"Muezzen" deur FERDI GREYLING [boodskap #25555] |
Wo, 25 Augustus 1999 00:00 |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
MUEZZEN
Kensington, Johannesburg
Ferdi Greyling
Pers jakarandas in die geel lente
onder 'n lug vol purper wolke.
Voor dit reën
hardloop die wind
soos kinders in die pad af.
Laatmiddag spoel die son
oranje oor die stad
en vroeg in die aand
dryf die moskee se klanke
soos lig na bo
om God hoog in die sterre te soek.
|
|
|
Re: "Muezzen" deur FERDI GREYLING [boodskap #51384 is 'n antwoord op boodskap #25555] |
Wo, 10 Oktober 2001 19:30 |
Kobus Pietersen
Boodskappe: 358 Geregistreer: April 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
skryf in boodskap news:3BC49E29.9B1560DA@home.com...
MUEZZEN
Kensington, Johannesburg
Pers jakarandas in die geel lente
onder 'n lug vol purper wolke.
Oe dit was nou rerig baie mooi.
Dankie en gooi nog.
|
|
|
Re: "Muezzen" deur FERDI GREYLING [boodskap #51410 is 'n antwoord op boodskap #51384] |
Do, 11 Oktober 2001 02:13 |
Jonas
Boodskappe: 1070 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ja - CM van den Heever sou trots gewees het ...
"Kobus Pietersen" skryf in boodskap news:9q283t$qv3$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>
> skryf in boodskap news:3BC49E29.9B1560DA@home.com...
> MUEZZEN
> Kensington, Johannesburg
>
> Pers jakarandas in die geel lente
> onder 'n lug vol purper wolke.
>
> Oe dit was nou rerig baie mooi.
> Dankie en gooi nog.
>
|
|
|