Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wanneer hou die dinge op?
Wanneer hou die dinge op? [boodskap #22627] Sun, 25 April 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2173
Geregistreer: May 1997
Karma: 0
Senior Lid
prop...@aol.com (ProPacem) writes:

Ek is gebore in die Paarl
Ons het eers aan die een kant van die rivier gebly, onder
> die skaduwee van 'n akkerlaning wat groot-oupa Johannes geplant het om sê plek
> en sê familie veilig te begrens. Een soel, Bolandse somer-aand, egter, het 'n
> amptelike bruin koevert ons huis beset Tog, alhoewel ek nou hier woon ruis die
> geliefde, geknelde land deur my are en weef ek my identiteit primêr rondom die
> Paarl, Suid-Afrika, en Afrika.

Waar mens die eerste jare van jou leeftyd
deurgebring het, is diep in jou siel en in
jou verstand ingesny. Die herinneringe van
hoe dinge gelyk het en geklink het en geruik
het, bly jou vir altyd by. Ekself besoek nog
gereeld die plekke van my kinderdae, alhoewel
ek baie lank gelede, met my laaste besoek aan
die eiland in die Oranje waar ek grootgeword
het, gesien het dat hulle al die huise afgebreek
het, al die tuine en akkers blomme en granaat-
lanings tot niet gemaak het, sodat hulle meer
en meer wingerdstokke kan plant en geld kan
maak.

Wanneer mens nou daardie plek van jou kinderdae
"verloor" weens wetgewing wat ingestel is om 'n
rassistiese beleid uit te voer, dan moet die
verlies van die setel van jou kinderdae vir jou
baie bitter laat voel. Dis vergelykbaar met die
verlies van Sikhs wat uit die Punjab moes trek,
lede van die Eerste Nasies hier in Kanada wat
moes sien dat hulle begraafplase gebruik is om
golfbane te ontwerp, en seker nou die Kosovars
wat uit die land uitgedryf word waar hulle
grootgeword het. Wanneer hou die dinge op?

Gloudina
Vorige onderwerp: HELP 'n jong Suid-Afrikaner
Volgende onderwerp: Afrikaans in Australië
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Tue Dec 24 00:27:16 UTC 2024