Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oorlogtyd
Oorlogtyd [boodskap #24353] Wed, 30 June 1999 00:00
Johann de Jager  is tans af-lyn  Johann de Jager
Boodskappe: 30
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
Die volgende verhaal word vir die waarheid vertel en ek het dit telkemale
gehoor terwyl ek in SWA woonagtig was. Die storie word ter goeder trou
vertel en het nie ten doel om enige volk of nasie te benadeel nie.

Tydens Duitse okkupasie van SWA het die Rehoboth Basters telkemale met die
Duitsers slaags geraak omdat hulle nie inmenging van buite wou duld nie. Op
'n dag kom 'n verkenner uitasem by die Kaptein aangehardloop met die nuus
dat die Duitsers al weer aan die opruk is na Rehoboth en dat daar onbekende
wapentuig teenwoordig is. Die Kaptein stuur toe van sy slimste manne om van
naderby te gaan kyk en terug te rapporteer. Die verslag lui toe dat die
Duitsers 'n groot kanon het en dat hulle alreeds besig is om dit op stel in
die rigting van die Basters. Onmiddellik word daar toe besef dat daar groot
moeilikheid gaan kom as die Basters nie 'n teenvoeter vir die kanon het nie.
Koppe bymekaar en siedaar! Hulle bou toe van 'n uitgeholde boomstam 'n
kanonloop. Dié word toe vol gestop met spykers, skroewe, stukke ysters en
wat ook al kon verwoesting saai.
Toe die Duitsers binne trefafstand kom, word die lont toe aangesteek.
Kaboem!! Soos te verstane het die tuisgemaakte kanon net daar ontplof en die
Basters lê gesaai rondom die stukke. Een van hulle, vaal van die skrik en
die stof, staan toe op en skud homself reg. "Kaptein!", sê hy, "As dit hier
sê lyk, dink net hoe lyk dit nou daar tussen die klomp Duitsers!"

Groetnis
Johann
Vorige onderwerp: Nog eentje van John O'Mill (Bietjie plat...)
Volgende onderwerp: Hoort dit hier ?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Tue Dec 24 03:09:19 UTC 2024