Die Weer in Afferkaans! [boodskap #25756] |
Wed, 01 September 1999 00:00 |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Eintlik moet hierdie plasing onder daarie goed oorie web kom, maar ou
Helmut Lotti wat nou so lekker daar in die agtergrond "croon", maak my
magie so lekker warm en my brein biekie moesjie.
Hier's 'n lekker Afrikaanse happie:
Gaan kyk gerus op die web by
http://afrikaans.wunderground.com/
waar die weer so half in Afrikaans gegee word. Dis 'n lekker web
bladsy hierie - hulle laat jou toe om van hulle greffieks in jou eie
blad in te sit wat dan opdatum weer aanwys - veral handig vir die
ouens in die buiteland wat by die mense in SA wil wys wat koud of warm
nou regtig beteken.
|
|
|