar kon sien die amper komiese situasie waar die
president van SA vandag 'n Thatcherite is. 'n Taamlike
oortuigde Thatcherite ook. In 'n land waar die deursnee
swart persoon ook ewe gereed is om aan te neem dat
dinge nie in 'n oogwink kan verander nie. Ek verbaas
my altyd hoe geduldig die onderlae van die bevolking
van SA, meestal nie-blank, is.
Gloudina
|
|
|
Re: Geskryf deur Herman Giliomee [boodskap #4555 is 'n antwoord op boodskap #4554] |
Fri, 07 April 2006 02:47 |
Jonas
Boodskappe: 1070 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Nee Anti. Jy moet die blanke bedank wat nog nie werklik begin het om
hierdie bedrogspul hok te slaan nie. Maar glo my dit kom. En hopelik
sal dit saam met swartes kan geskied. Die mense van hierdie land kan
nie bedrog op hierdie skaal bekostig nie.
|
|
|
Re: Geskryf deur Herman Giliomee [boodskap #4557 is 'n antwoord op boodskap #4554] |
Fri, 07 April 2006 08:31 |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Hessie" wrote in message
news:1144336903.739582.261090@t31g2000cwb.googlegroups.com.. .
Hessie skryf
Ek verbaas
my altyd hoe geduldig die onderlae van die bevolking
van SA, meestal nie-blank, is.
---Ja wat, so lees elke een sy eie storie, hm? Miskien, net miskien,
moet jy jouself afvra of die gewone man op straat dalk nie in staat is om
boontoe te kyk in Afrika en nie eintlik 'n susksesvolle swart regering kan
vind nie? Dalk is die huidige werkloosheid in Suider-Afrika vir hulle 'n
aanduiding dat uhuru-skree nie noodwendig 'n leë pens volmaak nie? Die een
of ander tyd slaan die werkliheid deur!
|
|
|