Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Griet se pyn
Griet se pyn [boodskap #27419] |
Ma, 18 Oktober 1999 00:00 |
Barrie
Boodskappe: 40 Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Liewe Griet
Dankie vir die mooi briefie. Soos jy het ek ook lus om te ween oor alles wat
ons volkie, so oënskynlik verniet, moes ly tydens en ná die Tweede
Vryheidsoorlog (sy regte naam!). By die lees van jou skrywe, het ek aan my
pa gedink. Ons het dikwels oor die Boere-Oorlog gesels en het saam die
slagvelde by Paardeberg en Magersfontein platgeloop. Paardeberg naby
Koedoesrand aan die Modderrivier en Magersfontein op die Jacobsdal pad
anderkant al die plase wat met "fontein" eindig. Die eerste plaas op dié pad
is Benfontein wat aan Sailor Malan, een van die helde van die Battle of
Britain, behoort het. Dan is daar Alexanderfontein waar Rhodes sy hotel
gebou het en waar Kekewich en 'n paar man die Boere (ons!) op loop gejaag
het. Dan is daar Mauritzfontein waar Harry Oppenheimer se perdestoet
gevestig is.
En dan die Magersfontein heuwels waar Die Slag van Magersfontein op 16
Desember 1899 plaasgevind het. Ons het een Sondagmiddag daar in die
loopgrawe na koeëlpunte gesoek. Hy het my gevra wat ek van die veldslag
dink. Ek het gesê dat ek bang sou wees as ek een van die manne moes wees
wat daardie dag daar was. Op daardie dag het 900 Engelse en Skotte gesterf.
(By Paardeberg op 27 Feb. 1900 het meer Engelse geval - byna 1200). En tog
het ons die oorlog verloor, want toe hulle koeëls nie die ding kon doen nie,
het hulle die vrouens en kinders aangeval. Dit was 'n misdaad teen die
mensdom. Op Magersfontein is ook die eerste keer van Liddiet-bomme gebruik
gemaak. Die geel liddiet-rook het alle wonde laat sweer. Volgens my beskeie
mening is dit chemiese-oorlogvoering. Ons gesprek het gedraai by wat sou
gebeur het as ons die oorlog gewen het. Pa het gesê dat ons nog steeds net
twee klein Boere-Republiekies sou wees. Nie een van ons twee het die gawe
van profesie gehad nie. Vandag het ons nie eers dit oor nie. Maar vandag is
dit te laat vir trane. As ek Genl. Cronjé was by Perdeberg, het ek ook
oorgegee. Op daardie haai vlakte het die lyke in hope gelê. Vir die
Christen-Boere was dit te veel - al was dit die vyand se lyke! Vir diegene
wat nog nie die moeite gedoen het om self daar te gaan stap nie, kan ek dit
van harte aanbeveel. Ons het daar op Oskoppies waar die skanse vandag nog
staan, 'n paar skote met 'n .303 geskiet -
net om te probeer om 'n idee te kry van wat die geskiedenis werklik is. Pa
is nou al meer as twintig jaar weg, maar as ek daar kom, leef hy weer.
In 1966 was daar 'n politieke vergadering op Bloemfontein waar die manne
mekaar met vrot-eiers en tamaties bestook het. Toe ek daardie aand by die
huis kom en Pa van die ding vertel, was sy antwoord aan my: "Een boer doen
dit nie aan 'n ander nie". Later was ek student aan 'n Engelse universiteit
en op 6 Sept. 1966 toe Tsafendas vir Verwoerd met die mes doodgesteek het
(iemand anders het hom vermoor!), moes ek aanskou hoe 'n groot gedeelte van
die studente stad toe stroom om gou die insident te gaan vier, want almal
het geweet dat al die hotelle en openbare plekke gesluit sou word. So 'n
klompie jare gelede met die inhuldiging van ons nuwe landsvlag het daar
tydens 'n nuusprogram 'n dametjie op die skerm verskyn wat die volgende
aangaande die Oranje Blanje Blou te sê gehad het: "I never saw that rag as
my flag!". Dit was mos Langenhoven wat gesê het "You'll never be at home at
your home from home." Meeste van daardie mense is in elk geval al terug
"home" toe - al is dit net om vir die Springbokke te gaan "cheer".
Ek wonder wie nóg in SA weet wat die simboliek van die Transvaalse Vierkeur
is? In 1960 het 'n grys omie dit aan my uitgelê. Die groen verteenwoordig
die groen velde van Transvaal.
Die blou die hemel bo en die wit die reinheid van die Afrikaner gewete. Die
rooi is simbool van die bloed waarmee vir die vaderland betaal is. Miskien
nie heraldies korrek nie, maar dit is wat die Vierkleur vir my beteken!
As mens na die media kyk en sien hoe dit wat vir ons volk heilig is deur
almal opgeëis word as gemene besit, kan ek nie help om te wonder of dié
skielike "belangstelling" en "groot rol" wat almal nou skielik in die
Vryheidsoorlog gespeel het, nie as gevolg van 'n hunkering is om deel te hê
aan die " demise" van die Afrikaner nie. Laat een van hulle opstaan en sê
dat hy of sy voorouers aan Boerekant geveg het! Nie een van hulle het nie!
Nou is dit skielik hulle oorlog! Dit was 'n Boere-oorlog, nie 'n
wêreldoorlog nie! Snaaks dat die uitsprake net deur die
proffies geboekstaaf word.
Nou, ja, Griet, jou pyn is ook myne. Die geleerde ouens praat van "lang"
(vertelde geskiedenis) en "parole" - daardie geskiedenis wat beleef is. 'n
Verhaal wat net 'n vertelling is en nie tot 'n belewenis lei nie, is 'n swak
verhaal. Die verhaal van die Afrikaner vandag is 'n swak verhaal. Ek is
eintlik half skaam om een te wees! En dit maak die seerste! Jy praat van
blomme en kranse. Gaan staan maar net vir 'n paar minute in die
Konsentrasiekamp-monument op Aliwal Noord en laat daardie grafsteentjies met
jou praat. Ons ou volkie is dood en daaroor huil ek.
Hierdie briefie, weet ek, is net vir jou oë nie. Laat die ou Sappe ( daar is
seker nog oor) my maar 'n jingo noem. Die Glory Boys sal seker ook iets te
sê hê. Ons stuwe maar voort en bou so geleidelik aan die heel nuutste nuwe
Suid-Afrika. Iewers, weet ek, brand nog 'n stukkie regte ou Boere
Nasionalisme. Miskien laat een van die ou "Torch Commando" van hom hoor.
Nou dat Geskiedenis nie meer 'n skoolvak is nie (is daar nog skoolvakke?)
sal ons weer vir ons kindertjies moet begin vertel van gister. Ons
geskiedenis is nie in die ou Testament opgeteken nie. Iemand sal hom moet
begin oorvertel - anders sterf hy saam met ons volkie.
Slaap rustig.
Barrie
|
|
|
Re: Griet se pyn [boodskap #27443 is 'n antwoord op boodskap #27419] |
Di, 19 Oktober 1999 00:00 |
Krokkie
Boodskappe: 478 Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dit is Amajuba - berg , .. die naam kan ek nie onthou nie, dink dit was 'n
kolonel gewees..
Krokkie
Griet wrote in message ...
> Dankie Barrie, vir ons gedeelde denke, en jou eerlikheid. Ek was by
> Magersfontein, baie jare gelede as deel van 'n studente sanggroep. Ek het
> ook op dieselfde Magersfontein se heuwels gestaan, oor die wereld daar heen
> gekyk en deur dieselfde emosies as jy gegaan.
>
> Ek was ook op die berg by Volksrust, maar kan tot my skaamte nie die berg
> se naam, óf die die naam van die Britse generaal wat op die kruin begrawe
> is, onthou nie - en ek het dit wel vir baie jare tog onthou. Dis so
> wonderlik om 'n geesgenoot se mooi gedagtes te mag deel.
>
> Ons woon so ver van die konsentrasiekamp-grafte af - duisende kilometer. Ek
> het met Engelse vriende in ons dorp gereël (hulle het teen die Boere geveg)
> dat ons die Britse grafte in ons dorpsbegraafplaas gaan skoon maak.
>
> Om die waarheid te sê het die grafte 'n baie "mooi" verhaal - ja daar was
> menslikheid ook in die Vryheidsoorlog.
>
> Die soldate is in 'n hinderlaag ingelei deur die Kaapse Rebelle en almal
> dood geskiet. Dit was warm, en die boere het hulle vinnig in vlakgrafte
> begrawe, omdat hulle nie die jakkalse by die lyke wou toelaat nie.
>
> Intussen het die Afrikaners van die omgewing toe die grafte in die
> dorpsbegrafplaas laat grawe, die soldate met 'n Afrikaanse Kerkdiens
> herbegrawe, en aan die families in Engeland daarvan laat weet. Hulle is toe
> uitgenooi om grafstene aan te stuur, wat toe deur die Boere families by
> elke graf opgerig is. Sommige mens hierrond praat van die " gentlemens'
> war" wat hier baklei is.
>
> Verlede week het ons oor hierdie grafte gesels en was my voorstel dat ons
> dit gaan skoonmaak en blomme op sit. Ek, patrioties en hoog emosioneel
> betrokke, doen dit vir my ouma se broers en susters wat in die
> konsentrasiekampe gesterf het, en vir Emily Hobhouse se nagedagtenis. Sy
> het vir my mense omgegee, daarom sal ek nou vir haar mense dieselfde doen.
>
> My ouma wat as 14-jarige dogter teruggekeer het uit die konsentrasiekampe
> na hulle familieplaas, moes dit kind-alleen opbou, omdat net sy, haar ma en
> 'n kleinsustertjie alleen oorleef het. Haar ma was uitgeteer en baie siek,
> en haar sustertjie nog te klein. Terwyl haar ma in 'n sinkskerm siek gelê
> het, het sy die huis steen vir steen herbou. Haar pa was toe nog 'n
> gevangene op St. Helena. Toe die huis dak-hoogte herstel is, het haar pa
> teruggekeer.
>
> In 1978, 'n week voor haar dood, het sy vir my 'n baie interessante ding
> gesê. Maar eers iets meer oor ons twee se verhouding:
>
> Ek het as kind, en later as tiener, elke aand agter haar rug ingekruip. Dan
> word die hooflig afgeskakel, ouma plaas 'n kersblaker op haar maag, en in
> die lig van die brandende kers lees sy dan eers vir ons 'n storie uit die
> Bybel, en daarna vertel sy vir my van hulle wedervaringe tydens,en ná die
> konsentrasiekampe. Gebeure is deur die jare oor en oor vir my vertel. Ek
> kon nooit genoeg daarvan kry nie.
>
> Toe ek die beeldmateriaal oor die verhongerde, maer en uitgeteerde vroue en
> kinders op die oop beestrokke en in ander haglike omstandighede tydens 'n
> onlangse tv- beeldsending sien, het die trane gerol. Ouma-hulle was van
> Krugersdorp na Durbanse kampe op dié manier oorgeplaas. Dit was presies
> soos wat ouma dit vertel het. Sy is in 1978 oorlede, en ek het net gevoel
> om namens haar te huil, te voel, te beleef, en te onthou. Ek het namens
> haar herdenk.
>
> Ek was verkies tot studenteraadslid aan die Universiteit van Pretoria, en
> ingedompel in politiek, waarvan ek minder as niks geweet het. Ouma moes
> raad gee. Haar verstommende opmerking was: " My voorouers het in opregtheid
> vir ons 'n beter toekoms besorg en met hulle bloed daarvoor betaal. Jou
> ouers se geslag het die vrugte daarvan gepluk en van hulle voorregte
> misbruik gemaak; Jou nageslag sal die vrugte van hulle selfsug pluk." So
> rol die wiel maar om en om, ná Barrie.
>
> Ons het ook onlangs die Britse Setlaar-museum in Bathurst in die Oos-Kaap
> besoek. Eintlik is die hele dorpie 'n museum. Dit was
> 'n ongelooflike ervaring om die mense se geskiedenis en swaarkry te kon
> beleef. En respek te kry vir mede landsburgers se deelname aan die skryf
> van ons geskiedenis. En ja, ons almal kry skaam oor dinge wat gebeur het.
> Niemand in hierdie land het 'n silwerblink, skoon klei-lei nie. Maar almal
> het ook baie om op trots te wees. Ons moet dit net ook altyd onthou.
>
> Marguerite Poland se boek, "Shades" handel oor die rol van Britse Setlaar-
> sendelinge hier aan die Oos-Kaap , en sluit ook 'n stuk geskiedenis van die
> Xhosa-families in van wie die mans destyds "uitgevoer" was na die
> Johannesburgse myne, kort na die Vryheidsoorlog. Hartverskeurende stuk
> geskiednis, sê ek jou.
>
> Jou vertelling is so meelewend en diep :-) Dis murgbene kou hierdie. Maar
> ek is so bly om te weet jy is ook daarbuite. Daar is baie van ons,n�. Dis
> so wonderlik. As ek nader aan grafte gebly het, was ek beslis daar. Met die
> blomme en die kransies. Weet jy, ek dink nie ons volkie is dood nie. Maar
> ons durf miskien?! Hoe dit ookal sy, ons energie is nog daar, en ons bou
> in stilte weer aan ons land. Saam met andere. En dis wat tel.
>
> Vernedering bring geen genesing nie - dit maak wonde dieper, en die
> terugbyt soveel seerder...............
>
>
> Barrie wrote in article
> ...
>
|
|
|
Re: Griet se pyn [boodskap #27444 is 'n antwoord op boodskap #27419] |
Di, 19 Oktober 1999 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Barrie wrote in message ...
So 'n
> klompie jare gelede met die inhuldiging van ons nuwe landsvlag het daar
> tydens 'n nuusprogram 'n dametjie op die skerm verskyn wat die volgende
> aangaande die Oranje Blanje Blou te sê gehad het: "I never saw that rag as
> my flag!".
Hmmmm........... Op Saterdag 9 Oktober was ons by Fort Klapperkop vir een
van die openingseremonies van die oorlogsherdenking.
(My oudste het deelgeneem aan 'n vasvra oor die oorlog. Daar was 'n span
kinders by Fort Klapperkop, en nog een anderkant Fonteinedal by Fort
Schanskop. Die vrae is per heliograaf tussen die twee posisies gesein -
groot sports!)
Die plek was vol Boere met Vierkleure.
Daar was ook 'n paar regses met die Unievlag. Een van hulle het lustig die
Unievlag (met sy Britse spinnekop en al - by 'n herdenking van die ABO - bid
jou aan) aan 'n stok rondgeswaai - totdat ons hom daarop gewys het dat die
oranje veronderstel is om bo te wees, en nie die blou nie.
Dit herinner aan Safmarine se kleure. Die storie is dat die eerste
Safmarine-skip in die Wes-Indies iewers was toe hy gekoop is. Die
skoorsteenkleure was veronderstel om oranje-blanje-blou te wees. Die
Wes-Indiërs het dit egter geverf met die blou baan bo. Tot vandag toe nog
(so ver ek weet) is Safmarine se kleure blou, wit, oranje.
In elk geval - al kan ek in geen ander opsig met die girltjie op die
nuusprogram saamstem nie - ek is ook bly daardie lap met sy spinnekop is
permanent gestryk. Die regses kan hom met vreugde kry. (Almal van hulle
sekerlik oud-bloedsappe.)
Van bloedsappe gepraat, en na aanleiding van David se idees: Ek dink die
enigste verskil tussen die Sappe en die Natte was dat Smuts en die Sappe die
swartes
meer gehaat het as wat hulle die Britse Empire gehaat het (hulle het gedink
die Empire sal hulle behoed van die swartes, en het nogal gehou van die
Empire - die dat hulle so lekker in Ontario kan sit.) Die Natte, daarenteen,
het perfidious Albion geken, en het die Empire minder vertrou as wat hulle
die swartmense vertrou het. Dis hulle wat onthou het hulle moet op een of
ander manier 'n modus vivendi met die swartmense ontwikkel.
In die mees onlangse ronde het die Empire toe weer gewen. Dis dié dat
Gloudina so juig en jodel oor die "nuwe" SA. Engels is die een
taal en die grootste maatskappye het na die "City" van Londen toe verskuif.
En swart en wit word verswelg deur werkloosheid en misdaad.
En weereens is die swartmense met beloftes omgekoop. Beloftes wat nie
gestand gedoen word nie, soos Mandela uitgevind het die VSA se beloftes is
eintlik "peanuts" en soos Mbeki uitgevind het in die onderhandelinge oor die
vryhandelverdrag met die EU. Nou squeel hy dat dit bars oor die
"skaamtelose" hebsug van die EU en vry na die
Broederbond, die FAK en die ATKV. Nou dat die Empire hom drop is die Boere
skielik nie meer so boos nie.
Daar sal nog rondes wees. Op die ou einde moet die Afrikaners en die
Afrikane saamleef, soos ons dit al eeue lank doen. Maar totdat ons van die
Empire (in al sy gedaantes, en aan albei kante van die Engelse Kanaal en van
die Atlantiese Oseaan) ontslae geraak het kan dit nie in vrede wees nie.
(Jaap Marais van die HNP adverteer tans 'n toespraak met die titel "Oorlog
teen die Boere : 1899-1999". Daar is waarheid in die titel.)
|
|
|
Re: Griet se pyn [boodskap #27445 is 'n antwoord op boodskap #27419] |
Di, 19 Oktober 1999 00:00 |
Griet
Boodskappe: 45 Geregistreer: November 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Dankie Barrie, vir ons gedeelde denke, en jou eerlikheid. Ek was by
Magersfontein, baie jare gelede as deel van 'n studente sanggroep. Ek het
ook op dieselfde Magersfontein se heuwels gestaan, oor die wereld daar heen
gekyk en deur dieselfde emosies as jy gegaan.
Ek was ook op die berg by Volksrust, maar kan tot my skaamte nie die berg
se naam, óf die die naam van die Britse generaal wat op die kruin begrawe
is, onthou nie - en ek het dit wel vir baie jare tog onthou. Dis so
wonderlik om 'n geesgenoot se mooi gedagtes te mag deel.
Ons woon so ver van die konsentrasiekamp-grafte af - duisende kilometer. Ek
het met Engelse vriende in ons dorp gereël (hulle het teen die Boere geveg)
dat ons die Britse grafte in ons dorpsbegraafplaas gaan skoon maak.
Om die waarheid te sê het die grafte 'n baie "mooi" verhaal - ja daar was
menslikheid ook in die Vryheidsoorlog.
Die soldate is in 'n hinderlaag ingelei deur die Kaapse Rebelle en almal
dood geskiet. Dit was warm, en die boere het hulle vinnig in vlakgrafte
begrawe, omdat hulle nie die jakkalse by die lyke wou toelaat nie.
Intussen het die Afrikaners van die omgewing toe die grafte in die
dorpsbegrafplaas laat grawe, die soldate met 'n Afrikaanse Kerkdiens
herbegrawe, en aan die families in Engeland daarvan laat weet. Hulle is toe
uitgenooi om grafstene aan te stuur, wat toe deur die Boere families by
elke graf opgerig is. Sommige mens hierrond praat van die " gentlemens'
war" wat hier baklei is.
Verlede week het ons oor hierdie grafte gesels en was my voorstel dat ons
dit gaan skoonmaak en blomme op sit. Ek, patrioties en hoog emosioneel
betrokke, doen dit vir my ouma se broers en susters wat in die
konsentrasiekampe gesterf het, en vir Emily Hobhouse se nagedagtenis. Sy
het vir my mense omgegee, daarom sal ek nou vir haar mense dieselfde doen.
My ouma wat as 14-jarige dogter teruggekeer het uit die konsentrasiekampe
na hulle familieplaas, moes dit kind-alleen opbou, omdat net sy, haar ma en
'n kleinsustertjie alleen oorleef het. Haar ma was uitgeteer en baie siek,
en haar sustertjie nog te klein. Terwyl haar ma in 'n sinkskerm siek gelê
het, het sy die huis steen vir steen herbou. Haar pa was toe nog 'n
gevangene op St. Helena. Toe die huis dak-hoogte herstel is, het haar pa
teruggekeer.
In 1978, 'n week voor haar dood, het sy vir my 'n baie interessante ding
gesê. Maar eers iets meer oor ons twee se verhouding:
Ek het as kind, en later as tiener, elke aand agter haar rug ingekruip. Dan
word die hooflig afgeskakel, ouma plaas 'n kersblaker op haar maag, en in
die lig van die brandende kers lees sy dan eers vir ons 'n storie uit die
Bybel, en daarna vertel sy vir my van hulle wedervaringe tydens,en ná die
konsentrasiekampe. Gebeure is deur die jare oor en oor vir my vertel. Ek
kon nooit genoeg daarvan kry nie.
Toe ek die beeldmateriaal oor die verhongerde, maer en uitgeteerde vroue en
kinders op die oop beestrokke en in ander haglike omstandighede tydens 'n
onlangse tv- beeldsending sien, het die trane gerol. Ouma-hulle was van
Krugersdorp na Durbanse kampe op dié manier oorgeplaas. Dit was presies
soos wat ouma dit vertel het. Sy is in 1978 oorlede, en ek het net gevoel
om namens haar te huil, te voel, te beleef, en te onthou. Ek het namens
haar herdenk.
Ek was verkies tot studenteraadslid aan die Universiteit van Pretoria, en
ingedompel in politiek, waarvan ek minder as niks geweet het. Ouma moes
raad gee. Haar verstommende opmerking was: " My voorouers het in opregtheid
vir ons 'n beter toekoms besorg en met hulle bloed daarvoor betaal. Jou
ouers se geslag het die vrugte daarvan gepluk en van hulle voorregte
misbruik gemaak; Jou nageslag sal die vrugte van hulle selfsug pluk." So
rol die wiel maar om en om, ná Barrie.
Ons het ook onlangs die Britse Setlaar-museum in Bathurst in die Oos-Kaap
besoek. Eintlik is die hele dorpie 'n museum. Dit was
'n ongelooflike ervaring om die mense se geskiedenis en swaarkry te kon
beleef. En respek te kry vir mede landsburgers se deelname aan die skryf
van ons geskiedenis. En ja, ons almal kry skaam oor dinge wat gebeur het.
Niemand in hierdie land het 'n silwerblink, skoon klei-lei nie. Maar almal
het ook baie om op trots te wees. Ons moet dit net ook altyd onthou.
Marguerite Poland se boek, "Shades" handel oor die rol van Britse Setlaar-
sendelinge hier aan die Oos-Kaap , en sluit ook 'n stuk geskiedenis van die
Xhosa-families in van wie die mans destyds "uitgevoer" was na die
Johannesburgse myne, kort na die Vryheidsoorlog. Hartverskeurende stuk
geskiednis, sê ek jou.
Jou vertelling is so meelewend en diep :-) Dis murgbene kou hierdie. Maar
ek is so bly om te weet jy is ook daarbuite. Daar is baie van ons,n�. Dis
so wonderlik. As ek nader aan grafte gebly het, was ek beslis daar. Met die
blomme en die kransies. Weet jy, ek dink nie ons volkie is dood nie. Maar
ons durf miskien?! Hoe dit ookal sy, ons energie is nog daar, en ons bou
in stilte weer aan ons land. Saam met andere. En dis wat tel.
Vernedering bring geen genesing nie - dit maak wonde dieper, en die
terugbyt soveel seerder...............
Barrie wrote in article
...
|
|
|
Re: Griet se pyn [boodskap #27517 is 'n antwoord op boodskap #27419] |
Wo, 20 Oktober 1999 00:00 |
Jimmie
Boodskappe: 21 Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Netsoos mens lekker lees aan 'n bespreking, dan kom die kanadese heks en, soos
iemand al eerder gesê het, smeer haar vuil aan alles af.
Die ou ding is so skynheilig skeef, dis om van siek te word. Swakkelinge soos
sy behoort gesiet en nie gehoor te word nie. Of in NG terme: sy behoort te lees
en nie te plaas nie.
Dit lyk of dit nou so word dat as iemand groot waarhede verkondig, dit bevestig
word as die kanadese ogre daarteen uitvaar. As sy sê iets is verkeerd, kan dit
net reg wees.
Is sy in 'n inrigting in kanada??
>
>
> Ai, ai, Griet, jy wil nog die handjies-skoonkry deur ander te blameer.Eers
> wanneer mens, soos die Duitsers, die feite reg in die oog kyk
> en die blaam op jou neem, kan jy begin om jouself te vergewe.
> Hou op om die geskiedenis van die laaste helfte van die twintigste
> eeu in SA te herskryf. Jy doen die Afrikaner 'n ondiens om op hierdie
> manier te kere te gaan. En jou kinders, hoop ek, sien reg deur jou.
>
> Gloudina
>
>>
>>
|
|
|
Re: Griet se pyn [boodskap #27518 is 'n antwoord op boodskap #27419] |
Wo, 20 Oktober 1999 00:00 |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Griet wrote:
> Miskien het dit nou tyd geword dat die brutaliteit en barbaarsheid van die
> Vryheids-oorlog nou ook bygevoeg en eksplisiet uitgestal word as voorloper
> van die gehate Britse Apartheidswette wat deur die Afrikaner as
> uitgangspunt in 1948 gebruik is.
Ai, ai, Griet, jy wil nog die handjies-skoonkry deur ander te blameer.Eers
wanneer mens, soos die Duitsers, die feite reg in die oog kyk
en die blaam op jou neem, kan jy begin om jouself te vergewe.
Hou op om die geskiedenis van die laaste helfte van die twintigste
eeu in SA te herskryf. Jy doen die Afrikaner 'n ondiens om op hierdie
manier te kere te gaan. En jou kinders, hoop ek, sien reg deur jou.
Gloudina
>
|
|
|
Re: Griet se pyn [boodskap #27519 is 'n antwoord op boodskap #27445] |
Wo, 20 Oktober 1999 00:00 |
Koot Pieterse[1]
Boodskappe: 8 Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
On 19 Oct 1999 09:09:21 GMT, "Griet" wrote:
> Dankie Barrie, vir ons gedeelde denke, en jou eerlikheid. Ek was by
> Magersfontein, baie jare gelede as deel van 'n studente sanggroep. Ek het
> ook op dieselfde Magersfontein se heuwels gestaan, oor die wereld daar heen
> gekyk en deur dieselfde emosies as jy gegaan.
>
Ek verstaan hoe jy voel en ek hoor wat jy sê, maar ek het hierdie
ongemaklikheid oor wat om met die verlede te maak.
My pa had ook vele te vertel, aangrypend ja, want hy het twee sussies
in die konsentrasiekamp verloor. Sy ma is later dood van siektes daar
opgedoen. Dit het my genoeg aangegryp om ook Sondag by 'n winderige
herdenkingskerkhof in PE met my gesin kransies te gaan lê.
Ek weet egter nie of 'n mens dit met bitterheid moet herdenk nie. Ek
het 'n kampdagboek by die huis waarin die vrou haar uitspreek met 'n
haat wat nou vreemd op die oor val, maar wat sekerlik binne die
konteks van die tyd algemeen was. Ek sou seker ook.
Tog, dit is honderd jaar later, die oorspronklike skurke leef nie
meer nie en 'n totaal nuwe situasie geld. Ek vrees dat iemand hierdie
sentiment sal wil kaap vir die een of ander private politieke doelwit.
Dit sou vir my 'n ontheiliging wees van die offers wat hulle gebring
het.
Ek is half in 'n tweestryd oor die hele herdenkingskwessie. Aan die
een kant hoop ek dat die Afrikaner weer 'n hernude volksbewussyn en
trots sal ontdek, weg van die skuldkompleks wat deur ouens soos Shnuki
Zikalala by die SABC op ons afgedwing word; aan die ander kant is ek
skrikkerig vir kleinlike veldtogte en skuim-om-die-mond-gebulder en
-gekla.
Noudat ek die SABC bietjie belaster het, moet ek hulle tog gelukwens
met twee uitstekende, objektiewe programme oor die oorlog wat hulle
laat uitsaai het op Sondagaande. Dit moes maar seker swaar gegaan het
om nie die een of ander goor kommentaar op die Afrikaner te wil
inredigeer nie!
|
|
|
Re: Griet se pyn [boodskap #27520 is 'n antwoord op boodskap #27419] |
Wo, 20 Oktober 1999 00:00 |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Francois de Wet wrote:
> Ek voel 'n Liewe Heksie episode aan die kom. Sy het mos altyd gesê ,"Ooo
> Griet" en dan verskyn haar perd met die bak tande.
Die volgende episode ia as Leendert op sy horsie ingery kom.
Tant Hessie se Houyhnhnm
>
|
|
|
Re: Griet se pyn [boodskap #27521 is 'n antwoord op boodskap #27419] |
Wo, 20 Oktober 1999 00:00 |
Francois de Wet
Boodskappe: 226 Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Griet,
Dit laat my dink aan die dag toe ek amper uit die Tower of London gegooi is.
Het op een van die trone in die toring gaan sit vir 'n foto - hulle het nie
daarvan gehou.
Britte het maar 'n slegte sin van humor - wou nie eens glimlag toe ek my
knipmes uithaal en sê ek het gekom om die kroonjuwele terug te neem
nie.....
Ek vertrou niemand wat daarvan hou om warm bier te drink nie.
Francois
Griet wrote in message ...
> Leendert, Leendert, Leendert,
>
> Ha ha ha............hie hie hie hie..... jy is weer voor in die koor en
> skreeusnaaks. Oe! jy is klassiek..............
> :-DDDDDDDDDD
>
> Natuurlik kap jy nou weer 'n paar spykers weer lekker diep in - op die kop
> ook. Regte skoorsoeker, jy! O, wat sou ons sonder jou gedoen
> het.............:-D
>
> Barrie se inligting oor die liddiet-bomme as kern van 'n chemiese oorlog is
> werklik interessant, en beslis waar.
> Dit maak vir my die oorlog nou nog meer weersinswekkend.
>
> My man se ouma grootjie was van Engels afkoms en met 'n Boer getroud. Een
> van die basis-kampe van die Engelse was op hulle grond. Min wetend dat sy
> Engels magtig is, en as Boere spioen optree, is baie veldslae op hulle
> grond beplan. In die nag het oupa-grootjie, as penkop, dan gekom en die
> inligting kom haal.
>
> Ouma Lucy was eendag so verwoed kwaad toe die soldate hulle laaste hoender
> kom steel het, dat sy die soldaat se kop in 'n houtkis toegestamp en op die
> kis begin spring het. Die mede-soldate moes hom kom red. Dis nadat sy hom
> eers 'n afranseling met 'n sweep gegee het.
>
> Die ander ouma het saam met haar gesin van grot tot grot geswerf in die
> berge net om die konsentrasie kampe vry te spring.
>
> Dankie Francois vir die "Majuba" inligting. Was dit nie Kolonel Colley nie?
> Daar was destyds nog 'n gevlegte graskransie op sy graf.
>
> Leendert, na vele jare se oplees van geskiedkundige feite - sommer vir die
> belangstelling, en veral na die gebeure in Afrika ook, maak die Afrika
> Rennaisance vir my sin. Natuurlik sal daar baie probleme aan verbonde wees.
>
> 'n Vriend van ons het onlangs 'n uitgebreide toer deur Afrika onderneem om
> sy besigheidsbelange uit te brei, en met baie staatshoofde gekuier. Die
> Afrikaner word allerwee in Afrika as Afrikaan beskou en uitgenooi om by
> lande se ontwikkeling betrokke te raak.
>
> Oor die algemeen (was)word die Afrikaner deur hierdie staatshoofde beskou,
> as die enigste Blankes wat vertrou kan word in Afrika........
>
> Ek is nogal baie beindruk met die ontwikkeling wat wel in Afrika sover
> plaasgevind het, ten spyte van die korrupsie, diktatorskappe, ens.
>
> Maar in my onkunde - want dit is waar absurde idees gevorm word, wonder ek
> net hoekom ONS goud en diamantbeurs, diamantslypers,
> uraanverrykings-laboratotiums, ens. nie in Suid-Afrika gesetel is as die
> grootste produsente van hierdie edelmetale en minerale nie. Ons voer 60
> soorte mineraal en edelmetale - uitgesonderd goud en diamante uit, in
> onverwerkte vorm..................
> Die werksgeleentheid hieraan verbonde is enorm!
> Kyk maar na die maatskaplike voordele wat deur die inwoners van die
> olie-produserende lande geniet word.
>
> Ai tog, hier dwaal ek nou self van die onderwerp af. Maar dis tog deel van
> die Koloniale Beleid destyds gewees, die gryp- en- verdwyn politiek van
> daardie tyd.
>
> My man is van mening dat die Vryheidsoorlog op die ou end 'n stryd ter ere
> van generaals was. Robertson en Kitchener sou tot die einde baklei om as
> helde in Engeland terug verwelkom te kon word, en het "vuil" en laakbare
> metodes ( vanaf 1900 ) op die ou einde gebruik om hulle doel te bereik.
> Hitler het maar dieselfde gedoen.
>
> 'n Afrikaner, met vele skuilname het op die ou einde "Kitchener van
> Khartoem"- (tydens die tweede wereld oorlog?) se skip opgeblaas in
> weerwraak vir sy familie se demise in die Vryheidsoorlog. Hy was
> oorspronklik 'n Du Plessis, maar het onder 'n ander naam in Amerika
> geopereer. Het iemand die program verlede week op tv gekyk? Miskien kan
> iemand vir ons meer inligting hieroor gee.
>
> Daar skiet deesdae vele museums ter ere van die "struggle"op en die
> grafiese beeldmateriaal van lyding en dood is eksplisiet gebruik om sekere
> barbaarse reaksies op brutaliteit te kan verantwoord en regverdig.
>
> Miskien het dit nou tyd geword dat die brutaliteit en barbaarsheid van die
> Vryheids-oorlog nou ook bygevoeg en eksplisiet uitgestal word as voorloper
> van die gehate Britse Apartheidswette wat deur die Afrikaner as
> uitgangspunt in 1948 gebruik is.
>
> Na my beskeie mening word die geskiedenis van hierdie land nie deur sy
> mense geskryf nie, maar deur die rykdom van grondstowwe onder die
> wonderskone grondbedekkings...............................
>
> Suid-Afrika sal tereg, soos Leendert sê, nog 'n paar rondtes beleef.
> Hierdie land het nog te veel aasvoëls wat gereed sit om te pik, en daagliks
> word nuwe rykdomme onder die grond ontdek...........
>
> Afrika is moeg vir eksploitasie.
>
> Lekker dag vir almal.
> __________________________________________
|
|
|
Re: Griet se pyn [boodskap #27522 is 'n antwoord op boodskap #27419] |
Wo, 20 Oktober 1999 00:00 |
Griet
Boodskappe: 45 Geregistreer: November 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Leendert, Leendert, Leendert,
Ha ha ha............hie hie hie hie..... jy is weer voor in die koor en
skreeusnaaks. Oe! jy is klassiek..............
:-DDDDDDDDDD
Natuurlik kap jy nou weer 'n paar spykers weer lekker diep in - op die kop
ook. Regte skoorsoeker, jy! O, wat sou ons sonder jou gedoen
het.............:-D
Barrie se inligting oor die liddiet-bomme as kern van 'n chemiese oorlog is
werklik interessant, en beslis waar.
Dit maak vir my die oorlog nou nog meer weersinswekkend.
My man se ouma grootjie was van Engels afkoms en met 'n Boer getroud. Een
van die basis-kampe van die Engelse was op hulle grond. Min wetend dat sy
Engels magtig is, en as Boere spioen optree, is baie veldslae op hulle
grond beplan. In die nag het oupa-grootjie, as penkop, dan gekom en die
inligting kom haal.
Ouma Lucy was eendag so verwoed kwaad toe die soldate hulle laaste hoender
kom steel het, dat sy die soldaat se kop in 'n houtkis toegestamp en op die
kis begin spring het. Die mede-soldate moes hom kom red. Dis nadat sy hom
eers 'n afranseling met 'n sweep gegee het.
Die ander ouma het saam met haar gesin van grot tot grot geswerf in die
berge net om die konsentrasie kampe vry te spring.
Dankie Francois vir die "Majuba" inligting. Was dit nie Kolonel Colley nie?
Daar was destyds nog 'n gevlegte graskransie op sy graf.
Leendert, na vele jare se oplees van geskiedkundige feite - sommer vir die
belangstelling, en veral na die gebeure in Afrika ook, maak die Afrika
Rennaisance vir my sin. Natuurlik sal daar baie probleme aan verbonde wees.
'n Vriend van ons het onlangs 'n uitgebreide toer deur Afrika onderneem om
sy besigheidsbelange uit te brei, en met baie staatshoofde gekuier. Die
Afrikaner word allerwee in Afrika as Afrikaan beskou en uitgenooi om by
lande se ontwikkeling betrokke te raak.
Oor die algemeen (was)word die Afrikaner deur hierdie staatshoofde beskou,
as die enigste Blankes wat vertrou kan word in Afrika........
Ek is nogal baie beindruk met die ontwikkeling wat wel in Afrika sover
plaasgevind het, ten spyte van die korrupsie, diktatorskappe, ens.
Maar in my onkunde - want dit is waar absurde idees gevorm word, wonder ek
net hoekom ONS goud en diamantbeurs, diamantslypers,
uraanverrykings-laboratotiums, ens. nie in Suid-Afrika gesetel is as die
grootste produsente van hierdie edelmetale en minerale nie. Ons voer 60
soorte mineraal en edelmetale - uitgesonderd goud en diamante uit, in
onverwerkte vorm..................
Die werksgeleentheid hieraan verbonde is enorm!
Kyk maar na die maatskaplike voordele wat deur die inwoners van die
olie-produserende lande geniet word.
Ai tog, hier dwaal ek nou self van die onderwerp af. Maar dis tog deel van
die Koloniale Beleid destyds gewees, die gryp- en- verdwyn politiek van
daardie tyd.
My man is van mening dat die Vryheidsoorlog op die ou end 'n stryd ter ere
van generaals was. Robertson en Kitchener sou tot die einde baklei om as
helde in Engeland terug verwelkom te kon word, en het "vuil" en laakbare
metodes ( vanaf 1900 ) op die ou einde gebruik om hulle doel te bereik.
Hitler het maar dieselfde gedoen.
'n Afrikaner, met vele skuilname het op die ou einde "Kitchener van
Khartoem"- (tydens die tweede wereld oorlog?) se skip opgeblaas in
weerwraak vir sy familie se demise in die Vryheidsoorlog. Hy was
oorspronklik 'n Du Plessis, maar het onder 'n ander naam in Amerika
geopereer. Het iemand die program verlede week op tv gekyk? Miskien kan
iemand vir ons meer inligting hieroor gee.
Daar skiet deesdae vele museums ter ere van die "struggle"op en die
grafiese beeldmateriaal van lyding en dood is eksplisiet gebruik om sekere
barbaarse reaksies op brutaliteit te kan verantwoord en regverdig.
Miskien het dit nou tyd geword dat die brutaliteit en barbaarsheid van die
Vryheids-oorlog nou ook bygevoeg en eksplisiet uitgestal word as voorloper
van die gehate Britse Apartheidswette wat deur die Afrikaner as
uitgangspunt in 1948 gebruik is.
Na my beskeie mening word die geskiedenis van hierdie land nie deur sy
mense geskryf nie, maar deur die rykdom van grondstowwe onder die
wonderskone grondbedekkings...............................
Suid-Afrika sal tereg, soos Leendert sê, nog 'n paar rondtes beleef.
Hierdie land het nog te veel aasvoëls wat gereed sit om te pik, en daagliks
word nuwe rykdomme onder die grond ontdek...........
Afrika is moeg vir eksploitasie.
Lekker dag vir almal.
__________________________________________
|
|
|
Re: Griet se pyn [boodskap #27523 is 'n antwoord op boodskap #27443] |
Wo, 20 Oktober 1999 00:00 |
Koot Pieterse[1]
Boodskappe: 8 Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Genl. Colley
On Tue, 19 Oct 1999 12:50:49 +0200, "Krokkie" wrote:
> Dit is Amajuba - berg , .. die naam kan ek nie onthou nie, dink dit was 'n
> kolonel gewees..
>
> Krokkie
>
|
|
|
Re: Griet se pyn [boodskap #27524 is 'n antwoord op boodskap #27419] |
Wo, 20 Oktober 1999 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina se jaloesie vat weer oor:
> Ai, ai, Griet, jy wil nog die handjies-skoonkry deur ander te blameer.Eers
> wanneer mens, soos die Duitsers, die feite reg in die oog kyk
> en die blaam op jou neem, kan jy begin om jouself te vergewe.
> Hou op om die geskiedenis van die laaste helfte van die twintigste
> eeu in SA te herskryf. Jy doen die Afrikaner 'n ondiens om op hierdie
> manier te kere te gaan. En jou kinders, hoop ek, sien reg deur jou.
My liewe Gloudina,
Die geskiedenis is nog nooit geskryf nie - daar is net 'n spul prul oor
gepraat, soos ons op hierdie nuusgroep sien.
So dit kan nie herskryf word nie.
En, waar dit die Duitsers aangaan - hulle word grondwetlik en wetlik verbied
om "die feite reg in die oog te kyk". Soos wat jy oënskynlik vir ons wil hê,
mag
hulle slegs sommige feite beskou.
(Ek dink jy sou nogal goed gedoen het as kommandant van 'n konsentrasiekamp,
weet jy? Jy besluit ook vir die res van ons wat "die Afrikaner" benodig.
Gelukkig, herinner ek my, het _jou_ kinders al deur _jou_ gesien!)
|
|
|
Re: Griet se pyn [boodskap #27564 is 'n antwoord op boodskap #27419] |
Do, 21 Oktober 1999 00:00 |
Francois de Wet
Boodskappe: 226 Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Sy is nie 'n heks nie, sy is 'n gifappeltjie !
Francois
Jimmie wrote in message ...
> Netsoos mens lekker lees aan 'n bespreking, dan kom die kanadese heks en, soos
> iemand al eerder gesê het, smeer haar vuil aan alles af.
> Die ou ding is so skynheilig skeef, dis om van siek te word. Swakkelinge soos
> sy behoort gesiet en nie gehoor te word nie. Of in NG terme: sy behoort te lees
> en nie te plaas nie.
>
> Dit lyk of dit nou so word dat as iemand groot waarhede verkondig, dit bevestig
> word as die kanadese ogre daarteen uitvaar. As sy sê iets is verkeerd, kan dit
> net reg wees.
>
> Is sy in 'n inrigting in kanada??
>
>>
>>
>> Ai, ai, Griet, jy wil nog die handjies-skoonkry deur ander te blameer.Eers
>> wanneer mens, soos die Duitsers, die feite reg in die oog kyk
>> en die blaam op jou neem, kan jy begin om jouself te vergewe.
>> Hou op om die geskiedenis van die laaste helfte van die twintigste
>> eeu in SA te herskryf. Jy doen die Afrikaner 'n ondiens om op hierdie
>> manier te kere te gaan. En jou kinders, hoop ek, sien reg deur jou.
>>
>> Gloudina
>>
>>>
>>>
>
|
|
|
Re: Griet se pyn [boodskap #27565 is 'n antwoord op boodskap #27419] |
Do, 21 Oktober 1999 00:00 |
Griet
Boodskappe: 45 Geregistreer: November 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Haai Jimmie,
Jou intelligensie word waardeer.
Die nikseggende inhoud, asook die veelseggende karakter agter die Kanadese
plasing waarop jy gereageer het is doodeenvoudig nie van waarde genoeg om
enigsins verdere aandag te verdien deur jou, of deur my nie.
Aangesien dit nie ter sake is nie, kan ons gerus met die gesprek voortgaan
asof hierdie misplaaste kommentaar nooit gelewer is nie.
Ek sou graag meer mense se denke oor die Anglo-Boere oorlog, of
Vryheidsoorlog wou beleef. Barrie klink of hy nog baie vir ons kan
vertel, hoe lyk dit Barrie?
Is daar nog mense wat op een of ander manier by die herdenkings betrokke
is?
Groetnis.
Jimmie wrote in article
...
> Netsoos mens lekker lees aan 'n bespreking, dan kom die kanadese heks en, soos
> iemand al eerder gesê het, smeer haar vuil aan alles af.
> Die ou ding is so skynheilig skeef, dis om van siek te word. Swakkelinge soos
> sy behoort gesiet en nie gehoor te word nie. Of in NG terme: sy behoort te lees
> en nie te plaas nie.
>
> Dit lyk of dit nou so word dat as iemand groot waarhede verkondig, dit bevestig
> word as die kanadese ogre daarteen uitvaar. As sy sê iets is verkeerd, kan dit
> net reg wees.
>
> Is sy in 'n inrigting in kanada??
>
>>
>>
|
|
|
Re: Griet se pyn [boodskap #27566 is 'n antwoord op boodskap #27419] |
Do, 21 Oktober 1999 00:00 |
Byter
Boodskappe: 7 Geregistreer: September 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
My liewe antie
Ek dink hy verwys na jou, met jou Afrikaans uit die jare toeten al. Niemand is
so blind soos die wat nie wil sien nie.
Byter
In article , @sympatico.ca says...
>
> Francois de Wet wrote:
>
>> Ek voel 'n Liewe Heksie episode aan die kom. Sy het mos altyd gesê ,"Ooo
>> Griet" en dan verskyn haar perd met die bak tande.
>
> Die volgende episode ia as Leendert op sy horsie ingery kom.
>
> Tant Hessie se Houyhnhnm
>
>>
>
|
|
|
Re: Griet se pyn [boodskap #27616 is 'n antwoord op boodskap #27419] |
Vr, 22 Oktober 1999 00:00 |
ProPacem
Boodskappe: 320 Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> "Griet" nor...@getlost.net
> Haai Jimmie,
>
> Jou intelligensie word waardeer.
Intelligent ???!!! Iemand wat sê
"Jy sien mos sy sê sy is in die lokasie gebore, so sy is 'n kleurling"
"En dan val jy onskuldige mense aan net om jou skuld en domgeid weg te steek.
Ook maar tipies vroumens! "
Intelligent inderdaad.
|
|
|
Re: Griet se pyn [boodskap #27617 is 'n antwoord op boodskap #27419] |
Vr, 22 Oktober 1999 00:00 |
lou[1]
Boodskappe: 579 Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Francois de Wet wrote:
>
> Sy is nie 'n heks nie, sy is 'n gifappeltjie !
>
> Francois
>
Haai oe Blommie? Rerig?
O - nou tref dit my - liewe heksie van die nuusgroep alias Gloutina van
Kenada toor so elke nou en dan vir Griet terug om bietjie lewe in die
nuusgroep te blaas :)
Lag die ou ding af Griet!!!
Cheers
Lou
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Sa Nov 23 17:35:44 MGT 2024
|