Nog iets.... [boodskap #25175] |
Thu, 05 August 1999 00:00 |
Kwarantyn
Boodskappe: 171 Geregistreer: June 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Johan, byna vergeet ek van een van die kekkerste lekkertes: koop 'n bakkie
vars blueberries by jou supermark. Sit dit dan netso in die vrieskas, tot
dit kliphard bevrore is. Eet dan daarvan (sonder om te ontdooi) vir nagereg,
of sommerso tussenin op 'n lekker waaaaarrrrrm somersdag. Heerlik
verfrissend, vars en koel, beter as as roomys! Probeer dit gerus.
|
|
|
Re: Nog iets.... [boodskap #25187 is 'n antwoord op boodskap #25175] |
Fri, 06 August 1999 00:00 |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 5 Aug 1999 17:32:31 -0400, "Kwarantyn" wrote:
|Johan, byna vergeet ek van een van die kekkerste lekkertes: koop 'n bakkie
|vars blueberries by jou supermark. Sit dit dan netso in die vrieskas, tot
|dit kliphard bevrore is. Eet dan daarvan (sonder om te ontdooi) vir nagereg,
|of sommerso tussenin op 'n lekker waaaaarrrrrm somersdag. Heerlik
|verfrissend, vars en koel, beter as as roomys! Probeer dit gerus.
|
|
Baie dankie - hulle lyk altyd so geweldig aantreklik in die supermark
met al die ander strawberries en die brame, maar ek het nog nooit
geweet wat om met hulle te maak nie. My seuns sal dit netso geniet om
dit so gevries te eet.
Wat ek baie geniet en baie dae werk toe vat vir middagete, is 'n klomp
stukkies rou blomkool, broccoli en worteltjies met 'n bietjie van die
dipsous of 'n bietjie slaaidressing oor - dis baie lekker!
soos Garrison Keiller sê: "...and that's the news from Lake Woebegone, where the women are strong,
the men are good looking and the children are all about average...."
=|:^)
Johan
|
|
|