Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Wat is 'n ....
Re: Wat is 'n .... [boodskap #26340] Wed, 15 September 1999 00:00
Daniel  is tans af-lyn  Daniel
Boodskappe: 68
Geregistreer: July 1996
Karma: 0
Volle Lid
Pierre,

So ver my aardrykskunde vannuit my skooldae my herinner, het dit iets te
doen met die rigting van die wind - een tol kloksgewys, en die nader
anti-kloksgewys - of so iets? (Ek dink ook daar is 'n verskil ten opsigte
van die windrigting afhangende of dit in die suidelike of noordelike
halfrond plaasvind).

Heel toevallig gesels ek Saterdag met 'n jong skoolseun van 'n vriend van my
juis oor die winde....hy het gepraat van 'hurricanes', tornados', en
'twisters'. Om die gesprek 'n bietjie op te kikker het ek hom uitgevra oor
die verskille. Sy antwoord het te doen gehad met die vorm van die wind - hy
het dit mooi geteken vir my - 'n 'huricane' is erg tregter-vormig, 'n
'tornado' is baie spits-vormig, en 'n 'twister' is 'n deurmekaar spul van
beide die twee wat nie 'n bepaalde roete volg nie, maar eerder deurmekaar
waai.

Is 'n orkaan en sikloon nie winde wat nie noodwendig met reën gepaard gaan
nie, en 'n tifoon 'n wind waarby erg reën by betrokke is nie?

Iets waaroor ek nie seker is nie, maar wel weet dat daar so iets bestaan, is
dat die winde wel verkskillende name het - party het mans-name, en ander
vroue-name - ek dink dit het ook miskien iets te doen met halfronde...of
miskien nie.

Hoop dit help!

Jan van Perth.
(IBICF)
djle...@bigfoot.com
squa...@perspiration.com.au
http://www.perspiration.com.au
ICQ 21792471

Pierre Du Plessis skryf in boodskap news:37DF9306.13B7B1AE@sabre.com...
> Orkaan, Sikloon en 'n Tifoon. Wat is die verskil tussen almal en wat
> veroorsaak dit? Wat is 'n Hurricane in Afrikaans?
>
Vorige onderwerp: Re: Kwarantyn - oor swak beriggewing
Volgende onderwerp: Wat is 'n ....
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Tue Dec 24 18:30:58 UTC 2024