Die Anglo-Boere Oorlog: 100 jaar later en nog steeds kriewelrig [boodskap #27223] |
Mon, 11 October 1999 00:00 |
Cyber Sakkie
Boodskappe: 20 Geregistreer: September 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Volgens die Engelse was die 1880-81 gebeure mos nie 'n oorlog nie en praat mens
dus van die Anglo-Boere Oorlog pleks van die Tweede Anglo-Boere Oorlog waarmee
ons groot geword het. Hoe kan 'n mens 'n oorlog wen wat nooit plaasgevind het
nie?
Nietemin, vandag is dit 100 jaar nadat die ZAR se ultimatum vestryk het en daar
oorlog verklaar is teen die Empire. Ek sluit die Engelse in onder my "naaste"
vir wie ek lief het, maar nogtans voel ek vandag besonder kriewelrig as ek dink
aan die gebeure een eeu gelede en gekwel oor wat die Engelse gedoen het met die
verbrande aarde beleid en die konsentrasie kampe. Ek sal nie omgee as Lord
Kitchener na al die jare as "oorlogsmisdadiger" verklaar word nie.
Is daar ander wat ook vandag effens anders voel oor die gebeure 'n eeu gelede?
|
|
|
Re: Die Anglo-Boere Oorlog: 100 jaar later en nog steeds kriewelrig [boodskap #27224 is 'n antwoord op boodskap #27223] |
Mon, 11 October 1999 00:00 |
Thys de Wet
Boodskappe: 211 Geregistreer: December 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ja Sakkie,
Ek voel ook so!
'k lees in vandag se Burger dat die ingelse Tony Blair of Elizabeth Regina
II moontlik sal askuus kom vra oor die vrouens en kinders in die
konsentrasiekampe.
Net langsaan 'n berig oor 'n ander ingelsman wat glo wil beweer dis die
boererate wat veroorsaak het dat so baie vroue en kinders gesterf het.
So asof kitchener (met 'n klein k), want hy was maar een..., enige planne
gehad het om medisyne aan die konsentrasiekampe te voorsien...
Cyber Sakkie wrote in message ...
> Volgens die Engelse was die 1880-81 gebeure mos nie 'n oorlog nie en praat mens
> Nietemin, vandag is dit 100 jaar nadat die ZAR se ultimatum vestryk het en daar
> oorlog verklaar is teen die Empire. Ek sluit die Engelse in onder my "naaste"
> vir wie ek lief het, maar nogtans voel ek vandag besonder kriewelrig as ek dink
> aan die gebeure een eeu gelede en gekwel oor wat die Engelse gedoen het met die
> verbrande aarde beleid en die konsentrasie kampe. Ek sal nie omgee as Lord
> Kitchener na al die jare as "oorlogsmisdadiger" verklaar word nie.
>
> Is daar ander wat ook vandag effens anders voel oor die gebeure 'n eeu gelede?
>
|
|
|
Re: Die Anglo-Boere Oorlog: 100 jaar later en nog steeds kriewelrig [boodskap #27251 is 'n antwoord op boodskap #27223] |
Tue, 12 October 1999 00:00 |
Raka[1]
Boodskappe: 2 Geregistreer: October 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
On Tue, 12 Oct 1999 00:14:49 GMT, @sympatico.ca wrote:
> Raka wrote:
>
>> Janee, ek voel ons oorblywendes is seker geregtig op 'n bietjie
>> restitusie soos die oorlewendes van die "holocaust". Etniese
>> suiwering bly immers etniese suiwering, of wat.
>
> Ja-nee Raka, ons vergeet veral nie die etniese suiwering van dieKhoi en die San
> ensovoorts ensovoorts ook nie.
Natuurlik. Kom, Ant Liesbet, dok op. Ek't heelwat Khoisan bloed in MY
are.
|
|
|
|
Re: Die Anglo-Boere Oorlog: 100 jaar later en nog steeds kriewelrig [boodskap #27253 is 'n antwoord op boodskap #27223] |
Tue, 12 October 1999 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@sympatico.ca wrote in message
...
> Raka wrote:
>
>> Janee, ek voel ons oorblywendes is seker geregtig op 'n bietjie
>> restitusie soos die oorlewendes van die "holocaust". Etniese
>> suiwering bly immers etniese suiwering, of wat.
>
> Ja-nee Raka, ons vergeet veral nie die etniese suiwering van dieKhoi en die San
> ensovoorts ensovoorts ook nie.
>
> Gloudina
Wie is "ensovoorts ensovoorts" ?
|
|
|
Re: Die Anglo-Boere Oorlog: 100 jaar later en nog steeds kriewelrig [boodskap #27287 is 'n antwoord op boodskap #27223] |
Wed, 13 October 1999 00:00 |
reisiger
Boodskappe: 645 Geregistreer: July 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article , Hamb...@spam.net
(Raka) wrote:
> On 11 Oct 1999 03:25:57 -0700, Cyber Sakkie
>
> wrote:
>>
>> Nietemin, vandag is dit 100 jaar nadat die ZAR se ultimatum
> vestryk het en daar
>> oorlog verklaar is teen die Empire. Ek sluit die Engelse in
> onder my "naaste"
>> vir wie ek lief het, maar nogtans voel ek vandag besonder
> kriewelrig as ek dink
>> aan die gebeure een eeu gelede en gekwel oor wat die Engelse
> gedoen het met die
>> verbrande aarde beleid en die konsentrasie kampe. Ek sal nie
> omgee as Lord
>> Kitchener na al die jare as "oorlogsmisdadiger" verklaar word nie.
>>
>> Is daar ander wat ook vandag effens anders voel oor die gebeure
> 'n eeu gelede?
>>
> Janee, ek voel ons oorblywendes is seker geregtig op 'n bietjie
> restitusie soos die oorlewendes van die "holocaust". Etniese
> suiwering bly immers etniese suiwering, of wat. (En moenie
> vergeet nie, ou Siener van Rensburg het nog ellende vir die
> engelse vrouens en kinders voorspel ook.)
Jan Smuts het die boek "Een eeu van onreg" geskryf. Nadat hy terug
gekom het van Engeland, het hy ontken hy het dit geskryf. Klink dit
bekend? :)
|
|
|