Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Sal niks meer sê nie!
Re: Sal niks meer sê nie! [boodskap #27357] Thu, 14 October 1999 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Thys de Wet wrote:

> Kyk julle klomp NG lesers met julle alewige gatbytery het nou sommer erg op
> my battery gepiepie!
>
> Ag nee wat, ek het nou genoeg van julle klomp se twak gehad.
>
> Sal nie weer lees nie, en ook nie weer pos nie. Sal "unsubscribe" van
> hierdie NG af, en wegbly!
>
>

Ag nee, Thys, bly op die nuusgroep. Jy hoef mos nie alles te lees nie.Skryf so
elke keer daar van Stellenbosch af. Maar jy vergeet darem
dat die oor en weer gekaffel en gesloeg maar deel is van die dinamiek
van enige nuusgroep. Dit hou dit aan die lewe. As ons almal so liefies
met mekaar was, sou die nuusgroep lankal dood gewees het. So,
asseblief, pos so nou en dan.

Gloudina
Re: Sal niks meer sê nie! [boodskap #27358 is 'n antwoord op boodskap #27357] Thu, 14 October 1999 00:00 Na vorige boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: January 1999
Karma: 0
Senior Lid
Thys de Wet wrote:
>
> Kyk julle klomp NG lesers met julle alewige gatbytery het nou sommer erg op
> my battery gepiepie!
>
> As ek die nuusgroep 'surf' dan sien ek ons is nog nie weg uit die era van
> tamaties en vrot-eier gooi nie!
>
> Dat hygend hert der jagd ontkomen! Sal ons as Afrikaanssprekende
> Suid-Afrikaners dan tog nooit ophou om mekaar so swart te smeer nie?
>
> Ag nee wat, ek het nou genoeg van julle klomp se twak gehad.
>
> Sal nie weer lees nie, en ook nie weer pos nie. Sal "unsubscribe" van
> hierdie NG af, en wegbly!
>
> Thys de Wet

Snaaks genoeg dat die nuusgroep ander soortgelyke kulturele nuusgroep
weerspieel. So ons Afrikaans sprekendes is dan tog nie so anders as die
ander groepe nie. Snaaks dat mense altyd wil hê ons moet anders wees?
As jy nog hier is Thys - wat wil jy nou eintlik bespreek?

Cheers ou Thysie - laat dit jou geweldig gaan.
Vorige onderwerp: wit:swart en Afrikaans:engels en np:ANC...op die einde wat maak dit saak?????????????????????????????
Volgende onderwerp: Sal niks meer sê nie!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Dec 25 02:22:31 UTC 2024