Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Afrikaner - 'n paar vrae
Die Afrikaner - 'n paar vrae [boodskap #25898] |
Sun, 05 September 1999 00:00 |
Bees
Boodskappe: 186 Geregistreer: October 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek is 'n Afrikaner. (Volgens my defenisie in elk geval.)
Elk wonder gereeld oor my Afrikaner-wees, en Afrikaners in die
algemeen. Wat was die Afirkaner se bydrae tot die samelewing, in
die breë?
Een (ietwat siniese) antwoord is: die woord "apartheid" tot die
internasionale taal. Dit is ongelukkig waar. Een ding is 'n
feit - die Afrikaner het die kans om 'n bydrae te lewer tot die
regering van SA totaal misbruik. Kom ons wees eerlik - dit was 'n
totale, hartseer gemors. ("unadulterated" is die Engelse woord
in my kop.)
'n Ander (meer patriotiese) antwoord is dat die Afrikaner 'n
groot bydrae gelewer het om SA by verre die grootste industriele
magsblok te maak in sub-Sahara Afrika. Dit is ook waar. Die
jammerte is dat die bydrae, in die geheelbeeld, meer as net
uitgewis word deur dit wat absoluut verkeerd was in die ou SA.
En dit is dalk 'n onderskeid wat die moeite werd is om oor na te
dink. EEN diing wat "absoluut verkeerd" is (soos verdrukking) kan
nie uitgewis word deur 'n HONDERD dinge wat baie "gewens" is nie.
En daar 'n verskil tussen "ongewens" en "verkeerd". Dit was
absoluut verkeerd om SA te regeer op die manier wat dit gedoen
was. Moenie jouself terg deur anders te dink nie. Dit maak nie
saak wat jou perspektief is nie - "absoluut verkeerd" is
verkeerd. Die Afrikaner, en die leiers verkies deur die
Afrikaner, was verkeerd. Genadiglilk, op die end, was daar 'n
gewaarwording dat dit nie moontlik is om aan te hou op die pad
nie. (Ekonomie, eerdeer as oortuiging, het egter 'n groot rol
gepeel in daardie gewaarwording, maar dit is 'n ander storie...)
Ek vind dat baie Suid-Afrikaners, veral Afrikaners, tot vandag,
hier vasval. Dit help nie om te se "ons het so baie gedoen vir
SA" terwyl die oorgrote meerderheid SA'ners nie eers kon stem
nie. En 'n pas moes dra, soos 'n vreemdeling. En konstant
behandel was as 'n derde-rangse hulpbron, eerder as 'n mens.
Ek wonder maar net hoe ander denkende Afrikaners hierdie vrae
antwoord.
Groete
Bees
|
|
|
Re: Die Afrikaner - 'n paar vrae [boodskap #25899 is 'n antwoord op boodskap #25898] |
Sun, 05 September 1999 00:00 |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Bees wrote:
> 'n Ander (meer patriotiese) antwoord is dat die Afrikaner 'n
> groot bydrae gelewer het om SA by verre die grootste industriele
> magsblok te maak in sub-Sahara Afrika. Dit is ook waar. Die
> jammerte is dat die bydrae, in die geheelbeeld, meer as net
> uitgewis word deur dit wat absoluut verkeerd was in die ou SA.
>
>
>
>
>
En kan mens nou ook eerlik verklaar dat dit die "Afrikaner" is watSA so
geweldig industrieel laat ontwikkel het? Is dit nie tot 'n groot
mate die teenwoordigheid van Engeland se beleggings in die ekonomie
van SA wat dit so laat ontwikkel het nie? Tot kort gelede (en miskien
nou nog) is suidelike afrika maar net 'n ekstensie van Engeland se
finansiele en ekonomiese strukture.
Gloudina
|
|
|
Re: Die Afrikaner - 'n paar vrae [boodskap #25900 is 'n antwoord op boodskap #25898] |
Sun, 05 September 1999 00:00 |
Bees
Boodskappe: 186 Geregistreer: October 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
wrote in message
news:37D2FD5E.A9B58DB3@sympatico.ca...
> En kan mens nou ook eerlik verklaar dat dit die "Afrikaner" is watSA so
> geweldig industrieel laat ontwikkel het? Is dit nie tot 'n groot
> mate die teenwoordigheid van Engeland se beleggings in die ekonomie
> van SA wat dit so laat ontwikkel het nie? Tot kort gelede (en miskien
> nou nog) is suidelike afrika maar net 'n ekstensie van Engeland se
> finansiele en ekonomiese strukture.
Nee. Soos ek probeer sê het "groot bydrae".... Miskien sou die
woord "bydrae" alleen die doel gedien het. Verder - ek dink daar
is geen twyfel dat (onnatuurlike) goedkoop arbeid, veral in die
arbeids-intensiewe mynwese, 'n baie groot rol gespeel het.
Groter as Engelse beleggings, of enige ander eksterne faktor.
Bees.
|
|
|
Re: Die Afrikaner - 'n paar vrae [boodskap #25925 is 'n antwoord op boodskap #25898] |
Mon, 06 September 1999 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
"Bees" wrote:
>
> Leendert, jy haal dinge hier aan wat nie regtig my stelling
> verkeerd bewys nie. Vir 'n lang periode gedurende die 50's to
> middel 80's, die SA goudmyne se groot geldmaak-tydperk, is
> geskoolde (beter-betalende) werk vir blankes gereserveer. Dus is
> swartes se arbeid, deur wetgewing (onnatuurlik, geforseerd)
> goedkoper gemaak.
Deur die werk te reserveer vir 'n klein groep mense, het jy die
_gereserveerde_ werk duurder gemaak as wat dit sou wees as almal
toegang daartoe gehad het. Dit was die hele argument van die
besigheidskamers (daarteen) en die wit vakbonde (daarvoor) ens.
> Verder is ondergrondse (rif) goudmynwese (tot
> vandag) baie arbeidsintensief. Goedkoop arbeid, Leendert, het
> daardie myne gedra. En die goedkoop arbeid was swart. Punt.
Dis reg, die goedkoop arbeid was swart. (Dit is nog steeds.) En weet jy
wat, die arbeid was so goedkoop en volop dat tienduisende arbeiders
ingevoer is uit Lesotho, Mosambiek, Zambië, Malawi.
Maar, soos jy tereg sê. Goedkoop arbeid het die myne gedra. Sonder
goedkoop arbeid was hulle waarskynlik nie daar nie, of was daar veel
minder van hulle. Jy sien, die Ingelse sou nie hul geld daar ingesit
het as hulle nie 'n wins daaruit kon maak nie.
Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
|
|
|
Re: Die Afrikaner - 'n paar vrae [boodskap #25926 is 'n antwoord op boodskap #25898] |
Mon, 06 September 1999 00:00 |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 05 Sep 1999 23:30:13 GMT, @sympatico.ca wrote:
|En kan mens nou ook eerlik verklaar dat dit die "Afrikaner" is watSA so
|geweldig industrieel laat ontwikkel het? Is dit nie tot 'n groot
|mate die teenwoordigheid van Engeland se beleggings in die ekonomie
|van SA wat dit so laat ontwikkel het nie? Tot kort gelede (en miskien
|nou nog) is suidelike afrika maar net 'n ekstensie van Engeland se
|finansiele en ekonomiese strukture.
|
Het Engeland uit die land uitgeneem of in die land ingeploeg???
|
|
|
Re: Die Afrikaner - 'n paar vrae [boodskap #25927 is 'n antwoord op boodskap #25898] |
Mon, 06 September 1999 00:00 |
Bees
Boodskappe: 186 Geregistreer: October 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Leendert van Oostrum skryf in boodskap news:7r1c3h$9ai$1@nnrp1.deja.com...
> Deur die werk te reserveer vir 'n klein groep mense, het jy die
> _gereserveerde_ werk duurder gemaak as wat dit sou wees as almal
> toegang daartoe gehad het.
Presies. En wat doen dit vir die gemiddelde inkomste van 'n groep
wat deur reservering uitgesluit word?
Dit verlaag.
Bees.
|
|
|
Re: Die Afrikaner - 'n paar vrae [boodskap #25928 is 'n antwoord op boodskap #25898] |
Mon, 06 September 1999 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
"Bees" wrote:
>
>> Hernman Gilliomee (bekend vir sy apartheidskritiek van die
> Ikeys kampus af)
>> reken dat die gevolge van die wyse waarop SA geregeer is
> ("verdrukking", is
>> jou woord), beter was as wat die gevolge van die waarskynlike
> alternatief
>> was.
>
> Ek gee nie om wat Herman G of enige ander persoon daaroor dink
> nie. Apartheid was verkeerd.
Is dit 'n "feit", of is dit jou opinie?
> In elk geval, sy idees oor die
> "waarskynlike alternatief" moet maar spekulatief wees.
Nie te erg spekulatief nie = vir 'n gerespekteerde politieke analis,
wat ook die voorbeelde rondom hom het van ander Afrikalande waar die
"waarskylike alternatief" in sy verskillende vorme uitprobeer is.
> Ons weet
> vir 'n feit wat apartheid vir SA en die oorgrote meerderheid van
> sy mense gedoen het. Geen spekulasie benodig.
Wat het apartheid vir SA en die oorgorte meerderheid van sy mense
gedoen? (Let wel: Wat _het_ die gedoen - nie "wat sê CNN dit het
gedoen nie")
>
>> Allister Sparks (van die ou Rand Daily Mail, en groot
> propageerder van die
>> slagspreuk "apartheid = misdryf teen die mensdom" kom tot die
> gevolgtrekking
>> dat die huidige onderwysstelsel 'n groter "misdryf teen die
> mensdom" is as
>> wat "apartheid" ooit was.
>
> Sien, dit is waar ek verskil. Die SA onderwysstelsel vandag
> (sover ek weet) problematies, swak bestuur, met te min geld,
> watookal.
Dis nie al nie.
> Maar daar word nie statuter gediskrineer nie.
Ek is nie so seker dat daar nie statuter gediskrimineer word nie. Om
die waarheid te sê, statutêre diskriminasie is redelik algemeen. (daar
word, byvoorbeeld, in die meeste lande gediskrimineer teen kinders, wat
nie mag stem of trou nie).
Die probleem is nie diskriminasie - statutêr of andersinds nie. Die
probleem is onregverdigbare diskriminasie. Ek dink die grootste punt op
die agenda van "apartheid" was juis, deur die dekades, die uitskakeling
van onregverdigbare diskriminasie. Die debat deur daardie jare het juis
gegaan oor wattter soort diskriminasie regverdigbaar is en watter nie.
Met die debat oor regstellende aksie is ons maar weer besig met
dieselfde storie.
> Stel jou
> voor: SA se swart president vra vandag in die parlement: "Wat wil
> 'n wit kind met wiskunde doen?" (Lui dit 'n klokkie?)
Wil jy beweer dat 'n wit president so iets oor 'n swart kind gevra het?
As jy wil beweer dat 'n vooranstaande wit leier in _enige_ posisie so
iets oor 'n swart kind gevra het, wil ek graag die bronverwysing hê.
(En ek is redelik bekend met Verwoerd se uitsprake oor die onderwerp,
hoor!)
>
> Daar is 'n verskil. Die een ding is evil.
Is dit 'n feit, of bloot jou opinie?
> Die ander bloot
> ongewens, en kan reggemaak word met tyd en geld.
>
>
>> "Absoluut verkeerd" impliseer dat daar geen konteks of
> omstandighede is waar
>> die betrokke gedrag aanvaarbaar kan wees nie.
>
> Presies. Soos statutêre diskriminasie.
Sien bo. "Regstellende aksie" is statutêre diskriminasie. Dit word
beskou as "regverdigbare" statutêre diskriminasie. Soos die doodmaak
van 'n mens in selfverdediging meesal (maar nie deur almal nie) beskou
word as "regverdigbare manslag".
>
>> Hierdie "gewaarwording" het dus hoegenaamd nie "op die end"
> gekom nie, en
>> dit is nie noodwendig deur ekonomiese oorwegings gemotiveer
> nie. Daar
>> was 'n deurlopende etiese herwaardering, ook na gelang
> veranderende
>> omstandighede, wat dekades geduur het.
>
> Dit het dekades geneem, dis verseker. Ek glo egter dat die vinnig
> verswakkende ekonomie (deels agv sanksies), in die 80's 'n groter
> rol gespeel het as wat baie mense glo.
Miskien. Maar nie op beginselvlak nie.
>
>> Terwyl die oorgrote meerderheid SA'ners deurlopend al meer
> stemreg op
>> verskillende vlakke verwerf het.
>
> Hoekom was die proses nodig in die eerste plek?
Want snaaks genoeg, was universele stemreg nie juis deel van die
politieke kultuur in Afrika nie. Nie tydens kolonialisme nie, en nie
voor dit nie. Dis Afrikanerregerings wat stemreg aan swart mense in
Suid-Afrika gegee het.
>
>> In elk geval. Dis interessant dat skrywers soos Biko,
> byvoorbeeld, juis
>> verklaar dat die "white liberals" van sy meer geneigd was om
> mense te
>> ontmenslik as die "regse" Afrikaners. Van Nieker, byvoorbeeld,
> argumenteer
>> dat "regse" Afrikaners juis "regs" dink _omdat_ hulle die
> menslikheid van
>> die ander erken - en genoeg respekteer om dit nie te wil
> verander nie.
>
> Kyk, as jy die van Niekerk glo sal jy enigiets glo. Dit is die
> rookskerm en daaragter lê die ware rede - vooroordeel.
Ek neem aan jy het nog nie Attie van Niekerk se "Saam in Afrika" gelees
nie of sy "Dominie, do you listen to the drums" ('n ontleding van die
strugglepoësie in die townships teen die agtergrond van Afrikapoësie in
die algemeen.) Sy nuutste boek is "Anderkant die reënboog".
Maar jy is reg, dis nie gemaklike leesstof vir mense wat die probleme
van Afrika (insluitend "apartheid") wil reduseer tot eenvoudige CNN-
tiepe oplossings nie.
Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
|
|
|
Re: Die Afrikaner - 'n paar vrae [boodskap #25929 is 'n antwoord op boodskap #25898] |
Mon, 06 September 1999 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@sympatico.ca wrote in message
...
> Bees wrote:
>
>> 'n Ander (meer patriotiese) antwoord is dat die Afrikaner 'n
>> groot bydrae gelewer het om SA by verre die grootste industriele
>> magsblok te maak in sub-Sahara Afrika. Dit is ook waar. Die
>> jammerte is dat die bydrae, in die geheelbeeld, meer as net
>> uitgewis word deur dit wat absoluut verkeerd was in die ou SA.
>>
>
> En kan mens nou ook eerlik verklaar dat dit die "Afrikaner" is watSA so
> geweldig industrieel laat ontwikkel het? Is dit nie tot 'n groot
> mate die teenwoordigheid van Engeland se beleggings in die ekonomie
> van SA wat dit so laat ontwikkel het nie? Tot kort gelede (en miskien
> nou nog) is suidelike afrika maar net 'n ekstensie van Engeland se
> finansiele en ekonomiese strukture.
Engelse beleggings was hoofsaaklik in die mynwese - soos elders in Afrika.
(Die Rhodesiës Noord en Suid, Katanga.) Die Engelse het eerder die
grondstowwe uitgevoer na hul eie industrie�.
Industriële beleggings het in groot mate gekom van Amerika (wat ook in die
mynbou belê het), Duitsland, Frankryk en Japan.
Nou: Waarom sou Port Elizabeth, Oos-London en Durban beter
belegginsgeleenthede bied as Dar-es-Salaam of Mombassa?
|
|
|
Re: Die Afrikaner - 'n paar vrae [boodskap #25930 is 'n antwoord op boodskap #25898] |
Mon, 06 September 1999 00:00 |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 5 Sep 1999 15:58:21 -0600, "Bees" wrote:
|Ek is 'n Afrikaner. (Volgens my defenisie in elk geval.)
|
|Elk wonder gereeld oor my Afrikaner-wees, en Afrikaners in die
|algemeen. Wat was die Afirkaner se bydrae tot die samelewing, in
|die breë?
|
Ek dink hierdie is dieselfde as baie soortgelyke situasies waar na 'n
oorsaak van iets gekyk word - as 'n mens mooi die situasie bekyk, dan
is dit nie een van die aspekte wat die oorsaak was nie, maar eerder 'n
kombinasie van alles. So in die algemeen.
Wat die Afrikaner bydrae self betref, dink ek dit pas weer in hierdie
raamwerk in. Soos Bees sê, daar is 'n deel wat die Afrikaner bygedra
het tot verskeie indien nie al die aspekte van SA se goeie en slegte
aspekte nie. Netsoos daar bydraes was, of dan soortgelyke deelbydraes
deur verskillend ander groep, soos miskien veral die Jode.
Ek dink dis so verstrengelde moesh, dat as mens net een groep se
bydrae sou uitlig, dit amper sou lyk asof jy ander groepe ontsê. En
dis seker nie die doel van Bees se klip in die bos nie.
Selfs die ou wat mens aan kan dink wat jy sou sê altyd krities was,
het dalk ook 'n positiewe bydrae gehad. Vat byvoorbeeld dalk 'n ou
HNP omie - al positiewe bydrae wat hy dalk gemaak het was sy belasting
geld wat 'n paar skoolbanke iewers gekoop het.
Ander ous weer soos ou oom Dik Dawid DeVilliers het reuse bydrae gehad
in die oprig van Sasol (of dit nou pos of neg was, is ook debateerbaar
- tong in die kies). (So tussen hakies - is daar nog sport stadions
na hom vernoem in Sasolburg of is hulle al herdoop?
Uit watter perspektief 'n mens ook al na die Afrikaner se bydrae kyk
en hoe jy hom ook al wil definieer, moet jy seker saamstem dat sy
bydrae 'n groter positiewe komponent as negatiewe komponent gehad het,
maar dat dit so deur die jare ongelukkig nie polities korrek was om
die Afrikaner te prys vir enige iets nie.
Kyk maar hoe vinnig is Gloudina om ook gou 'n ander bydraer te wil
insluit, vermoedelik net sodat die Afrikaner darem nie te goed moet
lyk nie.
|
|
|
Re: Die Afrikaner - 'n paar vrae [boodskap #25931 is 'n antwoord op boodskap #25898] |
Mon, 06 September 1999 00:00 |
Bees
Boodskappe: 186 Geregistreer: October 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Leendert van Oostrum skryf in boodskap news:7r00v8$3qe$1@kendy.up.ac.za...
> Goeie poging tot 'n klip in die bos - maar nie veel om die lyf
nie :-)
Vandaar jou drie reaksies? ;-))
|
|
|
Re: Die Afrikaner - 'n paar vrae [boodskap #25932 is 'n antwoord op boodskap #25898] |
Mon, 06 September 1999 00:00 |
Simon van der Schans
Boodskappe: 263 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Bees wrote in message ...
> Ek wonder maar net hoe ander denkende Afrikaners hierdie vrae
> antwoord.
Vergeef my, maar ek raak altyd 'n bietjie agterdogtig as iemand
die woord "denkende" gebruik soos wat jy dit nou hier gebruik.
Dit herinner my sterk aan die "elke reg-denkende Suid-Afrikaner"
van die "sake-van-die-dag" propaganda-praatjies op die SAUK jare
gelede. Dit het ge-impliseer dat enigiemand wat nie die denke
van die propagandis deel nie, nie "reg-denkend" is nie. Miskien
moet jy maar liewer net praat van plain "Afrikaners" in stede van
"denkende Afrikaners", en aanvaar dat enigiemand wat vir homself
die soort van vrae vra waaroor jy dit het, en antwoorde daarop
soek, wel inderdaad "denkend" is.
Swart Simon
|
|
|
Re: Die Afrikaner - 'n paar vrae [boodskap #25933 is 'n antwoord op boodskap #25898] |
Mon, 06 September 1999 00:00 |
Bees
Boodskappe: 186 Geregistreer: October 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Leendert van Oostrum skryf in boodskap news:7r00v8$3qe$1@kendy.up.ac.za...
>
> Is dit ook 'n "feit" dat die bydrae uitgewis word deur dit wat absoluut
> verkeerd was?
>
> Of is dit jou opinie?
>
My opinie.
> Hernman Gilliomee (bekend vir sy apartheidskritiek van die Ikeys kampus af)
> reken dat die gevolge van die wyse waarop SA geregeer is ("verdrukking", is
> jou woord), beter was as wat die gevolge van die waarskynlike alternatief
> was.
Ek gee nie om wat Herman G of enige ander persoon daaroor dink
nie. Apartheid was verkeerd. In elk geval, sy idees oor die
"waarskynlike alternatief" moet maar spekulatief wees. Ons weet
vir 'n feit wat apartheid vir SA en die oorgrote meerderheid van
sy mense gedoen het. Geen spekulasie benodig.
> Allister Sparks (van die ou Rand Daily Mail, en groot propageerder van die
> slagspreuk "apartheid = misdryf teen die mensdom" kom tot die gevolgtrekking
> dat die huidige onderwysstelsel 'n groter "misdryf teen die mensdom" is as
> wat "apartheid" ooit was.
Sien, dit is waar ek verskil. Die SA onderwysstelsel vandag
(sover ek weet) problematies, swak bestuur, met te min geld,
watookal. Maar daar word nie statuter gediskrineer nie. Stel jou
voor: SA se swart president vra vandag in die parlement: "Wat wil
'n wit kind met wiskunde doen?" (Lui dit 'n klokkie?)
Daar is 'n verskil. Die een ding is evil. Die ander bloot
ongewens, en kan reggemaak word met tyd en geld.
> Hmmmm...... Ek raak kriewelrig as iemand vir my sê om nie anders te dink
> nie. Dis juis een van die aspekte van die Afrikaanse samelewing van 'n
> dekade of wat gelede waaarvan ek nie gehou het nie - die idee dat daar fout
> mee is om "anders" te dink. (Ons het selfs die woord "andersdenkende" wat
> sonder uitsondering 'n pejoratiewe konnotasie dra.)
Okay, okay. Dit was nie die doel van die stelling nie - ek wou
bloot 'n sterk punt maak.
> "Absoluut verkeerd" impliseer dat daar geen konteks of omstandighede is waar
> die betrokke gedrag aanvaarbaar kan wees nie.
Presies. Soos statutêre diskriminasie.
> Hierdie "gewaarwording" het dus hoegenaamd nie "op die end" gekom nie, en
> dit is nie noodwendig deur ekonomiese oorwegings gemotiveer nie. Daar
> was 'n deurlopende etiese herwaardering, ook na gelang veranderende
> omstandighede, wat dekades geduur het.
Dit het dekades geneem, dis verseker. Ek glo egter dat die vinnig
verswakkende ekonomie (deels agv sanksies), in die 80's 'n groter
rol gespeel het as wat baie mense glo.
> Terwyl die oorgrote meerderheid SA'ners deurlopend al meer stemreg op
> verskillende vlakke verwerf het.
Hoekom was die proses nodig in die eerste plek?
> In elk geval. Dis interessant dat skrywers soos Biko, byvoorbeeld, juis
> verklaar dat die "white liberals" van sy meer geneigd was om mense te
> ontmenslik as die "regse" Afrikaners. Van Nieker, byvoorbeeld, argumenteer
> dat "regse" Afrikaners juis "regs" dink _omdat_ hulle die menslikheid van
> die ander erken - en genoeg respekteer om dit nie te wil
verander nie.
Kyk, as jy die van Niekerk glo sal jy enigiets glo. Dit is die
rookskerm en daaragter lê die ware rede - vooroordeel.
Groete
Bees.
|
|
|
Re: Die Afrikaner - 'n paar vrae [boodskap #25934 is 'n antwoord op boodskap #25898] |
Mon, 06 September 1999 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Bees wrote in message ...
> Ek is 'n Afrikaner. (Volgens my defenisie in elk geval.)
Hmmmm...... ek dink jy sal deurgaan volgens myne ook :-)
> Elk wonder gereeld oor my Afrikaner-wees, en Afrikaners in die
> algemeen. Wat was die Afirkaner se bydrae tot die samelewing, in
> die breë?
In die breë ............... Om Afrikaners te wees?
En antwoord is dié van Van Wyk Louw - as "brug" tussen "die helder weste en
magiese afrika". Dit impliseer nogaal geweldig baie - positief sowel as
negatief. (Afhangende van wat jy onder die begrippe verstaan.)
>
> Een (ietwat siniese) antwoord is: die woord "apartheid" tot die
> internasionale taal. Dit is ongelukkig waar. Een ding is 'n
> feit - die Afrikaner het die kans om 'n bydrae te lewer tot die
> regering van SA totaal misbruik. Kom ons wees eerlik - dit was 'n
> totale, hartseer gemors. ("unadulterated" is die Engelse woord
> in my kop.)
Jy is reg - daar is mense wat sê hierdie ding is 'n "feit" - maar "hulle"
gebruik erg emotiewe taal om die "feit" te konstateer.
Dit moet mens laat wonder oor die "feit" - en of dit nie maar bloot 'n
opinie is nie. En dan moet mens vra oor die betroubaarheid van die inligting
waarop so 'n opinie berus.
>
> 'n Ander (meer patriotiese) antwoord is dat die Afrikaner 'n
> groot bydrae gelewer het om SA by verre die grootste industriele
> magsblok te maak in sub-Sahara Afrika.
Tot dusver stel jy moontlike antwoorde op jou vraag.
En dan begin jy self meepraat en kommentaar lewer:
> Dit is ook waar. Die
> jammerte is dat die bydrae, in die geheelbeeld, meer as net
> uitgewis word deur dit wat absoluut verkeerd was in die ou SA.
Is dit ook 'n "feit" dat die bydrae uitgewis word deur dit wat absoluut
verkeerd was?
Of is dit jou opinie?
>
> En dit is dalk 'n onderskeid wat die moeite werd is om oor na te
> dink. EEN diing wat "absoluut verkeerd" is (soos verdrukking) kan
> nie uitgewis word deur 'n HONDERD dinge wat baie "gewens" is nie.
> En daar 'n verskil tussen "ongewens" en "verkeerd". Dit was
> absoluut verkeerd om SA te regeer op die manier wat dit gedoen
> was.
Snaaks: Daar is mense wat (op die een of ander wyse) anders dink oor die
saak:
Hernman Gilliomee (bekend vir sy apartheidskritiek van die Ikeys kampus af)
reken dat die gevolge van die wyse waarop SA geregeer is ("verdrukking", is
jou woord), beter was as wat die gevolge van die waarskynlike alternatief
was.
Allister Sparks (van die ou Rand Daily Mail, en groot propageerder van die
slagspreuk "apartheid = misdryf teen die mensdom" kom tot die gevolgtrekking
dat die huidige onderwysstelsel 'n groter "misdryf teen die mensdom" is as
wat "apartheid" ooit was.
André P. Brink kom tot die ontstelde gevolgtrekking dat "apartheid" nie die
probleem van die verlede was nie, maar magsmisbruik. En, verklaar hy, die
magsmisbruik gooan voort - niks het verander nie.
Dat die land beter geregeer kon word, is ongetwyfeld waar. Ek dink nie
iemand sal daarmee stry nie. Maar dat dit "absoluut" verkeerd geregeer is,
skep probleme. (Sien onder)
> Moenie jouself terg deur anders te dink nie.
Hmmmm...... Ek raak kriewelrig as iemand vir my sê om nie anders te dink
nie. Dis juis een van die aspekte van die Afrikaanse samelewing van 'n
dekade of wat gelede waaarvan ek nie gehou het nie - die idee dat daar fout
mee is om "anders" te dink. (Ons het selfs die woord "andersdenkende" wat
sonder uitsondering 'n pejoratiewe konnotasie dra.)
> Dit maak nie
> saak wat jou perspektief is nie - "absoluut verkeerd" is
> verkeerd.
"Absoluut verkeerd" impliseer dat daar geen konteks of omstandighede is waar
die betrokke gedrag aanvaarbaar kan wees nie.
Ek stem saam dat dit moontlik miskien moontlik kan wees om sulke gedrag te
identifiseer. Ons kan, byvoorbeeld, sê dat moord "absoluut" verkeerd is. Dan
moet ons ook sê (soos baie mense wel doen) dat die onder alle omstandighede
verkeerd is - in selfverdediging, selfmoord, doodstraf vir moordenaars,
aborsie, aktiewe euthanasie, ens.
Is dit die soort ding wat jy bedoel met "absoluut verkeerd" wanner jy van
"verdrukking" praat?
> Die Afrikaner, en die leiers verkies deur die
> Afrikaner, was verkeerd. Genadiglilk, op die end, was daar 'n
> gewaarwording dat dit nie moontlik is om aan te hou op die pad
> nie. (Ekonomie, eerdeer as oortuiging, het egter 'n groot rol
> gepeel in daardie gewaarwording, maar dit is 'n ander storie...)
Ek dink jou persepsie is verkeerd - die "gewaarwoording" (dat bepaalde dinge
anders gedoen behoort te word) dateer ten minste uit die laat sestigerjare.
Waarom dink jy het Albert Herzog anders afgesplit van die die meerderheid
Afrikaners in die NP?
(Jy kan gerus gaan kyk - die HNP defenieer sy posisie juis dat hy die
onverdunde beleid van Verwoerd handhaaf).
Wat meer is, op daardie stadium was die SA ekonomie op sy sterkste in die
geskiedenis.
In die vroeë tagtigs het 'n soortgelyke dinge gebeur toe die KP afgesplit
het, omdat hulle nie te vinde was vir die "liberale" idees van die NP nie.
Hierdie "gewaarwording" het dus hoegenaamd nie "op die end" gekom nie, en
dit is nie noodwendig deur ekonomiese oorwegings gemotiveer nie. Daar
was 'n deurlopende etiese herwaardering, ook na gelang veranderende
omstandighede, wat dekades geduur het.
>
> Ek vind dat baie Suid-Afrikaners, veral Afrikaners, tot vandag,
> hier vasval. Dit help nie om te se "ons het so baie gedoen vir
> SA"
Bedoel jy mens mag nie so sê nie?
> terwyl die oorgrote meerderheid SA'ners nie eers kon stem
> nie.
Terwyl die oorgrote meerderheid SA'ners deurlopend al meer stemreg op
verskillende vlakke verwerf het.
> En 'n pas moes dra, soos 'n vreemdeling.
'n Praktyk wat deur die Hollandse en Engelse koloniale regerings gevestig
is. Impliseer dit dat Afrikaners nie die enigste is wat "absoluut verkeerd"
regeer het nie?
En 'n praktyk wat deur 'n Afrikanerregering afgeskaf is - vir die eerste
maal in eeue.
> En konstant
> behandel was as 'n derde-rangse hulpbron, eerder as 'n mens.
Hmmmm...... 'n baie subjektiewe kwessie hierdie. Ek, byvoorbeeld, ervaar dat
ek gesien word as 'n "derde-rangse hulpbron" in die NSA. Daar is Engelse,
Nederlanders, Duitser en (miskien veral Franse) wat soortgelyke ervarings in
hul eie gemeenskappe verwoord het.
In elk geval. Dis interessant dat skrywers soos Biko, byvoorbeeld, juis
verklaar dat die "white liberals" van sy meer geneigd was om mense te
ontmenslik as die "regse" Afrikaners. Van Nieker, byvoorbeeld, argumenteer
dat "regse" Afrikaners juis "regs" dink _omdat_ hulle die menslikheid van
die ander erken - en genoeg respekteer om dit nie te wil verander nie.
Goeie poging tot 'n klip in die bos - maar nie veel om die lyf nie :-)
|
|
|
Re: Die Afrikaner - 'n paar vrae [boodskap #25935 is 'n antwoord op boodskap #25898] |
Mon, 06 September 1999 00:00 |
Bees
Boodskappe: 186 Geregistreer: October 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Leendert van Oostrum skryf in boodskap news:7r02ag$4s0$1@kendy.up.ac.za...
> Hmmm..... hoe lyk "natuurlike" goedkoop arbeid?
Arbeid wat nie deur wetgewing effektief goedkoop gemaak word nie.
> Dis nou 'n interessante stelling - in die lig van die volgende:
>
> In die twintigs en dertigs het regerings aan die bewind gekom deur die
> mynbedryf te dwing om (ook ongeskoolde) mynwerk vir wittes te reserveer -
> onthou, dit was toe die Kommunistiese Party hom nog be-ywer het vir 'n "wit"
> werkerskorps, toe Jan Smuts die (wit) stakers uit die lug laat bombardeer
> het - om die mynwese terwille te wees sodat hulle meer van die "goedkoop"
> swart arbeid kan gebruik.
Knip
Leendert, jy haal dinge hier aan wat nie regtig my stelling
verkeerd bewys nie. Vir 'n lang periode gedurende die 50's to
middel 80's, die SA goudmyne se groot geldmaak-tydperk, is
geskoolde (beter-betalende) werk vir blankes gereserveer. Dus is
swartes se arbeid, deur wetgewing (onnatuurlik, geforseerd)
goedkoper gemaak. Verder is ondergrondse (rif) goudmynwese (tot
vandag) baie arbeidsintensief. Goedkoop arbeid, Leendert, het
daardie myne gedra. En die goedkoop arbeid was swart. Punt.
Groete
Bees
|
|
|
Re: Die Afrikaner - 'n paar vrae [boodskap #25936 is 'n antwoord op boodskap #25898] |
Mon, 06 September 1999 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Bees wrote in message ...
> wrote in message
> news:37D2FD5E.A9B58DB3@sympatico.ca...
>> En kan mens nou ook eerlik verklaar dat dit die "Afrikaner" is
> watSA so
>> geweldig industrieel laat ontwikkel het? Is dit nie tot 'n
> groot
>> mate die teenwoordigheid van Engeland se beleggings in die
> ekonomie
>> van SA wat dit so laat ontwikkel het nie? Tot kort gelede (en
> miskien
>> nou nog) is suidelike afrika maar net 'n ekstensie van Engeland
> se
>> finansiele en ekonomiese strukture.
>
> Nee. Soos ek probeer sê het "groot bydrae".... Miskien sou die
> woord "bydrae" alleen die doel gedien het. Verder - ek dink daar
> is geen twyfel dat (onnatuurlike) goedkoop arbeid,
Hmmm..... hoe lyk "natuurlike" goedkoop arbeid?
> veral in die
> arbeids-intensiewe mynwese, 'n baie groot rol gespeel het.
Dis nou 'n interessante stelling - in die lig van die volgende:
In die twintigs en dertigs het regerings aan die bewind gekom deur die
mynbedryf te dwing om (ook ongeskoolde) mynwerk vir wittes te reserveer -
onthou, dit was toe die Kommunistiese Party hom nog be-ywer het vir 'n "wit"
werkerskorps, toe Jan Smuts die (wit) stakers uit die lug laat bombardeer
het - om die mynwese terwille te wees sodat hulle meer van die "goedkoop"
swart arbeid kan gebruik.
Teen die sewentigs was dit die "liberale" pers en die VP/DP, saam met die
Besigheidskamers, wat die regering kwalik geneem het dat sy beleid
(tuislande, werkafbakening) die arbeid te duur maak, en besig was om die
ekonomie te beskadig. ("Vrye beweging van arbeid", was die strydkreet aan
daardie kant). Dit was juis hierdie argumente wat sterk steun verleen het
aan die Wiehan-kommissie, die liberalisering van arbeidsbeleid, en die
ontbanning van vakbonde vir swartes.
Die HNP - en later die KP - het sy bestaansrede hoofsaaklik daarin gevind om
die regering te kritiseer oor die afskaffing van werksafbakening, en dat sy
beleid plaasarbeid onbekombaar gemaak het.
Lanbou-ekonome hier by Tuks wys daarop die SA landbou deur doelbewuste
staatsubsidies oorgemeganiseer is om "goedkoop" hande-arbeid te vervang.
(Sodat die "goedkoop" arbeid na die tuislande "uitgevoer" kon word.)
> Groter as Engelse beleggings, of enige ander eksterne faktor.
Nee, wat, ou Bees. As jy probeer om jouself as Afrikaner te oriënteer, sou
ek voorstel dat jy begin deur jou te vergewis van die feite, eerder as die
spul voorafverteerde media-prul waarmee jy jou deur die jare versadig het.
|
|
|
Re: Die Afrikaner - 'n paar vrae [boodskap #25958 is 'n antwoord op boodskap #25898] |
Tue, 07 September 1999 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Bees wrote in message ...
> Leendert van Oostrum wrote in message
> news:7r1c3h$9ai$1@nnrp1.deja.com...
>
>> Deur die werk te reserveer vir 'n klein groep mense, het jy die
>> _gereserveerde_ werk duurder gemaak as wat dit sou wees as
> almal
>> toegang daartoe gehad het.
>
> Presies. En wat doen dit vir die gemiddelde inkomste van 'n groep
> wat deur reservering uitgesluit word?
>
> Dit verlaag.
Heeltemal korrek. Dit verlaag die _gemiddelde_ inkomste van die bepaalde
groep.
Dit verlaag egter nie die gemiddelde koste van die arbeidskategorie waartoe
die bepaalde groep beperk word nie (in die geval van swartmense in SA,
ongeskoolde/laaggeskoolde arbeid buite die sg. tuislande.)
|
|
|
|
Re: Die Afrikaner - 'n paar vrae [boodskap #25960 is 'n antwoord op boodskap #25898] |
Tue, 07 September 1999 00:00 |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Bees wrote:
> Wat was die Afirkaner se bydrae tot die samelewing, in
> die breë?
Vir my is die grootste invloed wat die Afrikaner en Afrikaansop die
wereld gehad het, die feit dat elke jan rap en sy maat
nou die woord "trek" gebruik asof dit deel van die Engelse
taal is. Ek het in my leeftyd dit sien insypel in die Engelse
gebruik, maar tot betreklik onlangs het dit darem nog 'n
redelike enge betekenis gehad. Maar die afgelope jaar of so
hang my mond soms net oop wanneer ek hoor hoe die
deursnee Kanadees dit van sy tong laat afrol vir alles en nog
wat.
Wat die persepsie van die Afrikaner in die wereld in die 20ste
eeu was - tot en met 1948 was die Afrikaner 'n romantiese
figuur. Dis deels as gevolg van die feit dat hulle so dapper teen
die Engelse oppermag vir hulle versit het. En Generaal Smuts
het die Afrikaner status in die buiteland gegee, gedurende en na
die Tweede Wereld-oorlog. Dus was dit dubbel jammer dat die
klomp orige dommerds aan bewind gekom het die tweede deel
van die eeu, en al die goeie kapitaal wat die Afrikaner opgebou
het, verkwansel het vir hulle eie gewin. Stooges van die Amerikaners.
uiteindelik tot 'n val gebring deur hulle eie stupidgeit.
Gloudina
>
|
|
|
Re: Die Afrikaner - 'n paar vrae [boodskap #25961 is 'n antwoord op boodskap #25928] |
Tue, 07 September 1999 00:00 |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 06 Sep 1999 22:00:31 GMT, Leendert van Oostrum
wrote:
|In article ,
| "Bees" wrote:
|>
|> Ek gee nie om wat Herman G of enige ander persoon daaroor dink
|> nie. Apartheid was verkeerd.
|
|Is dit 'n "feit", of is dit jou opinie?
|
...soos Ghandi se uriene.....
|
|
|
Re: Die Afrikaner - 'n paar vrae [boodskap #26145 is 'n antwoord op boodskap #25898] |
Sat, 11 September 1999 00:00 |
Chris Snyders (Home)
Boodskappe: 5 Geregistreer: August 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Bees skryf in boodskap news:ugQ9um#9#GA.251@cpmsnbbsa02...
> Een (ietwat siniese) antwoord is: die woord "apartheid" tot die
> internasionale taal. Dit is ongelukkig waar. Een ding is 'n
> feit - die Afrikaner het die kans om 'n bydrae te lewer tot die
> regering van SA totaal misbruik. Kom ons wees eerlik - dit was 'n
> totale, hartseer gemors. ("unadulterated" is die Engelse woord
> in my kop.)
Ek dink die mense ervaar die woord "apartheid" as "verdrukking",
die regerende party se denke daardie jare was "seperate development", maw
elke volk doen dinge op sy manier, dus daarom die tuislande, ens. Die ide�
was goed, dit is steeds duidelik dat daar wesentlike verskille is tussen die
volkere van SA. Dit was dalk net nie prakties uitvoerbaar nie, of nie goed
deurgetrap nie, en dan natuurlik nie 'n verstaanbare ide� in die westerse
wereld nie.
> En 'n pas moes dra, soos 'n vreemdeling.
Kyk wat gebeur to toestromingsbeheer (paswette) afgestel is. Dit is nou een
groot gemors met al die inbrake, "hi-jackings", squatter kampe, moorde, ens.
Dit was vir die blanke se beskerming, toegegee, maar met goeie rede, die
vrese van daai tye het nou wesentlik geword. Was die destydse regering dus
toe verkeerd?
> En konstant behandel was as 'n derde-rangse hulpbron, eerder as 'n mens.
SA is 'n kapitalistiese land, maw vraag en aanbod speel 'n rol in die mark.
dit geld ook, en sal altyd, in die arbeidsmark. Met so 'n groot aanbod van
ongeskoolde arbeid sal die prys (lone) noodwendig laag wees. Moet ook nie
uit die oog verloor dat die hordes "derde-rangse hulpbronne" sonder die
westerse invloed nooit iets verdien het voorheen nie, hy het van die land af
gelewe, so hy het dus geen verwysingsraamwerk om sy waarde op te baseer nie.
Chris
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Tue Dec 24 17:12:39 UTC 2024
|