"Verlore Afrodite" deur SHEILA CUSSONS [boodskap #23081] |
Do, 20 Mei 1999 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2174 Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
VERLORE AFRODITE
Sheila Cussons
Het eenmaal hierdie water
saamgetrek tot spier
toe sidderend na alle einders uit
Hy kortsluit met die wier.
Onmatig om my liggaam plooi
die witteskuim, die donker see,
geen plotselinge weet bespring in my
die rooi draad van die senuwee.
Die name wat ek roep, prik
vonke langs die wind en doof - -
nooit meer breek uit die effe nag
die borrels van haar hoof.
|
|
|