Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Bees, baas Leendert, en matesis
Bees, baas Leendert, en matesis [boodskap #28020] |
Wed, 17 November 1999 00:00 |
Simon van der Schans
Boodskappe: 263 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hier is iets vir Bees om te gebruik in sy twis met baas
Leendert - aanhalings uit Verwoerd se September 1953 "waarom
matesis" toespraak in die Volksraad. (Dit was toe "matesis" en
nie "wiskunde" nie.)
Die toespraak begin as volg:
(Oor die Wetsontwerp op Bantoe-onderwys)
"Waar ek die tweede lesing voorstel van hierdie wetsontwerp, wil
ek dit graag doen soos dit behoort gedoen te word op heeltemal
nugtere en objektiewe wyse en ek wil graag die aandag daarop
vestig dat hierdie wetsontwerp in homself van beperkte omvang is,
al sal sy uitwerking sonder twyfel baie groot wees [you bet!].
Voordat ek die wetsontwerp bespreek, wil ek sekere redes behandel
waarom die naturelle-onderwys onder die Unie-regering regstreeks
behoort te sorteer, en wel onder my departement. Nou wil ek net
dit sê, dat agb. lede tog nie moet dink dat hier 'n strewe is van
die Departement van Naturellesake of van myself om tot 'n
koninkrykbouery oor te gaan nie. As ek my persoonlike begeerte
moes raadpleeg sou ek nie graag hierdie groot en omvangryke taak
by wat ek reeds te doen het byneem nie. Daar is geen persoonlike
begeerte by my of by my departement om om selfsugtigeidsredes die
taak te verkry nie. Iedereen sal besef dat dit 'n ontsettende
groot werk is, groot in omvang en groot van belang. Maar dit is
omdat dit in die belang van die land is en ook omdat dit in die
belang van die Bantoe is dat ons gereed is om hierdie taak op ons
te neem, en ek sal bly wees as agb. lede die saak uit dié hoek
wil benader, nl. dat dit nie die belange van 'n departement is
wat hier tel nie, maar dat wat alleen die deurslag moet gee waar
hierdie belangrike funksie sal verrig word, is die belange van
die land en ook met name van die Bantoe wat daardeur sal getref
word. 'n Tweede algemene opmerking vooraf wat ek wil maak is dit
dat ons glo dat betere rasseverhoudings sal kan ontstaan wanneer
Bantoe-onderwys op 'n wyse gehanteer sal word wat ons voorstel
dat dit in die toekoms gehanteer moet word. Die rasseverhoudings
kan nie verbeter nie as daar verkeerde onderwys aan die naturelle
verskaf word. Dit kan nie verbeter nie as die resultaat van
naturelle-onderwys is die skepping van gefrustreerde mense, wat
as gevolg van die onderrig wat hulle ontvang, verwagtings het van
die lewe wat die lewe in Suid-Afrika nie dadelik vir hom kan
bring nie, wanneer dit mense skep wat opgelei is vir beroepe wat
nie vir hulle toeganklik is nie, wanneer dit mense is wat 'n vorm
van kulturele opleiding gekry het wat hulle begeertes tot
witbroodjieberoepe [sic - dit moet seker wees:
"witboordjieberoepe"] sterker maak as wat sulke beroepe
beskikbaar is. Dus goeie rasseverhoudings word bederf wanneer
die regte onderrig nie gegee word nie. Maar meer nog, goeie
rasseverhoudings kan nie ontstaan wanneer die onderrig gegee word
onder die toesig van mense wat verkeerde verwagtings by die
naturelle self skep nie, as mense glo in 'n gelykstellingsbeleid,
as, laat ek maar net sê, byvoorbeeld 'n Kommunis die opleiding
gee aan die naturelle nie; dan sal hy deur die aard van sy
onderwys wat die inhoud daarvan betref, by die Bantoe verwagtinge
skep wat in botsing is met wat in hierdie land kan voorkom.
Daarom is dit nodig dat naturelle-onderwys op so 'n manier sal
beheer word dat dit in ooreenstemming kan wees met die koers en
die rigting van die Staat...."
en dan later:
"Dan wil ek daarby nog dit voeg, dat dit soms gesê word dat daar
geen verkil is tussen blanke- en naturelle-onderwys nie.
Natuurlik is daar sekere grondliggende beginsels van onderwys wat
aan alle onderwys gemeenskaplik is, maar wanneer 'n mens wegkom
van daardie beginsels en jy kom tot die praktiese onderriggewing,
dan is daar wel deeglik verskille waarmee jy moet rekening hou.
Wat help dit om 'n naturellekind aan 'n leerplan te onderwerp wat
in die eerste plek soms tradisioneel Europees is, waar jy miskien
leer van die konings van Engeland en hoeveel koring Kanada
uitgevoer het, of waar 'n mens hierdie algemene dinge leer as 'n
opbou van kennis? Wat help dit om matesis te leer aan 'n
Bantoe-kind wat dit nie prakties kan gebruik nie? Dit is
heeltemal onsinnig, m.a.w., 'n mens moet rekening daarmee hou dat
jou onderrig begin soos alle onderwys moet begin, by die bekende.
Die bekende by die blanke is 'n ander kennis as die bekende van
die Bantoe-kind. Iedereen wat met intelligensietoetse te doen
gehad het weet dit, dat wanneer jy 'n intelligensietoets probeer
toepas op grond van kennisbronne van 'n sekere gemeenskap se
kinders dan kan die toets totaal verkeerd uitwerk ten opsigte van
kinders wat nie in daardie kenniskring is nie. As die inhoud van
daardie intelligensietoets baseer is op die kennis van 'n
stedelike kind, dan kan jy daardie toets nie toepas op die
plattelandse kind nie. Hy het 'n ander inhoud van kennis. So is
dit met die onderwys ook. So is dit dus waar dat die
Bantoe-onderwys noodwendig moet verskil, want hy gaan uit van
ander bronne, en ander soorte van kennis as sy uitgangspunt.
Dus, moenie verwar raak tussen prinsipiële beginsels van onderwys
wat soortgelyk kan wees vir alle mense nie, en die praktiese vorm
wat terdeë verskil tussen mense.
Dan is daar nog iets, en dit is die onderwys is per slot van
rekening nie iets wat in die lug moet hang nie. Dit moet mense
oplei en onderrig volgens hulle lewenskanse, volgens die sfeer
waarin hulle leef. Daar is sekere van die naturelle wat moet
opgelei word om hulle eie mense te dien deur middel van die hoëre
beroepe; dit weet ons almal. Dit is bekend dat juis my
departement beskik oor beroepsmoontlikhede vir naturelle waarvoor
ons die behoorlike opgeleide naturelle nie kan vind nie. Ek wil
dit net daarby voeg, dat indien my departement beheer het oor
naturelle-onderwys sal hy weet vir watter klas van hoëre beroep
'n naturel opleibaar is, waar hy 'n lewenskans sal kry met sy
kennis, in plaas daarvan dat hy net sy eie pad kies in 'n rigting
waarin daar vir hom geen werkskring is nie en wat hom 'n
frustreerde en 'n ontevrede mens maak. Maar behalwe hierdie
mense wat deur hulle eie mense in diens kan geneem word is daar
nie veel groter getalle wat in ander werkskringe hulle toekoms
moet vind, en hierdie ander mense moet hulle opleiding geniet
ooreenkomstig hulle lewenskans, en geen departement sal beter
weet waar en hoe groot die lewenskanse in die verskillende
rigtings is vir die Bantoe-kind as juis die Departement van
Naturellesake nie. Daarom is dit verstandig dat hy toevertrou
word met hierdie vorm van onderwys wat die mense vir die lewe ryp
maak.
Dan wil ek daarby voeg - en dit is baie belangrik - dat die
onderwys nie in botsing mag wees met die staatsbeleid nie. Nou
sal agb. lede baie maklik sê ons wil ideologiese onderrig
gee...."
Einde van aanhaling.
Swart Simon
|
|
|
Re: Bees, baas Leendert, en matesis [boodskap #28113 is 'n antwoord op boodskap #28020] |
Mon, 22 November 1999 00:00 |
Oom Hans
Boodskappe: 83 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Omie:
>> Leendert is nou in beter geselskap
Gloudina :
> Wat bedoel jy? Het hy hierdie lewe verkas, of opereer hyop 'n ander
> nuusgroep of eposlys?
>
>
>
Hoekom sou JY omgee ??
Die ng is maar soos 'n harde kerkbank - mens se "span of attention" ens.
En met die daggawalms en piepiedrankies vir "cocktails" is hierdie ng nou
dieselfde as om gevonnis te word om 'n riooluitlaat vir muntstukke te sif.
Daar is muntstukke maar nie elke dag nie.
Noodroep : Iemand - sit tog suurpap onder 'n wip en vang die reisende
bo'jaan dat mens hom vir die Peking dieretuin kan stuur.
|
|
|
Re: Bees, baas Leendert, en matesis [boodskap #28114 is 'n antwoord op boodskap #28020] |
Mon, 22 November 1999 00:00 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Simon van der Schans wrote:
> Hier is iets vir Bees om te gebruik in sy twis met baas
> Leendert - aanhalings uit Verwoerd se September 1953 "waarom
> matesis" toespraak in die Volksraad. (Dit was toe "matesis" en
> nie "wiskunde" nie.)
>
> Die toespraak begin as volg:
>
> (Oor die Wetsontwerp op Bantoe-onderwys)
>
En wat het jy hieroor te prate, Bees. Die vraag is,
waar het Leendert heen verdwyn? Het hy finaal
die proverbiale handdoek ingegooi?
Gloudina
|
|
|
Re: Bees, baas Leendert, en matesis [boodskap #28115 is 'n antwoord op boodskap #28020] |
Mon, 22 November 1999 00:00 |
Oom Hans
Boodskappe: 83 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
@home.com wrote in message
> En wat het jy hieroor te prate, Bees. Die vraag is,
> waar het Leendert heen verdwyn? Het hy finaal
> die proverbiale handdoek ingegooi?
>
Leendert is nou in beter geselskap
|
|
|
Re: Bees, baas Leendert, en matesis [boodskap #28116 is 'n antwoord op boodskap #28020] |
Mon, 22 November 1999 00:00 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Omie wrote:
> Bees. Die vraag is,
>> waar het Leendert heen verdwyn? Het hy finaal
>> die proverbiale handdoek ingegooi?
>>
> Leendert is nou in beter geselskap
Wat bedoel jy? Het hy hierdie lewe verkas, of opereer hyop 'n ander
nuusgroep of eposlys?
Gloudina
|
|
|
Re: Bees, baas Leendert, en matesis [boodskap #28136 is 'n antwoord op boodskap #28020] |
Tue, 23 November 1999 00:00 |
lou[1]
Boodskappe: 579 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@home.com wrote:
>
> Omie wrote:
>
>>
>> Hoekom sou JY omgee ??
>
> Nouja, Omie, ek het nou nooit gedink jysou so snipperig wees nie. Just shows.
>
Ja Oompie - net een op die nuusgroep mag snipperig wees!
|
|
|
Re: Bees, baas Leendert, en matesis [boodskap #28137 is 'n antwoord op boodskap #28020] |
Tue, 23 November 1999 00:00 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Omie wrote:
> Omie:
>>> Leendert is nou in beter geselskap
>
> Gloudina :
>> Wat bedoel jy? Het hy hierdie lewe verkas, of opereer hyop 'n ander
>> nuusgroep of eposlys?
>>
>
> Hoekom sou JY omgee ??
Nouja, Omie, ek het nou nooit gedink jysou so snipperig wees nie. Just shows.
Gloudina
>
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Wed Dec 25 04:31:05 UTC 2024
|