Tuis » Taal » Prosa & poësie » Ek graaf met my geadgtes - Totius
Ek graaf met my geadgtes - Totius [boodskap #25249] |
Wed, 11 August 1999 00:00  |
Kwarantyn
Boodskappe: 171 Geregistreer: June 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Totius het baue jare gelede soos ons ook maar geworstel met die vrae wat ons
almal van tyd tot tyd teister:
Ek graaf met my gedagtes
Ek graaf met my gedagtes
in die geheimenis,
en soek of daar geen antwoord
op al my raaisels is.
Ek graaf nes in 'n sandhoop
met my: Waarom? en Hoe?
By elke nuwe poging,
dan val die plek weer toe.
Ek graaf; maar elke môre
begin my werk van voor;
ek graaf; maar as ek weg is,
skuif snags die sand daaroor.
"Helaas, die voorgeslagte
(so klink 'n stem in my)
het ook soos jy gegrawe,
maar daar't geen spoor gebly.
"Dus, hou maar op met grawe,
berusting is so soet;
net één ding te gelowe,
en dit is: God is goed!"
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Ek graaf met my geadgtes - Totius [boodskap #25347 is 'n antwoord op boodskap #25249] |
Tue, 17 August 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Johan wrote:
> - ek dink
> hy het seker ook maar net 'n goeie antwoord uitgedink vir die ou tannies met nat
> broeke wat altyd met treurmares sit en kla oor hoe onregverdig die lewe dan nou
> ook al mag wees.
Johan, ek vind dit werklik afstootlik in jou geskrywerydat jy altyd sulke snedige
opmerkings oor vroumense
maak. As dit nie jou skoonma is nie, is dit iemand anders
van die vroulike geslag. Ek wonder ook of jy bewus is
van die statistiek wat aandui dat ouer vroue baie meer
gelukkig is en ook baie gesonder is as ouer mans (wat
byvoorbeeld hulle vrouens verloor het, in watter geval
hulle baie makliker en gouer doodgaan.) Ek dink ook
dat vir iemand wat homself vir 'n Christen uitgee, jy
moet waak teen hierdie snedige opmerkings teen jou
medemens. Ek dink nie Christus sou daarvan gehou
het as jy so oor ander lede van die menslike geslag
gepraat het nie.
Gloudina
>
>
> |
>
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Ek graaf met my geadgtes - Totius [boodskap #25370 is 'n antwoord op boodskap #25249] |
Wed, 18 August 1999 00:00  |
reisiger
Boodskappe: 645 Geregistreer: July 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Life is not fair, But God is good!"
Ek stem saam, Totius chicken uit. Maar die punt is, die
lewe is regverdig. Die aarde is so geskape met 'n doel - om
geestelike ontwikkeling te verseker. Van dit wat ons nie
van hou nie, sodat ons kan ontwikkel vanaf brakwater na
pragtige blomme, om die Namakwaland gedig op te haal.
Anders sou alles net stagneer het, en vervelig wees. Dit is
die diepere les van die lewe, sodat die mens sy gees kan
ontwikkel deur geestelike kennis toe te pas. Totius
verstaan net een helfte van die prentjie. Gaan krap maar in
die yin / yang van die Oosterse gelowe, en jy kom
uiteindelik by die waarheid uit.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Tue Feb 25 11:44:26 UTC 2025
|