Fort Snelling Deel 2 [boodskap #24391] |
Do, 01 Julie 1999 00:00 |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 30 Jun 1999 22:19:14 +0200, "Shannon"
wrote:
| Johan, ons ander lees graag.
|
...........Dan staan almal weg en skiet hulle 'n loskruit skoot af
(sonder kanon koeël).
Die soldate is aangetrek in die uniforms wat hulle daardie tyd
aangetrek het, selfs in die heersende hitte - die ou kommandeur
Snelling was glo baie progresief en het vir die manskappe 'n
somersuniform ontwerp - wit seil langbroeke en wit seil baadjies oor
hulle hemde - nog steeds baie dik en warm, maar ten minste nie wol en
donker blou soos die standaard Amerikaanse uniform van daardie tyd was
nie.
Loop jy by 'n slaapkwartier in, dan sit daar so drie of vier van die
soldate, besig om hule muskets skoon te maak - al tot 'n fyn kuns die
ding ontwikkel dat jy hulle nooit met 'n moderne gesprek sal vang nie.
Hulle groet jou baie beleef en waar een of twee volgens ons aksent vra
waar ons vandaan kom, sal hulle antwoord: "Oh, that must be a very
long journey on the boat!!"
Stap jy weer by 'n ander kamer in, sit daar een van die soldate se
vrouens wat ook as wasvrou indiens geneem is en drie keer 'n week 17
soldate se univorms onder by die rivier moet gaan was. Die mense
speel hulle rolle so goed dat hulle nie eers met moderne Amerikaanse
aksente praat nie en ook 'n ouerige woordeskat handhaaf - hulle sal
jou byvoorbeeld nie groet met "Hi" nie en dit is opmerklik.
Die ou wasvrou het so lekker gepraat en oor alledaagse goed. Oor hoe
die vrou in die hospitaal baie meer soldate se uniforms moet was en
hoe sy meer betaal word en hoe sy self seep maak en eerder ook haar
eie kerse maak as om by die winkeltjie te koop want daar is hulle so
duur en sy wil bietjie geld spaar en sy leer haar seun kos kook want
sy het gesien hoe die soldate vir hulleself moet kook en nie almal ewe
goed kook nie.
Die fort is gebou waar die Minnesota rivier by die Mississippi
aansluit en sy doel was om te dien as millitere basis vanwaar die
Britte gekeer is om suid uit Kanada uit te kom. Dit was 'n klompie
jare na die Revolutionary War toe die Amerikaners die Britte uitgeskop
het. Fort Snelling moes die hele gebied van die groot mere in die
ooste tot by die wesgrens van die Dakotas in die weste dek en dan
noord tot by die die Kanadese grens en ook baie ver suid af.
Die fort het ook die Indian Agency gehuisves waar 'n Majoor Lawrence
Taliaferro vrede moes help bewaar tussen die Ojibwe en Dacohtah
Indiane. Hulle het ook glo soontoe gekom om handel te dryf.
Ons stap by die Kommandeur se huis in en daar sit hy, Kommandeur
Snelling, en die Indian Agent, Majoor Taliaferro, en eet - donker
graan brood, kool, cider en water en botter by die brood, met gemmer
koek vir nagereg. En weereens baie vriendelik en word jy so tussen
die happe kos in vertel hoe hulle maak en wat sy beleid is. Solank jy
vrae vra bied hy nie self inligting aan nie - ek neem aan as jy nou
daar met jou bek vol tande staan en na hom staar, sal hy aangaan asof
jy nie daar is nie of hy sal dalk iets uit sy eie begin vertel. Dis
soos om lewendig in 'n fliek rond te loop.
Ek was toe ook al teen die tyd gewoond aan die 1827 ding en vra toe
die kommandeur oor verskillende dinge uit - die vroue in die fort,
hulle kos, sy manskappe se uniforms, die winter, hulle doel in die
omgewing, sy manskappe se moraal en nog so paar dinge en nie een keer
het hy gehuiwer nie - hy leef hom 110% in sy rol in en antwoord nie
asof hy die antwoorde moet uitdink nie, maar asof dit regtig met hom
besig is om te gebeur.
So het die hele middag gou omgegaan : by 'n reisiger en sy vrou wat
buite by hulle oskar gesit en eet het - hoender vars van die vuur af -
by die skoenmaker wat net nuut by die fort gekom het en besig was om
sy werkswinkel skoon te maak - so ons kon nie veel leerwerk gesels nie
- by die grofsmid waar die kinders sy blaasbalk moes werk om die staal
in die kole rooiwarm te kry sodat hy kon werk - by die skrynwerker
verby wat net 1827 gereedskap het - almal tot by hulle skoene
oorspronklik aangetrek. Natuurlik is alles replikas, maar daar is
nerens plasties gebruik waar seil en leer gebruik moet word nie.
Slegs van die offisier kwartiere het uitstallings binne wat meer
modern is. En daar is drie badkamers wat heel modern is en wat jou so
'n kultuurskok gee as jy daar ingaan of uitkom. Om so 170 jaar heen
en weer te spring is nie maklik nie!
Die seuns het natuurlik alles baie geniet. Dis so lewendig en amper
bonatuurlik dat selfs hulle meegevoer is. Ons sal seker weer 'n paar
keer gaan, veral op spesiale dae soos dalk nou die 4de Julie.
Disclaimer: Wat ek hier beskryf is ..... die res ken julle.
=|:^)
Johan
|
|
|
Re: Fort Snelling Deel 2 [boodskap #24468 is 'n antwoord op boodskap #24391] |
So, 04 Julie 1999 00:00 |
Marius Grobler
Boodskappe: 12 Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Dankie
Shannon wrote in message
...
>
> Johan wrote in message ...
>> On Wed, 30 Jun 1999 22:19:14 +0200, "Shannon"
>> wrote:
>> | Johan, ons ander lees graag.
>> |
>> ...........Dan staan almal weg en skiet hulle 'n loskruit skoot af
>> (sonder kanon koeël).
>
>> Die seuns het natuurlik alles baie geniet. Dis so lewendig en amper
>> bonatuurlik dat selfs hulle meegevoer is. Ons sal seker weer 'n paar
>> keer gaan, veral op spesiale dae soos dalk nou die 4de Julie.
>
>
> Die grootste probleem vir kinders met die meeste museums, is die feit dat
> dit 'n 'dooie' uitstalling is. Skole hier probeer ook om uitstappies te
> reël wat vir die kinders interessant is. Dit is natuurlik die waaraan hulle
> fisies kan deelneem wat die meeste aftrek kry. My meisiekind was 'n tyd
> gelede by die brandweer saam met die skool en die reuse bol skuim wat vir
> hulle gespuit is, waarin hulle kon speel, was natuurlik die hoogtepunt!
>
> Groete
>
> Shannon
>
|
|
|