94.7 Fietsry Uitdaging (Cycle Challenge) [boodskap #28083] |
Mon, 22 November 1999 00:00 |
fouo...
Boodskappe: 1 Geregistreer: November 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Hierdie afgelope Sondag het die 94.7 Cycle Challenge in Johannesburg
plaas gevind.
Dit was 'n baie lekker bewolkde dag en nie te warm nie, ideaal vir
fietsry. Die roete is egter baie heuwelagtig (veral as jy van die plat
gedeelte vanaf die Vrystaat afkom).
Die organisasie was nie te sleg nie (oor die 10 000 deelnemers) en die
wegspring was sonder enige groot probleme.
Is daar enigige iemand op hierdie nuusgroep wat deelgeneem het ?
Wat is julle menig oor die gees van die wedren/deelnemers (veral vs.
die Argus), die roete (wat elke jaar verander), die verkeer reelings
en Johannesburg se motoriste.
Ek dink dit is 'n ideale "major" wedren veral vir ons in die noorde
wat nie altyd so maklik aan die Argus kan deelneem nie.
Groete
Johann
Sasolburg
Suid-Afrika
|
|
|