Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ongeveer 6 poste later....die persoonlike aanval
Ongeveer 6 poste later....die persoonlike aanval [boodskap #26736] Thu, 23 September 1999 00:00
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: October 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ek neem ons nuusgroep al so 'n rukkie waar. Volgens my
waarnemings, neem dit ongeveer 4 tot 6 poste voordat die eerste
persoonlike aanval geloods word, ongeag die onderwerp. (Sommige
gedigte, advertensies, ens. uitgesluit.)

Hier is 'n voorbeeld: So 'n wyle terug het ek en Leendert 'n
woordewisseling gehad oor Verwoerd en sy bydrae tot swart
onderwys. Leendert reken Verwoerd het eintlik die antwoorde gehad
vir die probleem, en ek glo Verwoerd was grotendeels die
probleem.

Toe Leendert niks meer kon opdis wat min of meer slim klink nie,
wend hy hom tot die ou staatmaker... die persoonlike aanval.

Hy sê toe van my: "Waar dit jou aangaan, het ek die indruk gekry
van 'n tipiese Foreign Service Brat wat in Engelse Grammar
Schools of in 'n American School in een of ander hoofstad
skoolgegaan het - met 'n paar jaar op koshuis in Affies of Paul
Roos om die agtergrond bietjie in te kleur."

Hier word iemand ge-stereotipeer net omdat hy die vermetelheid
het om nie met 'n self-aangestelde kuber-guru saam te stem nie.

Ek verag dit.

En jy het geen idee hoe verkeerd en arrogant jy is nie Leendert.

Bees.
Vorige onderwerp: Nuus Groep Droog op
Volgende onderwerp: Blik Aspaai
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Tue Dec 24 18:21:32 UTC 2024