Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaners. Landgenote!
Afrikaners. Landgenote! [boodskap #23614] Thu, 03 June 1999 00:00
De Waal Venter  is tans af-lyn  De Waal Venter
Boodskappe: 62
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Volle Lid
Nou kyk, as ek nie van beter geweet het nie, dan sou ek gedink het dat mense
wat Afrikaans praat die grootse klomp onverdraagsame lot bymekaar is.

Gehoor van die keer met die getrek noordwaarts? Toe die lot nou daar by
Winburg kom en nadat hulle nou genoeg biltong gemaak het, die kleintjies
gedoop het, die wat wou, getrou het, toe kom hulle af op 'n plakaat:
Die wat kon lees het Natal toe getrek. Die wat Ingels kon lees het
omgedraai en die wat glad nie kon lees nie, het toe net noord getrek... En
dis nou maar net 'n grappie.... Had hulle maar daar gewag tot nou, dan kon
hulle saam die wat suidwaarts trek saamgekom het...

Gehoor van die 4 wat op 'n eiland uitspoel?

2 Ingelse, 2 Afrikaans praters.

Na 6 maande kom daar 'n reddingsspan aan: kry twee mans onder 'n palmboom
wat mekaar met tropiese vrugte en lekker 'cocktails' uit 'n pynappel bedien
oor 'n toonbank. Vra die een van die reddingsmanne: Wie is julle? No we
are English. After one week we formed a club.
Sien hulle die ander twee elkeen onder sy eie boom sit. Kom by die eerste
een. Vra die reddingsman: Wie is julle? Nee ons is Afrikaans. Ons het na
die eerste week afgestig...

As ek die groep se elektroniese denke oor die afgelope tyd so aanskou, dan
lyk dit my asof afstigting nie te ver in die toekoms lê nie, of is ek nou
sommer net stout en gooi die spreekwoordelike klip in die bos. Hulle sê
mos: 'n Blafgat hond is die een wat jou so onderlangs hap. En hap ons nie
onderlangs nie!!!

Kyk mooi: Die bos is dalk onder die klip!

Ma' ek geniet dit nogal om so die wyses des werelds te kan sit en belees!
Issit lekka' of hoe?
Vorige onderwerp: Blydskap
Volgende onderwerp: Hoop almal gaan stem...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Tue Dec 24 02:58:33 UTC 2024