Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Lekker eet! (Was: internasionale sjokolade)
Lekker eet! (Was: internasionale sjokolade) [boodskap #25264] Vr, 13 Augustus 1999 00:00 na volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Thys de Wet wrote:
> Gee my springbok biltong
> gee my boer beskuit
> gee my lekker koffie
> en gooi die ander uit

Ag nee, Thys, nou wil ek sommer aspris wees en so antwoord:
biltong verhoog net die cholesterol, as dit nie dalk ook kanker veroorsaak nie. Ne boerbeskuit ook. Eet liewer 'n lekker sagte warm bagel wat jy so moet trek om hom afgebyt te kry. Met lekker dik roomkaas op (van die vetvrye soort!!) en 'n beker lekker varsgemaakte Colombiaanse koffie!

Dis nou wat jy kry as jy my so lus maak vir biltong, hier waar ek dit nie kan kry nie! Gelukkig gaan ek darem Oktober terug SA toe - en dan sal ek weer 'n stukkie biltong kan kry.

Die heel lekkerste biltong wat ek nog ooit gekoop het, was by Lynnpark slaghuis in Pretoria. Maar die lekkerste wat ek nog ooit geëet het, was die wat my pa gemaak het, destyds, toe ons nog in Windhoek gebly het. Toe was dit nog Suidwes-Afrika, en ek was in die laerskool. My pa en 'n paar vriende het so 'n keer of wat gaan jag in die Khomas Hochlandberge se omgewing. Teruggekom met springbokke en koedoes, en die ongelooflikste lekker biltong gemaak. Toe dit droog was, was dit spierwit van die peper, met sulke stukkies koljander wat daaraan vassit. Ons het op 'n stadium so baie gehad dat ons vir skoolkos daarvan gekry bedags. Sondagaande, as my ma nie geweet het wat om vir ons te gee om te eet nie, het sy biltong uitgehaal. Naderhand was die biltong so uitgedroog dat sy dit op die agterstoep met die agterkant van 'n byl fyngekap het tussen twee lae bruinpapier. DAN was dit eers lekker! Jy het dit so stukkie-stukkie afgebreek en op 'n sny brood en botter geëet. Regte brood, en regte botter - nie margarien of iets nie op pap winkelbrood nie.

Groetnis uit Pennsylvania, waar daar nie biltong is nie. Johan, as jy wors maak, maak sy seker ook biltong?

Henry
Re: Lekker eet! (Was: internasionale sjokolade) [boodskap #25275 is 'n antwoord op boodskap #25264] Sa, 14 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 13 Aug 1999 21:07:36 -0400, "Kwarantyn" wrote:

|Ag nee, Thys, nou wil ek sommer aspris wees en so antwoord:
|biltong verhoog net die cholesterol, as dit nie dalk ook kanker =
|veroorsaak nie. Ne boerbeskuit ook. Eet liewer 'n lekker sagte warm =
|bagel wat jy so moet trek om hom afgebyt te kry. Met lekker dik roomkaas =
|op (van die vetvrye soort!!) en 'n beker lekker varsgemaakte =
|Colombiaanse koffie!

Ek moet nou eers vir jou vertel: my eerste kennismaking met 'n bagel
was baie negatief. Ek is, tien dae na ons hier in Amerika aangekom
het, af Ft Worth toe in Texas vir 'n Leathercraft Show. Daar in die
hotel gee hulle toe net 'n kontinentale ontbyt wat jy jouself aan
help.

Ek's toe ook nie links nie en ek neem 'n bagel - iets nuuts om te
probeer! Roomkaas en jam daarby. Ek het seker 'n ou style gekry, maar
ek het baie lank gekou, en daar was nie juis iets anders om te eet nie
en ek was nog bietjie stupid en vreemd. So ek het maar daar gesit en
kou - naderhand nog kaas en jam en botter gaan haal om te probeer nog
vog in my mond kry om te help. En na 'n halfuur se stoei genoeg
afgewurg sodat dit nie te sleg sou lyk as ek die res onder 'n servet
versteek nie. Noooooiit weer 'n bagel probeer nie! Nou sê jy vir my
dis anders?!
|

|Die heel lekkerste biltong wat ek nog ooit gekoop het, was by Lynnpark =
|slaghuis in Pretoria. Maar die lekkerste wat ek nog ooit geëet het, =
|was die wat my pa gemaak het, destyds, toe ons nog in Windhoek gebly =
|het.

Man, ek is op soek na C Louis Leipoldt se beskrywing van die perfekte
stukkie biltong - nooit gedink 'n stukkie droë vleis kan so sensueel
klink nie! En ek kan dit nie weer opspoor nie - dit was iewers op die
web.....
|
|Groetnis uit Pennsylvania, waar daar nie biltong is nie. Johan, as jy =
|wors maak, maak sy seker ook biltong?

Ja, maar sover het dit toevallig maar so gekom dat ons dit net in die
winter gemaak het. Ek het wel nou die dag 25 pond vleis in wors
gestop en gedroog! En sommer net so kom 'n vrou en sy koop die hele
lot by ons!

More gaan my vrou Cannon Falls toe, 'n dorpie so halfuur suid van ons
waar ons skape koop by 'n boer - hulle lewer dit aan 'n slaghuis wat
dit slag en verwerk. Ons betaal $175 per skaap, wat die vleis, opsny
en die afvalverwydering insluit. Ons weet nie wat die skaap weeg
nie, maar verlede jaar het ons ook by dieselfde boer gekoop en ek dink
dit was maar iets soos $4 per pond. Ten minste kry ons die nek en die
chops en alles! Ek het selfs gevra dat hulle vir my die vet eenkant
sit - skaapspek is glo die enigste wat jy regtig in droë wors kan
sit?! Ek gaan maar kyk hoe dit proe.

soos Garrison Keiller sê: "...and that's the news from Lake Woebegone, where the women are strong,
the men are good looking and the children are all about average...."

=|:^)

Johan
Re: Lekker eet! (Was: internasionale sjokolade) [boodskap #25276 is 'n antwoord op boodskap #25264] Sa, 14 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Henry, ek weer hou ook van bagels en is ook picky met wat ek koop. Ek
hou net van die plain, poppy seed of sesame seed bagel. Dit word altyd
gerooster, en dan sit ek of heuning en gerasperde kaas bo oor, of Marmite.
Soms maak ek n tuna slaai aan en sit dit bo op die geroosterde bagel. Ek
hou nie van ongeroosderde bagels nie, dit is te taai. En van Philidelphia
roomkaas hou ek net niks, so n suur tandepasta consistance smeer, yegh, dis
net goed vir kaaskoeke :-))

Pat
NS O ja, as jy vars All Gold Vyekonfyt kan kry, dan sit jy n bietjie
daarvan oor ook. Onthou julle ook dat toe mens in SA gebly het, het ons
altyd of Gouda of Cheddar kaas gekoop. Hier in die VSA sien mens net die
fancy Gouda ingevoer van Holland, dis baie skaars. Ons het dit sommer
soetmelk kaas genoem, alhoewel dit soms na rubber gesmaak het. Die
Amerikaners gooi mos kaas in alles wat nie roer nie, maar alles cheddar.
Wat dink julle van Velveeta en Spam? Ek ken mense wat n velveeta en spam
toebroodjie maak en heerlik smul (met mayonnaise ook), is iets meer
grillerigs ! :-)))

Kwarantyn wrote in article
...
> Noooooiit weer 'n bagel probeer nie! Nou sê jy vir my
>> dis anders?!
>
> Bagels is van nature taai buite om. As jy dit byt, moet jy dit so treeek.
> Anders is hy nie heeltemal reg nie. Dis oor die manier waarop 'n mens hulle
> maak. Eers word die deeg goed geknie om die gluten heeltemal af te breek.
> Dan vorm jy hulle met die hand in die regte vorm en gooi dit in 'n pot
> kokende water waarin 'n bietjie suiker opgelos is. Na dit gekook is - kan
>
Re: Lekker eet! (Was: internasionale sjokolade) [boodskap #25277 is 'n antwoord op boodskap #25264] Sa, 14 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"PAT" wrote:
> Ag nee, gesond is dit nie, wat van al daardie sout wat n mens
> se mond so optrek.

Goeie biltong is _nooit_ so sout nie, selfs al is hy kurkdroog.

En matige sout, soos matige wyn, is net vir party mense ongesond :-)

> Tensy dit volstruisbiltong is, maar die lekker
> nat (ongesonde) beesbiltong is tog veel lekkerder.

Hoekom is nat biltong ongesond? Dis die heel lekkerste, en die
soutinhoud die laagste. (En jy kan dit nie in Noord-Amerika insmokkel
nie :-)

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Lekker eet! (Was: internasionale sjokolade) [boodskap #25278 is 'n antwoord op boodskap #25264] Sa, 14 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Noooooiit weer 'n bagel probeer nie! Nou sê jy vir my
> dis anders?!

Bagels is van nature taai buite om. As jy dit byt, moet jy dit so treeek.
Anders is hy nie heeltemal reg nie. Dis oor die manier waarop 'n mens hulle
maak. Eers word die deeg goed geknie om die gluten heeltemal af te breek.
Dan vorm jy hulle met die hand in die regte vorm en gooi dit in 'n pot
kokende water waarin 'n bietjie suiker opgelos is. Na dit gekook is - kan
nou nie meer onthou hoe lank nie - haal jy dit uit, verf dit met suikerwater
en bak die verder in die oond tot dit 'n lekker goudbruin korsie het. Jy
moet net 'n bagel eet as hy vars is en as hy reg gemaak is. Hoor by kennisse
dat jy nie wes van die Mississippi bagels kry wat goed is nie. New York is
eintlik die tuiste van die perfekte bagel, en jy koop ook nooit die haflrou
bevrores of fabrieksgemaakte bagels nie. Ek koop net by die bagelwinkel my
bagels; hulle maak dit net reg. Die bagelwinkel by ons trek sy neus erg op
vir die "bogus bagels" met allerhande goed daarin - soos blueberries en so
aan. Self trek ek my neus op vir bagels wat anders is as "plain" of
"sesame".

Koop 'n lekker vars bagel (ek hou baie van die sesambagels), sny hom deur en
as jy lus het, rooster hom. Hy moet dan warm geëet word met roomkaas - die
gewone soort, of van die gegeurdes. Net nie iets soets daarop nie - selfs
nie soet roomkaas nie. As jy gegeurdes opsit, koop dan die gerookte
salmroomkaas, of iets in die lyn. Persoonlik verkies ek net een soort:
Philadelphia gewoon - en ter wille van die middellyn eet ek die vetvrye
soort. Daarmee saam 'n koppie vars, stomende koffie. Ontbyt kan nie beter
wees as dit. "They don't come any better!" As ek nou moet kies tussen koffie
met beskuit, of koffie met bagel, is daar nie vir my 'n keuse nie....

Groetnis!

Henry
Re: Lekker eet! (Was: internasionale sjokolade) [boodskap #25279 is 'n antwoord op boodskap #25264] Sa, 14 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 14 Aug 1999 18:10:55 GMT, "PAT" wrote:

|soetmelk kaas genoem, alhoewel dit soms na rubber gesmaak het. Die
|Amerikaners gooi mos kaas in alles wat nie roer nie, maar alles cheddar.
|Wat dink julle van Velveeta en Spam? Ek ken mense wat n velveeta en spam
|toebroodjie maak en heerlik smul (met mayonnaise ook), is iets meer
|grillerigs ! :-)))
|
|
Pat, ek het sommer lekker hard gelag hieroor! Ek is baie lief vir
cheddar - so wat dit betref is ek in die sewende hemel - boonop is die
gerasperde kaas by Sam's Club goedkoper as die heel blokke iewers
anders. Is net matigheid wat my keer om nie te veel te eet nie, wel ,
nie heeltemaal te veel nie.

Maar ek gril vir die Velveeta - dis nou regtig net vir bakdoeleindes
bedoel en spam het ek nog nie probeer nie! Skande....

soos Garrison Keiller sê: "...and that's the news from Lake Woebegone, where the women are strong,
the men are good looking and the children are all about average...."

=|:^)

Johan
Re: Lekker eet! (Was: internasionale sjokolade) [boodskap #25281 is 'n antwoord op boodskap #25264] Sa, 14 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
O ja jy kan vriend Leendert, Woolworths maak die heel lekkerste biltong
wat hulle vacuum verpak, en ou Sam, die biltong-snuifende bloedhond by
Miami lughawe kan dit nie ruik nie. O salig... Maar die Amerikaners is
streng met wat jy mag inbring. My vriendin het n groot pak proteas gekoop
op Jan Smuts, (en n fortuin betaal), en toe sy op Miami lughawe kom, smyt
hulle die hele spul blomme net so in die vullisdrom, glo iets van goggas en
insekte wat n bedreiging is vir die katoen en peanut boere.

Pat

Leendert van Oostrum wrote in article > nat (
> Hoekom is nat biltong ongesond? Dis die heel lekkerste, en die
> soutinhoud die laagste. (En jy kan dit nie in Noord-Amerika insmokkel
> nie :-)
>
>
>
>
>
> Sent via Deja.com http://www.deja.com/
> Share what you know. Learn what you don't.
>
Re: Lekker eet! (Was: internasionale sjokolade) [boodskap #25282 is 'n antwoord op boodskap #25264] Sa, 14 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Kwarantyn" wrote:
> This is a multi-part message in MIME format.
>
> ------=_NextPart_000_0111_01BEE5CF.DEA37D80
> Content-Type: text/plain;
> charset="iso-8859-1"
> Content-Transfer-Encoding: quoted-printable
>
> Thys de Wet wrote:
>> Gee my springbok biltong
>> gee my boer beskuit
>> gee my lekker koffie
>> en gooi die ander uit
>
> Ag nee, Thys, nou wil ek sommer aspris wees en so antwoord:
> biltong verhoog net die cholesterol, as dit nie dalk ook kanker =
> veroorsaak nie.

Foutjie!

Omdat biltong rou vleis is, het dit blykbaar geen negatiewe effek op
cholestrolvlakke nie - om die waarheid te sê, dis blykbaar heel gesond!

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Lekker eet! (Was: internasionale sjokolade) [boodskap #25283 is 'n antwoord op boodskap #25264] Sa, 14 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Wonderlik dat smaak so kan verskil. Philly roomkaas bly vir my bobaas.
Natuurlik is die tunaslaai fantasties op bagels - maar noem net vir die
SAkaners onder ons lesers dat dit (tunaslaai) meer 'n stewige smeer is met
fyn tuna, mayonnaise en geurmiddels is as wat dit slaai is. Hoenderslaai
word ook so gemaak. Jy moet dit hier proe om dit te waardeer.

Velveeta kry ek nie in my lyf nie - spam nog minder! Net die gedagte aan wat
alles in spam ingaan (soos ook in die hot dog worsies!!) is genoeg om my af
te skakel. Dis vir my in dieselfde klas as scrapple. Jig!! (Sorry, PAT - dis
maar net my kos vooroordele wat nou uithang!)

Groetnis uit Bucks County, waar ons laasnag 'n lekker donderstorm gehad
het - en ook vanmiddag. Die donderweer het ons krag uitgeslaan, en ons was
sewe uur lank sonder krag. Gelukkig darem van net na middernag tot vanoggend
skuins voor agt. Ons kort egter veel meer om die droogte te breek.

Henry

PAT skryf....
> Wat dink julle van Velveeta en Spam? Ek ken mense wat n velveeta en spam
> toebroodjie maak en heerlik smul (met mayonnaise ook), is iets meer
> grillerigs ! :-)))
Re: Lekker eet! (Was: internasionale sjokolade) [boodskap #25284 is 'n antwoord op boodskap #25264] Sa, 14 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ag nee, gesond is dit nie, wat van al daardie sout wat n mens
se mond so optrek. Tensy dit volstruisbiltong is, maar die lekker
nat (ongesonde) beesbiltong is tog veel lekkerder. Iemand se my
daar is n restaurant in Johannesburg genaamd "Carnivore" en daar
kry mens go Zebra, volstruis, bok ens. Ek kan my nie indink om zebra
te eet nie, dit moet mos soos perd smaak. Maar nou ja, as mens n
sousie oor enigiets gooi (veral n knoffelsous) dan smaak alles lekker :-))

Pat

Leendert van Oostrum wrote in article

> Foutjie!
>
> Omdat biltong rou vleis is, het dit blykbaar geen negatiewe effek op
> cholestrolvlakke nie - om die waarheid te sê, dis blykbaar heel gesond!
>
>
>
> Sent via Deja.com http://www.deja.com/
> Share what you know. Learn what you don't.
>
Re: Lekker eet! (Was: internasionale sjokolade) [boodskap #25285 is 'n antwoord op boodskap #25264] Sa, 14 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Dubbelfoutjie, Leendert.

Jy het duidelik nie die tong in my kies raakgesien nie. Ek het maar net
"suur druiwe" gespeel.

Leendert van Oostrum
> Foutjie!
>
> Omdat biltong rou vleis is, het dit blykbaar geen negatiewe effek op
> cholestrolvlakke nie - om die waarheid te sê, dis blykbaar heel gesond!
Re: Lekker eet! (Was: internasionale sjokolade) [boodskap #25286 is 'n antwoord op boodskap #25264] Sa, 14 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"PAT" wrote:
> O ja jy kan vriend Leendert, Woolworths maak die heel lekkerste biltong
> wat hulle vacuum verpak, en ou Sam, die biltong-snuifende bloedhond by
> Miami lughawe kan dit nie ruik nie. O salig...

Ek ken Woolies se vakuum-verpakte biltong.

Soos alle vakuumverpakte biltong, smaak dit muwwerig!

As jy biltong wil eet in Noord-Amerika (of enige ander plek behalwe
waar daar betroubare slaghuise is wat dit maak) moet jy dit self maak.

Dis een ding wat ek op see geleer het!

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Lekker eet! (Was: internasionale sjokolade) [boodskap #25301 is 'n antwoord op boodskap #25264] So, 15 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Johan wrote in message ...
>
> Ja, maar sover het dit toevallig maar so gekom dat ons dit net in die
> winter gemaak het. Ek het wel nou die dag 25 pond vleis in wors
> gestop en gedroog! En sommer net so kom 'n vrou en sy koop die hele
> lot by ons!

25 pond ????? 11.33 Kilogram ????????

Nee man broer Johan - jy speel mos. Druk 'n hele koedoekarkas van so
130 Kg (amper 290 pond) in derms voor jy sê jy't wors gemaak :-))))

> Ons betaal $175 per skaap
Goeie d.....nn......r EEN DUISEND RAND Plus
Laat weet ons wat het die ding geweeg - asseblief. En hier dink ek weer
die slagter in mal met sy 46 randjies vir 'n lamsboudjie.

> skaapspek is glo die enigste wat jy regtig in droë wors kan
> sit?! Ek gaan maar kyk hoe dit proe.
>

Nou sal jy vir my 'n foto moet plaas van daardie Yankee skaap wat SPEK het

Johan, vergeet van skaapvet in jou wors. As die wors droog word, word die
skaapvet kliphard. 'n Baie beter opsie is die vet wat aan 'n bees se
boude sit. Hou die wors altyd sag en sappig al word die wors hoe oud.

Gegroet
Omie
Re: Lekker eet! (Was: internasionale sjokolade) [boodskap #25302 is 'n antwoord op boodskap #25264] So, 15 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Johan, ek het nog nooit skaapvet in boerewors gesit nie, altyd
"spek". Dis nou nie bacon nie, maar so n dik stuk vark met n laag vet en
n laag vleis ens. Dit dice ek dan en voeg dit by. Dan, as ek die wors
braai, steek ek dit vol gate, dan spat die vet met n boog, en dis minder
vetterig. Maar ek moet se, ek eet omtrent een maal per jaar boerewors. Ek
kan nie meer daardie vetterigheid hanteer nie.

Ek onthou ook in SA hoe baie ek van skaap gehou het, maar dis vir my ook
te ryk. Wat dink jy van die amerikaanse sausage? Hier waar ek bly is n
sausage biscuit baie gewild (en dan kan jy dit mos koop met velveeta en
eier daaroor, yegh!) Ek gebruik altyd sausage as ek my kalkoen stop oor
Thanksgiving. Dan meng ek dit met Pepperidge Farm se krummels,
fyngerasperde ui, fyngerasperde granny smith appel, en sage. En dan meng
ek die kalkoen se nekvleis ook in die stopsel in, en siedaar, dis baie
lekker. (O ja, soms so n skootjie sjerrie is ook lekker).

Pat

Johan wrote in article
> Fancy vleis snitte kan jou maklik tot $8/pond kos, maar gemiddeld sou
> ek sê betaal ons maar so $3.50/pond. Baie goeie vetvrye maalvleis,
> vars by ons slagter kos $2.19 per pond.
>
> Die groot geheim hier is om jou oë fyn oop te hou vir specials: ek
> koop net vleis van onder $2 vir die boerewors. Gewoonlik bees chuck,
> maar nou laas byvoorbeeld het ek "Bottom round steak" gekoop vir
> $1.75, die pragtigste vleis wat jy jou kan indink.
> |
> |Nou sal jy vir my 'n foto moet plaas van daardie Yankee skaap wat SPEK het
> |Johan, vergeet van skaapvet in jou wors. As die wors droog word, word die
> |skaapvet kliphard. 'n Baie beter opsie is die vet wat aan 'n bees se
> |boude sit. Hou die wors altyd sag en sappig al word die wors hoe oud.
>
> Ahhh, baie dankie! Ek sukkel so om raad hieroor te kry en moet my op
> een of twee resepte boeke verlaat. Ek gaan dit defnitief probeer. Is
> varkspek heeltemaal taboe vir droë wors?
>
Re: Lekker eet! (Was: internasionale sjokolade) [boodskap #25305 is 'n antwoord op boodskap #25264] So, 15 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
En net om sout in te vryf (letterlik en figuurlik) - Ek kom so pas terug
vanaf Hochfeld (Okahandja distrik). Een koedoe, een gemsbok en een
bees.
(Die bees is om Walvisbaai se slagters vir 'n jaar lank te boikot). Die
koedoe het in wors verander (vir droog en bak) en die gemsbok is bitong,
wors en die benevleis is afgekook.

Groete julle almal oor die water

Omie
Kwarantyn wrote in message
...

Maar die lekkerste wat ek nog ooit geëet het, was die wat my pa gemaak
het, destyds, toe ons nog in Windhoek gebly het. Toe was dit nog
Suidwes-Afrika, en ek was in die laerskool. My pa en 'n paar vriende het so
'n keer of wat gaan jag in die Khomas Hochlandberge se omgewing.
Re: Lekker eet! (Was: internasionale sjokolade) [boodskap #25306 is 'n antwoord op boodskap #25264] So, 15 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 15 Aug 1999 13:46:22 +0200, "Hans"
wrote:

|
|Nee man broer Johan - jy speel mos. Druk 'n hele koedoekarkas van so
|130 Kg (amper 290 pond) in derms voor jy sê jy't wors gemaak :-))))

Ag, jy laat my hele tong uithang! Ek sou wat wou gee vir die koedoe
en die kapasiteit om dit te verwerk en droog!
Al wat ek jou kan vra is om dit maar namens my en die ander oudSAners
terdee te geniet.
|
|>Ons betaal $175 per skaap
|Goeie d.....nn......r EEN DUISEND RAND Plus
|Laat weet ons wat het die ding geweeg - asseblief. En hier dink ek weer
|die slagter in mal met sy 46 randjies vir 'n lamsboudjie.

Ek sal jou laat weet wat ons per pond betaal het en wat hy geweeg het.
Ons betaal ook so twintig na dertig dollar vir 'n skaapboud in die
winkels. Skaapvleis is hier so gewild soos vark in SA en vark is hier
weer meer gewild as skaap in SA.

Fancy vleis snitte kan jou maklik tot $8/pond kos, maar gemiddeld sou
ek sê betaal ons maar so $3.50/pond. Baie goeie vetvrye maalvleis,
vars by ons slagter kos $2.19 per pond.

Die groot geheim hier is om jou oë fyn oop te hou vir specials: ek
koop net vleis van onder $2 vir die boerewors. Gewoonlik bees chuck,
maar nou laas byvoorbeeld het ek "Bottom round steak" gekoop vir
$1.75, die pragtigste vleis wat jy jou kan indink.
|
|Nou sal jy vir my 'n foto moet plaas van daardie Yankee skaap wat SPEK het
|Johan, vergeet van skaapvet in jou wors. As die wors droog word, word die
|skaapvet kliphard. 'n Baie beter opsie is die vet wat aan 'n bees se
|boude sit. Hou die wors altyd sag en sappig al word die wors hoe oud.

Ahhh, baie dankie! Ek sukkel so om raad hieroor te kry en moet my op
een of twee resepte boeke verlaat. Ek gaan dit defnitief probeer. Is
varkspek heeltemaal taboe vir droë wors?
Re: Lekker eet! (Was: internasionale sjokolade) [boodskap #25307 is 'n antwoord op boodskap #25264] So, 15 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 14 Aug 1999 22:47:50 -0400, "Kwarantyn" wrote:

|Groetnis uit Bucks County, waar ons laasnag 'n lekker donderstorm gehad
|het - en ook vanmiddag. Die donderweer het ons krag uitgeslaan, en ons was
|sewe uur lank sonder krag. Gelukkig darem van net na middernag tot vanoggend
|skuins voor agt. Ons kort egter veel meer om die droogte te breek.
|
'n Vriend van my sê Baltimore het nog net 'n maand se water oor - gaan
dit daar by julle ook so erg? Ons is baie gelukkig hier waar ons is -
al die vloede en droogtes en donderweer en tornados gebeur om ons,
maar nie by ons hier nie. Maar dit reen ook nie te veel hier nie - ek
gooi baie meer die grasperke nat as verlede jaar.
Re: Lekker eet! (Was: internasionale sjokolade) [boodskap #25324 is 'n antwoord op boodskap #25264] Ma, 16 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Alwyn Nel wrote in message ...
>> (Die bees is om Walvisbaai se slagters vir 'n jaar lank te boikot).
>
> Nou wat het die manne aangevang om dan nou self boude boontoe in die
> koelkas te beland?

Bloot 'n kwessie van ekonomie, broer.

Die ou-ou probleem van die boer wat tussen 7 en 10 rand per kg vir sy bees
kry maar teen die tyd wat hy op die rak land, het die prys al verdriedubbel.
Maalvleis (lieslappe en ander afvalvleisies en senings) is by die
goedkoopste plek 18 rand per kilo. "Rump steak" gaan jy nie maklik onder
40 rand kry nie terwyl "fillet steak" nader aan 55 + rand sleep. En dan
is daar nog die b..........krs wat "topside" opsny en as "rump" merk. Oor
slagters se boerewors hoef ek my nie verder uit te laat nie.

Dus - ek slag direk by die boer en vertrou sy kennersoog (nie dat ek ook nie
'n besie op die hoef kan takseer nie) om die bees uit te soek - en glo my,
dit is 'n uitsoekbees. Die boer laat my die heersende markprys betaal.
Omdat die boer ook terselfdertyd my vriend is, en ook billikheidhalwe - las
ek nog ietsie by die markprys. Wanneer 'n boer beeste vir slag weglaai, is
daar nog BAIE ander kostes - agentefooie, kommissies en 'n spul heffings
sodat dit wat hy in sy sak steek sleg onder die markprys uitwerk. Dit
werk wedersyds voordelig vir my en die boer.

En as 'n bonus jag ek en my ou vriend saam voordat die bees geslag word.
(Die bees is bedoel vir kook en bak en braai - die wors en biltong kom uit
die wild uit - koedoe en gemsbok) Die wildjies wat val, bewerk ons saam
en deel die hele opbrengs gelykop. Was jy al ooit by as mens so 'n hele
karkas omsit in wors - vir bak en droog ? Kan jou verseker dat hoewel dit
harde werk is, dit ook 'n fees is van saamwerk van vriende - mens is skoon
spyt as dit verby is.

As ek op die einde my kostes bymekaar tel en my bees per kilo prys, werk dit
nog onder 12 rand per kilo uit - en dit sluit oor 'n 1000 kilometer se ry
met my petroldief Land Rover in. As dit nie 'n ekonomiese proposisie is
nie, vreet ek my ou laphoed op. :-))

Vriendelik - vanuit 'n snikheet oosteweer Walvisbaai
(hoe hou julle van 33 grade C in die winter)

Omie
Re: Lekker eet! (Was: internasionale sjokolade) [boodskap #25325 is 'n antwoord op boodskap #25264] Ma, 16 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
> (Die bees is om Walvisbaai se slagters vir 'n jaar lank te boikot).

Omie,

Nou wat het die manne aangevang om dan nou self boude boontoe in die
koelkas te beland?

Alwyn - uit Perth
Re: Lekker eet! (Was: internasionale sjokolade) [boodskap #25326 is 'n antwoord op boodskap #25264] Ma, 16 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 15 Aug 1999 14:31:50 GMT, "PAT" wrote:

|
|Johan, ek het nog nooit skaapvet in boerewors gesit nie, altyd
|"spek".

Nie boerewors nie, droë wors...

| Dis nou nie bacon nie, maar so n dik stuk vark met n laag vet en
|n laag vleis ens.

Ek kry dit nie hier te koop nie!
Re: Lekker eet! (Was: internasionale sjokolade) [boodskap #25340 is 'n antwoord op boodskap #25264] Di, 17 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
Raai wat: toe ek vanmore by my kantoor instap, staan hier 'n bottel Milo op my
tafel. Erste keer dat ek dit in 'n bottel sien, maar dis 'n groot lkker bonus!
Ek sal seker nog uitvind wie die weldoener is en wat ek hom daarvoor skuld, maar
vanaand gaan ek darem 'n lekker glas Milo drink!
Vorige onderwerp: Biltong en ander lekkertes
Volgende onderwerp: Re: Lekker eet - Boerewors / Droëwors
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 19:30:33 MGT 2024