|
Re: Kommentaar op Magersfontein (Riekert se gedig) [boodskap #27613 is 'n antwoord op boodskap #27612] |
Fri, 22 October 1999 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Barrie wrote in message ...
************************
Die wind het gaan lê, en nog steeds wil dit nie reën nie. Daar is 'n vloek
op Suid-Afrika.
************************
Barrie, in jou ontleding assosieer jy die wind in die gedig met die "bevele
van die offisiere" - of dan, met dwang - 'n prerogatief van mag.
Dwang kan natuurlik regmatig of onregmatig wees. Regmatige dwang sou
(byvoorbeeld) gestel wees in wettige gesag - soos die gesag van die
offisiere. Onregmatige dwang kan ook 'n verskeidenheid oorspronge hê,
byvoorbeeld pseudogesag wat ontstaan uit manipulasie of uit wanvoorstellings
van feite of gesagsverhoudinge.
Morele "gesag", byvoorbeeld, kan (met verskriklike ironie) geskep word deur
leuens! Op sy beurt verleen die gesag die mag om dwang uit te oefen.
Ek vind, byvoorbeeld, die hele speletjie met die benaming van die
Anglo-Boere-oorlog verskriklik sinies:
Dit is wel waar dat die lyding van die swart bevolking in die oorlog nie
veel aandag van Afrikanersgeskiedskrywers gekry het nie.
Wat egter ook waar is, is dat swartmense nie (behalwe miskien by hoë
uitsondering) aan Boerekant in gewapende hoedanigheid deelgeneem het nie. As
agterryers het hulle wel 'n logisitieke rol gespeel. By gebrek aan beter
inligting neem ek aan dat nie baie van die agterryers dit terwille van die
liefde van die saak of uit patriotiese drange gedoen het om Afrika teen die
Empire te beveilig nie, maar teen betaling in die een of ander vorm. So ver
ek weet was daar dan ook nie baie agterryers oor toe die oorlog die
guerrillafase ingegaan het nie. Vir my lyk dit asof die rol van die
agterryers vergelyk kan word met die rol van SA swartmense wat as siviele
bediendes en arbeiders vir die Britse magte gewerk het.
'n Swart briefskrywer in The Star maak presies hierdie punt, en wys daarop
dat, op alle foto's, hy geen teken sien van agterryers wat gewapen is nie.
(Die briefskywer maak sterk kapsie teen die pogings om die swart gemeenskap
te teken as aktiewe deelnemers aan die stryd.)
Die konsentrasiekampe vir swartmense, waarin daar amper soveel mense dood is
as in die konsentrasiekampe vir die gesinne van Boerekrygers, kom nou sterk
op die voorgrond, en dit is ook goed so. Volgens wat ek kan uitmaak, was die
inwoners van hierdie kampe eweneens die slagoffers van die vernietiging van
Boereplase. As ons praat van onskuldige slagoffers, kan daar seker geen
onskuldiger groep wees as hierdie mense nie.
Daar was egter wel swartmense wat gewapen aan die stryd deelgeneem het, en
waaroor daar geen twyfel bestaan nie - swartmense wat aan Britse kant geveg
het.
(Ek ignoreer voorlopig die rol van swart rowerbendes wat die platteland
onveilig gemaak het - ek weet nie genoeg van hierdie aspek nie.)
In elk geval: My gevolgtrekking is dat die rol van swartmense hoofsaaklik
een was van onskuldige slagoffers en van huurarbeiders, en waar hulle wel
die wapen opgeneem het, was dit aan die kant van die Empire. (Griet beweer
dat Albion ook beloftes van grond aan swartmense gemaak het - ek is nie
bekend met daardie aspek nie.)
Nou: Die SABC en ander politieke korrektes in die media het begin om te
praat van die "Anglo-Suid-Afrikaanse" oorlog. Die argument is dat dit
aantoon dat dit 'n oorlog was tussen al die mense van SA aan die een kant,
en die Britse Empire aan die ander kant, en dat hierdie naam dit beter
weerspieël as die naam "Anglo-Boere-oorlog", wat dan sou aandui dat die
oorlog net tussen die Boere en die Empire geveg is.
Ek vind hierdie stukkie bedrog amper erger as enigiets anders in die spul
leuens en politieke korrektheid wat ons in hierdie dae teister.
Dit is 'n poging om die gesag van die Boere as stryders teen die
kolonialisme op te eis vir mense wat _geen_ aanspraak daarop het nie, hoe
swaar hulle ook onder die gevolge van die oorlog gely het.
Een van die belangrikste tegnieke wat die Empire regdeur die geskiedenis
gebruik het was om Afrikaner en Afrikaan teen mekaar af te speel (en het
Afrikaner en Afrikaan nie lekker _daaraan_ meegedoen nie!) In die ABO was
dit nie anders nie.
Om die naam "Aglo-Suid-Afrikaanse Oorlog" te gebruik, is om 'n historiese
leuen te verkondig.
Dit is om morele gesag te kaap vir mense wat daar geen aanspraak op het nie.
(Ek sê nie dat dieselfde mense nie op ander gronde kan aanspraak maak op
morele gesag nie.)
Nee, Barrie. Die wind het hoegenaamd nie gaan lê nie. Mag is steeds die
leitmotif, en mense sal lieg en bedrieg om die verspreiding daarvan te kan
beheer. Maar onthou net - die graspolle waarvan Riekert praat buig wel, maar
hulle bly staan. Riekert vertel net nie van die tolbosse nie.
|
|
|
|
Re: Kommentaar op Magersfontein (Riekert se gedig) [boodskap #27615 is 'n antwoord op boodskap #27612] |
Fri, 22 October 1999 00:00 |
Krokkie
Boodskappe: 478 Geregistreer: July 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dit was eintlik 'n aanhangsel. Soek vir die (paperclip)
Krokkie
@sympatico.ca wrote in message
...
>
>
> Barrie wrote:
>
>> ' Doen vrywillig mee deur op die ikoon te
>> klik.
>
> Ek sien nie die ikoon nie. Verduidelikasseblief.
>
> Gloudina
>
|
|
|