Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Swart en wit pedagogiek
Swart en wit pedagogiek [boodskap #27361] |
Do, 14 Oktober 1999 00:00 |
Barrie
Boodskappe: 40 Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
In antwoord op Leendert en Gloudina se "gesprek" van 12 deser die volgende:
(Ek wens ek het geweet waar op die aarbol julle tans verkeer. Kommunikasie
word aansienlik vergemaklik as jy weet aan watter kant van die teleskoop die
ander ou staan en wat sy gesigshoek aangaande dinge is.)
Gloudina verwys na die pot-heuning wat sy in sg. swart-onderwys kon verdien.
In antwoord hier op kan ek net reageer met : "Dream on, old girl!" Niemand
in die onderwys - wit of swart -
het ooit daardie pot goud gesien nie! Ek weet, want ek was daar! Daar was
verskille in wit en swart salarisse. Dit gee ek toe. Maar die stelsel het
hom grootliks daartoe geleen in die sin dat meeste wit onderwysers
sogenaamde "gesekondeerde" amptenare was wat deur die RSA regering betaal
is. Die "tuislande" het 'n mate van onafhanklikheid gehad en kon grootliks
hulle eie kurrikula en diensvoorwaardes saamstel. By swart kollegas het
byvoordele dikwels ontbreek - pensioen, medies, ens. Daarmee het ek empatie.
Wat die leerplanne betref, kan ek vermeld dat in die meeste gevalle
(Bophutatswana, ens), leerplanne noukeurig saamgestel was deur 'n instituut
vir onderwys wat aan 'n universiteit gesetel het. In sommige gevalle was
hierdie institute grootliks deur veral Britse dosente beman. 'n Redelike
mens moet toegee dat die "uitlander-probleem" (daar is niks nuut nie, né!)
dikwels sake bemoeilik het.
Ons moes bv. voorgeskrewe boeke deur Tolstoy behandel! Insgelyks was daar in
daardie jare
'n "book embargo" teen S.A. Ons moes dikwels 6 maande wag vir die boeke om
via
Botswana ingesmokkel te word. Daar was ook ander wesentlike didaktiese
probleme.
Beurse is aan studente toegeken om hulle in die onderwys te bekwaam. Baie
van hulle wat geen belang by die onderwys gehad het nie, het dié geleentheid
aangegryp in 'n poging om 'n kwalifikasie te bekom. Sodra die kursus
afgehandel was, het hulle beter opsies in die privaatsektor aanvaar.
Sodoende het die onderwys as geheel onsettend skade gely.
Vir my het die jare in swart onderwys net mooi herinneringe. As beroep leen
die
onderwys hom tot verhoudinge tussen mense. Ek was aan 'n onderwyskollege
verbonde en beskik oor die nodige kwalifikasies. Ek weet van min "pasella
jobs" in hierdie betrokke sektor.
Voorts : In hierdie sektor is ek soos 'n "witman" behandel ( dit staan u vry
om die metaforiek
disjunk, ajunk of konjunk te interpreteer!). Ek het ook by groot wit skole
(glaspaleise)
skoolgehou en daar het ek my dikwels vir die megalomaniese, diktatoriale,
kleingeestige en voorskriftelike "verhoudingstruktuur" vervies. Dit is die
eufemisme van die eeu! DAAR was 'n meneer 'n meneer en voor 'n doktor moes
jy kniel. Vra maar enige kollega wat dit beteken
om "ingeroep" te word. Die doodsteek van blanke onderwys lê daar in dat
hulle net die
B.Sc. ouens bevorder het. Ek het 'n getuigskrif in my besit wat so vol
spelfoute is dat ek te skaam was om dit ooit te gebruik! As jy in blanke
onderwys nie 'n sportonderwyser was
en die skoolbus kon bestuur nie, was jy niks!
Aangaande die kwalifikasies van swart kollegas: Aanvanklik het hulle 'n PTC
(Primary
Teachers Cert.) ontvang. Hiervoor was die toelatingsvereistes eers St.6
gevolg deur die twee jaar PTC. Later was St. 8 die toelatingsvereiste. Toe
Matriek. Toe word die PTC 'n PTD.
Cert. word vervang deur Diploma. Toe volg die STD (Secondary Teachers
Diploma).
Baie universiteite het dit goed gedink om hulle B-grade vierjarige kursusse
te maak. Hierdie oënskynlike ambivalensie in kwalifikasies is egter nie net
in Suid-Afrika ondervind nie.
Gaan kyk maar op die Net hoe gaan dit op ander plekke.
Baie van ons wat hierdie paadjie geloop het, sal die volgende dinge goed
onthou:
Rybeurte ( in ons geval 180 km per dag) om geld te spaar.
Warm vriendskappe met die "ander" deel van ons bevolking
Die besef dat jy "iets" bygedra het tot vooruitgang.
Die aangename "herontmoetings" as jy 'n oud-leerling iewers raakloop -
baie van hulle
vandag Prinsipale van hulle eie skole.
Die "lekker" werk. Ek wonder wie van die ou garde "wit" onderwyser sou
bereid
wees om "onder" 'n swart Rektor of prinsipaal te werk. Wat ons gedoen
het, was nie net
om den brode nie.
Ten slotte : onderwysposte bestaan nie meer in Suid-Afrika nie. Dit is nou
as jy nie bereid is om in 'n "Beheerraadspossie" vir R1,500.00 per maand te
gaan slawe-arbeid verrig nie.
Groete vir eers.
Barrie
|
|
|
Re: Swart en wit pedagogiek [boodskap #27362 is 'n antwoord op boodskap #27361] |
Do, 14 Oktober 1999 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@sympatico.ca wrote in message
...
>
> Ja, voor die "maklike" Bantoe-Onderwys Senior Sertifikaat
> ingekom het, het die skole die Cambridge Matriek geskryf.
> Dit was eintlik baie moeilik vir swart studente om goed te doen,
> want hulle moes dieselfde Engels A deurkom wat Engelse skoliere
> in Engelse skole deurkom. Dan moes hulle nog Afrikaans B en
> hulle eie taal (Zulu ens.) ook op die A vlak. MAAR, toe die
> baie makliker Bantoe-Onderwys Senior Sertifikaat eksamens
> ingevoer word, het hulle gerebelleer, want hulle het gevoel dat
> hulle tweederangse onderwys begin kry, en te maklik deurgesit
> word.
>
Liewe Gloudina,
Het jy geweet Cambridge het 'n afsonderlike eksamen vir derdewêreldse lande?
Gaan kyk maar wat doen hulle in Namibië - en deesdae in SA.
(Die SA Cambridge eksamens is so politiek korrek, mens kan kots daarvan!)
|
|
|
Re: Swart en wit pedagogiek [boodskap #27363 is 'n antwoord op boodskap #27361] |
Do, 14 Oktober 1999 00:00 |
lou[1]
Boodskappe: 579 Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@sympatico.ca wrote:
>
> Barrie wrote:
>
>> Gloudina verwys na die pot-heuning wat sy in sg. swart-onderwys kon verdien.
>
> Barrie, iemand anders het begin praat oor die feit dat ek " 'n pot goud"
> konverdien, blykbaar omdat ek aangedui het dat ek meer verdien het as my swart
> kollegas (wat almal universiteitsgrade gehad het, net soos ek.) Mag ek ook
> aandui dat in my dae vroue (wit en swart) minder verdien het as mans.
Verdien hulle dan nou dieselfde as mans?
|
|
|
Re: Swart en wit pedagogiek [boodskap #27364 is 'n antwoord op boodskap #27361] |
Do, 14 Oktober 1999 00:00 |
Francois de Wet
Boodskappe: 226 Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jissie Barrie,
Jy mag maar skryf! Wens ek kon.......
Francois
Barrie wrote in message ...
> In antwoord op Leendert en Gloudina se "gesprek" van 12 deser die volgende:
> (Ek wens ek het geweet waar op die aarbol julle tans verkeer. Kommunikasie
> word aansienlik vergemaklik as jy weet aan watter kant van die teleskoop die
> ander ou staan en wat sy gesigshoek aangaande dinge is.)
>
> Gloudina verwys na die pot-heuning wat sy in sg. swart-onderwys kon verdien.
> In antwoord hier op kan ek net reageer met : "Dream on, old girl!" Niemand
> in die onderwys - wit of swart -
> het ooit daardie pot goud gesien nie! Ek weet, want ek was daar! Daar was
> verskille in wit en swart salarisse. Dit gee ek toe. Maar die stelsel het
> hom grootliks daartoe geleen in die sin dat meeste wit onderwysers
> sogenaamde "gesekondeerde" amptenare was wat deur die RSA regering betaal
> is. Die "tuislande" het 'n mate van onafhanklikheid gehad en kon grootliks
> hulle eie kurrikula en diensvoorwaardes saamstel. By swart kollegas het
> byvoordele dikwels ontbreek - pensioen, medies, ens. Daarmee het ek empatie.
> Wat die leerplanne betref, kan ek vermeld dat in die meeste gevalle
> (Bophutatswana, ens), leerplanne noukeurig saamgestel was deur 'n instituut
> vir onderwys wat aan 'n universiteit gesetel het. In sommige gevalle was
> hierdie institute grootliks deur veral Britse dosente beman. 'n Redelike
> mens moet toegee dat die "uitlander-probleem" (daar is niks nuut nie, né!)
> dikwels sake bemoeilik het.
> Ons moes bv. voorgeskrewe boeke deur Tolstoy behandel! Insgelyks was daar in
> daardie jare
> 'n "book embargo" teen S.A. Ons moes dikwels 6 maande wag vir die boeke om
> via
> Botswana ingesmokkel te word. Daar was ook ander wesentlike didaktiese
> probleme.
> Beurse is aan studente toegeken om hulle in die onderwys te bekwaam. Baie
> van hulle wat geen belang by die onderwys gehad het nie, het dié geleentheid
> aangegryp in 'n poging om 'n kwalifikasie te bekom. Sodra die kursus
> afgehandel was, het hulle beter opsies in die privaatsektor aanvaar.
> Sodoende het die onderwys as geheel onsettend skade gely.
>
> Vir my het die jare in swart onderwys net mooi herinneringe. As beroep leen
> die
> onderwys hom tot verhoudinge tussen mense. Ek was aan 'n onderwyskollege
> verbonde en beskik oor die nodige kwalifikasies. Ek weet van min "pasella
> jobs" in hierdie betrokke sektor.
> Voorts : In hierdie sektor is ek soos 'n "witman" behandel ( dit staan u vry
> om die metaforiek
> disjunk, ajunk of konjunk te interpreteer!). Ek het ook by groot wit skole
> (glaspaleise)
> skoolgehou en daar het ek my dikwels vir die megalomaniese, diktatoriale,
> kleingeestige en voorskriftelike "verhoudingstruktuur" vervies. Dit is die
> eufemisme van die eeu! DAAR was 'n meneer 'n meneer en voor 'n doktor moes
> jy kniel. Vra maar enige kollega wat dit beteken
> om "ingeroep" te word. Die doodsteek van blanke onderwys lê daar in dat
> hulle net die
> B.Sc. ouens bevorder het. Ek het 'n getuigskrif in my besit wat so vol
> spelfoute is dat ek te skaam was om dit ooit te gebruik! As jy in blanke
> onderwys nie 'n sportonderwyser was
> en die skoolbus kon bestuur nie, was jy niks!
>
> Aangaande die kwalifikasies van swart kollegas: Aanvanklik het hulle 'n PTC
> (Primary
> Teachers Cert.) ontvang. Hiervoor was die toelatingsvereistes eers St.6
> gevolg deur die twee jaar PTC. Later was St. 8 die toelatingsvereiste. Toe
> Matriek. Toe word die PTC 'n PTD.
> Cert. word vervang deur Diploma. Toe volg die STD (Secondary Teachers
> Diploma).
> Baie universiteite het dit goed gedink om hulle B-grade vierjarige kursusse
> te maak. Hierdie oënskynlike ambivalensie in kwalifikasies is egter nie net
> in Suid-Afrika ondervind nie.
> Gaan kyk maar op die Net hoe gaan dit op ander plekke.
>
> Baie van ons wat hierdie paadjie geloop het, sal die volgende dinge goed
> onthou:
> Rybeurte ( in ons geval 180 km per dag) om geld te spaar.
> Warm vriendskappe met die "ander" deel van ons bevolking
> Die besef dat jy "iets" bygedra het tot vooruitgang.
> Die aangename "herontmoetings" as jy 'n oud-leerling iewers raakloop -
> baie van hulle
> vandag Prinsipale van hulle eie skole.
> Die "lekker" werk. Ek wonder wie van die ou garde "wit" onderwyser sou
> bereid
> wees om "onder" 'n swart Rektor of prinsipaal te werk. Wat ons gedoen
> het, was nie net
> om den brode nie.
>
> Ten slotte : onderwysposte bestaan nie meer in Suid-Afrika nie. Dit is nou
> as jy nie bereid is om in 'n "Beheerraadspossie" vir R1,500.00 per maand te
> gaan slawe-arbeid verrig nie.
>
> Groete vir eers.
>
> Barrie
>
|
|
|
Re: Swart en wit pedagogiek [boodskap #27567 is 'n antwoord op boodskap #27361] |
Do, 21 Oktober 1999 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Barrie wrote in message ...
> Beurse is aan studente toegeken om hulle in die onderwys te bekwaam. Baie
> van hulle wat geen belang by die onderwys gehad het nie, het dié geleentheid
> aangegryp in 'n poging om 'n kwalifikasie te bekom. Sodra die kursus
> afgehandel was, het hulle beter opsies in die privaatsektor aanvaar.
> Sodoende het die onderwys as geheel onsettend skade gely.
>
Ek dink jy maak 'n groot fout, hier, Barrie!
Volgens Bees, John Webb, en al die "standard histories" het "apartheid"
gesorg dat swartmense geen toegang gehad het tot werk waarvoor mens opgelei
moes word nie.
Volgens Gloudina en Dave Yudelman was swart onderwys die spesiale
beskutte-arbeidsektor wat opsygesit is vir Afrikaners met spesiale
leerprobleme, sosiale agterstande, ouers uit die werkersklas, of besondere
konneksies. Daar was duidelik nie nog plek vir opgeleide swart onderwysers
_ook_ nie!
Verder, volgens Bees, Yudelman en andere, was die onderwys wat daardie
gegradueerdes ontvang het derderangs op die beste, en moet mens dit beslis
nie verwar met "ware" onderwys nie. Beslis nie die soort mense wat die
privaatsektor in diens sou neem nie, en die idee dat werwers van die
privaatsektor sulke mense uit die onderwyssektor sou roof, is heeltemal
ondenkbaar.
Dis baie duidelik wat hier moes gebeur het: Jy droom eintlik van al daar die
duisende grade wat swartmense met onderwysbeurse verwerf het, en wie se
beurse deur die privaatsektor afgelos is. Dit het nooit gebeur nie.
Wat van die (letterlike duisende, verneem ek) gegradueerde swartmense wat
nou (affirmative action ten spyt) werkloos is weens al die stimulasie wat
die ANC en die Empire saam aan die ekonomie gegee het sedert die sewentiger,
maar veral die tagtigerjare (dit was toe die ANC nog die Empire se gewillige
handlanger was, en verkies het dat Australië en Kanada ons tradionele markte
inpalm in die naam van die "strugle" - nou dat hy die regering is, en self
vir die SA ekonomie probeer beding, is hy nie meer so gewild by die Empire
nie)? Hulle bestaan ook nie, en het hulle ook nie georganiseer in 'n
"Graduate Employment Union" (of so iets) nie.
Nee, Barrie, jy droom. Of jy probeer hier om "die verlede te regverdig"! (Of
jy probeer om iets te doen wat dalk verwar kan word met "regverdiging" van
die verlede.)
Soos jy weet, is laasgenoemde die enigste oorblywende halsmisdryf in SA.
Jy moet regtig jou greep op die werklikheid verstewig, Barrie! Dis die nuwe
SA hierdie. Al daardie dinge waarvan jy vertel bestaan net in jou
verbeelding.
Soos Yudelman so geduldig verduidelik het, moet ons "truth" navolg, waar dit
ons ookal lei. Maar ons moet ook weet: "Truth", die "werklikheid", is soos
in "Truth Commission" en in Mamparalanga. Dit het niks te doen met
kontroleerbare gegewens nie.
(Ek hoor hulle het nou vir Tim du Plessis by The Citizen gesit om The
Citizen se greep op die werklikheid ook te gaan verstewig.)
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Sa Nov 23 17:38:40 MGT 2024
|